You are on page 1of 58

Tuisblad

Lukrake blad

Naby

Meld aan

Voorkeure

Inligting oor Wikipedia

Vrywaring

Maak hoofkeuseskerm oop

Wikipedia

Verenigde State van Amerika

land in Noord-Amerika

Lees in 'n ander taal

Hou hierdie bladsy dop

Wysig

Hierdie artikel handel oor die land in Noord-Amerika. Vir ander gelyknamige state, sien Verenigde
State (dubbelsinnig).

Die Verenigde State van Amerika (dikwels afgekort tot Verenigde State, VS of VSA, Engels: United States
of America of USA), in die omgangstaal ook net Amerika[n 1] genoem,[9] is 'n federale republiek in die
Westelike Halfrond wat uit vyftig deelstate, 'n federale distrik, vyf groter selfregerende gebiede en
enkele kleiner eilandbesittings in die Stille Oseaan en die Karibiese See bestaan. 48 van sy deelstate en
die federale distrik lê in Sentraal-Noord-Amerika tussen die Stille Oseaan in die weste en die Atlantiese
Oseaan in die ooste en word in die noorde deur Kanada en in die suide deur Meksiko begrens. Die
deelstaat Alaska lê in die noordweste van die Noord-Amerikaanse vasteland en grens in die ooste aan
Kanada, terwyl dit in die weste deur die Beringstraat van die Russiese Federasie geskei word. Die
deelstaat Hawaii is 'n eilandgroep in die middel van die Stille Oseaan.

United States of America

Verenigde State van Amerika

Vlag van die Verenigde State Groot Seël van die Verenigde State

Vlag Groot Seël

Nasionale leuse: In God We Trust

(sedert 1956 amptelik)

Ander tradisionele leuses:

E Pluribus Unum

(Latyn vir: "Uit baie, een")

Annuit cœptis

(Latyn vir: "Hy het ons ondernemings bevoordeel")

Novus ordo seclorum

(Latyn vir: "Nuwe orde van die eeue")

Volkslied: The Star-Spangled Banner

Mars: The Stars and Stripes Forever[1]

Ligging van die Verenigde State

Hoofstad

Washington, D.C.

38°53′N 77°01′W / 38.883°N 77.017°W

Grootste stad

New York Stad

40°43′N 74°00′W / 40.717°N 74.000°W


Amptelike tale

Geen op federale vlak nie1

Engels (de facto)2

Regering

• President

• Adjunkpresident

• Huis-spreker

• Hoofregter

Federale presidensiële

grondwetlike republiek

Donald Trump (R)

Mike Pence (R)

Nancy Pelosi (D)

John Roberts

Onafhanklikheid

• Verklaar

• Konfederasie

• Vrede van Parys

• Grondwet

• Laaste kerkreg toegelaat

van Groot-Brittanje

4 Julie 1776

1 Maart 1781

3 September 1783

21 Junie 1788

24 Maart 1976

Oppervlakte

- Totaal
- Water (%)

9 833 517[2][3] km2 (3/4de)

3 796 742 myl2

6,97

Bevolking

- 2017-skatting

- 2010-sensus

- Digtheid

325 719 178[4] (3de)

308 745 538[5]

32,8 / km2 (179ste)

85 / myl2

BBP (KKP)

- Totaal

- Per capita

2018-skatting

$20 413 miljard[6] (2de)

$62 152[6] (11de)

BBP (nominaal)

- Totaal

- Per capita

2018-skatting

$20 413 miljard[6] (1ste)

$62 152[6] (7de)


MOI (2015)

Green Arrow Up Darker.svg 0,920[7] (10de) – baie hoog

Gini (2013)

41,1[8] – medium

Geldeenheid

Dollar ($) (USD)

Tydsone

- Somertyd

(UTC-05 tot -10)

(UTC-04 tot -10)

Internet-TLD

.us .gov .mil .edu

Skakelkode

+1

1. Engels is die amptelike taal van 28 deelstate. Engels en Hawaiis is beide amptelike tale in die deelstaat
Hawaii. Verder het Nieu-Meksiko en Louisiana wette wat die gebruik van onderskeidelik Spaans en Frans
toelaat.

2. Engels is die de facto taal van die Amerikaanse regering en die enigste taal wat deur 82% Amerikaners
ouer as vyf tuis gepraat word. Spaans is die tweede mees gesproke taal.

