You are on page 1of 14

GENEALOGIESE GENOOTSKAP VAN SUID-AFRIKA

GENEALOGICAL SOCIETY OF SOUTH AFRICA

WES-GAUTENGTAK

WEST GAUTENG BRANCH

WES-GAUTENG-NUUS -- WEST GAUTENG NEWS


JANUARIE 2012 NUUSBRIEF/NEWSLETTER
NEXT MONTHLY MEETING: SATURDAY 18 February 2012 @ 14:00 WEBSITE Members are reminded of the branchs new blog site [website] at
http://westgssa.blogspot.com

OUR ANNUAL GENERAL BRANCH MEETING WILL TAKE PLACE ON 18 FEBRUARY 2011 14:00 AT NG KERK PHILIPS AVENUE DISCOVERY ROODEPOORT +++++++++++++++++ TOESPRAAK/LESING DEUR NEELS COERTSE VAN DIE HOPETOWN COERTSEs: ARMBLANKEVRAAGSTUK GGSA WES-GAUTENG TAK 21 JANUARIE 2012
Inleiding Toe Jan Van Riebeeck en vennote hulle groentewinkel aan die Kaap begin het, was die land onontwikkeld. Kort voor lank het die mense, rustelose swerwerswesens soos ons maar is, begin wegtrek en so het daar sy eiesoortige problematiek en uitdagings ontstaan dis 360 jaar gelede: Afrikaans het nie bestaan nie; die spoorwe het later as bedreiging gekom tesame met die gemotoriseerde vervoer; diamante en goud was ondenkbaar; die inligtingstegnologie was nie eers n wetenskapsfiksie se droomkind nie: hulle het maar net in 1

hulle verbeelding tot by die maan gereis. Tannies met hoepelrokke en groot hoedens het in Kaapstad se strate paradeer. Die samelewing 360 jaar gelede is nou net uit boeke bekend. Die toekoms van 2011 was geensins denkbaar nie. Die samelewing 360 jaar van nou af gaan weer histories na ons kyk en wonder. Die historiese kaarte van Suid-Afrika wys grafies die ontwikkeling van ons land. Dis duidelik hoedat die ontwikkeling plaasgevind het en dit moet met die hoofmomente van ons land se geskiedenis saamval die afleiding is onontbeerlik. n Mens kon nie direk van Johannesburg na Kaapstad per spoor reis nie. Die spoorverbinding van Johannesburg het net tot by Klerksdorp in 1902 gegaan. Ek het kaarte wat gedurende die ABO gepubliseer was wat aantoon dat die spoorwegverbinding vanaf Johannesburg na Kaapstad n ompad geloop het: Johannesburg suid na Bloemfontein, dan na Naauwpoort en dan swaai die spoor Noord-wes na De Aar. Vandaar suid na Kaapstad toe. Hierdie studie het vir my gewys hoedat n samelewing grootliks worstel om die verskillende oorgange te akkommodeer. Oorgange vanuit n immigrante stand na n tradisionele boerdery/swerwers samelewing na die mynbou/industrile samelewing en wat gebeur as daar nie voldoende aanpassings is nie. Die Carnegie-verslag wat in 1932 gepubliseer was, was my basis vir hierdie lesing. Ek het baie swaar geleun op die opsomming daarin en ek het die uitleg van die verslag gevolg met die skryf van hierdie aanbieding. Die Carnegie verslag begin met die stelling dat die Armblankevraagstuk reeds vir die afgelope 40 jaar ondersoek was dit bring ons by 1892 uit en dis voor die Anglo Boereoorlog. Die Carnegie-ondersoek het die literatuur georden en die probleem was toe vir die eerste keer sistematies landwyd ondersoek. Slegs witmense se toestande is ondersoek en aanbevelings daaroor was gemaak. Carnegie se ondersoek was gemik op SA as primr n boerderygedrewe gemeenskap wat geworstel het met die problematiek rondom vinnige oorgange na n ander tipe van samelewing. Daarom was dit meesal die boeregemeenskap wat geteiken was met die ondersoek. Die belangrikste groepe wat ondersoek was, was die volgende: Bywoners Huurders; Eienaars van stukkies of aandele van n plaas waarmee geen ekonomiese bestaan gemaak kon word nie; Arm nedersetters Toenemende groep van ongeskoolde of swak geskoolde werkers en arbeiders buitekant die boerdery. Die kommissie het nie net die groepe wat reeds as armblankes beskou word, ondersoek nie, maar ook die mense wat duidelik in die verarmingsproses is. Dit is ook nie n alleenstaande verskynsel nie. Daar is volgens die kommissie die volgende 2 belangrike klasse van armblankes: Die eerste groep wat n landelike lewenswyse gehandhaaf het: o Trekkers soos die arm trekboere in die Kaapse noordweste hulle lewe in pioniersomstandighede. o Bywoners, plaasarbeiders en veewagters in gebiede wat onderhewig is aan droogtes soos die Karoo. Hierdie mense trek baie rond. o Die Bosveld-tipe wat meesal in die Transvaal gewoon het. Hulle was pioniers en maak meesal uit jag n bestaan. Hulle is baie onderhewig aan malaria. o Die Boswerkers wat amper uitsluitlik gevind was in Knysna, George en Tsitsikamma gebiede. o Klein groepe armes wat saamgetrek het langs riviere of waterryke klowe en bergagtige gebiede. Hulle lewenswyse was sterk benvloed deur die groepselement. 2

o Eertydse selfstandige boere wat verarm is uit besigheidsonkunde of deur natuurlike en ekonomiese rampe soos droogtes, oorlo, veesiektes, verspoelinge, plae en skielike daling in die prys van hulle produkte. Die tweede groep is die wat die landelike lewenswyse verlaat het: o Die wat na die plattelandse dorpe getrek het en dorpsarmes geword het. o Die wat na gendustrialiseerde stede getrek het en daar as ongeskoolde of swakgeskoolde arbeiders n bestaan moes maak. o Die mense wat by die alluviale diamantdelwerye n uitkomste soek. o Die aan wie werk verskaf is op nedersettings en onder andere dambou projekte soos Boegoeberg se dam en die Hartbeespoortdam. Die spoorweg was n groot bron van werkverskaffing vir ongeskoolde spoorwegarbeiders My pa was n trein kondukteur op n kooltrein tussen Vereeniging en Grootvlei Kragstasie ek het baie keer saam met hom heel agter in die kondukteurswa gery.

