You are on page 1of 2

Afrikaans Redenaars

Verslag : 2008

Aan hierdie aktiwiteit neem talle leerders deel en word sodoende onderlê
as goeie sprekers vir die volwasse en beroepslewe wat wag.

Intern

Daar word op 29 Januarie graadkompetisies gehou waaraan 38 leerders


deelneem. Die finale aand vind op 31 Januarie in die mediasentrum plaas.

Die wenners : Graad 8 : Karmen de Wet


Graad 9 : Carine Scheün
Graad 10 : Mercia Prinsloo
Graad 11 : Heinrich Wessels
Graad 12 : Annelise Theunissen

Beste junior : Carine Scheün


Beste senior : Annelise Theunissen

Pretoria Hoërskool Redenaarsfees

Vervolgens neem die sprekers aan bogenoemde fees deel.

Ses spanne neem deel.

Uitslae : Graad 8 : B+ ( Afrigter : Me


Ilze Greyling )
Graad 9 : A+ ( Afrigter : Me
Marieta Kieser )
Graad 10 : A ( Afrigter : Me
Marié de Beer )
Graad 11 : A+ ( Afrigter : Me
Petra Bergh )
Graad 12 A-span : A ( Afrigter : Me
Estie Coetzee )
Graad 12 B-span : A ( Afrigter : Me
Mariane Dippenaar )

Pretoria Hoërskool Redenaarsfees vir Beste Junior en Beste Senior


Spreker
Op Saterdag 8 Maart neem Carine Scheün en Annelise Theunissen deel
aan bogenoemde fees.

Uitslae : Carine : A
Annelise : A+

Beide leerders dring deur na die finaal op Saterdag 15 Maart! Geluk!

ATKV Redenaarskompetisie

Dit vind plaas op 3 tot 6 Mei by Hoërskool Menlopark. Ons ontvang


vanjaar 10 inskrywings – die meeste ooit! Daar word uitgesien na leerders
se deelname.

Radikale Redenaarsfees

Hierdie kompetise vind in Julie plaas. Ons skool tree as gasheer op vir die
Noordwes-kompetisie.

Onvoorbereide graad 11 – Redenaarskompetisie

Dit vind op 22 April by Hoërskool Waterkloof plaas en is net gerig op die


graad 11-leerders. Ons sien uit hierna, want die graad 11-groep is sterk
sprekers.

You might also like