Die vlag van die VSA. Die rooi en wit bane versinnebeeld die dertien oorspronklike kolonies en deelstate,
die sterre die huidige vyftig deelstate

Die Verenigde State beslaan altesaam veertig persent van die Noord-Amerikaanse vasteland. Met meer
as 9,8 miljoen vierkante kilometer (byna 3,8 miljoen vierkante myl) en 'n bevolking van sowat 325,7
miljoen is die VSA die derde grootste land ter wêreld ten opsigte van sy oppervlakte en bevolking. Sy
grondgebied strek oor nege amptelike tydsones. Met 'n bruto binnelandse produk van meer as 20 412
miljard VSA-$ in 2018 is die VSA naas die Volksrepubliek China die tweede grootste ekonomie ter
wêreld.[6]

Die Verenigde State van Amerika is 'n federale presidensiële grondwetlike republiek met 'n
tweekamerparlement, die Kongres, wat uit die Senaat en die Huis van Verteenwoordigers bestaan. Die
hoofstad van die VSA is Washington, D.C., wat nie deel uitmaak van een van die vyftig deelstate nie,
maar in die federale Distrik Columbia geleë is.
Die grondgebied van die Verenigde State is oorspronklik deur 'n verskeidenheid stamme van die Eerste
Nasies bewoon. Met die Europese kolonisasie deur Britte, Franse en Spanjaarde en grootskaalse
immigrasie van dwarsoor die wêreld het die VSA tot een van die etnies, sosiaal en godsdienstig mees
diverse lande ter wêreld ontwikkel.[10]

Die Verenigde State is deur dertien kolonies gestig, wat na aanleiding van die Amerikaanse
Rewolusionêre Oorlog hulle onafhanklikheid van Groot-Brittanje op 4 Julie 1776 verklaar en hulle
grondwet, die Artikels van die Konfederasie, op 1 Maart 1781 bekragtig het. Die huidige grondwet is op
17 September 1787 aangeneem.[11] Die oppervlakte van die VSA is gedurende die 19de eeu deur
gebiede, wat van Frankryk en Meksiko gekoop is, aansienlik uitgebrei. Met die ekonomiese agteruitgang
van die Sowjetunie in 1991 het die VSA die enigste oorblywende supermoondheid geword wat 'n
oorheersende ekonomiese, politieke, kulturele en militêre invloed dwarsoor die wêreld uitoefen.[12]

Inhoud

GeografieWysig

Die hoofartikel vir hierdie afdeling is: Geografie van die Verenigde State.

As die wêreld se derde grootste nasie (totale area), het die Verenigde State 'n baie wisselende landskap:
gematigde woudland aan die ooskus, mangrovewoude in Florida, die Great Plains in die middel van die
land, die Mississippi-Missouri rivierstelsel, die Rotsgebergte (Rocky Mountains) wes van die vlaktes,
woestyne en gematigde kusgebiede wes van die Rotsgebergte en reënwoude in die noord-weste. Die
vulkaniese eilande van Hawaii en die pool-gebiede van Alaska maak die geografiese diversiteit net nog
groter. Die naaste lande buite die Noord-Amerikaanse vasteland is die Britse oorsese gebied Bermuda in
die ooste asook die onafhanklike eilandnasies Bahamas en Kuba in die suidooste.

Politieke geografieWysig

Die vastelandse Verenigde State (sonder Alaska en Hawaii) word in geografiese opsig in 'n aantal streke
verdeel:

Die Nieu-Engeland-State met Maine, New Hampshire, Vermont, Massachusetts, Rhode Island en
Connecticut,

Die Middel-Atlantiese State met New York, New Jersey, Delaware, Maryland, Virginië, Wes-Virginië en
Pennsilvanië,
Die Suidoostelike State met Noord-Carolina, Suid-Carolina, Georgia, Arkansas, Tennessee, Kentucky,
Florida, Alabama, Mississippi en Louisiana,

Die Midwes-State met Ohio, Indiana, Illinois, Michigan, Wisconsin, Minnesota, Iowa en Missouri,

Die Groot-Vlaktes-State met Noord-Dakota, Suid-Dakota, Kansas en Nebraska,

Die Bergstate met Idaho, Montana, Colorado, Wyoming en Utah,

Die Suidwestelike State met Oklahoma, Texas, Nieu-Meksiko en Arizona, en

Die Verre-Weste-State met Washington, Oregon, Kalifornië en Nevada.

Die grootste deelstate is ten opsigte van

Oppervlak: Alaska met 1 717 854 vierkante kilometer (663 268 vierkante myl) en

Bevolking: Kalifornië met 'n bevolking van 37 253 956 in 2010.

Die kleinste deelstate is ten opsigte van

Oppervlak: Rhode Island met 3 140 vierkante kilometer (1 214 vierkante myl) en

Bevolking: Wyoming met 'n bevolking van 563 626 in 2010.