Die oorsaak van onvoldoende aanpassing. Armblankes was meesal uit die Hollandse- Franse- & Duitse bloedlyne. Die Engelse bloedlyne het tot n mindere mate tot hierdie groep behoort. Die hoofrede daarvoor was dat hulle veral in beheer van die dorpe en stede se beter betaalde beroepe was. Daar was onvoldoende aanpassing weens hulle lang tye van afsondering, die pionierslewensstyl, gebrek aan stimulasie en uitdagings. My mening is dat dit die nalatenskap was van die invloed van die trekboere, die Groot Trek, die ABO en natuurlik die politiekery en magsmisbruik. Die vinnige ontwikkeling van die landbou en die spoorweg het die mense ingehaal. Hulle was nie enigsins voorbereid op hierdie nuwighede nie. Toe kom die ontdekking van die minerale met die gepaardgaande invloei van die uitlanders. Mynbou en die industrile ontwikkeling het die onopgeleide boeregemeenskap met hulle broeke op hulle knie betrap. Hulle was nie opgelei of opgewasse om hierdie totale nuwe uitdagings die hoof te bied nie. Die bestaansboerdery het ontwikkel na n boerdery ekonomie. Toe verander dit in n japtrap na n mynbou ekonomie. Onderwys in die verlede onvoldoende in hoeveelheid en onbevredigend van aard. Die totale onderwys sisteem was onvoldoende, ontoereikend en meesal godsdienstig gerig. Dit kon nie die verarming keer nie; en dit het ook nie verarming en veragtering gekeer nie. Die onderwysmetodiek het meesal net die pioniersbehoeftes gevul. Dit het nie tred gehou met die vinnige veranderings wat in die land ingekom het nie. Polities het die verengelsings beleid groot weerstand ondervind die Afrikaans sprekendes was aan die ontvangkant van verarming. Hierdie beleid het veroorsaak dat die plattelandse landelike bevolking opvoeding as uitheems en dus van ondergeskikte waarde geag het. Gebrekkige Engelse taalvaardighede het n nadelige invloed gehad. Die voorafgaande 60 jaar was die sendingskole die enigste bron van skolastiese opvoeding vir Afrikaanse en gekleurdes. Industrile onderwys en sistematiese vakonderrig was as minderwaardig beskou en was aan armoede gekoppel. Die Kaapprovinsie was reeds so vroeg as 1854 vooruit denkend en het toe al vakskole en industrile vakonderrig verskaf. Die kerk het 40 jaar later bygekom en besef dat die Afrikaanse bevolking ekonomies uitgesluit is van hierdie gebied met nadelige gevolge. Industrile onderwys was beskou as goed genoeg vir swaksinnigheid, misdadigheid en armoedige mense. En sodoende het hulle in die proses verder verarm. Hier is n klassieke voorbeeld van n boeretradisie versus n industrile tradisie. Psigologiese trekke wat die aanpassing bemoeilik. Daar was ook die trekgees vaardig onder die mense [ons sien dit vandag weer onder ons mense: nie alleen die Afrikaanssprekendes nie, maar ook die Jode byvoorbeeld wat die pad vat en ons land verlaat]. Hulle 3

het vasgeklou aan die bestaansboerdery lewensbestaan. Die gevolg hiervan was dat daar n samehoping van mense ontstaan het. Die grond het nie genoeg gelewer vir n lewensbestaan nie en gevolglike armoede het ingetree. Hulle het hardnekkig geweier om beter boerderymetodes te gebruik hoewel dit beter resultate en opbrengste kon lewer. Swak besigheidsbestuur van boerdery het gevolg. Daar was ook maar n swak werksetiek met die gevolglike nadelige uitwerking. In sommige dele van ons land met die meer vrugbare grond was dit nie nodig om so hard te werk nie. Die grond het genoegsame produkte gelewer met relatiewe min arbeid. En die mense het lui geword. Die groot afstande na die markgeriewe het sy nadelige invloed gehad. Swartes het op hulle beurt hul arbeidsvermons goedkoper aangebied. Daar was n sterk ondertoon onder die armblankes dat sommige werk as kafferwerk of hotnotswerk beskou was. Die wisselvallige klimaat het ook n rol gespeel. Oorbeweiding en veldvertrapping het die grond uitgeput. Verder was die sosiale afsondering ook n baie relevante faktor wat nadelig ingewerk het op die welvaart van die mense. Die patriargale filosofie was baie nadelig gewees. Dit was belangrik om die afsondering van die gemeenskappe aan te spreek en om die onderwys te verbeter. Dit was belangrik om afsondering aan te spreek en om die onderwys te verbeter dit sou die verarming teenwerk. Die kommissie het dit as n radikale fout gesien as die Staat telkens slegs finansile hulp verleen wanneer n boer swaarkry dit is nie n oplossing nie. Daar moes iets ekstra gewees het wat die Staat moes doen. Sosiale afsondering moet verminder word en verbeterde boerderymetodes sal dan bekend gestel word. Verbeterde skoolopvoeding sal ook meewerk om sosiale afsondering teen te werk. Die bevolking, ook die ouer deel daarvan moet geleer word om te lees en n leeskultuur moet gekweek word. Die Departement van Landbou moes met die landbou-voorligtingsdiens voortgaan en dit moet uitgebrei word. Die boere moet opgelei word in besigheidsbeginsels en hoe om goeie finansile berekenings te maak. Ek onthou die radio se vroegoggend program: Ons roep die Landman. Deesdae is dit RSG Landbou. Hierdie program is n direkte positiewe nalatenskap van daardie jare. Die remmende verouderde en uitgediende boerdery tradisies sal ontbloot moet word en moes dan sodoende teengewerk word. Die kommissie was oopkop om aan te beveel dat n intensivering van hierdie metodes nie oornag verligting sal bring nie - dit sou n baie lang tyd neem. Die kommissie het ook aanbeveel dat dit n belangrike deel van die opvoeding is om die mense meer van hulle eie omgewing leer. Dit klink vir my baie na ons huidige uitkomsgebaseerde onderwys, of hoe? Daar was n totale gebrek aan sistematiese beroepsleiding of beroepsopleiding die kloof tussen die gewone skool en die beroep- of ambagskool of die nywerheid moes oorbrug word. Die primre en die sekondre skoolopleiding het onder die vier provinsies geresorteer, terwyl die meer praktiese beroepsopleiding onder n nasionale Departement van Onderwys van die Unie geresorteer het. My pa was een van daardie honderde kinders wat Standerd 6 die skool verlaat het gelukkig is daardie tendens die nek omgedraai. Daar moet n nouer verband gel word tussen die gewone skoolopvoeding en landbou-voorligting. Ek is bewus van die landbou opleidingskollege in Potchefstroom. Die plaasskole was spesifiek geteiken om verbeterde metodes en hulpmiddels te kry en om n kultuur van lees by die kinders te kweek. Die plaasskool moet so ingerig word dat daar kompensasie is vir die sosiale afstomping en die gebrek aan vermaak dit is tog n natuurlike menslike drang. Die radio moet ingespan word om opvoeding aan die 4

