You are on page 1of 4

Beste 2015 NWU Student

Baie welkom in die *Skool vir Fisiologie, Voeding en Vebruikerswetenskappe. Di skool is een van 5 skole binne die
**Fakulteit Gesondheidswetenskappe.

Prof SM Hanekom (Gebou F12, K124) is die Direkteur van die *Skool en Prof Awie Kotze (G16 2de Vloer) is die
Dekaan van die **Fakulteit. Die Akademiese Programbestuurder, Dr Averalda van Graan (G16, 1e vloer, K147), kan
help met alle spesiale versoeke rakende akademiese aangeleenthede.

In elke skool is daar n 1Vakvoorsitter en/of n aantal 2Programleiers. Hulle name en posisies word hieronder in die
tabel aangedui.

Kantoor- Telefoon-
Afdeling Titel Naam nommer nommer Faksnommer
1Fisiologie Prof JM van Rooyen F12 (K114) 018 299 2440 018 299 1053
2Beroepshigine Prof FC Eloff F12 (K116) 018 299 2442 018 299 1053
2Voedingkunde Dr AE van Graan G16 (K147) 018 299 2473 018 299 2464
2Dieetkunde Prof E Wentzel-Viljoen G16 (K157) 018 299 2467 018 299 2464
1Verbruikerswetenskappe Dr H van Staden F15 (G109) 018 299 2084 018 299 2470

Jy is welkom om by enige van bogenoemde persone te gaan aanklop vir hulp. Deel van ons taak is om te verseker
dat jy goed aanpas in die akademiese omgewing en ons is beskikbaar om jou te begelei in die proses.

Jy is ingeskryf vir n spesifieke program omdat jy voldoen het aan die toelatingsvereistes en sommige ook n
keuringsproses ondergaan het. Jy beskik dus, volgens ons oordeel, oor die vermo om die program waarvoor jy
ingeskryf is, te slaag in die minimum tyd (3 of 4 jaar grade).

Om te slaag, moet sekere insette van jou kant af nodig om suksesvol te wees. Dit sluit die volgende in:

Gerelde klasbywoning: Die klasse word meestal aangebied in die vorm van fasiliteringsessies waar sekere
beginsels aan jou verduidelik word en werk aan die hand van gevallestudies of voorbeelde bespreek word.
Kom dus voorbereid klas toe. Klasse word nie herhaal nie. Sou jy die klas mis, kan dit bydrae tot swak
prestasie omdat jy nie die werk verstaan nie. Die dosent is in die KLAS beskikbaar. Wees dus in die klas om
jou vrae te vra of probleme op te los. Die dosent sal nie n lesing of klas vir jou in sy/haar kantoor herhaal
omdat jy nie die klas bygewoon het nie. Dosente het elke dag ook ander werk behalwe klasgee, soos
navorsing en administratiewe take wat aandag vereis.
Groepwerk: Daar sal op gereelde basis van jou verwag word om in groepe n taak/opdrag te doen as deel
van jou deelnamepunt. Indien jy in n groep beland waar jy al die werk moet doen om n goeie punt te behaal,
en die groep deel in die goeie punte maar maak nie n optimale bydrae nie, is jy welkom om dit met die dosent
te gaan bespreek. In groot klasse is dit onvermydelik dat groepwerk sal plaasvind, en dit berei jou ook voor
vir werk in die samelewing waar jy selde as enkeling gaan werk.
Fasilitering: Indien jy sukkel om die vakinhoud te verstaan, kan (en sal) fasilitering gerel word waar jy n
verdere geleentheid kry om die werk te bemeester. Hier word spesiale aandag gegee aan jou spesifieke
probleme en vrae. Die ide van fasilitering is nie om die klas te herhaal nie, maar om die probleme of
vraagstukke wat jy het oor die klasonderwerp, duidelik te maak. Kom dus voorbereid na die fasilitering toe en
maak ten volle gebruik van die geleentheid. As daar genoeg versoeke is vir n Engelse fasiliteringsgroep, kan
dit gerel word. Alle studente wat opdragte of assesserings druip, word verplig om die fasilitering by te woon
totdat jou prestasie sodoende verbeter dat jy vrygestel word daarvan. Ons is hier om alles in ons vermo te
doen om jou te laat slaag en so gou as moontlik tot die arbeidsmark te laat toetree. Fasilitering kan gerel
word tot en met die derdejaar. Dit is dus nie net vir eerstejaars beskikbaar nie, maar vir ALLE studente wat n
behoefte daaraan het, en wat deur die Akademiese programbestuurder of dosent verwys word.

