You are on page 1of 8

Steelwings val Orania binne……

Dis nie aldag dat “Biker-outlaws” met ope arms


verwelkom word in die Afrikaner-gemeenskap van
Orania nie, maar Groenie het al sy “charm” aan die
dag gelê en die mense van Orania verseker dat
Steelwings vreeslik ordentlik is en dat hulle ons
gerus maar daar kan toelaat en so het die reëlings toe
begin….

Wonder of hulle nogsteeds so oor ons voel nadat ons Sondag daar weg is en heel moontlik
die kerkdiens effens tot matig moes ontwrig
het toe ons daar verby gedreun het op ons
roete uit die dorp. Maar maggies, was ons
besoek aan Orania nou vir jou ‘n feestelike
affêre…. En die ou dorpie doen sy reputasie
gestand – lanklaas het ons sulke heerlike
koeksisters geniet (dit het sommige van ons
dan tot Model Cup-aspirasies beweeg – en
dit op die kroegtoonbank).

Op Saterdag, 13 April 2013 het 41


Steelwings lede opgeruk na Ranch Motors waar ons soos ‘n klomp spreeus geraas het en
natuurlik gedreun het toe ons daar aankom en vreeslik uitgesien het na die naweek wat voorlê.
Toe ek daar aankom het Danie en Wilhelm op my afgestorm en verboureerd het ek omgekyk
en gewonder wat ek nou alweer verkeerd
gedoen het, want dis mos gewoonlik net die
diepte wat wissel, maar in die moeilikheid, dié
is ek. Vir ‘n slag het ek niks verkeerd gedoen
nie, maar was daar ‘n “rattle” op my fiets wat
nie daar moes wees nie. “But never fear when
Schalk, Wilhelm and the rest of the
Steelwings-manne are near” en tjoef-tjaf – toe
is die moer wat “gestrip” of los was “gefix” en
kon ons vertrek.
Die Road Captain, wat ook ‘n verjaarsdag-maatjie was, het ons
almal opgekommandeer en nadat die President sy prate gepraat
het, het Neels vir almal gesê wie moet waar ry en dat ons moet
onthou dat Harleys moet spieëltjies “geissue” is en dat ons dit
so nou en dan moet gebruik. Ons is in 2 groepies ingedeel –
Groep 1, wat oorwegend uit manne bestaan het en Groep 2, waar
al die BIKER-GIRLS was en natuurlik die manne wat weet hoe
om die girls te hanteer (*wink wink*). En toe het Gerhard die
teken gegee en die mooiste klank wat Kimberley op Saterdag, 13
April 2013 kon hoor het opgeklink. Gesien in die lig dat ons
“opgeruk” het na Orania, het die lied wat ons op skool altyd
gesing het skielik in my kop weerlik - “En hoor jy die magtige
dreuning, oor die veld kom dit wyd gesweef….” Maar hierdie was die magtige dreuning van 23
Harleys wat “opgestart” het en begin brul het
en op-merke gereed was vir Orania. En daar
gaat ons – Hopetown ons eerste stop!

Ai man, maar die gawe mense van Hopetown


het weereens nie teleurgestel nie en gesorg
dat daar ook “sappies” was vir die droë kele
van die Steelwingers en hulle bikes. Hier het
die kuier alreeds begin en het Wilhelm en
Florence gesorg vir lekker biltong en droë
wors wat ons saam met die “sappies” kon
geniet. Ons het weer opgesaal en verder gery
oppad Orania toe. “Ready or not – here we come!” Graham en Tommy het wel besluit dat
hulle nie baie gaan praat as hulle daar kom nie – uit vrees vir ‘n volgende slag van
Magersfontein.