plattelandse gemeenskappe en die plaasgemeenskappe te bring. Dit moet gerig wees op kinders en volwassenes. Ons is almal bewus daarvan dat daar vandag hersiening van skoolwerk oor die radio aangebied word. Ek het na sommige van daardie programme geluister en moet s dis heerlike opwindende programme om na te luister. Op die platteland was daar n gebrek aan doeltreffende beroepsleiding en beroepsopleiding vir jeugdiges. Daar was op die platteland n gebrek aan doeltreffende kordinasie van liefdadigheidswerk. Die armoede verskynsel op veral die plase en plattelandse dorpe was glad nie sorgvuldig ondersoek nie en dus was daar ook nie doeltreffende maatrels getref nie. Die plaaslike gemeenskappe moet ingespan word om die plaaslike armoede probleem aan te spreek & te bestudeer. Hierdie komitees moet die staat se steun kry, dit moet deur kundiges wat gesalarieerd is, bedryf word in noue samewerking met die Staat. Onderwysers moet beter opleiding kry. Die kommissie was van mening dat die belangrikste taak was om die plaaskind of die plattelandse mense te leer dat daar ander bestaansmoontlikhede is anders as boerdery en die onmiddellike omgewing. Die mense se lewensvaardighede moes verbeter word. Die invloed van die liggaamlike toestand en die klimaat. Groot hoeveelhede data is versamel onder die armblanke families met betrekking tot kinders se geboortes en sterftes. Daar was groot getalle geboortes en sterftes gerapporteer. Baie sterftes was direk veroorsaak deur swak sanitasie en n bekrompe woonplek. Hierdie sub-standaard wonings het swak lig en lug gehad en was byna sonder uitsondering oorbevolk. Die beskikbare water was besoedel en het veral n negatiewe uitwerking op suigelinge en pasgeborenes gehad. Armoede en wanvoeding het n groter nadelige invloed op skoolkinders in Transvaal gehad as malaria. Malaria het veral baie onder armblankes met gebrekkige voeding voorgekom. Epidemiese siektes, malaria, ondervoeding en/of die harde klimaat was nie primr die oorsaak vir verarming nie. Toestande van armoede en onkunde lei egter tot wanvoeding wat weer n kettingreaksie het. Die mense se voeding was eentonig en het geen of besonder min afwisseling in die dieet gehad. Daar was veral n gebrek aan genoegsame groente, protene, vitamines en vette. Daar was te veel meelagtige kos soos aartappels en patats wat n bron van stapel voedsel was. Onkunde oor voeding was n groot bron van kommer vir die kommissie. Daar was n nadelige wisselwerking in die Karoo met sy natuurlike plae, lae renval en woestynagtige klimaat aan die een kant en armoede aan die ander kant. Hierdie kombinasie was ongunstig vir voedselproduksie. Daar was n meetbare verskil tussen kinders wat beter gevoed was as ander en di wat minder goed gevoed was m.b.t. lengte, gewig en borsmaat. Die moeder en dogter in die arm huisgesin. Mev. M.E. Rothman het hier n onskatbare inset gelewer sy het later bekend geraak as die skrywer MER. Onkunde was die grootste faktor wat tot wanvoeding gelei het. Die moeder en dogter in die huis was gedentifiseer en hulle was geteiken om opgevoed te word om nie alleen groente en vrugte in die dieet in te werk nie, maar ook om dit te kweek. Die kweek daarvan moet gewoontevormend wees. Die welsyn en ontwikkeling van die gesin was van primre belang: die rol van die vrou kan nie te hoog geskat word nie. Sy moet voortdurend volwasse opvoeding kry m.b.t. voeding, gesondheid, siekeverpleging en sorg vir die suigeling. Klinieke het hier beslag gekry. Die skool en die kerk moet steeds voortgaan met ontwikkeling en opvoeding, maar die rol van die vrou en moeder moet beslis meer aandag kry. Verplegingsdiens in die platteland was imperatief. Die meisies uit hierdie arm gesinne moet in tehuise versamel word en intensief opgevoed word om hierdie probleme te oorbrug. 5