Die deelstate Nevada, Arizona, Florida, Colorado, Utah, Georgia en Texas het in die laaste dekades die
grootste relatiewe bevolkingsgroei getoon, terwyl die deelstate Kalifornië, Texas, Florida, Georgia,
Arizona en Noord-Carolina die grootste absolute bevolkingsgroei ervaar het. Die bevolking van Wes-
Virginië, Noord-Dakota en die Distrik Columbia het afgeneem. Die grootste stede in die VSA is New York
Stad, Los Angeles, Chicago, Houston en Philadelphia.

Die volgende kaart toon die ses amptelike sensusgebiede (Pasifiese Streek [Pacific – blou], Bergstreek
[Mountain – rooi], Midweste [Midwest – oranje], Suide [South – geel], Noord-Oos [Northeast – violet]
en Afhanklike Gebiede [Territories – groen]), vyftig deelstate en afhanklike gebiede van die Verenigde
State:

Deelstate
Alabama

Alaska

Arizona

Arkansas

Kalifornië

Colorado

Connecticut

Delaware

Florida

Georgia

Hawaii

Idaho

Illinois

Indiana

Iowa

Kansas

Kentucky

Louisiana

Maine

Maryland
Massachusetts

Michigan

Minnesota

Mississippi

Missouri

Montana

Nebraska

Nevada

New Hampshire

New Jersey

Nieu-Meksiko

New York

Noord-Carolina

Noord-Dakota

Ohio

Oklahoma

Oregon

Pennsilvanië

Rhode Island

Suid-Carolina
Suid-Dakota

Tennessee

Texas

Utah

Vermont

Virginië

Washington

Wes-Virginië

Wisconsin

Wyoming

Afhanklike gebiede

Amerikaans-Samoa

Guam

Noordelike Mariana-eilande

Puerto Rico

Amerikaanse Maagde-eilande

Nie getoon nie

Distrik Columbia

Fisiese geografieWysig
Nasa-Satellietbeeld van die vastelandse Verenigde State

Die Noord-Amerikaanse vasteland word volgens fisiese besonderhede in vier groot streke verdeel: Die
Kanadese Skild met die Laurentiese Plato, die Appalachestreek, die Binnelandse Vlaktes en die
bergagtige Weste. Vir die gebied van die Verenigde State word hierdie streke verder verdeel in sewe
fisiografiese streke: Die Vlaktes van die Atlantiese Kus en die Golf van Meksiko, die Appalachiese
Hooglande, die Binnelandse Vlaktes, die Binnelandse Hooglande, die Rotsgebergte, Die Intermontane
Streek met die Groot Bekken en die Pasifiese Bergreekse. 'n Verdere streek, die Laurentiese Plato,
beslaan slegs 'n klein gedeelte van die VSA se oppervlak in die gebied van die Groot Mere.

Die huidige terrein van die noordelike Verenigde State is deur gletsers gevorm, wat die noorde van die
vasteland in die laaste Ystydperk bedek het. Die vroeëre suidelike kant van die yslaag word nog steeds
deur 'n reeks eindmorenes gekenmerk, wat vanaf die eiland Long Island aan die Atlantiese ooskus in
westelike rigting tot by die Rotsgebergte loop. Die gebiede noord van hierdie lyn is bedek met ou
gletserafsettings. In die berggebiede van die noordweste en in Alaska het die berggletsers duidelike
spore van erosie gelaat. Uitgestrekte gletsermere het groot gebiede in die weste bedek, waarvan die
Groot Soutmeer in Utah net 'n oorblyfsel is.

Die oostelike en die GolfkusgebiedeWysig

'n Landsat-foto van Chesapeakebaai

Die kusvlaktes van die Atlantiese ooste en die Golf van Meksiko strek van Long Island tot by die Rio
Grande aan die Texaans-Meksikaanse grens. Die kuslyn word deur talle eilande, riviermondings, baaie,
sandtonge en strandmere oorheers. Eilande soos Long Island, Nantucket en Martha's Vineyard maak
deel uit van die kusvlakte en is eers ná die Ystydperk as gevolg van die stygende seevlak tot eilande
omskep. Die natuurlike hawens van die noordooste, soos New York- en Chesapeakebaai, het reeds in die
koloniale tydperk die landing van setlaars en later seevervoer en handel met Europa vergemaklik. Suid
van die groot kape van Noord-Carolina soos Kaap Fear, Kaap Hatteras en Kaap Lookout is groot
natuurlike baaie en hawens skaars. Die kuslyn van die Golfgebied met sy strandmere word deur die
uitgestrekte Mississippidelta oorheers.