1
Lerplan 2012-/7. Studente aangeleenthede/Beste Student 2014.docx (12-12-2013)
Assessering: Alle assesserings maak deel uit van jou deelnamepunt. Kyk voor in jou studeigids vir elke
module hoe die deelnamepunt bereken word. Indien die inligting nie daar is nie, vra die dosent om die vir jou
te verduidelik. Verduidelik ook vir julle ouers hoe n deelnamepunt bereken word, sodat hulle ook verstaan as
jou punte goed/swak is.
Siektebriewe en verskonings: Moet asseblief nie n kans waag om n vervalste siektebrief in te dien nie. Jy
sal uitgevang word! Ons is ou hande in die bedryf om skelmstreke uit te snuffel. Onthou: ons was self ook
studente. Die implikasie van oneerlikheid is nie iets waarmee jy kan speel nie. Dit kan selfs tot skorsings lei
uit die universiteit en jy kan jou loopbaan begin met n klad op jou naam. Indien jy uitgevang word dat jy n
vervalste siektebrief ingedien het, SAL dit aangemeld word vir n Dissiplinre verhoor. Ons het n beleid van
zero verdraagsaamheid (zero tolerance) vir oneerlike optrede, veral in ons **Fakulteit waar jy as professionele
persoon voorberei word vir professies wat grootliks op etiese beginsels gegrond word. Siekte briewe moet
binne 7 dae van afwesigheid ingedien word by die relevante dosent om geldig te wees. Indien die siekte
langer duur as 7 dae bly dit jou of n gesinslid se verantwoordelikheid om die siekte brief vir die skool en/of
dosent te faks. GEEN briewe sal aanvaar word na afloop van 7 dae nie. Dit help nie om siekte briewe in te
dien aan die einde van n semester wanneer jy n druip deelnamepunt behaal het nie. Vergeet om in te dien
sal nie as verskoning aanvaar word nie. Alhoewel ons nie enige informasie van jou siekte by n mediese
praktisyn mag bekom sonder jou skriftelike toestemming nie, mag ons bevestiging kry van die dag, datum en
tyd van jou beweerde afspraak by n betrokke dokter.
Plagiaat en akademiese oneerlikheid: Die plagiaatbeleid van die **Fakulteit is beskikbaar aan die einde
van di dokument. Volledige uiteensetting daarvan kan ook op die webblad gevind word. In elke studiegids is
daar ook n verkorte weergawe van di beleid. Maak seker dat jy verstaan wat dit alles behels. Onkunde oor
plagiaat kan nie as verskoning gebruik word indien jy skuldig bevind word aan plagiaat nie. Moet dus NIE
vorige jare se studente se werk afskryf en weergee as jou eie nie. As jy uitgevang word SAL jy aangekla
word en gestraf word. Daar mag van jou verwag word om opdragte/take per e-media (eFundi of e-pos) in te
dien, waarna dit deur n program genaamd Turn-it-in gestuur word, wat ooreenkomste met vorige en huidige
opdragte sal vergelyk en uitwys. Indien ooreenkomste gekry word sal dit teen jou tel in dissiplinre verhore.
Akademiese oneerlikheid tydens assesserings en eksamens, sal aangemeld word by die dissiplinre kantoor
en kan lei tot skorsing uit die NWU. Daar word van jou verwag om die verklaring van eie werk wat in
studiegidse sowel as op eFundi beskikbaar is, met ELKE opdrag te teken en in te dien. Daarsonder sal jou
opdrag as onvolledig beskou word en nie nagesien word nie.
Aanspreekvorm van dosente: Daar word van jou verwag om te alle tye professioneel op te tree teenoor
dosente en medestudente. Jy mag nie n dosent op sy/haar voornaam aanspreek in die klas nie, al ken jy die
persoon goed op informele vlak. Dit is net professioneel om die afstand tussen jou en die dosent te handhaaf
wanneer jy in die klas is. Die dosent sal van sy/haar kant ook ten alle tye professioneel teenoor jou optree.
Tolkdienste: Die meeste modules in di skool word getolk (vanaf Afrikaans na Engels OF andersom) indien
die behoefte daar is. Maak seker dat jy di diens gebruik. Indien jy dit van die hand wys in die begin van die
semester, moet dit asseblief nie agterna as kritiek teenoor die dosent gebruik tydens evaluering van die
module nie. Indien jy di diens van die hand wys, sal jy gevra word om n brief te onderteken as bewys.
Taalvoorkeur: Jy mag alle assesserings en eksamens in die taal van jou keuse (Afrikaans OF Engels)
indien. Alle studiegidse, opdragte, vraestelle en assesserings is in beide tale beskikbaar.
Probleme: Indien jy enige probleme het met betrekking tot n module, sorteer dit asseblief eers met die
dosent uit voordat jy die Akademiese Programbestuurder, Skooldirekteur of die Dekaan daaroor kom spreek.
Indien jy nie die korrekte stappe volg nie, sal jy in elk geval net terugverwys word. Slegs indien jou probleem
nie opgelos kan word deur die dosent nie, sal dit verder aangespreek word.
Spesiale versoeke: Onthou asseblief dat spesiale versoeke altyd op meriete hanteer word. Met ander
woorde: as jy n versoek rig, sal ons jou rekords nagaan om te bepaal hoeveel klas jy bygewoon het (of gemis
het), of jy fasilitering bygewoon het (of nie), hoeveel toetse jy gemis het sonder verskonings, ens., of jy ooit
hulp kom vra het, voordat jy n spesiale kans gegee sal word. Ons is nie hier om jou te beloon vir swak
prestasie wat deur jou eie toedoen ontstaan het nie. MAAR: ons is altyd bereid om die ekstra myl te loop met
n student wat verantwoordelikheid neem maar dalk sukkel met n module. Ons hoofdoel is om jou te laat
kwalifiseer in die kortste moontlike tyd, en nie om jou terug te hou nie. Maak n afspraak met die Akademiese
Programbestuurder as jy hulp nodig het.
2
Lerplan 2012-/7. Studente aangeleenthede/Beste Student 2014.docx (12-12-2013)
Akademiese reels (A-Rels): Alle besluite wat geneem word oor jou studies, word aan die hand van die A-
rels gedoen. Ons pas dit deurgaans toe. Voor in die jaarboek van die Fakulteit is daar n uiteensetting van
A-rels en hoe dit in hierdie fakulteit toegepas word. Volledige A-rels is ook op die NWU-webblad
beskikbaar. Dit is jou eie verantwoordelikheid om jouself op hoogte te bring daarvan.

