You are on page 1of 4

GENEALOGIESE GENEALOGICAL

GENOOTSKAP VAN SOCIETY OF


SUID-AFRIKA SOUTH AFRICA

WES-GAUTENGTAK WEST GAUTENG BRANCH

WES-GAUTENG-NUUS -- WEST GAUTENG NEWS


DESEMBER 2011
NUUSBRIEF/NEWSLETTER

NEXT MONTHLY MEETING: SATURDAY 21 JANUARY 2012 @ 14:00

WEBSITE
Members are reminded of the branch’s new blog site [website] at
http://westgssa.blogspot.com

OUR REGULAR
BRANCH MEETING
WILL TAKE PLACE ON
21 JANUARY 2011
14:00
AT
NG KERK
PHILIPS AVENUE
DISCOVERY
ROODEPOORT

+++++++++++++++++

THE EDITOR’S WORD AT THE END OF 2011


AND THE BIRTH OF 2012

David P. Goldman laments the death of civilizations in his recently released book How
Civilizations die and why Islam is dying too. His argument is highly plausible. Yet, if we stop and
cry we have gained nothing except a few tears and a nostalgic trip in the past.

I hear the unequivocal announcements of the births of new and exciting civilizations
beckoning to be explored by you and me. If we fail to explore it properly we will later be
classified to be extinct - like the dinosaurs. Gerard Marloth and I have been discussing some
of these aspects. He asks: “Twenty years from now, will our records stored for instance on
the ‘trusty old floppy discs’ be accessible? “
1
I know for a fact that the court proceedings that were meticulously recorded on specific
machines during the sixties and early seventies are no longer accessible. Technology has
overtaken it. Yet, you can have a look on Youtube at Neil Armstrong walking on the moon.

Popular Mechanics is a monthly update on the progress of some of our new civilizations. I also
recommend that you have a look at the Long Now Foundation’s website: They think in terms of
10 000 years.

You will see my ideas in diagram format and I invite you to participate and explore this in
your own way. Give your imagination wings and work creatively with your genealogy and
family history – future generations will want to know.

God bless you and South Africa in 2012

+++++++++++++++++

DIE REDAKTEUR SE WOORD AAN DIE EINDE VAN 2011


EN DIE GEBOORTE VAN 2012

Toe ons gebore was, was daar nie selfone nie. Daar was nie hartoorplantings nie. Die man het
nog nie op die maan geloop nie. Daar was nie digitale tegnologie nie. Daar was nie ...

Nee – ek bepleit nie die sogenaamde “goeie ou dae” nie. Allermins. Ons kan nie krampagtig
en halsstarrig vasklou aan die “goeie ou dae” nie. Dis verby.

Ons is midde-in die geboorte van nuwe beskawings – daar is nie meer net ‘n paar beskawings
nie. Ons genealogiese navorsing omspan die wêreld met die druk van ‘n rekenaar knoppie.
Oupas en oumas kyk op Skype hoe hulle kleinkinders groot word aan die anderkant van die
wêreld.

Popular Mechanics is m.i. ‘n maandelikse opdatering van die nuwe ontwikkeling van dele van
ons nuwe samelewings. Gaan kyk gerus na die webtuiste van die Long Now Foundation. Gaan
kyk [ www.longnow.org ] - hierdie mense dink in terme van 10 000 jaar.

Gaan voort en werk kreatief met u genealogie en familiegeskiedenis. In die jaar 2212 gaan daar
iemand wees wat genoeg gaan belangstel om te lees wat ek en jy nou geskryf het. Ons moet
dit net toeganklik hou vir hulle.

