You are on page 1of 10

GENEALOGIESE GENEALOGICAL

GENOOTSKAP VAN SOCIETY OF


SUID-AFRIKA SOUTH AFRICA

WES-GAUTENGTAK WEST GAUTENG BRANCH

WES-GAUTENG-NUUS -- WEST GAUTENG NEWS


APRIL 2014
NUUSBRIEF/NEWSLETTER
NEXT MONTHLY MEETING: SATURDAY 17 MAY 2014

WEBSITE
Members are reminded of the branch’s new blog site [website] at
http://westgssa.blogspot.com

+++++++++++++++++
NEDERLANDSE WORTELS
PRAATJIE OOR NEDERLAND AS STAMLAND BY GGSA
WES-GAUTENGTAK 12 APRIL 2014
DEUR DR RENTIA LANDMAN

1. INLEIDING

My praatjie handel oor diép wortels – wortels tot in die België en Nederland. Dit is wortels
waarop mens trots kan wees. Brugge in die huidige België was vanaf die 13de eeu die grootste
handelsentrum van die tyd waar die sakemanne van Venesië, Portugal, Kastilië en Skotland
byeengekom het vir handel. Die eerste effektebeurs in die wêreld het daar ontstaan.

1
Verskuiwing van handelsentra van Brugge na Antwerpen
en toe na Amsterdam

Antwerpen
Toe die hawe van Brugge begin toeslik, het die handelaars noordwaarts beweeg na die hawe
van Antwerpen en het dié stad die internasionale handelsentrum geword. Die ekonomiese
sukses van Antwerpen het mense van oraloor gelok en sy Goue Eeu het aangebreek. Die
inwonertal het vanaf 18 000 gestyg totdat dit teen 1560 ‘n getal van 100 000 bereik het. Die
Spaanse beleg van Antwerpen in 1584 het meegebring dat die hawe geblokkeer is. Die
handelaars het na Amsterdam verhuis. Die Protestantse inwoners is vier jaar tyd gegee om
terug te keer tot die katolieke kerk. Die gevolg was ‘n verdere uitvloei van mense. Net soveel
mense as wat met die Goue Eeue binne gevloei het, nou weer die stad verlaat – sommige na
Engeland en ander na Nederland. Die Portugese en Joodse besigheidsmanne het nie alleen
fisies emigreer nie maar ook hulle handelsnetwerke meegeneem.

Amsterdam het hierby gebaat en hulle bevolking het toegeneem vanaf 30 000 inwoners tot 210
000. So ook het die bevolking van Middelburg in Zeeland verdriedubbel en Leiden s’n
verdubbel. Amsterdam het immigrante toegelaat om kerke en tempels te bou insluitend
katolieke en sektes en sodoende ‘n stad van buitelanders geword wat steeds vandag sy
karakter kenmerk.

Die goedkoop binnelandse waterroetes het ‘n verdere beweeglikheid van mense van elders uit
Europa en binne Nederland self teweeg gebring. Die kanaal wat ongeveer 1500 tussen
Amsterdam en Haarlem gebou is het ‘n verdere beweging van mense moontlik gemaak. So
byvoorbeeld het bykans 300 000 mense in die 1560’s tussen die twee stede gereis. In dié tyd
het bykans 200 000 mense tussen Leiden en Den Haag gereis. Buiten die ooste, het Nederland
handel gedryf met die ander Europese lande: hout vir hulle bote in die Skandinawiese state,
graan vanaf die Baltiese lande, sout in Frankryk en Portugal om die vis mee te preserveer wat
hulle Duitsland toe uitgevoer het. Dit het ook ‘n beweging van mense meegebring wat gelok is
deur die ekonomiese welvaart van Nederland.

Dus as jou stamvader of –moeder van Amsterdam af kom is dit nie te sê dat hulle al vir
generasies daar was nie. Daarom is dit vir die genealoog belangrik om iets van die geskiedenis
en die beweging van mense tussen lande, streke en stede te verstaan om te weet waar om te
soek.

2
2. WAAR KOM VANNE/ ACHTERNAME/FAMILIENAME VANDAAN?

