You are on page 1of 10

DIE WEGRAPING

Hos 4:6 AOV


(6) My volk gaan te gronde weens gebrek aan
kennis; omdat jy die kennis verwerp het, sal
Ek jou verwerp, sodat jy vir My die
priesteramp nie sal bedien nie; omdat jy die
wet van jou God vergeet het, sal Ek ook jou
kinders vergeet.
DIE WEGRAPING

Eerste Seël
Open 6:1-2 AOV
(1) En ek het gesien toe die Lam een van die seëls oopmaak; en ek het een van die
vier lewende wesens hoor sê, soos die geluid van ‘n donderslag: Kom kyk!
(2) En ek het gesien, en kyk, daar was ‘n wit perd. En hy wat daarop sit, het ‘n boog;
en aan hom is ‘n kroon gegee, en hy het uitgegaan as ‘n oorwinnaar en om te
oorwin.

Mat 24:4 AOV


(4) En Jesus antwoord en sê vir hulle: Pas op dat niemand julle mislei nie.

Tweede Seël
Open 6:3-4 AOV
(3) En toe Hy die tweede seël oopgemaak het, hoor ek die tweede lewende wese sê:
Kom kyk!
(4) En ‘n ander perd, ‘n vuurrooie, het uitgekom, en aan hom wat daarop sit, is dit
gegee om die vrede van die aarde af weg te neem en dat hulle mekaar sou
doodmaak; en ‘n groot swaard is aan hom gegee.

Mat 24:6-7 AOV


(6) En julle sal hoor van oorloë en gerugte van oorloë. Pas op, moenie verskrik
word nie, want alles moet plaasvind, maar dit is nog nie die einde nie.
(7) Want die een nasie sal teen die ander opstaan en die een koninkryk teen die
ander; en daar sal hongersnode wees en pessiektes en aardbewings op verskillende
plekke.

Derde Seël
Open 6:5-6 AOV
(5) En toe Hy die derde seël oopgemaak het, hoor ek die derde lewende wese sê:
Kom kyk! En ek het gesien, en kyk, daar was ‘n swart perd; en hy wat daarop sit, het
‘n skaal in sy hand.
(6) En ek het ‘n stem tussen die vier lewende wesens hoor sê: ‘n Rantsoen koring vir
‘n penning en drie rantsoene gars vir ‘n penning; en moenie die olie en die wyn
beskadig nie.

Mat 24:7 AOV


(7) Want die een nasie sal teen die ander opstaan en die een koninkryk teen die ander;
en daar sal hongersnode wees en pessiektes en aardbewings op verskillende plekke.
Vierde Seël
Open 6:7-8 AOV
(7) En toe Hy die vierde seël oopgemaak het, hoor ek die stem van die vierde
lewende wese sê: Kom kyk!
(8) En ek het gesien, en kyk, daar was ‘n vaal perd. En hy wat daarop sit, sy naam is
die dood, en die doderyk het hom gevolg. En aan hulle is mag gegee oor die vierde
deel van die aarde om dood te maak met swaard en hongersnood en pes en deur die
wilde diere van die aarde.

Mat 24:6-7 AOV


(6) En julle sal hoor van oorloë en gerugte van oorloë. Pas op, moenie verskrik
word nie, want alles moet plaasvind, maar dit is nog nie die einde nie.
(7) Want die een nasie sal teen die ander opstaan en die een koninkryk teen die ander;
en daar sal hongersnode wees en pessiektes en aardbewings op verskillende plekke.

Groot Verdrukking
Mat 24:21 AOV
(21) Want dan sal daar groot verdrukking wees soos daar van die begin van die
wêreld af tot nou toe nie gewees het en ook nooit sal wees nie.

Vyfde Seël
Open 6:9-11 AOV
(9) En toe Hy die vyfde seël oopgemaak het, sien ek onder die altaar die siele van
die wat gedood is ter wille van die woord van God en die getuienis wat hulle
gehad het.
(10) En hulle het met ‘n groot stem uitgeroep en gesê: Hoe lank, o heilige en
waaragtige Heerser, oordeel en wreek U nie ons bloed op die bewoners van die aarde
nie?
(11) En aan elkeen van hulle is wit klere gegee; en aan hulle is gesê dat hulle nog ‘n
klein tydjie moes rus totdat ook hulle medediensknegte en hulle broeders wat nog
gedood sou word soos hulle, voltallig sou wees.

Mat 24:9-10 AOV


(9) Dan sal hulle jul aan verdrukking oorgee en julle doodmaak; en julle sal deur
al die nasies gehaat word ter wille van my Naam.
(10) En dan sal baie tot struikel gebring word en mekaar verraai en mekaar haat.

