You are on page 1of 2

SEPTEMBER NUUSBRIEF

Verhouding.
Wat is n verhouding? Wat het n verhouding met jou rekenmeester of jou besigheid te doen? 2. Jy het n verhouding met jou dokter. Hy weet alles van jou gesondheid af. Jou rekenmeester is ook in so n spesiale verhouding met jou en/of jou besigheid. Jou rekenmeester weet of is veronderstel om byna alles van jou besigheid te weet. n Verhouding werk in twee rigtings. Gee en neem. Jy gee jou finansile dokumente (bankrekening, fakture ens.) aan jou rekenmeester. Hy vat dit en gee weer vir jou n proefbalans, kontantvloeiprojeksie en finansile state. Jy vat weer hierdie dokumente en word ingelig oor hoe dit met jou besigheid gaan. Is dit n sukses, sukkel jy teen die bult op of l jy op n ashoop? Daar is nie veel wat jy kan doen om jou dokter se rekening te verlaag nie behalwe gesond bly. Daar is egter n paar goed wat jy kan doen om jou rekenmeester fooie laer te maak. 1. Kommunikasie soos in elke goeie verhouding is dit baie belangrik. As jy iets nie verstaan vra, as jy enige voorstelle het deel dit. Boekhouding hou goeie rekord van al jou inkomste en uitgawes 2.1. Wees georganiseerd. Skoenbokse is vir skoene die sukses van jou besigheid kan afhang daarvan of jy rekenskap hou van wie jou geld skuld en vir wie jy geld skuld. Handig alle dokumente in tyd en volledig in. 2.2. Stel belang in jou eie sake. As jy boekhou, bly jy op hoogte van wat in JOU besigheid aangaan. Moenie deel van die probleem wees nie gaan sien jou rekenmeester gereeld sodat probleme en vrae vroer eerder as later uitgesorteer kan word. Wees vriendelik teenoor die rekenmeester mense is geneig om harder en meer tyd in te sit as hulle weet hulle word waardeer.

3.

4.

HET JY GEWEET? Pastel kan jou baie tyd spaar. Die Bank Manager opsie gee jou die moontlikheid om elektroniese bankstate in te lees. Verminderde tyd = verminderde fooi Al wat jy hoef te doen, is om jou bankstaat in .csv formaat aan ons te epos. Volledige instruksies is op ons Facebookblad of epos antwoord op die nuusbrief en ons epos dit aan jou (Lys asb. die banke waarvoor jy die stappe benodig).

Sortering van btw.


Hoe kan jy jou BTW sorteer om jou fooi moontlik te verlaag?
1. As dit moontlik is maak gebruik van Excel of n soortgelyke program (n Voorbeeld is op ons Facebookblad beskikbaar). 2. Maak seker dat jy n volledige bankstaat het. 3. Sorteer jou internetbetalings, tjekbetalings en kontantbetalings afsonderlike. 4. Internetbetalings sorteer hulle volgens die transaksies op jou bankstaat. Byvoorbeeld:
Betaling van Eskom is op 1 September gedoen (sit die rekening en die betalingsbewys aan mekaar vas.) Telkom 5 September Edgars 10 September ens. ONTHOU: sit altyd jou rekening en jou betaling aan mekaar vas.

5. Doen nou dieselfde vir die tjek en kontantbetalings. 6. As al jou strokies gesorteer is tik dit in op Excel.
a. Maak gebruik van kolomme en opskrifte i. Datum ii. Aan Wie iii. Vir Wat iv. Bedrag v. Hoe is die betaling gedoen 1. Internet 2. Tjek 3. Kontant 4. Aftrekorder

7. Maak seker dat al die transaksies op jou bankstaat rekenskap gegee voor kan word. 8. Maak enige ander aantekeninge wat dalk kan help met die verwerking van jou BTW.
Boekhou van jou finansies sal jou help om altyd op hoogte te wees van wat gebeur en ook dadelik agter te kom as daar onregmatige transaksies was.

You might also like