2.1 Geskiedenisagtergrond
Die Romeine het ‘n voornaam sowel as ‘n van gebruik en waar dit nodig was, ook ‘n bynaam.
Die Germaanse volke het aan elke individu slegs een noemnaam gegee. Tipiese Germaanse
name is Hendrik, Arnoud, Berend, Herman, Gerard, Willem, Wouter, Frederik, Machteld,
Hildegond, Ada, Inge, Ana en Brunhilde en dié het elk ’n betekenis gehad wat ’n goeie wens vir
draer van die naam gehad het. Dit is mettertyd vervang met Christelike name soos Johannes,
Philipus, Maria en heiliges soos Catharina. ‘n Volgende fase was met die Renaissance toe die
name aangepas is om Latyns te klink. Name soos Roelof het verander na Rudolphus en Egbert
na Egbertus.

Gedurende die Middeleeue en veral in die stede, het té veel mense dieselfde naam gedra en
het die gewoonte begin ontwikkel om ‘n persoon te identifiseer deur ‘n tweede naam te gebruik
soos Pieter Jans (Pieter seun van Jan) of Jan van de Berg (Jan wat by die Berg woon) of Jan
Sterk (fisiese eienskap).

2.2 Vernoemingswyse
In Nederland was daar twee vernoemingstradisies:
• Die pa kies die naam vir sy oudste seun en die ma die naam vir haar oudste dogter. Die
pa kon dan weer die naam van die tweede dogter kies en die ma die naam vir die tweede
seun.
• Die eerste kind se naam, hetsy seun of dogter word deur die pa gekies en die ma die
tweede kind s’n.

In sommige streke was beide tradisies van toepassing.

Hierdie reëls is onder bepaalde omstandighede verbreek. Waar ‘n seun gebore is nadat sy pa
reeds gesterf het, het hy sy pa se naam gekry. Waar ‘n ma met die geboorte van ‘n dogtertjie
sterf, kry die kind haar oorlede ma se naam en waar sy reeds gedoop is, word die kind se naam
gewysig sodat sy steeds haar ma se naam sal dra. Die eggenote van ‘n wewenaar kies nie die
naam van haar eerste dogtertjie nie, want die pa het die reg om die kind na sy oorlede vrou te
vernoem.

In dele van Limburg en Noord-Brabant was dit die gewoonte dat die sewende seun of kind na ‘n
plaaslike adelike vernoem word.

In sommige areas in Nederland is ‘n grootouer wat nog in die lewe was nie vernoem nie. Ek het
dit konsekwent in die Landmanfamilie in Amsterdam in die 17de eeu gevind.

3
Groen = eerste kind hetsy seun of dogter word na vaderskant vernoem.
Horisontale strepe = 1ste seun na pa se kant en 2de seun na ma se kant. Met die dogters
andersom.
[Bron: Ebeling RA. 1993. Voor-en familienamen in Nederland. Geschiedenis, verspreiding, vorm en
gebruik. Centraal Bureau voor Genealogie. s’ Gravenhagen.]

3. ONTWIKKELING VAN VANNE/ACHTERNAAM


Terminologie: Die Afrikaanse woord van word in Nederlands ‘n familienaam of achternaam
genoem.

Mite (1) Dat die Nederlanders grappies gemaak het toe Napoleon hulle laat registreer het.
Dit het sy ontstaan uit ‘n populêr wetenskaplike tydskrif van die 19e eeu De Navorscher wat
soveel keer oorvertel is dat dit mettertyd waarheidstatus gekry het.

Aanvanklik het slegs vername mense vanne gehad want sodra jy jou van genoem het, het almal
geweet van watter belangrike afkoms jy was. Dit het dikwels gedui op die geografiese
omgewing van die landgoed. Van die gewone klasse het dit as aansitterigheid beskou as‘n
persoon van ‘n laer klas ‘n van gebruik en hetdaarmee gespot.

Met verstedeliking het vanne vir identifisering nodig geraak. Byname was dikwels iemand se
tweede naam en het mettertyd sy van geword. Die gebruik van vanne het dan ook in die suide
begin waar stede rondom ekonomiese ontwikkeling ontstaan het.