Afsondering en die gepaardgaande gebrek aan stimulasie het veroorsaak dat hierdie gesinne agterlik geraak het en agterlik gebly het. Daarom was die huisgesinne en die huishoudings gestrem. n Maatskaplike bewussyn was swak of onderontwikkel en n baie lae samehorigheidsgevoel het onder die mense bestaan. Die moeder het n verwarde lewensbegrip gehad en sy het dit oorgedra na haar gesin toe. Die onbestendige trekkers bestaan en filosofie het n baie groot nadelige invloed op veral die moeder gehad en sy kon daardie druk nie hanteer nie. Wanneer mens F.A. Venter se boeke lees kom jy agter dat daar ook n ander klas blanke was wat getrek het sy ma byvoorbeeld het altyd netjies tafel gedek wanneer hulle moes kom aansit vir enige ete ek weet nie of dit die waarheid was nie en of hy digterlike vryheid gebruik het met sy stories nie. Sosiale en etniese trekke by die armblanke. Dit is verkeerd om te aanvaar dat alle armblankes versukkeld wou leef. Daar is vele van hulle wat deur harde en volgehoue harde werk hulle posisies in die samelewing drasties verbeter het. Hulle het ook deur harde werk hulle vooroordeel teen kafferwerk verloor. Baie arm gesinne word gekenmerk deur sorgeloosheid, onverantwoordelikheid, gebrek aan waarheidsin, goeie werksetiek, minderwaardigheid, gebrek aan selfrespek, onkundigheid en liggelowigheid en ambisie. Baie was verstandelik swak en gebrekkig en het n neiging tot drankmisbruik of misdadigheid openbaar. Onwettige diamant handel, smokkel van drank en onwettige jag was groot probleme. Anders as deesdae waar dit meesal ryk mense is wat hulle skuldig maak aan onder ander renosterstropery of altans so is dit die persepsie. Armoede veroorsaak minderwaardigheid, gebrek aan selfvertroue, oneerlikheid en onbetroubaarheid en sedelike verval. Langdurige armoede word later gelate aanvaar as deel van die lewe. Die woonplekke was gebrekkig: oorbevolk, onder ontwikkel en het n lae lewenstandaard getoon. Dit was veral sigbaar op die delwerye. Vroe huwelike was aan die orde want dan het die kind die arm huis verlaat om sy eie te begin. Die mense het ook n mentaliteit ontwikkel dat die staat en die kerk moet voorsien. Daar was egter redelik min gedoen om die mense se behuisingsnood te verlig. Die armblanke en die gekleurde, veral die swarte. Daar was baie gepraat oor die verskil in lewenstandaard tussen die verskillende rassegroepe in die land. Die verslag meld verkaffering wat plaasvind waar die samewoning naby is weens armoede. Werkreservering word voorgestel. Hierdie onderwerp het met baie voorbehoude gepaardgegaan. Die ooglopende doelwit was om die blanke bo die swarte te bevoordeel. Wanneer ek na die inligting rondom hierdie aspek kyk, dan lyk dit alteveel na die voorloper van swart ekonomiese bemagtiging. Rassevermenging word sterk aangespreek en veroordeel. Weereens word dit meesal oor die boeg van die armoede invloede gegooi. Die Naturellebouwerkers Wet 27 van 1951 het nie net werkreservering in die boubedryf ingebring nie, maar ook onderskeid getref tussen geskoolde werk en ongeskoolde werk. Die polities-filosofiese basis vir werkreservering was die onderskeid tussen beskaafde arbeid en onbeskaafde arbeid. Dit is my mening dat daar n kernverskil is tussen geskoolde arbeid en ongeskoolde arbeid aan die eenkant en aan die anderkant beskaafde arbeid en onbeskaafde arbeid; veral in die konteks dat die vertrekpunt hiervoor rasgebaseerd was. Onbeskaafde arbeid was vir barbaarse en onontwikkelde mense1 en die vergoedingspakket was ook so ingeklee.

Giliomee, a.w. p. 291 e.v.

Die sentiment was uitgespreek dat die swarte tradisioneel minder ontwikkeld was as die blanke. Wreld tendense was destyds baie rassisties en op rasse onderskeid ingestel. Hierdie sentimente van die kommissie was uitgespreek teen die destydse heersende politieke agtergrond. Die Naturellen Grond Wet 27 van 1913 was op 16 Junie 1913 goedgekeur. Ek dink nie dat dit toevallig was dat die Soweto onluste op 16 Junie 1976 uitgebreek het nie. Hierdie wet2 het die land oneweredig verdeel. Die Unie van Suid-Afrika was opgedeel in naturellestreken en ander gebiede. Die trek van die platteland en die aanpassing in die stede: landbou, nywerheid, spoorwe en minerale veranderings. Die metodiek m.b.t. die veeboukunde was op natuurbeweiding gebaseer as die natuurlike weiding uitgeput geraak het, het die boer sy goedjies gevat en verder getrek na beter weiding toe. Dieselfde benadering was gevolg met landbou as die grond uitgeput geraak het, het hulle getrek. En dit het die noodwendige gevolg gehad dat groot getalle verskuif het na onherbergsame gebiede waar beide die natuur met sy geweldige natuurrampe en die boer se totale onkunde katastrofaal ingewerk het op die mense. Die grond het al hoe duurder geword. Die vroere boerdery metodes tot rondom 1880 het radikale verskuiwings ondergaan. Demografies het die land vinnige en ingrypende veranderings ondergaan en die plattelandse bevolking was nie opgewasse om dit te bemeester nie. Min of meer gelyktydig hiermee het daar in die nywerheid n radikale verandering ingetree. Die kommissie bevind dat die meer ondernemende en intelligente boere na ander heenkomes gekyk het en die nywerheid was die wortel voor die neus. Toenemende kapitalisme het die kloof tussen ryk en arm vergroot. Die boere het begin om hulle gronde af te kamp. In die groot weidingstreke was die armes die klas mens wat sonder grond was, hulle was afhanklik van die goedguns van die ryk grondbesitter. Die trekboere het al hoe meer weerstand ondervind en dit het armoede verder in die hand gewerk. Tannie Bessie Du Toit [102 jaar in 2009] van Strydenburg in die Noord Kaap het my vertel dat daar geen omheinings tussen Strydenburg en Hopetown was nie. Mimi Coertse se pa het vir Tannie Bessie op sy skouers gedra as hulle na Hopetown toe gestap het. Die vinnige uitbreiding van die spoorverbindingsnetwerk in die land het meegewerk om isolasie en verouderde metodes te verander. En die arm gemeenskappe kon nie tred hou nie. Die alluviale diamant delwerye het die reeds swak toestand verder nadelig benvloed. En dit het ook n demoraliserende uitwerking gehad. Dit word uitvoerig deur Charles Van Onselen bekyk in sy boek oor die Joodse prostitute op die diamantveld en die goudvelde veral Johannesburg in daardie vroe tydperk. Die geweldige stryd wat daar gewoed het tussen die grondeienaar en die plakkerboere [wit en swart is besonder goed beskryf deur Prof. Dr. Charles van Onselen in sy boek The Seed Is Mine. The Life Of Kas Maine, A South African Sharecropper 1894 1985. Die oorsprong van die bywoners [squatters of plakkerboere] word ook hierin aangespreek. Die huurarbeider/plakkerboer vind ons terug in 1996 met die Wet op Grondhervorming [Huurarbeiders] Wet 3 van 1996. Hierdie wet beskryf n huurarbeider as n persoon: a. Wat op n plaas woon of die reg het om daarop te woon; b. Wat die reg het of gehad het om grond vir verbouing of weiveld op die plaas, in paragraaf a. bedoel, of n ander plaas van die eienaar te gebruik, en as teenprestasie vir daardie reg arbeid aan die eienaar of huurder verskaf of verskaf het; en c. Wie se ouer of grootouer [CJC: dis nou ek hierdie] op n plaas woon of gewoon het en die gebruik van grond vir verbouing of weiveld op daardie plaas of n ander plaas van die eienaar gehad het, en as teenprestasie van daardie of daardie ander plaas verskaf of verskaf het,
2

