You are on page 1of 3

STAPELBROOD BY BRAAVLEIS

HEERLIKE STAPELBROOD BY BRAAVLIES


1 Ronde Brood
Mayonnaise
Joghurt (Plein)
Komkommer
Sandwich spread
Ham met chillie in of gewone Ham
Blaarslaai
Fyn pynappel
Kaassmeer
Gekookte eiers
Kaas
Uie
Agurkies
Avo
Tamaties in skyfies gesny
Chilli Room Kaas
Verskillende kleure Peppers
Gewone Cottage Cheese
SO MAAK JY:
Ons het 'n ronde brood by een van die winkels om die hoek gekoop, dit in lae gesny
Jy pak hom soos 'n ronde koek
1ste laag met (mayonaise en plain jogurt gemeng) gesmeer en komkommer daarop gepak
2de laag sandwich spread gesmeer en sandwich ham daarop gesit met 'n bietjie chilli sous daarop
3de laag Mayo mengsel gesmeer,blaarslaai en pynappel en bietjie aromat
4 de laag was tuisgemaakte kaassmeer gesmeer met gekookte eier skywe met sout en peper
5de laag Mayo mengsel met gerasperde kaas, uie, avocado en agurkies
6de laag was weer Mayo mengsel en tamatie skyfies.
Boonste is gesmeer met sweet chille cream cheese met pynappel stukkies en 3 kleure peppers.
Buite het ons plain cottage cheese gesmeer.
Bron: Onbekend
Plasing: Tiana Botes / WATERTAND RESEPTE VIR OUD EN JONK

BRODE, TERTE & ROOSTERKOEKE:


BILTONG POTBROOD
BILTONG POTBROOD
500ml koekmeel
20ml bakpoeier
2ml sout
5ml mosterdpoeier
100g botter
100ml melk (ongeveer)
1 eier geklits
VULSEL
250ml gerasperde biltong
200g gladde maaskaas
15ml suurlemoensap
30ml gekapte pietersielie
mayonnaise om aan te klam
Berei die deeg deur dro bestandele saam te sif.
Sny botter met 'n mes in die meel in en vryf met vingerpunte in tot mengsel soos dro broodkrummels lyk.
Klits die melk en eier saam. Maak holte in die meelmengsel en voeg die vloeistof geleidelik by.
Meng vining tot 'n sagte deeg.
Keer uit om 'n meelbestrooide plank en knie liggies tot glad.
Rol uit in vierkant, sowat 10mm dik.
Meng vulselbestandele en smeer oor deeg, maar hou 25mm om die kante van die deeg oop.
Rol deeg op soos 'n rolkoek en verseel die kante met geklitste eier en water.
Druk liggies in waspapier toe en plaas sowat 30 min in die yskas
Sny deeg versigtig in 25mm skywe en pak met gesnyde kant na onder op die bodem van 'n nr 3 platboompotjie.
Begin in die middel en rangskik die oorblywende skywe in 'n sirkel.
Laat die pot se kante oop vir deeg om te rys.
Smeer die binnekant van deksel met kookolie of botter en maak die pot toe
Plaas oor 'n klein vuurtjie, sit 'n paar klein, warm kole op die deksel en bak 20-30min of to die brood goudbruin en
gaar is.
Keer uit, laat effe afkoel en sit voor met bros groentestokkies en slaaiblare
Bron: Biltong en Drowors -Rooivleisbedryf
Plasing: Henriette Wessels /WATERTAND RESEPTE VIR OUD EN JONK
BIERBROODJIE MET KAAS & SWEETCORN
BIERBROODJIE MET KAAS & SWEETCORN
500g Bruismeel
1 botteltjie Bier (330 ml)
1 kop Chedar kaas gerasper
(Ek het halwe blikkie sweetcorn oorskiet by gegooi)
Sout
METODE:
Meng alles saam en gooi in gesmeerde pannetjie.
Bak 1uur by 180*F
Bron: Onbekend
Plasing & Foto: Jaenette Hough Meyer / WATERTAND RESEPTE VIR OUD EN JONK

You might also like