Vir belastingdoeleindes het Napoleon in 1811 die registrasie van ‘n familienaam verpligtend
gemaak in Nederland en ook in Duitsland. Teen daardie tyd het die meeste Nederlanders reeds
vanne gebruik, buiten die noordelike plattelandse dele van Nederland. Die Concilie van Trente
het reeds in 1545 – 1563 almal verplig om by ‘n doop, huwelik of sterfte ‘n tweede naam in die
kerk op te gee – nie dat die mense hulle skynbaar veel daaraan gesteur het nie. Vreemde name
soos Naaktgeboren en Poepjes was al bekend toe Napoleon op die toneel verskyn het. Die van
Naaktgeboren kan moontlik die vernederlandsing wees van die Duitse naam Nachgeboren wat
dieselfde beteken as Posthumus nl gebore nadat die vader oorlede is.

Daar is wel eienaardige byname wat familiename geword het soos Zondergeld, Wonderlijk,
Welvaart, Vroegrijp, Vrolijk, Vettevogel, Soveele, Seldenthuis, Saterdag (een vondeling?),
Regtop, Pottjebier, Onverwagt, Ongeluk, Loopweg, Krupeltie, Goedemoed, Geldeloos,
Eensaam, De Eerste, Drinkuitsma, Bokstaart, Avontuur, Onkruydt.

4
Ook konings het byname gehad: Karel de Stoute (stoutmoedig/roekeloos) wat in die 15de eeu
die Graaf van Holland en Vlaandere was en sy pa Philips de Goede en sy oupa Jan Zonder
Vrees.

Kyk maar na die VOC se skeepsname dan sal mens sien dat wat vir ons vreemd klink nie vir
hulle eienaardig was nie. Bellasoor, Gele Beer, Baarzande, Land van Belofte, Binnenweizend,
Bok, Buiksloot, Broederlust, Bronstee, Dapperheid, Huis te Dieren, Experiment, Klein Fortuin,
Twee Gezusters, Goudvis, Goudvink, Hartenlust, Hengelaar, Muis, Os, Ondank, Onrust,
Oplettenheid, Overwinnaar, Huis Overrijp, Parkiet, Pasgeld, Peperbaal, Pinksterbloem, Pisang,
Platvis, Rommelpot, Roskam, Rotgans, Standvastigheid, Spion, Sprinkhaan, Toevalligheid,
Vlugge Trekvogel, Tuitappel, Wachter, Windhond, Vliegende Zwaan.

Vergelyk die name wat die Boere vir hulle osse gegee het. Wat van Afrikaanse byname soos
Wit Willem, Koos Grootlieg, Jan Jakkals, Pieter van Gert, Kort Piet, Piet Skiet, Piet van San,
Klaas Driefontein, Klaas Rietpan of Klaas Diepspruit of hedendaagse byname soos Spiekeries,
Mannetjies, Piston, Vleis en Bakkies?

Mite (2) Dat ‘n van afgelei kan word van sy betekenis.


Deur navorsing is gevind dat die minderheid vanne hulle ontstaan het uit die betekenis. Hoëlui
se vanne kan heelwaarskynlik dui op ‘n geografiese omgewing waarvan hulle die landhere was.
Gewone bevolking se vanne het hoofsaaklik ontstaan as byname of dat dit gekies is. So
byvoorbeeld was die Landman’s van Suid-Afrika se voorgeslagte in Nederland vir so ver as wat
ons kon teruggaan nie boere nie maar loodgieters en klipbouers en tog het hulle ongeveer 1700
die van Landman aangeneem. Dit was ‘n 100 jaar voor Napoleon se dekreet. Die van, Bakker is
‘n algemene Nederlandse van. ‘n Bakker was vroeër dae in hoë aansien en verskeie mense sou
bakkers gewees het, maar ‘n aantal sou ook die van ook bloot aangeneem het vir die aansien
daarvan. Die van Visser kan dui op iemand was ‘n visser was, maar ook nie te sê nie want hy
kon moontlik by ‘n rivier met volop vis gewoon het.

Tog is dit lekker om so ‘n afleiding te maak, maar pasop! Van Leewen het niks met leeus te
make nie, maar is van topografiese oorsprong hlaiw wat ‘n grafheuwel beteken en/of dit kan
verwys na “van Leuven” ‘n stad in Vlaandere. As jy wil sien hoeveel mense tans in die
onderskeie distrikte van Nederland woon wat ‘n bepaalde van het, kyk na die Meertens Instituut
van Nederland http://www.meertens.knaw.nl/nfb/. Daar kan mens ook die tekeninge van
plaashuise van voor die oorlog, destydse eienaar, die argitek ens sien.