Dugard, John, a.w.

n Plaaswerker daarenteen word beskryf as: n persoon wat in diens is op n plaas ingevolge n dienskontrak wat voorsiening maak dat a. In ruil vir die arbeid wat hy of sy aan die eienaar of huurder van die plaas lewer, hy of sy hoofsaaklik in kontant of in n ander vorm van vergoeding betaal sal word, en nie hoofsaaklik in die reg om grond te bewoon en te gebruik nie; en b. Hy of sy verplig is om sy of haar dienste persoonlik te verrig. Dit wat ek nou net beskryf het is tog onlosmaaklik deel van ons geskiedenis my oupa was n bywoner en my pa het gewerk dat die nete op sy kop geklap het. Daar is sopas in 2011 n groenskrif deur die Parlement vrygestel ten opsigte van grondhervorming dit bly maar n kontensieuse probleem waarmee die politici sukkel. Hulle sukkel van Julius Caesar en Cicero se tye daarmee: wat doen jy onder ander met die sevierende massas soldate wat terugkeer van die oorlog? Hoe akkommodeer jy hulle? En hier plaaslik: hoe akkommodeer jy die MK-lede? Hoe akkommodeer jy die daardie deel van die bevolking wat geslagte lank uitgesluit was grondregte? Die hoofdoelwit van die trek van die plaas na die dorpe en stede was die begeerte om hulle ekonomiese toestand te verbeter. Die besitlose ongeskoolde of swak opgeleide blanke wat die stede en dorpe betrek het, moes besondere aandag, opleiding en beskerming gekry het. Om die bevolking op die platteland te hou moes middele gevind word om die jongman daar te hou. Die kommissie het statutre ingrepe om die blanke te bevoordeel bepleit en voorgestaan; daar was toe n gedagte uitgespreek dat dienskontrakte skriftelik moes wees. Die ontvolking van die platteland deur die blankes is ernstig aangespreek en die kommer is uitgespreek daaroor dat die platteland a.g.v. hierdie wit ontvolking deur n swart plattelandse bevolking vervang gaan word. Daar het minder immigrante uit Europa die land binnegekom terwyl die staat werk verskaf het wat n vakuum veroorsaak het. Ontvolking was hierdeur aangemoedig. Beter lone is in die stede betaal. Waarskuwings is uitgespreek teen te veel staatsprojekte soos die bou van damme [Hartbeespoortdam en Boegoeberg se dam is voorbeelde] was projekte wat n bepaalde lewensduurte gehad het. By die beindiging daarvan het dit tot n dieper verval in armoede tot gevolg gehad. Die arbeider kon nie en het nie terugkeer na die plaas nie. Dit herinner my aan Mrs. Frisby and the Rats of NIMH.3 Die plaasverlaters was nie opgelei om in die stede en dorpe aan die nuwe landbou & nywerheid uitdagings te voldoen nie. Dan was daar n oor aanbod van ongeskoolde arbeiders wat n sosiale en maatskaplike probleem geskep het. Daar moes ook gekyk word na die wyse waarop die stede en dorpe hierdie mense hanteer het. Dit het ook te kort geskiet. Die ongeskoolde blankes het in mededinging gestaan met die swart arbeidsmag wat meesal teen heelwat laer tariewe die arbeidsmark toegetree het. Dit was as redes gebruik waarom daar werkreservering moet wees en waarom die staat die blankes moes beskerm. Is die omgekeerde redenasie dan nie ewe korrek en geldig nie? Die staat moet na die swartes se belange omsien ten koste van die blankes? Die vereistes van vakleerlingskap het dit bemoeilik om blankes te skool omdat hulle meesal ouer mense was wat reeds kinders het en wat n bestaande gesin het om te versorg. Toe word die volgende onding bepleit: hierdie hore vereistes moet afwaarts aangepas word by die beskikbare swakkere wit-arbeidsmag. Met ander woorde, die ongeskoolde en swak opgeleide blanke moet eerder die werk op n swak en laer standaard doen as wat jy dit vir n swarte behoort te gee wat beter opgelei en geskoold was4. Die jonger geslag het makliker aangepas.

3 4

OBrien, Robert C, 1971, Puffin Books. Sien pagina xxiii van die verslag.

