You are on page 1of 3

Samewerking tussen die Bemarkings- en Finansile funksies.

In n onderneming is dit hoogs belangrik om samewerking tussen die verskillende afdelings te handhaaf. Die samewerkingsbeginsel vereis gekordineerde samewerking tussen al die funksies van n onderneming om die suksesvolle bemarking van die onderneming se produkte te bewerkstelling asook die maksimale benutting van die onderneming se finansile hulpbronne om die maksimeering van die onderneming se wins te verseker. Onderlinge samewerking beteken dat al die ondernemingsfunksies, dit wil s die bemarkings-, operasionele, aankoop-, finansile en alle ander afdelings, saamwerk om die onderneming se missie en doelwitte na te streef. Dit lei tot organisatoriese intergrasie, wat n voorvereiste vir sukses is. n Bepaalde filosofie l die bemarkingstaak ten grondslag. Sommige van die beginsels van hierdie filosofie is die strewe na wins en die samewerkingsbeginsel en di beginsels moet nagekom word deur die bemarkingsbestuur wat langtermyndoelwitte nastreef en die nie uitbuiting van verbruikers op kort termyn ten doel het nie. Daar is net een problem waarna daar nie gekyk word nie, die onderneming se finansile afdeling, sonder di afdeling sal die doelwitte nie maklik bereikbaar wees nie. Bemarkers sien finansile mense as penny-pinchers, en finansile mense sien bemarkers as spendthrifts. Ondernemers s dat dit nie meer die geval is nie. Die verbintenis tussen die bemarkingsfunksie en die finansile funksie is besig om krities to word as gevolg van ons sterk groeiende ekonomie en ondernemings wat baie meer begin te fokus op die verbetering van die ekonomiese waardes. Finansile bestuur is verantwoordelik vir die doeltreffende bestuur van alle fasette van die finansile funksie en het ten doel om, binne die bre raamwerk van die ondernemingstrategie en planne, die hoogs moontlike bydrae tot die ondernemingsdoelwitte te lewer deur die volgende take uit te voer:

Doeltreffende finansile ontleding, verslagdoening, beplanning en beheer Die bestuur van die aanwending van fondse, ook bekend as die bestuur van die batestruktuur Die bestuur van die verkryging van fondse, ook bekend as die bestuur van finansierings of kapitaalstruktuur Die opstel van begrotings en finansile state. As die take in ag geneem word met die bemarkingsfunksie kan daar n gevolgtrekking gemaak word dat dit dus baie belangrik is dat daar kommunikasie en samewerking tussen die bemarkings- en die finansile funksie is sodat die onderneming hul wins kan maksimeer en hul ekonomiese waardes kan verbeter. Bronnelys: Jane Simms. Marketing. London: Jun 20,2002. Marketers focus on finance skills, pg 23, 1pgs Ko de Ruyter, Martin wetzels. Journal of Business Reaseach. New York: Nov 2000. Vol. 50, Iss.2; The marketing-finance: A relation exchange perspective, pg. 209 Anonymous. B to B. Chicago: Sept 10, 2007. Vol. 92 Iss. 11; Marketing, finance often not aligned, 1 pgs Sue Turner. Teaching Business & Economics. Hassocks: Spring 2005. Vol. 9, Iss. 1; AQA Business Studies Unit 1 Marketing and Finance Essentials Guide, pg. 36, 2 pgs Mitchell J Lovett, Jason B MacDonald. Academy of Marketing Science. Journal. Greenvale: Fall 2005. Vol. 33, Iss. 4; How Does Financial Performance Affect Marketing? Studying the Marketing-Finance Relationship From a Dynamic Perspective, pg. 476, 10 pgs

Micheal R Hyman, Ike Mathur. Academy of Marketing Science. Journal. Greenvale: Fall 2005. Vol. 33, Iss. 4; Retrospective and Prospective Views on the Marketing/Finance Interface, pg 390, 11 pgs Janet Bigham Bernstal. ABA Bank Marketing. Washington: Apr 2005. Vol 37, Marketing & Finance: Will This Marriage Work?, pg. 12, 5 pgs Cronj, Du Toit, Marais, Motlatla. Inleiding tot die bestuurswese. Southern Africa. 2004. 6th edition.

You might also like