God seën u en Suid-Afrika in 2012

NEELS COERTSE
REDAKTEUR
SANDTON
27 DESEMBER 2011

2
JAARPROGRAM VAN WES-GAUTENGTAK VAN DIE GGSA VIR 2012
Datums vir Takbyeenkomste in 2012:
21 Januarie: Spreker: Neels Coertse oor die Armesorgvraagstuk van die dertigerjare.
(Depressiejare).
4 Februarie: Museum- en Genealogiedag van 09.00 – 15.00 by die Roodepoort
Museum : Ons sal weer ander takke nooi en hulle deelname kan help dat ons koste
verlaag word. Hulle sal teen R100 per staanplek deelneem.
18 Februarie: Tak se Algemene Jaarvergadering om 14.00 . Die uitkoms van die
Werkswinkel wat op 15 Oktober 2011 gehou was, sal bespreek word.
1 – 4 Maart: Hobby-X-uitstalling by die Dome. Die nuwe komitee sal oor deelname
besluit.
16 – 18 Maart 2012: NUK-Algemene Jaarvergadering by UNIONDALE, gereël deur e-
GGSA. ‘n Baie interessante program is beplan. Lede wat wil saam gaan kan op die bus,
bestuur deur Dennis Pretorius, klim.
17 Maart: Spreker: Christoff Erasmus oor “Genetiese voorouer bepaling van die
Afrikaner populasie in Suid-Afrika: Verband tussen stambome en genetiese inligting.”
21 April: Spreker: Alan Jeffrey van die Brenthurst Library praat oor: “The
preservation/conservation of old documents, photographs, pictures, etc. Members
should bring in examples of the things they have, it makes it much easier for everybody if
there are things to look at and discuss. Alan does not have a standard ‘lecture’ on
conservation/preservation. It would help if there was a variety – books, albums, framed
pictures, photographs etc.” Ned. Geref. Kerk Ontdekkerskruin, om 14.00. Daar word
besluit dat ons ‘n besoek aan die Brenthurst Library sal reёl.
19 Mei: Moet nog beplan word.
16 Junie: Werkswinkel oor eie navorsingsprobleme: Ned. Geref. Kerk Ontdekkerskruin.
14.00
21 Julie: Moet nog beplan word.
17 - 19 Augustus: Moet nog beplan word.
15 September: ‘n Tak-besoek aan die ABO-Museum, Bloemfontein kan oorweeg
word deur die nuwe komitee.
29 September: Genealogiedag by die Roodepoort Museum se Erfenisdagviering,
om 11.00 – 16.00. Die nuwe komitee moet besluit of ons weer ‘n stalletjie sal beman, ten
bate van ons tak.
6 Oktober: Beginnerskursus in Genealogie / Gevorderde kursus in Genealogie.
Die nuwe komitee moet besluit of ons weer ‘n kursus wil aanbied.
20 Oktober: Werkswinkel oor eie navorsingsprobleme: Ned. Geref. Kerk
Ontdekkerskruin, 14.00.
17 November: Afsluiting: Ned. Geref. Kerk Ontdekkerskruin, om 14.00.

Ons vra dat u nou al u dagboek se inskrywings sal maak.

3
++++++++++++++++++

Ek vra dat u asseblief bydraes vir my sal stuur by my e-adres wat hieronder
genoem word. Baie dankie vir julle wat dit reeds doen.
NEELS COERTSE
REDAKTEUR
SANDTON
27 DESEMBER 2011

WEST GAUTENG BRANCH COMMITTEE, 2011


Designation Name Telephone Email
Chairman/Membership Lucas Rinken 011-760-3009 gen@rinken.co.za
Matters
Vice-Chairman Bob Saunders 011-475-4579 bobcad@iafrica.com
Treasurer Dennis Pretorius 083-679-8541 dennispretorius@mweb.co.za
Assistant Treasurer Barbara Bouwer 011-760-5872 barbara.bouwer@vodamail.co.za
Secretary John Stephens 011-948-9676 johnstephens13@gmail.com
Events Secretary Margaret Humphries 011-955-2819 nerine@yebo.co.za
Librarian Graham Southey 011-787-4842 None
Assistant Librarian Louise Dick 011-679-4321 None
Membership Secretary Gerard Marloth 011-782-6599 gerard.marloth@yahoo.com
Blog Journalist Penny Evans 011-763-2465 penny.evans55@gmail.com
Editor Newsletter Neels Coertse 011-463-4049 neelscoertse@wirelessza.co.za
Cemetery Coordinator Giel Nel 011-762-3702 gielnel100@gmail.com
Product Sales Kriek Fourie 011-955-3533 leander.fourie@transnet.net

You might also like