Deeltydse tegniese opleiding was bepleit. Die vrou se rol in hierdie situasie is ligweg bespreek. In Kaapstadse fabrieke was daar meesal goeie opleiding vir vrouens om fabriekswerk te doen. Die witmeisies het dit dikwels verkies bo die van huisbediendes te wees. Maatskaplike dienste moet meer toespits daarop om die jong vrou te leer om haar vrye tyd beter te bestee. Die intelligensie van die armblanke. Dit was bevind dat die armblanke as n geheel binne die normale grense van intelligensie val. Maar dit was verder bevind dat dit inderdaad laer is as die gemiddelde intelligensie. n Groep was hor intelligent en buitengewoon begaafd. Die persentasie wat as onder normaal beskou moet word, is twee keer so groot soos die res van die bevolking. Staatsbeleid en verbetering van lewensomstandighede sal en gaan n groot rol speel in die opvoeding en verbetering van die intelligensie vlakke. Hedendaags word staatsbeleid en die verbetering van lewensomstandighede op n meer wetenskaplike wyse ontwikkel. Die Verenigde Volke het byvoorbeeld besonderse fyn ontwikkelde vraelyste opgestel om vas te stel hoedat mense hulle tyd gebruik hierdie inligting word dan gebruik om staatsbeleid en ontwikkeling te bevorder.5 n Groot deel van die armblanke kinders wat laer intelligensie het as die gemiddelde blanke kind, kan egter voordelig aangewend word in meer roetine werke wat nie veel intellek vereis nie. Arm gesinne het meesal meer kinders as die meer gegoede huisgesinne. Die arm kinders se arm agtergrond impakteer nadelig op die kind se opvoeding. As daar nie iets drasties gedoen word nie, sal die arm minder intelligente deel van die blanke bevolking so groot word en so n groot las op die staat word wat ondraaglik kan wees. Klink hierdie sentimente nie baie resent en hedendaags nie? Solidariteit is n voorbeeld van hierdie sentimente hulle bepleit egter dat swart en wit gehelp moet word. Hierdie is steeds n universele probleem veral in die Islamitiese lande6. Die kommissie gee erkenning daaraan dat dit n probleem is wat wreldwyd voorkom. Die blankes is immers die draers van die Europese beskawing. Die afsondering en die baie negatiewe impak wat die mense ervaar het, het die Europese beskawing n ernstige knou gegee. Bestaande leemtes in die onderwysstelsel. Die skoolkoshuise vir behoeftige kinders. Die arm kinders doen nie goed op skool nie en moet gedurig standerds herhaal. Dit het n nadelige uitwerking op hulle karakterontwikkeling. Daar moet spesiale aandag aan kinders met spesiale leerbehoeftes gegee word. Spesiale klasse en spesiale skole was bepleit. n Verrykte leerplan word voorgestel kan dit dalk so iets soos wyle Prof. Kader Asmal se uitkomsgebaseerde onderwys wees? 90 Persent van die armblanke kinders verlaat die skool aan die einde Standaard VI. My eie pa het dit gedoen hy het n aanbod gehad van n geneesheer dat hy my pa se mediese studies sal betaal. Maar, nee my pa was te slim daarvoor en natuurlik te trots en toe word hy n eerste instansie n posman in Hopetown. Hy verskuif Roodepoort toe in ongeveer 1945 en word n kondukteur op n kooltrein tussen Redan en Grootvlei. Daar was ook voortgesette volwasse opvoeding wat bepleit was. My ma het n boekhou kursus by die technikon geloop; my skoonma het ook n kursus daar gedoen. Die huidige staatsdepartement Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming bevorder die inheemse kennis van die mense se plaaslike omgewing. Ek wil sover gaan as om te beweer dat al hierdie gerigtheid op menslike ontwikkeling [en nou bedoel ek swart mense se ontwikkeling] kan ons terugspoor na die bronne waarna ek hier verwys. In 1932 was dit uitsluitlik gerig op die witman.

5 6

A Survey of Time Use How South African women and men spend their time; 2001, Statistics South Africa. Goldman, David P, How Civilizations Die [and why Islam is dying too], Regnery, 2011.

95% van alle seuns wat die landbou betree het, het die skool voor Standaard VI verlaat en het geen landbou opvoeding ontvang nie. Hulle vaders was in presies dieselfde posisie gewees. Dit was dus geensins n verrassing dat n groot persentasie van boere misluk het as landbouers. Verpligte skoolopleiding tot en met 15 jaar ouderdom word bepleit. Tradisionele onderwysmetodes kweek passiwiteit by die leerlinge aan. Die totale onderwyssisteem moet in geheel hersien word. Dan moet dit voortdurend versien en hernieu word.. n Grondliggende kennis van die sosiologiese en maatskaplike lewe ontbreek by die onderwysers en dus kan hulle nie help om die lewe vir die kind te interpreteer nie. Skoolkoshuise word bepleit om die arm plaaskind te bevoordeel. Die skolastiese prestasies van kinders op koshuise is egter swakker as die dorpskinders wat nie in koshuise is nie dit word toegeskryf aan swak en onvoldoende volwasse toesig. Beroepsleiding en nasorg moet in die lewe geroep word. Beter opgeleide persone moet aangestel word om in koshuise diens te doen en leiding te gee. Die fisiese toestand van arm kinders in beter koshuise is bo verwagting goed en dit kan toegeskryf word aan voeding. Matrones word voorgestel en persone met n grondige kennis in voeding moet in diens geneem word. Hulpverlening, liefdadigheid en rehabilitasie. Hulpverlening wat slegs op n kortstondige manier verligting bring moet nie oordryf word nie. Dit moet langtermyn doelwitte h en daarom moet ander aspekte baie sterk ontwikkel en toegepas word. Jy moet die persoon help sodat hy homself verder kan help. Die persoon moet verander word nie net sy omstandighede nie as net die omstandighede verander, dan is dit n kortsigtige en futiele beleid. Ekonomiese mededinging en druk van buite is goeie insentiewe en moet aangewakker word. Die vryemark ekonomie word bepleit. Hierdie is aspekte wat in groot besonderhede bespreek word in Goldman se boek7 - hou in gedagte dat Goldman die wreld van vandag 2011 in onskou neem. Die kommissie bepleit dat die meer gegoede persone n maatskaplike verantwoordelikheid geleer word, en terselfdertyd moet die arm persoon geleer word van spaarsin, eiehulp, matigheid, gesondheid, samehorigheid en rassetrots. Die kommissie het n lang lys opgestel van die noodleniging werk wat die kerk doen. Maar kom tot die gevolgtrekking dat dit nie genoeg is nie. Die kerk is weens sy natuurlike konserwatiewe aard nie in staat om die vinnige lewensveranderinge wat op alle terreine ingetree het, te akkommodeer nie. U sal onthou dat ek reeds die lys genoem het: landbou metodiek, ontdekking van minerale rykdomme, nuwe idees en lewenswyses van die groot aantal immigrante en skattejagters; spoorwe & industrile ontwikkeling. Die kommissie was verbaas om te vind dat daar vele maatskappye en ander instellings is wat noodleniging doen groot somme geld word jaarliks beskikbaar gestel. Wanneer daar rampe is, word daar onmiddellik groot somme geld en ander hulp versamel. Dis jammerlik dat daar vandag wetgewing bestaan om hierdie tipe van werk te beskerm wat uitgebuit word deur gewetenlose swendelaars en boewe daarom word fondsinsameling gereguleer. Sedert die Unie in 1910 was die Staat baie betrokke by werkskepping en sosiale opheffing. Spoorweg en bosbou was veral die departemente wat werkskepping bevorder het. Daarom het die snelle uitbreiding van die spoornetwerk versnelde verspreiding van idees en die ontwikkeling van die minerale rykdomme meegebring terwyl die ontwikkeling van die plaaslike landelike bevolking agtergebly het.

