You are on page 1of 25

Vir wondering

Gedigte
deur
Andrew P Freemind
Die YinYang Skrywer
Aan ‘Andy’
-o-

MMXV

© Kopiereg en distribusieregte voorbehou

Andrew PH is ‘n nom de plume. Laat my werk eers vir


ditself spreek
- 1-

‘Eine-loos?’

vir wie griffel jy?


vir wie?

die wat ook moeg is,


is net so moeg
virrie storie
en die wat krag oor het
willie rêrig hoorie

miskien vir die wat wil hoor


net ommat dit jou mens raak
ommat dit jou Mensch maak

either way, of jy nou wil hoor offie


hier is my ‘eine-loos’
vir jou gesprêk ommi tafel meddie koffie:

as die tyd min raak


ennie dop op
as die seer moeg word
ennie hoop ok

dan kruip die eine


diep uit jou kop en
onder jou vel uit
en smag jy na die verligting
- 2-

vannie laaste fluit

maar dis nie die einde


van die eine nie
of issit?
- 3-

Op pad

wat?,
is die pad
uit my malamat

waar?,
is die pad
wat vloei
uit die kamers
van my hart

altyd,
is ek soekend
op mý
pad
- 4-

Soms
ek ken jou, soms

skeppend is jy, maar meer,


jy beligaam die kleur, geur en bloed van wording

jou dink behou


jou hoop vertrou
jou sagte oop skouer vang ons woestheid in ‘n
onsekere kou

hoe mis kyk ons jou


na wat jy ook soms smag: veilig, vreedsaam, ewe,
bemin

kyk na my, vra jy stil


sorg vir en deel met my
vat aan my
lief my
dan het jy my, ten volle

jy lief jouself met sagte streel


soms netsoveel
as wat jy jouself in ‘n skerplig kan vertwyfel
jou kamma-afsydigheid en skerms, soms, beskerm
teen díe van net wil inkom, heeltyd net wil inkom
en nie net wil kyk
want soms wil jy net wees
- 5-

ek, wil jou egter net in-dink


dis genoeg vir my, soms meer vir my

soms, agter jou skaam en skugter, byt jou


anderself, die kant van jou lip
jy wens soms die smeulende wolf, selfs die
geheime, donker een, moet jou vat, maar dan weer
sagkuns los tot anderdag ….
….(Soms)

jy wil dit binne hou, beter nog as ons


want so maklik word Eva tot Lilith gegons

soms word jy hard en kil


en dan verloor jy jou sagte, diep, ware, krag
en dan, binnekant, wil ons vir jou lag
jou behoeftes en mag word soms ingepers deur
ons vrees
en soms wonder jy hoe dit sonder ons sou wees

jy soek,
jy’s teer,
soos ons ook graag soms wil wees

bitter-soet lê die drupel op jou wang want jy voel


saam
sout-soet op jou lip want jy wíl ook, nodig ook
- 6-

soms ken ek jou, want jy’s deel van my


soms vergete, maar onmiskenbaar een met my
- 7-

20 Plus

mekaar net so
aan die hand gevat
en wetend in ons hart
gesê, kom

baie gelief
soms geseer
verloor, gevind, weer
slim en dom

ons plekkie saam


gebou, geskrop
amper op
ons plig gedoen vir Hom

en nou voor nog ‘n brug


sien ek hoe jou vrug
na meer as twintig jaar
weer groei en blom
- 8-

Wolwedans

Nag ritsel, skarniere kreun


‘n ruk aan die kombers
koud skielik – vreeslik
uit is die kers

soos die volmaan blink


en die konkas stink
lê die bangwees
voor almal se bed

hiervoor is daar min gebed


dis eie wolwe
eie doen
eie dink
eie red

maar soms kom die ander


met wie ons nie kan meng
en dan kruip die koue-vrees
op met die rug, en wen

dan en wan
bid ons weer
ag Here help ons tog
ons sal weer na U terugkeer
- 9-

Dit kon jy gewees het


Na ete, waar sy uit struggle
nou amper gewaarborg van werk
weer swak diens gelewer het
vra ‘n wag wat hard sy lewe maak
net ‘n fooitjie, sonder huis of kerk

