You are on page 1of 3

GELDSLIM: BANG VIR BELEGGINGS?

Toe Marinda die radio aanskakel, hoor sy dat hulle pas oor beleggings gepraat het, onder meer oor
effektetrusts. Sy sou graag meer wou weet. Die aand by die huis vertel haar seun in graad 12 dat hulle by
die skool gehoor het n mens moet eerder in kollektiewe beleggings bel. Al hierdie woorde maak haar
net deurmekaar en baie bang vir enige belegging. Nogtans weet sy dat n mens moet bel ...

Wat is n effektetrust?
Ten einde presies te verstaan wat met effektetrusts bedoel word, moet jy eers verstaan wat kollektiewe
beleggings is. Tans word effektetrusts deur die meeste beleggers kollektiewe beleggings genoem. Die Wet op
die Beheer van Effektetrusts is deur die Wet op die Beheer van Kollektiewe Beleggings van 2002 vervang. Die
nuwe wet maak voorsiening vir verskeie soorte kollektiewe beleggings, waarvan effektetrusts die algemeenste is.
Suid- Afrikaanse beleggers bel ongeveer een derde van alle beleggingsgeld in effektetrusts as kollektiewe
beleggingstipe. Die gewildheid van effektetrusts kan grootliks aan hul eienskappe en voordele toegeskryf word.
Wat is kollektiewe beleggings?
Kollektiewe beleggings of beleggingskemas is n manier waarvolgens jy bel. Jy bel saam met ander beleggers
om die groter voordele van saam bel te bekom. Beleggers deel dus die risiko en opbrengs verbonde aan
kollektiewe beleggings in die verhouding waarvolgens elkeen van hulle tot die belegging bygedra het. n
Belegger se geld word saam met ander beleggers met dieselfde beleggingsdoelwitte bel. Ervare
beleggingsbestuurders bel hierdie geld in verskillende soorte bates in die finansile markte. Die totale waarde
van die poel van gesamentlike beleggings word in gelyke eenhede verdeel. Sodoende ontvang elke belegger
bepaalde eenhede volgens die grootte van haar of sy belegging. As belegger ontvang jy n aandeel in die
gesamentlike eenhede. Die prys of waarde van eenhede word daagliks bepaal en wissel op en af na gelang van
die markwaarde van die soort bates waarin bel is.
DIE VOORDELE Kollektiewe beleggings hou onder meer die volgende groter voordele vir beleggers in:
-

Debietordergeriewe is gerieflik

Byna alle kollektiewe beleggingsbestuurders verskaf debietordergeriewe aan beleggers. Beleggers kan nou
kontraktueel spaar deur die teken van n dokument (met die nodige gesag) wat aan hierdie bestuurders en
beleggingsmaatskappye die reg gee om maandeliks die beleggingsbedrag af te trek.

Randverskansing is belangrik

Die eerste voordeel wat beleggers moet verstaan, is die koop van eenhede van hierdie soort belegging(s).
Gestel jy bel R500 per maand. Onthou nou dat die waarde van die eenhede daagliks styg en daal. As die
waarde van die eenhede waarin jy bel, styg, sal jy minder eenhede met jou R500 kan koop. As die waarde daal,
koop jy meer eenhede met jou R500.

Sodra die waarde van die eenhede daal, koop jy dus meer eenhede met jou rand. Dit is waarom jou eenhede
soms meer en minder werd is.
-

Risiko word versprei

Die verspreiding van risiko oor verskeie beleggings word diversifikasie genoem. Verskillende soorte beleggings
het ook verskillende vlakke van risiko. Die beleggingsbestuurder se een rol is juis om jou beleggings in
ooreenstemming met jou risikoprofiel te bel. Jou risikoprofiel bepaal die hoeveelheid risiko waaraan jy as
belegger blootgestel wil word. Dit bepaal dus of jy min risiko, gemiddelde risiko of baie risiko wil h.
-

Jy kan saamgestelde rente verdien

Byna alle kollektiewe beleggings in Suid- Afrika bied die moontlikheid om beleggersinkomste (rente en
dividende) te herbel. Jy sou hierdie inkomste maandeliks, kwartaalliks of halfjaarliks van die
beleggingsbestuurder ontvang. In plaas daarvan dat die inkomste in die belegger se bankrekening inbetaal word,
gebruik die beleggingsbestuurder dit om nog meer eenhede kollektiewe beleggings/effektetrusts te koop. Jy
verdien nou saamgestelde rente omdat jy ook inkomste op jou inkomste (rente en dividende) verdien. Die
geheim is om alle inkomste te laat herbel. Sodoende sal jou belegging sommer baie groei. Die geheim is dus
om so gou moontlik (op n vroe ouderdom) te begin bel en vir so lank moontlik daarmee aan te hou. Slegs dan
kry jy die ongelooflike groeivoordele van jou geld/belegging oor tyd. Jy verdien dan al hoe meer saamgestelde
rente: rente op jou kapitaal en rente op jou rente/dividende. Die meeste van ons is wel finansieel in staat om
maandeliks n klein bedraggie in effektetrusts te bel. Hoe langer jy uitstel, hoe moeiliker word dit om jou
finansile doelwitte te bereik en hoe meer sal dit jou kos.
-