Goldman, David P, How Civilizations Die [and why Islam is dying too], Regnery, 2011.

10

n Kultuur van afhanklikheid is geskep vir sake soos: kostelose behuising en skoling insluitende boeke vir kinders, mediese hulp, werkverskaffing, noodleniging tydens rampe, voorskotte op produkte, beskerming teen mededinging op die arbeidsmark teen swart en ander gekleurdes. Die manier van hulpverlening deur die Staat het vir die kommissie n probleem veroorsaak omdat dit die mense gedemoraliseer het, en n bewussyn van minderwaardigheid by die mense gekweek het. Dit het n groot deel van veral die plattelandse bevolking geraak. Daar was duidelike tekens dat politieke mag en stemwerwery misbruik word om staatshulp te kry. Is dit iets nuuts? Hulpverlening sonder enige teenprestasie moet tot die minimum beperk word. Daar moet eerder een of ander teenprestasie vereis word en sodoende die persoon aanspoor tot rehabilitasie. n Grondliggende wetenskaplike ondersoek na individuele armoede en onderskeid tussen verskillende tipes armoede moet gedoen word. Goed opgeleide maatskaplike werkers word benodig en moet n goeie sosiale diagnose kan maak. Met die nodige raad, inligting en motivering kan daar heelwat gedoen word om eiehulp te bevorder. Daar is n groot gebrek aan n grondige studie en die resultate en aanbevelings daarvan in verband met die armoede kwessie en die doeltreffende oplossing daarvan. Hierdie studies moet nie eenmalig wees nie, maar moet sistematies en doelgerig voortgesit word by n Universiteit waar so n departement vir die bevordering van die studies ingestel behoort te wees. Hier is die grondslag vir doelgerigte universiteitsopleiding vir maatskaplike werk. Die noodleniging wat plaasvind was veels te lukraak en ongekordineerd. Die verskillende organisasies moet inligting vryelik onderling uitruil want hulle word uitgebuit deur die armlastiges. Die kommissie het sekere beginsels vir die landbou nedersettings voorgestel: strenger en meer doeltreffende keuring van armes. Dit is n tipe van middele toets wat op die nedersettings geplaas word. Die stoflike hulp moet van so n aard wees dat die behoeftige mense sal besef dat hyself arms uit die mou moet steek om homself en sy gesin te rehabiliteer. Paternalisme het die geneigdheid wreldwyd dat die mens se persoonlike inisiatief gedemp word, minderwaardigheid gekweek word en n afhanklikheid sindroom aangeleer word. Toekenning van staatsgrond in die landbou sektor het tot te veel mislukkings gelei. Dit is dus nie n nuwe ontdekking wat gemaak is nie. Ons lees kort-kort in die koerante van hoe die nuwe opkomende boere onder die druk vou en nie die mas opkom nie gebrek aan opleiding en te veel en te maklike staatshulp is weereens aan die orde van die dag. Die politieke mag wat op die landbou nedersettings uitgeoefen was, was onrusbarend en moet verminder word. Ons sien weereens vandag met onder andere Julius Malema se politieke mag hoedat dit misbruik word om drukgroepe saam te stel wat uitermate destruktief van aard is. Koerante het die berig versprei dat R30 miljoen se skade met sy en sy jeugleiers se tugverhore in Luthuli-huis, Johannesburg aangerig is. Sosiale wetgewing moet indringend en as n spoedeisende saak gesien word en dit is genoodsaak deur die vinnige ontwikkeling in die samelewing en die strukture wat ontstaan het. Die kommissie beveel ook die skepping van n staatsdepartement aan vir maatskaplike werk wat die volgende werksaamhede moet insluit: monitering van staatshulp en rehabilitasie; om samewerking tussen organisasies te bewerkstellig en die kerke te mobiliseer. Hier het ons te doene met die staat se invloed in die kerk en die doelwit van kerk-wees. Dit het vandag nog die gevolg dat die Nederduitsche Hervormde Kerk van Afrika dink dat hulle apartheid as beleidsrigtings teologies kan fundeer die kerk was gekaap deur hierdie onheilige voorstel en die kerk het daarvoor geswig. Die verspreiding van inligting oor die sosiale probleme ten opsigte van die armoede probleem, die samewerking tussen universiteite om hierdie verskynsel te ondersoek en om aannames te maak en oplossings voor te stel was bespreek. 11