Neels het gewaarsku dat daar ‘n stukkie grondpad gaan wees wat ons moet ry, maar dat dit
nie so erg is nie. Gmf!!!! Skielik klop my hartjie weer in my keel toe ek die sinkplaat-pad voor
my sien en daar is dan selfs los sand! Kandiri se gruis van laas jaar en my blou-knie is weer
voor my geestes-oog en Florence se “Ride like a Pro”-dvd flits voor my oë verby, maar ek kan
nie onthou dat hulle enige iets gesê het van op ‘n grondpad ry nie. Al wat ek weet, ek sal NIE
weer die voorbriek trek nie. Vandag sal ek nie weer neerslaat nie…. En ek het nie –
whoopee!!!
Wow, en toe ry ons die oase binne. “Aan die Oewer” het sy naam gestand gedoen. Dis
pragtig! Met hout-huise, groen-grasperke, die rivier wat voor ons uitlê en gawe mense wat
regtig opgewonde was om ons te ontvang. Vinnig-vinnig is ons in ons kamers ingedeel en
kon die partytjies begin. Ons is “afterall” ‘n “social organization that just happens to like
riding a motorcycle called a Harley Davidson”.

Maar Steelwings het ook goed kom doen in Orania en gedurende die week is kos en klere
bymekaar gemaak onder al die lede en kon ons ‘n hele trailor vol “groceries” oorhandig aan
Ds Schalk Albertyn wat dit op sy beurt onder die behoeftige mense van Orania gaan versprei.
Dit was so ‘n wonderlike gevoel om te weet dat Steelwingers hulle harte oopgemaak het en
ons letterlik ‘n “bakkie-vrag” vol goed vir mense in nood kon aflaai. En as belonging het ons
nog die hele dag verder kon kuier en gesels in Orania! Almal was maar so effens emosioneel
tydens die seremonie toe ons die goedjies
oorhandig het!

Nou ja, met al die seremonies uit die weg,


was daar toe net een ding oor om te doen en

dit was om fees te vier. En dit was wat ons


gedoen het. Die manne het rugby gekyk, terwyl
van die dames hulleself gaan bederf het by die
Oewer Spa met ‘n pedikuur of gesig-behandeling.
Ander het ‘n vinnige “power-nap” gaan vang,
want almal het geweet dat die kuier van die aand iets BAIE besonders gaan wees en dit was.
Dis nie aldag dat die Road Captain en die nuwe “lady biker on appro” op ‘n “outride” verjaar
nie en dit moet beslis gevier word.
Terwyl die “Wingers” by die oord aan die
gang was, het ek en Charle gou die dorp
ingevaar, want so kan mens darem nou
ook nie in Orania wees en nie die
beroemde Koeksister-monument misloop
nie. Moet erken, ons het amper verby die
monument gery en dit nie raakgesien nie
– die aanwysings was nie so goed nie (of
miskien het ons nie meer so mooi in die
skemer gesien nie). Opslag moes daar
foto’s geneem word – en siedaar, ‘n biker,
‘n Harley en die koeksister!

Mensig maar die mense van Orania is vriendelik en ten spyte daarvan dat ons effens geraas
het, was daar nie een persoon wat ons nie vriendelik gegroet en gewaai het nie. Daar het selfs
‘n hond of twee agter ons aangehol toe ons verby gery het, maar hulle het nie eers geblaf nie,
maar eerder hulle stertjies vriendelik geswaai en net saam met die bike gedraf – so asof hulle
baie trots was om met Steelwings geassosieer te word!

Natuurlik kon ons ook nie die Verwoerd Gedenkversameling verbyry sonder om daar te stop
nie en hoewel ons nie kon ingaan om te gaan kyk wat daar binne is nie, kon ek vriendelik
saam oom Hendrik voor sy huis “pose” vir ‘n foto en kon Charle ook dat oom Hendrik voel
hoe dit voel om langs ‘n Harley te kan staan –
kyk net hoe tevrede lyk hy (hie hie hie).
Terug by die Oord was dinge besig om spoed
op te tel en kon die feestelikhede nou in alle
erns begin. Die “girls” het Neels se
verjaarsdag-koek vir hom gegee en hom
spesiaal genooi om ‘n “pienk-drink” te kom
nuttig. Vandaar het die klein-glasies
aanhoudend nuwe konkoksies opgetower en
sê die mense vir my het almal hulleself
vreeslik geniet!

In gelid het die manne na die televisie gestaar


en sommiges het die Stormers aangemoedig, terwyl die meeste egter in afwagting gesit en
wag het vir die “hoofgame” van die aand. Die pienk bulletjies teen die MAGTIGE CHEETAHS!
Ongelukkig het die Cheetahs dit nie gemaak nie, en het die “pienkes” bietjie meer geluk aan
hulle kant gehad hierdie keer.

