You are on page 1of 2

HERSIENING: .

1. Noem die drie subatomiese deeltjies waaruit atome bestaan.


2. Teken 'n skets van die atoom. Jou skets moet al drie verskillende soorte sub-
atomiese deeltjies wys.
3. Lees eers die volgende stellings en antwoord dan die vrae wat volg:
Sommige elemente bestaan uit molekules.
Alle verbindings bestaan uit molekules.
a) Bestaan alle elemente uit molekules? Verduidelik jou antwoord
kortliks.
b) Kan jy aan ten minste drie voorbeelde dink van elemente wat NIE
uit molekules bestaan nie? Skryf hulle name en formules neer.
c) Gee voorbeelde van drie elemente wat as molekules bestaan.
Skryf hulle name en formules neer en teken een molekule van elk
4. Gee voorbeelde van drie verbindings. Skryf hulle name en formules neer en
teken een molekule van elk.
5. Skryf jou eie verklaring neer van wat jy dink die deeltjiemodel van materie ons
vertel.
6. Wat is ongewoon omtrent water in terme van die deeltjiemodel van materie?
Verduidelik hoekom water 'n uitsondering is.
7. Verduidelik wat met die deeltjies in 'n vaste stof gebeur wanneer hitte tot die
vaste stof toegevoeg word, en dit na 'n vloeistof verander
8. Voltooi die volgende sin deur dit weer volledig uit te skryf: Gedurende
uitsetting word die spasies tussen die partikels ___________ , en gedurende
inkrimping (kontraksie), word die spasies tussen die deeltjies______________ .
9. Hoe kan 'n stuk metaal groter word (uitsit) en nog steeds dieselfde massa h?
Verduidelik dit in terme van die gedrag van die deeltjies.
10. Waarom dryf olie op water?
11. Teken 'n prent om die pad te wys wat 'n parfuumdeeltjie volg vanaf die een
kant van 'n kamer tot by jou neus aan die ander kant
12. Volgende keer as jy by 'n vulstasie is, soek na die waarskuwingsteken dat jy
nie 'n vuurhoutjie moet aansteek of 'n selfoon moet gebruik nie. Hoekom dink jy
is dit gevaarlik om naby 'n vulstasie 'n vuurhoutjie aan te steek of 'n selfoon te
gebruik?
13. As jy die fietspomp met lug vul en die punt met jou vinger sel, kan die suier
nog steeds 'n redelike ent ingedruk word voordat die druk die lug uit die pomp
uitforseer. As die pomp met water in plaas van met lug gevul is, kan die suier
skaars beweeg. Waarom is dit so? Probeer om die woorde 'deeltjies', 'spasies',
en 'saampers' in jou verduideliking te gebruik
14. Voorsien n opsomming van vastestof-, vloeistof- en gasdeeltjies se
eienskappe.
15. 'n Gr 4 leerder wou boontjies kweek en het hulle versigtig geplant en
natgegooi in 'n joghurtbak. Hy was bang dat sy klein boetie die bak sou omgooi,
daarom het hy die bak in sy kas weggesteek.
a) Verduidelik wat hy sou oplet 'n paar dae nadat die boontjies geplant is
b) Wat sou gebeur na 'n paar dae, met die boontjies steeds in sy kas?
c) Verduidelik hoekom jy hierdie resultaat vir sy boontjies verwag.
d) Wat moes hy doen om sy boontjies sterk en hoog te laat groei?
16. Wat is die vereistes vir fotosintese om te kan plaasvind?
17. 'n Boer kweek tamaties. Hy het van sy dogter gehoor dat plante glukose
vervaardig tydens fotosintese en hy besluit om dit self te ondersoek. Wanneer hy
die blare toets vind hy nie veel glukose nie, maar wel baie stysel.
a) Hoekom sien die boer hierdie resultaat?
b) Beskryf die toets wat die boer gedoen het om te bewys dat die
blaarstysel bevat.
18. Ondergaan plante fotosintese en respirasie heeldag en heelnag? Gee redes
vir jou antwoord.
19. Benoem en beskryf hoekom die produkte van fotosintese en respirasie
belangrik is.

You might also like