You are on page 1of 2

FINANSILE STEUNDIENSTE

KITSINLIGTING: NWU Nagraadse Beursskema 2012


Inleiding Die doel van die NWU se nagraadse beursskema is om finansile ondersteuning aan belowende nagraadse studente te verleen wat enersyds nie tersire nagraadse studie kan bekostig nie en andersyds om erkenning te verleen aan studente wat op akademiese gebied presteer. Die NWU nagraadse beursskema is in lyn met die strategiese doelwitte van die Universiteit soos in die Institusionele Plan uiteengesit. Algemene rels Die volgende belangrike voorwaardes geld vir alle nagraadse beurse: Dit is slegs beskikbaar aan nagraadse studente wat vir n eerste voorgeskrewe nagraadse kursuseenheid registreer: Honneurs, meesters en doktoraal. Aansoek om die beurs (herhaling van die beurs ingesluit) moet jaarliks op die voorgeskrewe aansoekvorm gedoen word voor of op 15 Desember van die vorige jaar vir die voorgenome studiejaar. Beurse ontvang van Statutre Rade, bv NRF en ander buite-instansies, word vir honneursstudente in aanmerking geneem wanneer die maksimum beurswaarde bepaal word. Die beursbedrag, met rente, is terugbetaalbaar indien n student enige van die voorwaardes nie nakom nie, studies staak of nie die kursus binne die voorgeskrewe tydperk voltooi nie. Navrae kan aan die betrokke kampus gerig word. NB: OORSPRONKLIKE AANSOEKVORM ALLEENLIK. GEEN FAKSE of E-POSSE word aanvaar nie Onvolledige aansoeke sal nie in aanmerking geneem/verwerk word nie

NWU-HONNEURSBEURS
R12 000 VIR NIESKAARS VAARDIGHEIDSKURSUSSE Aansoekers moet n minimum gemiddeld van 70% in die finalejaarmodules van die voorafgaande graadkursus behaal het. Geen punte word afgerond nie. Die beurs geld slegs vir een (1) jaar en studente moet geregistreer wees as VOLTYDSE honneurs studente. Deeltydse studente en werkende studente (omskryf as studente wat vir n werkgewer werk en n salaris verdien) kwalifiseer dus nie vir Honneursbeurse nie. NIE-SKAARS KURSUSSE: Fakulteite Lettere en Wysbegeerte, Opvoedingswetenskappe, Teologie, Ekonomiese en Bestuurswetenskappe, waar die rigtings nie gespesifiseer is nie BA, BEd, BTh met BCom Arbeidsverhoudinge, BCom Bedryfsielkunde en BCom Menslike Hulpbronbestuur. R14 000 VIR SKAARS VAARDIGHEIDSKURSUSSE (BCom, BSc met BA Toerisme as uitsondering) Aansoekers moet n minimum gemiddeld van 65% vir alle vakke/modules in die finale jaar van die voorafgaande graadkursus behaal het. Die beurs geld slegs vir een (1) jaar en studente moet as VOLTYDSE honneursstudente geregistreer wees. Sudente wat voltyds vir n werkgewer werk en n salaris verdien, word as deeltydse studente beskou. GEDENTIFISEERDE SKAARS VAARDIGHEIDSKURSUSSE Aktuarile wetenskap Biotegnologie Chemie Finansile Bestuur Fisika Informatika Landbouwetenskap Ouditkunde Rekenaarwetenskap Rekeningkunde Statistiek Toerisme (BA) Wiskundige Wetenskappe

Honneursstudente mag beurse uit meer as een bron ontvang. Indien n student beurse uit ander bronne ontvang, sal dit uit universiteitsfondse aangevul word tot die maksimum van R40 000 onderhewig aan die beursbedrae soos bo gespesifiseer. Die Universiteit behou die reg voor om beurse uit universiteitsfondse te kanselleer indien die perk van R40 000 oorskry word. Honneursbeurse is slegs beskikbaar vir voltydse studente, m.a.w. waar studie die hoofaktiwiteit is. Deeltydse studente en werkende studente (omskryf as studente wat vir n werkgewer werk en n salaris verdien) kwalifiseer dus nie vir honneursbeurse nie.

NWU-MAGISTERBEURS
Die totale beurswaarde beloop R30 600 waarvan R15 300 in die eerste jaar en R15 300 in die tweede jaar toegeken word. Die student moet jaarliks aansoek doen vir die oorblywende herhalingsbeurs. n Skriftelike vorderingsverslag van die studieleier vir elke voltooide studiejaar moet saam met die aansoekvorm vir die herhalingsbeurs ingehandig word vir goedkeuring deur die Institusionele Departement Navorsingsondersteuning, alvorens die hernuwingsbeurs uitbetaal word.