Wes van die Atlantiese kusvlakte verrys die heuwelagtige Piedmontstreek met sy talle watervalle as 'n
soort oorgangsgebied tussen die kusstreek en die Appalache-gebergte. Hierdie bergreeks was miljoene
jare gelede nog 'n magtige gebergte, wat intussen deur erosie geslyp is. Die Appalagge loop vanuit die
suidooste van Kanada in westelike rigting tot by die Golfkusvlaktes van Alabama. Slegs langs Nieu-
Engeland se rotsige kuslyn strek die bergreeks plek-plek tot by die Atlantiese Oseaan. Die gebied van die
Appalache en die Adirondack-gebergte van New York maak in geologiese opsig deel uit van die Kanadese
Skild en behels die grootste hooglande van die oostelike Verenigde State. Die hoogste bergspits in die
ooste is Mount Mitchell in die Swart Berge (Black Mountains) van Noord-Carolina met 'n hoogte van 2
037 meter (6 684 voet) bo seevlak.

Die Binnelandse Vlaktes en HooglandeWysig

'n Ruimtefoto van die Mississippidelta

Die Binnelandse Vlaktes strek oor 'n lengte van sowat 1 600 kilometer (1 000 myl) van die Appalache tot
by die Rotsgebergte in die weste en van Kanada in die noorde tot by die kusvlaktes van die Golf van
Meksiko. Hulle geologiese onderlaag van sedimentêre gesteentes verwys na die feit dat die vlaktes
vroeër 'n groot binnelandse see was; die gesteentes se ryk olie- en gasvoorkomste het van die deelstate
Texas en Oklahoma (en die Kanadese prairie-provinsies) die belangrikste olieprodusente in Noord-
Amerika gemaak. Die gebied word deur die Mississippi-Missouri-rivierstelsel gedreineer – een van die
grootstes ter wêreld.

In geografiese opsig word die vlaktes in drie hoofstreke verdeel – die vrugbare sentrale vlaktes – wat tot
die belangrikste landbougebied van die VSA ontwikkel het – met die Mississippivallei, die gebied van die
Groot Mere en die Groot Vlaktes, 'n boomlose plato van uitgestrekte grasvelde, wat geleidelik van die
laer vlaktes tot by die voorgebergtes van die Rotsgebergte verrys. In die randgebied van die
Rotsgebergte bereik hierdie gebied reeds 'n hoogte van sowat 1 600 meter, en sy ekonomiese sentrum
en hoofstad van die deelstaat Colorado, Denver, word weens sy ligging soms ook die Milehigh City
genoem. Die Swart Berge of Black Hills in Suid-Dakota is die enigste hoër geleë gebied, wat midde-in die
vlaktes verrys.

Die Binnelandse Hooglande lê wes van die Mississippi tussen die Binnelandse Vlaktes en die kusvlaktes
van die Golf van Meksiko en bestaan uit die Ozark-plato in die noorde en die Ouachita-berge in die
ooste.

Die Mississippi se dreineringsgebied strek oor sowat 3,3 miljoen vierkante kilometer, en met 'n lengte
van meer as 4 000 kilometer behoort die rivier, wat deur die Indiane Missi Sepe of "Vader van die
Waters" genoem is, tot die langstes ter wêreld. Die Missouririvier, wat in die Mississippi uitmond, bereik
dieselfde lengte. Die Mississippi mond in 'n geweldige delta, wat jaarliks met meer as tagtig meter groei,
en met talle syriviere, sogenaamde passes, in die Golf van Meksiko uit.

Die Westelike Bergreekse, die Intermontane Streek en die Groot BekkenWysig

Die Grand Canyon


Die oostelike kant van Mount Whitney, soos gesien vanuit die Whitney Portal

Die Rotsgebergte is 'n magtige bergreeks wes van die Groot Vlaktes, wat vanaf Kanada tot by die
noordwestelike Verenigde State en verder tot by Nieu-Meksiko in die suide strek en met talle hoë
bergspitse pronk, waarvan Mount Elbert op 4 399 meter (14 433 voet) die hoogste is. Die gebergte maak
deel uit van die Sirkumpasifiese Berggordel, wat vanaf Asië oor die Aleoetiese Eilande dwarsdeur die
weste van die Noord- en Suid-Amerikaanse vastelande tot by Antarktika loop. Die Noord-Amerikaanse
waterskeiding loop langs die kruin van die Rotsgebergte; riviere oos van die bergreeks maak deel uit van
die Mississippi-Missouri- en ander Atlantiese rivierstelsels, terwyl riviere wes van die Rotsgebergte in die
Stille Oseaan uitmond.