Dit is wel interessant dat vanne ingedeel kan word maar dit het nie veel genealogiese waarde
nie:
• Patronieme name (Piet, wat Jan se seun is, is Piet Janzoon genoem. Die zoon is
mettertyd afgekort sen en is daar van Piet Jansen gepraat. Dirk die seun van Willem
is Dirk Willemzoon genoem wat kortweg net met ‘n s agterna, Dirk Willems geword
het. Die agtervoegsel –ink/inc(g)/inx is ook gebruik om aan te dui dat dit die seun is
van so en so of dat hy/sy van ‘n bepaalde plek afkomstig is. Dit is tipies Noorde van
Nederland. (Nannincks van Haarlem)
• Matronieme name soos Mariën, Verleyden
• Geografiese name/adresnaam Van der Wal, Van Dijk, Lintvelt, Van der Zee
• Beroepsname Bakker, Mulder (Meulenaar), Bouwer, Landman, Visser,
• Liggaamskenmerke De Lange, De Wit
• Persoonlikheidskenmerke De Wilde, Strijders

5
• Dierename De Leeuw (nie waar nie –sien hierbo) De Pauw is gekies vir hulle
familiewapen. Het hulle dalk poue gehad? En De Vos?

‘n Van wat eindig op –ma of –sma of –stra (Hoekstra, Dijktra ens) dui op ‘n Friese afkoms, ‘n
van wat eindig op –sema is tipies Gronigen

‘n Van wat eindig op –ius was ‘n mode neiging om Latyns en dus geleerd te klink.

Soms is man as agtervoegsel gebruik soos by Buurman en Landman maar het geen betekenis
nie.

4. VAN WATTER LAND KOM STAMVADER?


In SAF of die ou SAG vind mens die stamvaders van die Afrikaanse families en dan word daar
ook genoem waarvandaan hulle kom. Franke van Berlyn, Nagel van Amsterdam, Nauta van
Friesland, Oelofse van Noorweë, Taljaard van Vlaandere, Van Niekerk moontlik van
Gelderland, Olivier van Nederland, Van der Westhuyzen van Brugge in Vlaandere, De Kock van
Middelburg Zeeland, Krog van Noorweë, Lessing van Pole, Matthys van Leuven Vlaandere,
Moolman van Zeeland, Swanepoel van Nieuwmunster Wes-Vlaandere, Volschenk van
Noorweë, Zeederberg van Swede ens.

Hou ingedagte dat die lands- en taalgrense nie was wat dit vandag is nie. Vlaams is tot in die
huidige Frankryk gepraat (vb Duinkerk) en Nederlands in Westfalen wat vandag bekend is as
Duitsland. Dit is juis uit Westfalen waar Jan Hendrik Vos vandaan kom. ‘n Van wat eg
Nederlands klink is Voorman en dié kom van Dresden in Duitsland.

[Die volgende aflewering saam met internet skakels word in Mei 2014 voortgesit
met die finale aflewering oor die Lewe op ‘n VOC-skip in Junie 2014]

+++++++++++++++++
KWARTIERSTAAT
PEDIGREE CHART

Ek het onderneem om ‘n kwartierstaat te publiseer en Hennie Van Aswegen het beloof om afskrifte van
kwartierstate beskikbaar te stel om julle gedagtes en kreatiwiteit te stimuleer. Ek publiseer nou ‘n voltooide
kwartierstaat van SCHULENBURG en ‘n onvoltooide voorbeeld. Hennie en sy eggenote Marié het hierdie
pragtige voorbeelde self geskep – wanneer jy besluit om dit te gebruik moet jy asseblief erkenning aan hulle
gee vir die skepping omdat hulle baie tyd en aandag hieraan spandeer het. Kyk mooi na die grafika en sien dat
dit in die vorm van ‘n boom is met takke wat boontoe uitstoot.

Jy kan heerlik kreatief te werk gaan wanneer jy joune skep. Jy hoef byvoorbeeld nie vas te steek by vier
geslagte nie. Maak dit meer as jy wil. Ek het agtergekom die waarde van so ‘n staat is dat jy dadelik jou
leemtes raaksien en dit jou aanspoor tot meer navorsing. Die inligting wat jy inskryf hoef nie beperk te wees
tot dit wat jy in Hennie & Marié se weergawes raaklees nie. Nee – jy kan mos meer inligting byskryf soos
onder andere sterfoorsake of doopdatums, begrafplaas inligting. Dis jou staat en werk daarmee. Maak dit
interessant vir jou familie om te lees.

