You are on page 1of 2

IN DIE STREEKHOF VIR DIE STREEKAFDELING VAN VRYSTAAT

GEHOU TE SENEKAL
SAAKNO.SH 13/2016
In die saak tussen

DIE STAAT

en

HLAUDI NKOKO Beskuldigde 1


THEKISO KANAPI Beskuldigde 2

_______________________________________________________________________________

VERKLARING INGEVOLGE ARTIKEL 112(2) VAN WET 51/1977


_______________________________________________________________________________

Die ondergetekendes HLAUDI NKOKO en THEKISO KANAPI, verklaar as volg:

1. Ons is die beskuldigdes in hierdie saak en weet wat die klagte teen ons is. Ons pleit
onskuldig aan POGING TOT MOORD maar pleit skuldig aan die bevoegde uitspraak van
AANRANDING MET DIE OPSET OM ERNSTIG TE BESEER en doen dit vrywillig terwyl ek
by my volle positiewe is.

2. Op 28 FEBRUARIE 2016, gedurende die nag, was ons esaam met vriende by n taverne in
TAMBO UITBREIDING , SENEKAL, in hierdie Hof se jurisdiksionele gebied.

3. Die klaer in hierdie saak, TEBELLO MOKHETHI en sy vriende was ook daar gewees.

4. Oppad huistoe het een van die klaer se vriende ons vriendin getrek. Argument het ontstaan
tussen ons.

5. Die klaer het nader gekom en begin vloek op ons. Daar het toe baklei onstaan tussen ons
almal.

6. Ons al twee het n messe uitgehaal en die klaer daarmee gesteek. Ons kan nie presies
onthou hoeveel keer nie en waar op die ligaam nie. Die tyd wat ons die klaer steek was hy
nie bewapen nie, Ons erken dat ek perke van noodweer oorskry het.

7. Ons het daarna huistoe geloop, en is uiteindelik later gearresteer.

8. Ons het ten alle tye met n gemeenskaplike doel opgetree.


9. Hoewel ons alkohol gebruik het op betrokke dag kon ons goed tussen reg en verkeerd
onderskei en volgens hierdie onderskeid optree.

10. Ons het besef dat ons die klaer ernstig kan beseer deur hom met n mes te steek. Ons het
onsself versoen met die moontlikheid en voortgegaan met ons optrede.

11. Alhoewel ons geprovokeerd was soos hierbo beskryf, erken ons, objektief beskou, geen reg
gehad het om die klaer aan te rand nie, en dat ons optrede gevolglik onregmatig was.

12. Ons erken dat ons geweet het ons pleeg n oortreding van die reg waarvoor ons deur n Hof
skuldig bevind en gevonnis kan word.

GEDATEER te SENEKAL hede 14 JUNIE 2017.

____________________ _____________________
BESKULDIGDE 1 J VAN DER MERWE
Per LEGAL AID SA
BETHLEHEM
___________________
BESKULDIGDE 2

You might also like