You are on page 1of 1

GRAAD 12 : KLASTOETS 2

KRINGE IN N BOS DALENE MATTHEE

1. Watter nuus bring Maska vir Saul op die Pictor ? [2]


2. Waarom besluit Saul hy sal self vir Oupoot skiet ? [2]
3. Die woord olifant was verbode in die Bos
3.1. Hoekom ?
3.2. Wat moet n mens hulle eerder noem ? [2]
4. Wanneer het Saul Oupoot die eerste keer gesien ? [2]
5. Hy is weer terug na die koppie toe en het met sy vinger in die
oopgevlekte harspan gaan krap , gaan proe of dit bitter smaak ,
maar niks . Dit was of n onrus deur hom trek.
5.1. Wat het die Bosmense t.o.v. die bloubokkie geglo ? [1]
5.2. Wat is die ander naam wat ook aan die bloubokkie gegee is? [1]
5.3. Waarom glo Saul dat die boom van kennis van goed en
kwaad n kalander moes wees ? [1]
5.4 Hoe oud was Saul toe die dink in hom losgekom het ? [1]
6. Saul was nooit weer kind na daardie dag nie . Beskryf kortliks
die gebeure wat hiertoe aanleiding gegee het . [2]
7. Hoekom wil Saul by sy pa weet of hulle witmense is nadat hulle
teruggekeer het van die dorp ? [1]
8. Watter 3 gevoelens het Saul jeens Oupoot gehad ? [3]
9. Wie was Harison ? [1]
10. Waarom weier Saul om aan die kalander te kap ? [2]
11. Wat is n goodfor ? [1]
12. Wanneer Saul die eerste keer die see sien , neem hy n besluit.
Wat is die besluit ? [2]
13. Wat vertel Kate vir Saul wat hom laat antwoord : Klink vir my na
n regte bloubokkie se gal storie. [2]
14. Wat is die betaling vir die dwarslers wat Joram hulle by
MacDonald aflewer ? [2]
15. Die geweer wat Saul by Maska geleen het , het baie sentimentele
waarde vir Maska. Hoekom ? [2]
16. Wat was die skewe sirkel ? [2]
17. Watter woorde van Saul Barnard lei daartoe dat sy pa hom n
pakslae gee en n jaar later wegjaag ? [2]
18. Waarom vergelyk Kate vir Saul met Charles Dickens ? [2]
19. Noem die 4 brandmerke wat die Bosmense aan Saul gegee het. [4]

Totaal : 40

You might also like