Mat 24:12 AOV


(12) En omdat die ongeregtigheid vermeerder word, sal die liefde van die meeste
verkoel.
Mar 13:12 AOV
(12) En die een broer sal die ander tot die dood oorlewer, en die vader sy kind, en
die kinders sal teen hulle ouers opstaan en hulle doodmaak.

Mar 13:9 AOV


(9) Maar wees julle vir julleself op die hoede, want hulle sal julle oorlewer aan
regbanke, en in sinagoges sal julle geslaan word en voor goewerneurs en konings
gebring word om My ontwil, vir hulle tot ‘n getuienis.

Mar 13:13 AOV


(13) En julle sal deur almal gehaat word ter wille van my Naam. Maar wie
volhard tot die einde toe, hy sal gered word.

Luk 21:12 AOV


(12) Maar voor al hierdie dinge sal hulle die hande aan julle slaan en julle vervolg
en oorlewer in sinagoges en gevangenisse en julle voor konings en goewerneurs bring
ter wille van my Naam.

Sesde Seël
Open 6:12-17 AOV
(12) En ek het gesien toe Hy die sesde seël oopgemaak het, en kyk, daar was ‘n groot
aardbewing; en die son het swart geword soos ‘n harige sak, en die maan het
geword soos bloed;
(13) en die sterre van die hemel het op die aarde geval, soos ‘n vyeboom wat deur
‘n groot wind geskud word, sy navye laat afval;
(14) en die hemel het weggewyk soos ‘n boek wat toegerol word, en al die berge
en eilande is uit hulle plekke versit;
(15) en die konings van die aarde en die grotes en die rykes en die owerstes oor
duisend en die magtiges en al die slawe en al die vrymense het hulle weggesteek in
die spelonke en in die rotse van die berge,
(16) en vir die berge en die rotse gesê: Val op ons en verberg ons vir die aangesig
van Hom wat op die troon sit, en vir die toorn van die Lam;
(17) want die groot dag van sy toorn het gekom, en wie kan bestaan?

Mat 24:29-31 AOV


(29) En dadelik ná die verdrukking van daardie dae sal die son
verduister word, en die maan sal sy glans nie gee nie, en die sterre sal van
die hemel val, en die kragte van die hemele sal geskud word.

(30) En dan sal die teken van die Seun van die mens in die hemel
verskyn, en dan sal al die stamme van die aarde rou bedryf en die Seun van
die mens sien kom op die wolke van die hemel met groot krag en
heerlikheid.

(31) En Hy sal sy engele uitstuur met harde trompetgeluid, en hulle sal sy


uitverkorenes versamel uit die vier windstreke, van die een einde van die hemele
af tot die ander einde daarvan.
144,000
Open 7:1 AOV
(1) En ná hierdie dinge…

Open 7:4 AOV


(4) En ek het die getal van die verseëldes gehoor: honderd vier en veertig duisend
verseëldes uit al die stamme van die kinders van Israel

Wegraping
Open 7:9-10 AOV
(9) Ná hierdie dinge het ek gesien, en kyk, daar was ‘n groot menigte wat niemand
kon tel nie, uit alle nasies en stamme en volke en tale; hulle het gestaan voor die
troon en voor die Lam, bekleed met wit klere en met palmtakke in hulle hande;
(10) en hulle het met ‘n groot stem geroep en gesê: Heil aan onse God wat op die
troon sit, en aan die Lam!

AL die Engele?
Open 7:11 AOV
(11) En al die engele het rondom die troon en die ouderlinge en die vier lewende
wesens gestaan, en hulle het voor die troon op hulle aangesig neergeval en God
aanbid en gesê:

Open 5:11 AOV


(11) Toe sien ek, en ek hoor ‘n stem van baie engele rondom die troon…

Nota:

 Het jy opgelet dat voordat die seëls oopgemaak is, was daar “baie” engele
voor die toorn, maar nadat die 6de seël oopgemaak is was “AL” die engele
voor die toorn?
 Hoekom sal al die engele voor die toorn wees as die gelowiges, wat op hierdie
stadium die engele die nodigste sal hê, nogsteeds op die aarde is?

Uit die Groot Verdrukking


Open 7:13-14 AOV
(13) Toe het een van die ouderlinge gespreek en vir my gesê: Hulle wat bekleed is
met die wit klere, wie is hulle en waarvandaan het hulle gekom?
(14) En ek sê vir hom: My heer, u weet dit. En hy sê vir my: Dit is hulle wat uit die
groot verdrukking kom, en hulle het hul klere gewas en hul klere wit gemaak in die
bloed van die Lam.