Af in die pad sleep ta


vuil, stukkend en dronk
sonder hulp van die broers
op die gravy wa

By die robot vra nog een wat nie daar hoort


‘n stukkie iets, ‘n stukkie brood
ek skud my kop en skuif my sitplek reg
dink en sê ek het niks
die bank en belasting het alles weg

Die sushi en witwyn stik en


my gewete klim uit sy warm bed
en fluister:
dit kon jy gewees het
- 10-

Abu-kans

skuiltjies loer ek om die hoek


en neem jou met my wonder-lens
fyntjies
waar

hoop
dalk weer
dalk, altyd
daar?
- 11-

al
al wat sy wou vra
is los bietjie jou stoei,
jou slim, jou kla

hou my net bietjie vas


sê jy’s lief vir my
my pappa

mag jy haar seer


eens voel, verstaan
op jou pad
verby die maan
- 12-

spook(e) opjaag
wie is jy wat voornag
nogal
kom seergesig wys

issit my kop
wat alweer
saam met die seer
spook(e) opjaag

vir hoeveel moet ons keer


moet ons bang
hoeveel kan ons ignoreer
as die risi(eko) te laag oor ons kom hang
- 13-

verseker
lê die pyn, hier, konstant en wag?
Verseker

kan ons verskans teen die ongeluks-mag?


Verseker

moet ons betaal sodat ons geliefdes nie moet


smag?
Verseker

is die tol dit werd terwyl die donker wag?


- 14-

vol-hou-baar
is ons beker half, leeg of vol
kan ons wonder en pogings
die toekoms uithou
wat word
as die Heelal weer
verandering baar

ons gesprekke
nou soveel te meer
sinvol
sal ek altyd diep binne
vashou
en is ek hier
amper ten einde laaste
daarvoor
só dankbaar

wat is ons pad my vriend


gaan ek jou nog ken
gaan jy aanhou soek
of gaan die id dalk weer
die super-ego wen
- 15-

Amper weg

die bloekomsprofete het


in ‘n ry
staan en wag
maar nie geweet
wie word daardie dag
bloedgeslag

‘n fluister het die waansin gebreek


en toe groet ek nog ‘n dag
- 16-

Die ‘nou-brug’

hier staan ek
voor die brug
skoon senuwee
af

en sug die druk


van stoei en groei
vir só lank
af

dis tyd om
los te maak
van goed en plek
en weer nuut
te gaan wees en wek

dis hier, dis nou


dis aan die brúg
wat ek vandag sal
vashou
- 17-

Saamwees

toe ek kom wegkruip


waar die vlinders
en Rooibors Vleikuiken
skuil

sit ma en
doggie
stil-stil
en tyd
verwyl

my hoop vir
my-tyd
alleen
gesteel

maar met glimlag


natuur-respek
het mens by-wees

my hart
hervat
- 18-

Breek-tyd

die stormjaar
het diep gesny

geloof, hoop en liefde


omgekeer
en oopgeskeur

wat voorlê
is nie beskore
vir my

maar die lewe-breek


is nou, hier
dankbaar-soet
in geur
- 19-

Om weer te sien

om te sien
weer te kan sien

sonder oog
of kop

sonder vrees
of dop

skerp opgemerk
maar wasig

hard opgewerk
tot dan
tot dan
- 20-

Skaaf

as die sêding
kom
en jy heel verbaas
dit ken

wat word dan


van hom
as jy skaaf, skaaf,
skaaf
om dit ‘goed’ te maak

wat bly oor


as jy skaaf, skaaf
skaaf
aan jou egte, eie
waarheids-blom
- 21-

Skuiling

hier sit ek
in die skuiling
en wag
terwyl my oë
gly deur riet en gras
terwyl die Vleikuiken
en sy maats
wegkruip
vir die laatoggend
harde son

die houtstomp
van die vleiboom
wat was
lê en maak
‘n koel blyplek
vir insek en sy maat

agter en onder
die stukkend
en dood
kruip daar tog
nog
lewe
weg
- 22-

skuil daar
hoop
is daar tog
die anderkant
van sleg
- 23-

Dankie, vir nou

You might also like