Niemand kan egter die Steelwings-dames


daarvan beskuldig dat hulle “boring” is nie.
Dit was nie lank nie of ons het vir ons nuwe
vermaak uitgedink. Nadat die Cheetahs nie helemal
so suksesvol was soos wat ek daarvan sou hou nie,
het ek opgetrippel na my kamer en genope gevoel
om die res van my “susters” aan Smartie-dop
bekend te stel. En ek was nie teleurgesteld nie.
Selfs die wat op “appro” was (en dit sluit vir Arno
in) het hulle kant gebring en getrou hulle vyf smarties weggesluk of weer probeer tot hulle dit
eventueel reggekry het. Thumbs up girls! Ek is seker ons
was “center stage” en as daar “bling, glitz and glamour” in
Orania se koerante was, dan sou ons die voorblad gehaal het,
want ons het gerule!

Heerlike braaivleis, aartappel-slaai, braai-broodjies en goeie


geselskap het die aand

nog lekkerder
gemaak.

Later het die


vriendelike mense
van die restaurant
vir ons mooi
musiek opgesit en
ons het gedans dat
die stof so staan en Swaatjie het natuurlik elke
kort-kort vir Neels gesing, want niemand kan
mooier as hy sing nie!
Schalk was natuurlik die “ball of the dance floor” maar dit maak mens nogals moeg en moet
mens tussen “optredes” rus.

Neels se verjaarsdag is op ‘n hoogtepunt afgesluit en Corrie s’n


het sommer met ‘n boem-bang afgeskop! Almal het tot twaalf-uur
toe gewag om vir haar geluk te wens en terwyl sy hoog in die lug
gesit het, het ons vir haar gesing! En al sal niemand my nou glo
nie - dis hier waar ons toe
uitmekaar is en in ons bedjies
gaan klim het, want môre is mos
nog ‘n dag – soos my pa altyd
gesê het!

Sondag het ons afgesluit met ‘n


heerlike ontbyt onder koelte
bome en vriendelike mense wat weereens bly is om ons daar
te hê. ‘n Dogtertjie van so 10 jaartjies oud was een van ons
kelnerinne en ek dink sy het haar sakgeld dubbeld en dwars
verdien – hoop haar pa-hulle gee haar ‘n bonus hierdie
week, want sy het hard gewerk en geskitter. Vir oulaas kon
ons nog ‘n koeksister of 12 koop voor ons
weer die pad huis toe aandurf en moet ek
erken was almal maar traag om aan die gang te kom al het Tommy sy bes probeer om ons op
skedule te hou (ons was op ‘n stadium net so 15 minute agter).

Die Road Captain het ons weer bymekaar gekry, gesê ons moet in “single file” ry tot in
Hopetown en dan weer in Groepie 1 en Groepie 2 verdeel want anders raak hy deurmekaar.
“Yes Captain” is al wat ons kon sê en ons het weer met ‘n magtige dreuning uit Orania vertrek.
Die grondpaadjie het weer vir my gewag…. en weer het ek nie geval nie (sjoe) Toe ons verby
die kerk gaan dink ek het die dominee vir ‘n oomblik maar eers gewag voor hy met sy
boodskap aangegaan het, want ons was baie – 23 Harleys maak nie min geraas nie!

En so haal Groepie 2 toe jou wraggies weer vir Groepie 1 in. Ek sê niks verder nie – volgende
keer sal hulle net ons flikkerliggies sien en ‘n royal-wave.

Terug in Kimberley was dit rerig nogals hartseer om totsiens te sê, want dit was lekker en dit
was goed. Niemand was bereid om hulle huise oop te stel vir 41 Steelwingers om te kom braai
nie (kan nogals nie dink hoekom nie) en nadat Gerhard dankie gesê het was dit soos om vir
familie wat vêr bly te moet groet omdat ons
mekaar nou vir ‘n ruk lank nie gaan sien nie.
Orania was lekker! Steelwings is hier om te
bly!

--oOo--

You might also like