6
Kwartierstaat van SCHULENBURG
Met dank en erkenning aan Hennie & Marié Van Aswegen

7
Blanko kwartierstaat met dank
En erkenning aan Hennie & Marié Van Aswegen

I don’t know which software program you use to record your painstaking research – I use LEGACY 7.5 De
Luxe version. If you use something different you should explore your own software package.

Legacy does have various ways of drafting pedigree charts or variations on this theme.

The most glaring things you will notice when you open the Pedigree Chart box are the gaps in your research.
Then you go back to the drawing board as it were and continue with your search.

As you click on the arrows you will notice how it changes from the one to the other and once again, if there
are gaps, it shows [painfully – ask me!]. Sit back, keep calm, make a cup of tea and sip it slowly while you
catch your breath.

If however your pedigree chart is complete with information, and you want to print it out, you can do so. Go
to “REPORTS” and then to “Pedigree.” This is where the fun starts - the first time you go there you will get
completely confused. Go back one step at a time and that is to your kitchen for a nice cup o’ tea!

Try the “PREVIEW” tab and see what happens. You will even find that it produces your chart automatically
inclusive of a NAMES LIST & PLACE NAME INDEX. If you don’t want that you must go back a step and
close it. Go to INDEX OPTIONS make your selections there.

There is still another way of doing things. Go to LEGACY CHARTING and create a new chart as follows:

8
• Step 1 of 3: Select a genealogy file to chart. Click “next.”
• Step 2 of 3: Select an individual. Click “next.”
• Step 3 of 3: Select the type of chart to create. Click “create a chart.”

When you go through the different steps, read the instructions and follow it. Otherwise get acquainted with
LEGACY CHARTING by just clicking “NEXT” and proceed. Play around with the various options and see
what each can do.

You will see the following charts:


• Ancestor.
• Descendant.
• DNA – Male Y-DNA or Female mtDNA.
• Fan.
• Hour glass.
• Bow Tie.

Once you have selected the chart you want to create, it opens up a host of other possibilities. For instance
you can change the generations want to include or you can set the privacy settings.

Have fun – and don’t forget that cup o’ tea because you will need it.

Neels Coertse
Editor of the Newsletter
+++++++++++++++++
Send me your stories [and the surnames that you have not disclosed to Richard]!!

Stuur my jou stories [en al daardie name wat jy navors en nog nie vir Richard gegee het nie]!!

Neels Coertse
EDITOR: NEWSLETTER
3O APRIL 2014
+++++++++++++++++
Next Meeting (17 May 2014):
Dummies: Louw du Plessis – Dorslandtrekkers (Confirmed)

Guest Speaker: Prof Karen L Harris - "Die Sjinese in SA - Vyf eeue aan wal"
(Confirmed)
+++++++++++++++++

OUR LIBRARY
You are encouraged to use our library to do your research. The contents are very valuable. We are in the
process of obtaining insurance for it. We thank all of you who not only use it, but make contributions
towards the contents.

Please keep it up and come and use it.


+++++++++++++++++
9
WEST GAUTENG BRANCH COMMITTEE, 2014
Designation Name Telephone Email
Chairman Bob Saunders 011-475-4579 bobcad@iafrica.com
Vice-Chairman Richard Wolfaardt 011-955-4262 richardw@lantic.net
Secretary Robyn Templeton 018-788-4464 templetonrobyn@gmail.com

Treasurer Gina Shepherd 082-515-7313 gina@mulisa.net


Secretary: Members Richard Wolfaardt 011-955-4262 richardw@lantic.net

Librarian Lucas Rinken 011-760-3009 gen@rinken.co.za


Assistant Librarian Graham Southey 011-787-4842 None
Editor Newsletter Neels Coertse 011-463-4049 neelscoertse@wirelessza.co.za
Cemetery Coordinator Giel Nel 011-762-3702 gielnel100@gmail.com
Product Sales Kriek Fourie 011-955-3533 leander.fourie@transnet.net

10

You might also like