Toorn van die Lam


Open 6:15-17 AOV
(15) en die konings van die aarde en die grotes en die rykes en die owerstes oor
duisend en die magtiges en al die slawe en al die vrymense het hulle weggesteek in
die spelonke en in die rotse van die berge,
(16) en vir die berge en die rotse gesê: Val op ons en verberg ons vir die aangesig
van Hom wat op die troon sit, en vir die toorn van die Lam;
(17) want die groot dag van sy toorn het gekom, en wie kan bestaan?

Nota:
 Het jy gesien dat hierdie die 6de Seël?
 Het jy opgelet dat alhoewel hulle almal weggekruip het en dus moes geweet
het wat kom, hulle steeds nie tot bekering gekom het nie.
 Hoekom sal ALMAL wegkruip as hulle nie geweet het wat kom nie, of as
hulle nie vir Jesus gesien het op die wolke nie?

Elke oog sal sien


Mat 24:30 AOV
(30) En dan sal die teken van die Seun van die mens in die hemel verskyn, en dan sal
al die stamme van die aarde rou bedryf en die Seun van die mens sien kom op die
wolke van die hemel met groot krag en heerlikheid.

Open 1:7 AOV


(7) Kyk, Hy kom met die wolke, en elke oog sal Hom sien, ook hulle wat Hom
deursteek het; en al die geslagte van die aarde sal oor Hom rou bedryf; ja, amen!

Wanneer is die Wegraping?


2Th 2:1-3 AOV
(1) Maar ons vra julle, broeders, met die oog op die wederkoms van onse Here
Jesus Christus en ons vereniging met Hom,
(2) om nie gou julle verstand te verloor of verskrik te word nie—deur gees of deur
woord of deur brief wat van ons afkomstig sou wees—asof die dag van Christus al
daar is.
(3) Laat niemand julle op enige manier mislei nie, want eers moet die afval kom
en die mens van sonde geopenbaar word, die seun van die verderf
Nota:
Dit sê duidelik dat die afval eers moet kom, wanneer die gelowiges nie meer
Jesus en/of Sy Woord sal volg nie.

Dit sê ook duidelik dat die Antichris (die mens van sonde) eers geopenbaar moet
word.

Ons weet reeds dat die Antichris homself eers openbaar 3½ jaar in die 7 jaar
tydperk, dus verstaan ek dan dat die Wegraping sal plaasvind na die eerste 3½
jaar.

My gevolgtrekking:
Hier is my gevolgtrekking van die orde van gebeure saam met die vers(e) wat dit
ondersteun.

1. Die afval
2. Die Antichrist geopenbaar

2Th 2:3 AOV


(3) Laat niemand julle op enige manier mislei nie, want eers moet die afval kom en
die mens van sonde geopenbaar word, die seun van die verderf

3. Martelaars – Groot Verdrukking / Vervolging

Mat 24:9 AOV


(9) Dan sal hulle jul aan verdrukking oorgee en julle doodmaak; en julle sal deur
al die nasies gehaat word ter wille van my Naam.

Mat 24:21 AOV


(21) Want dan sal daar groot verdrukking wees soos daar van die begin van die
wêreld af tot nou toe nie gewees het en ook nooit sal wees nie.

4. 144,000 Geseël
5. Wegraping à Groot menigte in die hemel

Open 7:4 AOV


(4) En ek het die getal van die verseëldes gehoor: honderd vier en veertig duisend
verseëldes uit al die stamme van die kinders van Israel
Open 7:9 AOV
(9) Ná hierdie dinge het ek gesien, en kyk, daar was ‘n groot menigte wat niemand
kon tel nie, uit alle nasies en stamme en volke en tale; hulle het gestaan voor die
troon en voor die Lam, bekleed met wit klere en met palmtakke in hulle hande;

Nota:
 Het jy opgelet dat eers nadat die 144,000 geseël was, is die groot menigte voor
die troon?
 As jy verder lees in vers 11 dan sien jy dat AL die engele ook voor die toorn
verskyn het.
 Die gelowiges sal nie die engele meer nodig hê nie omdat hulle nou voor die
troon is en God het die 144,000 van Israel geseël wat so beskerm sal wees.

6. 7de Seël wat die 7 Trompette / Basuine oopmaak

Open 8:1-2 AOV


(1) En toe Hy die sewende seël oopgemaak het, kom daar stilte in die hemel omtrent
‘n halfuur lank.
(2) En ek het die sewe engele gesien wat voor God staan, en sewe basuine is aan
hulle gegee.