Gevolgtrekkings Ek het reg aan die begin vertel wat die invloed van hierdie navorsing op my was. U het opgemerk dat ek voortdurend parallelle tussen die geskiedkundige agtergrond met ons huidige samelewing getrek het. Byvoorbeeld die worsteling van die samelewings met vinnige veranderings: Wanneer u in gedagte hou dat die samelewing van Jan Van Riebeeck en vennote nie meer bestaan nie, dan sal ons ook daaraan dink dat ons samelewing soos ons dit vandag op 21 Januarie 2012 ken oor 360 jaar ook nie meer gaan bestaan nie. Hoe dit gaan lyk, is egter n vraag/moontlikheid waaroor ek nie eers gaan bespiegel nie. Ons groep mense soos ons hier sit, het beleef hoedat Dr. Chris Barnard op 3 Desember 1967 die eerste hart oorgeplant het. 16 Julie 1969 het Neil Armstrong op die maan rondgeloop nie een van my drie kinders was daardie tyd gebore nie. Nou moet ek terug aarde toe. My oupa was n bywoner in 1932 in Hopetown distrik. Ek is n direkte afstammeling van n armblanke. My vrou, Annemari is n direkte afstammeling van n gemiddelde middelklas Afrikaanse familie. En Marie Van Aswegen is n direkte afstammeling van n gegoede Afrikaanse familie alles uit daardie tyd. Meneer, die Voorsitter dankie vir die geleentheid om n bydrae te gemaak het tot n begrip vir ons verlede en hoe dat dit ons hede impakteer en n invloed op ons toekoms gaan h. NEELS COERTSE Van die Hopetown-COERTSEs Sandton 21 Januarie 2012 BIBLIOGRAFIE Carnegie verslag: oorspronklike boeke. Giliomee, Hermann: Die Afrikaners, n Biografie, Tafelberg, 2004. Joubert, Tian, dr. Toe witmense arm was, uit die Carnegie verslag, Brandpunte2; Tafelberg; 1972. Steyn, J.C. Die 100 jaar van MER, Tafelberg, 2004. Meredith, Martin, Diamonds, Gold And War, the making of South Africa, Jonathan Ball, 2007. Schaeffer, Francis A, How should we then live?, Crossway Books, 2005. Goldman, David P, How Civilizations Die [and why Islam is dying too], Regnery, 2011. CONTREE Tydskrif vir Suid-Afrikaanse stedelike en streekgeskiedenis: 34 1993 Departement Geskiedenis: R.A.U. Van Onselen, C, Dr. The Seed Is Mine. The Life Of Kas Maine, A South African Sharecropper 1894 1985, Hill & Wang, 1997. Wet op Grondhervorming [Huurarbeiders] Wet 3 van 1996. Foley, Neil, THE WHITE SCOURGE Internet aanhaling 2011. Staatsargief: 5 Februarie 1937 TAB B645/40/54, bywonerskap by Abbots Dam, Applikant was Mnr A.C. CHAPMAN. John Steinbeck,The Grapes of Wrath, Readers Digest Complete, 1939. Kaarte wat in die The Times History of the War in South Africa 1899 1900 gepubliseer was. Naturellebouwerkers Wet 27 van 1951. OBrien, Robert, C., Mrs. Frisby and the Rats of NIMH, Puffin Books, 1971. 12

A Survey of Time Use How South African women and men spend their time; 2001. Statistiek SuidAfrika publikasie. +++++++++++++++++

JAARPROGRAM VAN WES-GAUTENGTAK VAN DIE GGSA VIR 2012 Datums vir Takbyeenkomste in 2012:
4 Februarie: Museum- en Genealogiedag van 09.00 15.00 by die Roodepoort Museum : Ons sal weer ander takke nooi en hulle deelname kan help dat ons koste verlaag word. Hulle sal teen R100 per staanplek deelneem. 18 Februarie: Tak se Algemene Jaarvergadering om 14.00 . Die uitkoms van die Werkswinkel wat op 15 Oktober 2011 gehou was, sal bespreek word. 1 4 Maart: Hobby-X-uitstalling by die Dome. Die nuwe komitee sal oor deelname besluit. 16 18 Maart 2012: NUK-Algemene Jaarvergadering by UNIONDALE, gerel deur e-GGSA. n Baie interessante program is beplan. Lede wat wil saam gaan kan op die bus, bestuur deur Dennis Pretorius, klim. 17 Maart: Spreker: Christoff Erasmus oor Genetiese voorouer bepaling van die Afrikaner populasie in Suid-Afrika: Verband tussen stambome en genetiese inligting. 21 April: Spreker: Alan Jeffrey van die Brenthurst Library praat oor: The preservation/conservation of old documents, photographs, pictures, etc. Members should bring in examples of the things they have, it makes it much easier for everybody if there are things to look at and discuss. Alan does not have a standard lecture on conservation/preservation. It would help if there was a variety books, albums, framed pictures, photographs etc. Ned. Geref. Kerk Ontdekkerskruin, om 14.00. Daar word besluit dat ons n besoek aan die Brenthurst Library sal rel. 19 Mei: Moet nog beplan word. 16 Junie: Werkswinkel oor eie navorsingsprobleme: Ned. Geref. Kerk Ontdekkerskruin. 14.00 21 Julie: Moet nog beplan word. 17 - 19 Augustus: Moet nog beplan word. 15 September: n Tak-besoek aan die ABO-Museum, Bloemfontein kan oorweeg word deur die nuwe komitee.
13

29 September: Genealogiedag by die Roodepoort Museum se Erfenisdagviering, om 11.00 16.00. Die nuwe komitee moet besluit of ons weer n stalletjie sal beman, ten bate van ons tak. 6 Oktober: Beginnerskursus in Genealogie / Gevorderde kursus in Genealogie. Die nuwe komitee moet besluit of ons weer n kursus wil aanbied. 20 Oktober: Werkswinkel oor eie navorsingsprobleme: Ned. Geref. Kerk Ontdekkerskruin, 14.00. 17 November: Afsluiting: Ned. Geref. Kerk Ontdekkerskruin, om 14.00.

Ons vra dat u nou al u dagboek se inskrywings sal maak.


++++++++++++++++++

Ek vra dat u asseblief bydraes vir my sal stuur by my e-adres wat hieronder genoem word. Baie dankie vir julle wat dit reeds doen.
NEELS COERTSE REDAKTEUR SANDTON 28 JANUARIE 2012

WEST GAUTENG BRANCH COMMITTEE, 2011


Designation Chairman/Membership Matters Vice-Chairman Treasurer Assistant Treasurer Secretary Events Secretary Librarian Assistant Librarian Membership Secretary Blog Journalist Editor Newsletter Cemetery Coordinator Product Sales Name Lucas Rinken Bob Saunders Dennis Pretorius Barbara Bouwer John Stephens Margaret Humphries Graham Southey Louise Dick Gerard Marloth Penny Evans Neels Coertse Giel Nel Kriek Fourie Telephone 011-760-3009 011-475-4579 083-679-8541 011-760-5872 011-948-9676 011-955-2819 011-787-4842 011-679-4321 011-782-6599 011-763-2465 011-463-4049 011-762-3702 011-955-3533 Email gen@rinken.co.za bobcad@iafrica.com dennispretorius@mweb.co.za barbara.bouwer@vodamail.co.za Stephensjohn13@gmail.com nerine@yebo.co.za None None gerard.marloth@yahoo.com penny.evans55@gmail.com neelscoertse@wirelessza.co.za gielnel100@gmail.com leander.fourie@transnet.net

14

You might also like