You are on page 1of 13

‘n Belangrike

Boodskap!
Soos verkondig in die Woord van God –
Die Heilige Evangelie volgens Lukas Hoofstuk 21
Jesus sê: Luk 21:9 “En wanneer julle hoor van oorloë en
opstande, moenie skrik nie; want dié dinge moet eers
plaasvind, maar dit is nie dadelik die einde nie.”
“Die een nasie sal teen die ander opstaan
en die een koninkryk teen die ander…”
“En daar sal groot aardbewings op verskillende plekke
wees en hongersnode en pessiektes; (VIGS ens.)
en daar sal verskriklike dinge en groot tekens
van die hemel kom”
Maansverduistering

Sonsverduistering

25 – “En daar sal tekens wees aan son en maan en sterre, ”


“en op die aarde benoudheid van nasies in hulle
radeloosheid, wanneer see en branders dreun,”
“en mense se harte beswyk van vrees en verwagting van die
dinge wat oor die wêreld kom. Want die kragte van die hemele
sal geskud word.”
“En dan sal julle die Seun van die
mens sien kom in ‘n wolk, met
groot krag en heerlikheid."

“En as hierdie dinge begin gebeur,


kyk dan na bo en hef julle hoofde
op, omdat julle verlossing naby is.“
(Lees ook Mat 24:6-51; Mark 13; Jes 34:4; Joël 2:10, 31)
Jesus kom gouer as wat jy dink!

Dien Hom vandag met jou hele hart!

Môre mag te laat wees!


Jy kan vandag sterf!
Dit is so maklik as Romans 10:9

“As jy met jou mond die Here Jesus bely en


met jou hart glo dat God Hom uit die dode
opgewek het, sal jy gered word”
“En hieraan weet ons dat ons Hom ken: as ons sy
gebooie bewaar. Hy wat sê: Ek ken Hom, en sy gebooie
nie bewaar nie, is 'n leuenaar en in hom is die waarheid
nie. Maar elkeen wat sy woord bewaar, in hom het die
liefde van God waarlik volmaak geword. Hieraan weet
ons dat ons in Hom is. Hy wat sê dat hy in Hom bly,
behoort self ook so te wandel soos Hy gewandel het”
(1 Joh 2:3-6).

Jy kan nie op pad hemel toe wees, as


jy op die pad van die hel lewe nie!

You might also like