You are on page 1of 1

Nocturne in die donker deur die duister terwyl die verlede saggies fluister en jy met gespitste ore luister

na die sibilente snede van foute verse bede rol jy en tol jy en sien jy gesigte sweetnat en hygend op middernagtelike vlugte jy gly en jy tuimel deur duister drome soos klein spoelklippies in malende strome en stort oor die val van oggend se wal

You might also like