Dis maklik toeganklik

Jy kan selfs R100 per maand hierin bel. Net so kan jy jou geld (belegging) selfs binne 24 uur opvra, as jy dit
nodig kry.
-

Daars goeie opbrengste

Die opbrengs wat beleggers ontvang, kom vanuit twee bronne, naamlik kapitaalgroei en inkomste. Die
kapitaalgroei kom vanaf die groei in die waarde van die bates waarin bel is. Die inkomste kom uit twee bronne,
naamlik dividende en rente. Dividende kom uit aandele waaruit die beleggingsportefeulje bestaan terwyl die
rente van die kontant in die portefeulje kom. Die opbrengs op jou belegging is baie hoog vergeleke met
byvoorbeeld tradisionele versekeringsprodukte, soos uitkeerpolisse of annuteite. Hoe langer jou geld bel word,
hoe langer groei jou belegging en die totale waarde van jou effektetrusts.
-

Jy kry professionele fonds-/portefeuljebestuurders

Kollektiewe beleggingsportefeuljes word deur professionele en hoogs gekwalifiseerde portefeuljebestuurders


bestuur.
-

Daar is beter beleggingswaarde

Die waarde van n effektetrust vertel jou wat die prys in die verlede was, byvoorbeeld vir die vorige dag, week of
maand. Gestel jy verdien 5,27 c op n eenheid, 4,73 c op n ander eenheid oor n 12-maande-tydperk, en die prys
per eenheid is 190,35 c, dan was die opbrengs op jou twee effektetrusts die volgende: 5,27 c + 4,73 c = 10 c;
10/190,35 x 100 = 5,25% (jou opbrengs)
-

Jy kan jou beleggingswaarde bepaal

n Belegger kan op enige tydstip, byvoorbeeld daagliks, die waarde van haar/sy belegging bepaal.
Beleggingsbestuurders sal op aanvraag hierdie waardes verskaf. Net so kan jy in die media kyk wat die waarde/

prys van jou effektetrusts is. Het dit gestyg of gedaal? Onthou altyd, dit styg en daal deurgaans volgens
ekonomiese, finansile en wreldmarkte.
-

Jy kry waarde vir jou geld

Kollektiewe beleggings gee jou waarde vir jou geld. Die klein belegger sou nooit in sodanige goeie beleggings as
enkeling kon bel en al die voordele geniet het nie. Die koste van die belegging is ook baie laer en behels die
volgende: n aanvanklike tarief sodra jy bel van 5% van jou belegging; n jaarlikse bestuurstarief van 1-2% van
die markwaarde van jou portefeulje. Die aanvanklike tarief word afgetrek voordat die eenhede gekoop word, en
die jaarlikse bestuurstarief word afgetrek voordat die inkomste op jou eenhede verklaar word.
Die beleggingsopsies is buigsaam Jy kan maandeliks jou beleggingsbedrag verander soos wat jou finansile
situasie verbeter of versleg. Net so kan jy n groter enkelbedrag in plaas van maandelikse bedrae bel.
-

Daar is belastingvoordele

Kollektiewe beleggingsbestuurders betaal nie belasting op die koop en verkoop van beleggings namens die
portefeulje nie. Individuele beleggers betaal wel as die belegging gekoop of verkoop word. Beleggers ontvang
tans n jaarlikse vrystelling van R30 000 op die betaling van kapitaalwinsbelasting. Die uitbetaling (of
herbelegging) van inkomste (rente of dividend) is belasbaar in die hande van die belegger, selfs al word dit
herbel.
-

Die belegger word beskerm

Beleggers word tans deur n groot verskeidenheid nasionale instellings en wette beskerm, byvoorbeeld: die Wet
op die Beheer van Kollektiewe Beleggings (nr 45 van 2002); FAIS (Wet nr 37 van 2002); FIS (Wet nr 38 van
2001); die Finansile Diensteraad; die kode van finansile adviseurs vir verantwoordelike beleggings; die FAISombudsman; en die ombudsman vir finansile diensverskaffers.
-

Jy kan doelwitte daarmee bereik

Verskeie doelwitte kan op die duur met die hulp van effektetrusts bereik word, onder meer die opvoeding van jou
kinders (studies); as deel van aftreeannuteite; en as deel van bewaringsfondse (pensioenfondse sowel as
voorsorgfondse) met die oog op aftrede of tot tyd en wyl jy dit na n nuwe werkgewer se aftreefonds oordra. Die
talle voordele spreek boekdele. Begin dadelik bel en hou daarmee aan.

You might also like