Ten laaste: Die besluite wat ons vir jou neem rakende jou studies, word gegrond op ervaring en ondervinding. As jy
nie daarmee saamstem nie, is jy welkom om dit met ons te kom bespreek.

PLAGIAAT
Akademiese wangedrag
Akademiese wangedrag sluit plagiaat en akademiese oneerlikheid (afskryf tydens eksamens) in. Oneerlike
akademiese optrede is n ernstige oortreding, ongeag of dit mondeling, deur optrede of op skrif plaasvind, tydens
eksamens of in die konteks van ander vorms van evaluering soos opdragte, tesisse, verslae en publikasies. Die
beleid van die Universiteit is dat geen vorm van akademiese oneerlikheid verdra sal word nie en indien enige
sodanige optrede aangemeld of waargeneem word en die oortreder skuldig bevind word, sal hy of sy ingevolge die
Universiteit se dissiplinre beleide, rels en prosedures gestraf word. Daar is dus twee oorhoofse tipes akademiese
wangedrag, nl.:

1. Plagiaat
Plagiaat is die woord wat toegewys word aan n spesifieke soort akademiese oneerlikheid die herhaling van iemand
anders se woorde, of selfs die aanbied van iemand anders se gedagtegang asof dit jou eie is. Tradisioneel word
plagiaat omskryf as die neem van woorde, beelde, idees, ens. van n skrywer en die aanbieding daarvan as jou eie.
Dit kan op n verskeidenheid maniere manifesteer en word nie tot studente se geskrifte of gepubliseerde artikels of
boeke beperk nie. Die knip en plak vanaf webblaaie word in hor onderwys op sigself as plagiaat beskou indien die
webblaaie nie behoorlik erken en aangehaal word nie. Wat ook al die bron van die materiaal of die beoogde uitkoms,
plagiaat is kullery en onaanvaarbaar.

Wat nou as jy groot stukke werk kopieer EN aanhalingstekens gebruik met akkurate verwysings, asook jou eie mening
daaraan koppel? Kan jy dit as eie werk beskou? Op die vlak van hor onderwys word daar van jou verwag om jou
eie stem en menings te ontwikkel en op ander mense se werk voort te bou, eerder as om daaragter te skuil. Dit sou
daarom as swak akademiese praktyk beskou word, maar nie as plagiaat nie.

Maak seker dat jy die definisie van plagiaat ten volle begryp en dat jy vertroud is met beleide en regulasies wat op
plagiaat betrekking het. Hoewel plagiaat n ernstige akademiese oortreding is, is jy op die regte spoor as jy duidelik,
versigtig en eerlik is. Moenie dat vrees vir plagiaat voorkom dat jy die ryk hulpbronne wat beskikbaar is ten volle
benut nie. Turnitin.com en Research Resources verskaf n kontrolelys om plagiaat te vermy.

