You are on page 1of 2

1

Agter 'n Baard - Hennie Aucamp


Konteks van die verhaal Tussen 1966 en 1989 is baie Suid-Afrikaners verplig om grensdiens te doen. Baie moes op die grens tussen Angola en Namibi gaan werk.

Opsomming van 'n verhaal Die storie handel oor Deon, 'n soldaat, wat terugkeer na sy verpligte diens op die grens Aan die begin van die verhaal keer hy terug en sy vrou Marina en seuntjie Bennie wag vir hom op die stasie Marina is onmiddellik ongelukkig omdat sy sien Deon dra 'n baard - sy s sy herken hom skaars en raak ontsteld omdat sy haar man anders verwag het - moontlik warmer, meer toeganklik, meer soos die man wat sy onthou Sy se dit lyk of hy haar agter 'n bos beloer - asof hy iets vir haar wil wegsteek Die familie gaan huis toe en Deon gaan "reinig" homself dadelik - om van sy fisiese "vuil" ontslae te raak, maar miskien ook van die "vuil" (sonde, slegheid) van die oorlog Deon sit by Bennie voor hy gaan slaap - Bennie smeek vir stories van bosape en terroriste (dit wys ons hy het dit al vantevore vir Bennie vertel), maar Deon se hy sal nagmerries kry (heel moontlik omdat hy self daaroor nagmerries kry) Marina sien daar is drie, vier doppe weg uit die brandewynbottel - Deon het daarvan gedrink - en sy raak kwaad - hy voel moontlik hy moet die pyn op 'n manier probeer wegkry Deon tel die koerant op en raak ontsteld as hy 'n foto van 'n vermiste soldaat sien Marina en Deon gaan bed toe en sy smeek hom om die baard af te skeer - sy weier hom seks omdat sy nie na aan hom voel nie, sy is kwaad oor die drank en die baard en voel ver van hom af - daar is 'n duidelike konflik hier ter sprake, Deon is kwaad Sy raak aan die slaap, maar later as hy by haar staan word sy weer wakker Deon het sy baard afgeskeer en hy beveel haar om na hom te kyk - sy sien vir die eerste keer die wonde op sy gesig van die oorlog Hy vertel haar als, maar sy wil nie hoor nie. Sy sit haar hand oor sy mond. Hy begin huil, want hy het als uitgelaat Sy sukkel om te slaap, moontlik van skok en verwarring - en omdat sy sy pyn nou met hom deel

Woordeskat Troepetrein train transporting soldiers returning from the Border War or Army Swanger pregnant Buik maag Nadruklikheid emphasis Medewerking cooperation Opoffering sacrifice Gesag authority Vermaan to warn Onttrek withdraw Bedrieg deceive Nugter sober Spook to be haunted by something Vermoeide tired AANVULLENDE NOTAS Deon se aankoms op die stasie: - Marina lyk soos die perfekte foto die voorbeeldige mooi, blonde swanger vrou met haar seuntjie wat wag op haar man na sy lang afwesigheid (sy is n rolmodel vir ander vrouens)

2
Hulle is eintlik nie gelukkig nie, want sy wil hom nie soen nie (voel afgesonder van hom, hou nie van die baard nie) Deon se gedrag- Hy lei aan post-traumatiese stres na die ervaring op die grens - Hy raak onsteld oor soldate in die koerant, want hy empatiseer met hulle Titel van die verhaal- dit verwys na iemand wat skuil agter n baard/iets wil wegsteek - kan verwys na algemene mans met baarde Deon se baard simbool in die kortverhaal- Deon se baard dra vir hom groot waarde omdat dit hom herinner aan sy stryd hy s daar is opoffering daarin hy is trots daarop - hy steek sy pyn agter sy baard weg (sy fisiese pyn die oorlogswonde, en sy emosionele pyn) - wys ook hy hou nog aan sy ervaringe vas - as hy dit afskeer, s Marina hy lyk soos n nar = ironies, want n nar kruip weg agter n masker Deon se emosionele wroeging- Deon voel hy moet homself reinig (skoonmaak) - hy voel fisies en emosioneel vuil na die oorlog - hy drink sterk drank as hy by die huis kom probeer die pyn verlam Deon en Marina se verhouding- Marina voel Deon hou homself op n afstand en deel nie sy pyn met haar nie - sy wil h hy moet die baard fisies afskeer, want dit maak seer as sy hom soen - sy wil ook h hy moet die baard figuurlik afskeer, want hy steek sy pyn/emosies vir haar weg - Marina sukkel om sy emosionele wroeging te verstaan sy ken hom nie so nie, hou nie van die drank en die baard nie, kan nie nader tot hom nie - Marina het n ander verwagting van sy terugkoms gehad - Marina voel hartseer, want sy kan hom nie troos nie Klimaks van die verhaal - Deon forseer Marina om na hom te kyk sy sien sy pyn wat hy saam met hom dra - Hy vertel haar van sy pyn - Marina reageer koud, sy huil nie Tema van die verhaal- Mense wat by n oorlog betrokke is, word sielkundig daardeur benvloegd. Dit is vir soldate wat n n oorlog terugkeer moeilik om die slegte ervaringe agter te laat en aan te gaan met hulle lewens.

__________________________________________________________________________________

You might also like