7 Trompette / Basuine
 Die 7de Seël maak die 7 Trompette / Basuine oop
 Dit is my gevolgtrekking dat die 7 Basuine die wraak van Jesus is wat Hy op
die uithaal wat die gelowiges vervolg het – toorn van die Lam
 Onthou net die Lam is waardig om die 7 Seëls oop te maak

Wraak is Myne
Rom 12:19 AOV
(19) Moenie julle wreek nie, geliefdes, maar gee plek vir die toorn; want daar is
geskrywe: Aan My kom die wraak toe, Ek sal vergeld, spreek die Here.

2Th 1:8 AOV


(8) in vuur en vlam, wanneer Hy wraak uitoefen op die wat God nie ken nie en op die
wat aan die evangelie van onse Here Jesus nie gehoorsaam is nie.
Wanneer is die wraak?
Open 6:10-11 AOV
(10) En hulle het met ‘n groot stem uitgeroep en gesê: Hoe lank, o heilige en
waaragtige Heerser, oordeel en wreek U nie ons bloed op die bewoners van die
aarde nie?
(11) En aan elkeen van hulle is wit klere gegee; en aan hulle is gesê dat hulle nog ‘n
klein tydjie moes rus totdat ook hulle medediensknegte en hulle broeders wat nog
gedood sou word soos hulle, voltallig sou wees.

Nota:
Het jy opgelet dat die vorige verse deel is van die 5de Seël? Die 5de Seël is wanneer
die gelowiges vervolg, verdruk en doodgemaak word vir hulle geloof.

Kan dit wees dat die wraak na die 5de Seël is? Wanneer al die wat veronderstel is om
doodgemaak te word vir hulle geloof, doodgemaak is?

Indien dit so is, dan sal dit my siening, dat die Wegraping na die 6de Seël plaasvind,
bevestig. Net so ook die Wraak van die Lam wat dan die 7 Trompette / Basuine is.

Die tyd van die Nasies:


Luk 21:24-27 AOV
(24) En hulle sal deur die skerpte van die swaard val en as krygsgevangenes geneem
word na al die nasies, en Jerusalem sal vertrap word deur die nasies totdat die tye
van die nasies vervul is.
(25) En daar sal tekens wees aan son en maan en sterre, en op die aarde
benoudheid van nasies in hulle radeloosheid, wanneer see en branders dreun,
(26) en mense se harte beswyk van vrees en verwagting van die dinge wat oor die
wêreld kom. Want die kragte van die hemele sal geskud word.
(27) En dan sal hulle die Seun van die mens sien kom in ‘n wolk, met groot krag
en heerlikheid.

Nota:
1. Tot die tye van die nasies volbring is
2. Son maan ster tekens
3. Mense se harte beswyk van vrees
4. Jesus kom op wolke

Kan dit wees dat die tyd van die nasies vervul is met die 6de Seël en Wegraping?
Is dit moontlik dat die 7 Trompette / Basuine (7de Seël) die tyd is wanneer Jesus
weer werk met Israel? As dit so is dan sal Israel Jesus moet herken.
Israel herken Jesus:
Open 1:7 AOV
(7) Kyk, Hy kom met die wolke, en elke oog sal Hom sien, ook hulle wat Hom
deursteek het; en al die geslagte van die aarde sal oor Hom rou bedryf; ja, amen!

Sag 12:10 AOV


(10) Maar oor die huis van Dawid en oor die inwoners van Jerusalem sal Ek uitgiet
die Gees van genade en smekinge; en hulle sal opsien na My vir wie hulle deurboor
het, en hulle sal oor Hom rouklaag soos ‘n mens rouklaag oor ‘n enigste seun en
bitterlik oor Hom ween soos ‘n mens bitterlik ween oor ‘n eersgebore kind.

Nuwe Verbond met Israel:


Heb 8:10 AOV
(10) Want dit is die verbond wat Ek ná dié dae sal sluit met die huis van Israel,
spreek die Here: Ek sal my wette in hulle verstand gee en dit op hulle hart skrywe; en
Ek sal vir hulle ‘n God wees, en hulle sal vir My ‘n volk wees.

Nota:
Wanneer Jesus terug kom op die wolke sal Israel Hom sien en ween oor Hom.

Israel is steeds God se oog apple.


Israel is steeds God se uitverkore volk.
(al erken die individuele Israeliet nie Jesus nie)
Israel is gekies vir ‘n doel – God se doel.

Sodra die tyd van die nasies vervul is dan draai God weer Sy fokus op Israel.

7 Skale
 Dit sê duidelik dat die 7 skale die grimmigheid (wraak) van God is, geen
twyfel daaroor nie.

Open 16:1 AOV


(1) En ek het ‘n groot stem uit die tempel aan die sewe engele hoor sê: Gaan gooi die
skale van die grimmigheid van God op die aarde uit.

Die Wegraping
Mieke Rewitzky thefigtree@hotmail.com www.thefigtree.tk

You might also like