Leer hoe om in die styl van jou dissipline te skryf. Jou skryfwerk moet JOU skryfwerk wees.
Leer om krities en onafhanklik te dink. Lesers stel in jou begrip van n idee belang. Skryf is n waardevolle
oefening wat jou vermo toets om n onderwerp te verduidelik. Dit is n belangrike deel van leer.
Gee altyd die nodige erkenning vir elke verwysings wat jy in jou skryfwerk gebruik. Enige eties
verantwoordelike skrywer erken altyd die bydraes van ander en die bron van sy/haar idees.
Enige verbatim teks van n ander skrywer wat gebruik word, moet tussen aanhalingstekens geplaas en
akkuraat aangehaal word.
Wanneer jy ander se werk parafraseer en/of opsom, gee die presiese betekenis van die ander skrywer se
idees of feite in jou eie woorde en sinstruktuur weer.
Verantwoordelike skrywers het n etiese verantwoordelikheid teenoor lesers en die skrywers van wie hulle
leen om ander se idees en woorde te respekteer en erkenning te gee aan diegene van wie hulle leen en om
waar moontlik hulle eie woorde te gebruik wanneer hulle parafraseer.
Dit is NIE n verskoning dat jy nie BEDOEL het om plagiaat te pleeg, of nie GEWEET het jy doen dit nie.

3
Lerplan 2012-/7. Studente aangeleenthede/Beste Student 2014.docx (12-12-2013)
2. Akademiese oneerlikheid (Afskryf tydens assesseringsgeleenthede soos toets- en eksamengeleenthede)
Die inneem van notas (in geskrewe sowel as elektroniese formaat) na n toets- of eksamenlokaal (doelbewus of
onbewustelik) is n oortreding geklassifiseer onder akademiese wangedrag. Jy mag geen notas of enige
hulpmiddels (selfone en elektroniese media ingesluit) in die toetslokaal inneem nie, behalwe dit wat uitdruklik en
duidelik volgens die ekamenvoorskrifte toegelaat word (bv. n wiskundige sakrekenaar), en deur die
eksamenafdeling skriftelik aan die toesighouer as opdrag gegee is. Maak dus seker voordat jy n toets of
eksamen skryf, dat jy nie enige notas in jou besit het nie. Onkunde is nie n verskoning nie. Selfs al het jy nie die
hulpmiddel(s) gebruik nie, word die besit daarvan tydens assessering in n ernstige lig gesien en sal daar teen jou
opgetree word. Betree dus die toetslokaal met slegs die nodige en toelaatbare hulpmiddels, soos genoeg penne,
potlood, uitver, deursigtige (transparent) liniaal, sakrekenaar en plaas alles in n deursigtige (transparent)
plastieksakkie.

Staf vir oortredings, wat nie net beperk is tot die twee gevalle wat hierbo bespreek is nie, mag een of n
kombinasie van die volgende insluit:

1. uitsetting uit die Universiteit, met of sonder kennisgewing aan alle of spesifieke horonderwysinstellings
en toepaslike beroeps- en professionele liggame;
2. skorsing uit die Universiteit vir n tydperk, onderworpe aan die voorwaardes wat geregverdig word op
opvoedkundige gronde en aanvaarbaar is binne die institusionele kultuur van die Universiteit;
3. permanente uitsetting/skorsing uit n koshuis, of weiering van toegang tot alle of sommige geboue, grond
of dienste van die Universiteit of toelating slegs op spesifieke voorwaardes;
4. opskorting van bywoning van klasse vir n bepaalde tydperk, in die geheel OF slegs met betrekking tot
spesifieke kursuseenhede (modules;
5. weiering van toelating tot enige eksamen of toetsgeleentheid, wat insluit die verbeuring van enige punte
wat reeds verwerf is en die kansellering van enige module;
6. oplegging van n boete, wat nie meer mag wees as die gelde betaalbaar deur die student vir die betrokke
jaar nie;
7. weiering van toelating tot die Universiteit vir n bepaalde tydperk, met of sonder kennisgewing aan alle of
sommige horonderwysinstellings
8. opheffing van spesifieke voorregte as n student, met of sonder voorwaardes wat geregverdig is op
opvoedkundige gronde en aanvaarbaar is binne die institusionele kultuur van die Universiteit;
9. oplegging van enige ander straf, kombinasie van strawwe of opgeskorte straf, wat vanuit n
opvoedkundige oogpunt en in ooreenstemming met die institusionele kultuur van die Universiteit, onder
die omstandighede redelik en regverdig is, of
10. n ernstige aanmaning en waarskuwing.

4
Lerplan 2012-/7. Studente aangeleenthede/Beste Student 2014.docx (12-12-2013)

You might also like