You are on page 1of 1

LANGLEWENDHEID VREET JOU

NESEIER
Die impak van n langer lewe op jou aftreegeld moenie onderskat word nie. Die mees onlangse
statistiek oor lewensverwagting wys dat mense baie langer n aftrede leef as wat hulle verwag.

Mense leef vandag baie langer as jare terug. Dit het n reuse-impak op jou neseier vir jou
oudag. Is dit ooit te laat om te begin spaar vir aftrede? Nico van Gijsen, besturende
direkteur van Finlac, s ja, dit kn dalk te laat wees.
Hy s: My raad is werk so lank jy kan. Vergeet van vroe aftrede, dis n slang wat l en wag
om jou te pik. As jy by aftrede is, hoe kan jy seker wees jou geld gaan hou? Pas jou lewenstyl
aan om by jou beskikbare kapitaal aan te pas, moenie kansvatter-beleggings aandurf om
jare se gebrek aan spaar-dissipline te probeer regstel nie, dit is n seker resep vir finansile
ellende.
Hoe maak jy seker jy eet nie in jou kapitaal in nie? Vir n man van 60 jaar oud is die onttreksyfer 4,5% per jaar van die kapitaal, vir n vrou is dit 4% per jaar (omdat hulle langer daarvan
leef). As n egpaar gesamentlik afhanklik is van die geld, net 3,75% per jaar. Met
gewaarborgde spaarprodukte kyk ons tans na so tussen 5% en 8% per jaar, afhangende van
die waarborge wat gekies word, byvoorbeeld n gade-pensioen by sterfte, jaarlikse styging in
inkomste met inflasie, ensovoorts.
Baie mense maak die fout en koop met hul aftreegeld n lewende annuteit om iets vir die
kinders na te laat en leef dan in elk geval die geld uit omdat hulle meer daarvan trek as wat
die beleggingsgroei kan bied. Met gewaarborgde pensioenprodukte het jy nie die
bekommernis van beleggingsgroei nie. En daar is produkte wat in elk geval jou kapitaal terug
waarborg by dood. Die groot geheim is om jou nie op sleeptou te laat neem deur onkundige
raadgewers en finansile advies om die braaivleisvuur nie.

You might also like