2
In die geval waar n student in een jaar die meestersgraad voltooi en die daaropvolgende jaar direk met doktorale studies aangaan, word R15 300 na die eerste jaar van die Doktorale studies oorgedra. Indien die student nie inskryf vir doktorale studies nie, is die beurswaarde slegs R15 300. Deeltydse studente en werkende studente (omskryf as studente wat voltyds vir n werkgewer werk en n salaris verdien) mag aansoek doen vir n 50% toekenning van die NWU nagraadse beurs. Meestersgraadstudente mag beurse uit meer as een bron ontvang en daar is geen perk op die beursbedrag nie. Om te kwalifiseer moet n student vir die voorafgaande honneursgraad n minimum gemiddeld van 60% vir alle vakke/modules behaal het. Geen punte word afgerond nie. Hierdie beurshouers het n grasietydperk van drie (3) jaar om die Magisterstudies te voltooi. Studente wat n vierjarige B-graad in BIng, BPharm en BArt et Scien in Stads- en Streekbeplanning verwerf het, kwalifiseer ook vir die magisterbeurs, maar moet n gemiddeld van 60% in die voorafgaande finale jaar behaal het.

NWU DOKTORALE BEURS


Die totale beurswaarde is R55 500 asook n addisionele R15 300 (indien die student n magisterbeurshouer was, die meestersgraad in een jaar voltooi het en die daaropvolgende jaar direk met doktorale studies aangaan). Die toekenning per jaar is R18 500 vir n maksimum van drie (3) jaar. Die student moet jaarliks aansoek doen vir die oorblywende herhalingsbeurs. n Skriftelike vorderingsverslag van die studieleier vir elke voltooide studiejaar, moet saam met die aansoekvorm vir die herhalingsbeurs ingehandig word vir kennisname deur die Institusionele Departement Navorsingsondersteuning, alvorens die hernuwingsbeurs uitbetaal word. Deeltydse studente en werkende studente (omskryf as studente wat voltyds vir n werkgewer werk en n salaris verdien) mag aansoek doen vir n 50% toekenning van die NWU nagraadse beurs. Doktorsgraadstudente mag beurse uit meer as een bron ontvang en daar is geen perk op die beursbedrag nie. Om te kwalifiseer moet n student vir die voorafgaande meestersgraad n minimum gemiddeld van 60% vir alle vakke/modules behaal het. Die beurshouer het n grasietydperk van vyf (5) jaar om sy/haar doktorale studies te voltooi.

NAGRAADSE AKADEMIESE MERIETEBEURSE


Nagraadse akademiese merietebeurse is aanvullend tot alle nagraadse beurse en word aan alle nagraadse studente, wat in die finale voorafgaande studiejaar n gemiddelde persentasie van 75% of hor behaal het, toegeken mits die voorgeskrewe kursuseenhede geneem is en die voorafgaande graad binne die voorgeskrewe tydsduur en volgens voorgeskrewe vereistes voltooi is. Geen punte word afgerond nie. Akademiese meriete vir voltydse studente word jaarliks outomaties bereken en toegeken. Meriete word eenmalig in die eerste jaar per nagraadse kursus toegeken. NOTA: Deeltydse studente en studente vanaf ander universiteite moet vir die merietebeurs op die voorgeskrewe vorm aansoek doen. Studente vanaf ander universiteite moet gewaarmerkte akademiese rekords van die betrokke universiteit aanheg. Akademiese meriete word nie outomaties aan di studente toegeken nie. WAARDES VAN MERIETEBEURS Gemiddeld % 95 - 100 90 - 94,99 85 - 89,99 80 - 84,99 75 - 79,99 Beurs R 5 000 4 500 4 000 3 500 3 000

STUUR OORSPRONKLIKE VOLTOOIDE AANSOEK MET BEWYSSTUKKE NA JOU REGISTRASIEKAMPUS


MAFIKENG KERENG MOALUSI TEL: 018 389 2521 FAKS: 018 389 2313 E-POS : kereng.moalusi@nwu.ac.za
Privaat sak X2046, MMABATHO, 2735 Great Hall, Kamer 101

POTCHEFSTROOM SUSAN VD WESTHUIZEN TEL: 018 299 2051 FAKS: 018 299 2044 E-POS : susan.vanderwesthuizen@nwu ac.za
Privaat sak X6001, POTCHEFSTROOM, 2520 Gebou F19, Kamer G01 Webadres:

VAALDRIEHOEK RUTH KGABUNG TEL: 016 910 3157 FAKS: 016 910 3116 E-POS : ruth.kgabung@nwu.ac.za
Posbus 1174, VANDERBIJLPARK, 1900 Gebou 24, Kamer G07

http://www.nwu.ac.za/p-fsd/index_a.html

STUDENTE MOET JAARLIKS VOOR DIE SLUITINGSDATUM AANSOEK DOEN


FSBSAVDW/MY DOCUMENTS/VORMS 2012/NAGRAADS/POTCHEFSTROOM

You might also like