Die Rotsgebergte word onderverdeel in die Noordelike Rotsgebergte (Northern Rockies), die Sentrale
Rotsgebergte (Middle Rockies), die Wyoming-Bekken en die Suidelike Rotsgebergte (Southern Rockies).

Die Intermontane Streek, 'n droë gebied met platos, bekkens en kleiner bergreekse, lê tussen die
Rotsgebergte en die westelike bergreekse. Die Columbia-plato in die noorde is deur vulkaniese lava
gevorm, en die Columbiarivier, wat die gebied saam met sy takriviere dreineer, het diep canyons in die
plato gesny. Die uitgestrekte Colorado-plato, wat deur die Coloradorivier en sy takriviere gedreineer
word, pronk met die beroemde Grand Canyon, wat deur die rivierwater in die sedimentêre gesteente
gesny is en as een van die grootste natuurwonders ter wêreld beskou word.

Die gebied wes van die platos is feitlik 'n halfwoestyn en word deur bekkens en kleiner bergreekse
gekenmerk. Hier lê ook die laagste punt van Noord-Amerika, die Death Valley ("Doodsvallei"), sowat 86
meter (282 voet) benede seevlak. Die Groot Bekken is die grootste van sy soort in die gebied, met die
Humboldt as sy belangrikste rivier en 'n groot aantal soutmere, waaronder ook die Groot Soutmeer van
die deelstaat Utah. Die riviere in hierdie bekken mond nie in die oseane uit nie, maar binnelands. Die
Groot Soutmeer is net 'n oorblyfsel van 'n magtige soetwatermeer uit die Ystydperk.

Die Pasifiese Bergstelsel lê tussen die Intermontane Streek en die Stille Oseaan, met bergreekse, wat
parallel met die kuslyn in noord-suidelike rigting loop en deur geologiese breuke en vulkanisme gevorm
is. Die Kusgebergte met sy talle vulkaniese bergspitse strek van Suidwes-Kanada in suidelike rigting tot in
Noord-Kalifornië, van waar die Sierra Nevada-bergreeks verder suidwaarts loop. Mount Whitney is die
hoogste bergpiek in dié reeks met 4 418 meter (14 495 voet).

Die Pasifiese KusgebiedeWysig

Wes van die Kusgebergte en die Sierra Nevada lê 'n laer bergreeks, wat langs die Pasifiese kuslyn loop,
en 'n aantal valleie sos die Sentrale Vallei van Kalifornië, Oregon se Willamettevallei en die vlaktes van
die Puget Sound in die deelstaat Washington. Die Pasifiese kusvlaktes beslaan net 'n smal strook, en in
baie plekke strek die bergreekse regstreeks tot by die see. Daar is min eilande of baaie en ander
natuurlike hawens soos San Franciscobaai, Puget Sound of San Diegobaai langs die kuslyn.

Alaska en HawaiiWysig

Denali (Alaska)

Alaska word gewoonlik in vier fisiografiese streke verdeel: die Arktiese Vlaktes in die noorde, die
kusvlaktes van die Arktiese Oseaan, die Rotsgebergte met die Brooks Range-bergreeks as sy mees
noordelike gedeelte, die gebied van die Sentrale Bekkens en Hooglande met die Yukonrivierbekken en
die Pasifiese Gebergte, wat langs die suidelike kuslyn loop en die hoogste bergspits van Noord-Amerika
behels, Denali, wat 6 194 meter (20 320 voet) bo seevlak verrys.

Die eilande langs die suidooskus van Alaska en die Aleoete-argipel maak deel uit van die Pasifiese
Gebergte, wat hier gedeeltelik in die Stille Oseaan versink het. Vulkaniese werking en aardbewings is
tipiese kenmerke van hierdie eilandgroepe. Die eilande self is net soos die Hawaii-eilandketting die
bergspitse van vulkane, wat vanaf die Pasifiese seebodem verrys. Die Hawaii-argipel se enigste aktiewe
vulkane is Mauna Kea en Mauna Loa op die hoofeiland Hawaii.

KlimaatWysig

'n Supersel-donderstormwolk beweeg oor Chaparral (Nieu-Meksiko)

Klimaatkaart van die Verenigde State

Blizzards, hewige winterstorms in die sentrale en oostelike dele van die land, word deur swaar
sneeuvalle gekenmerk

Net soos byvoorbeeld Sentraal-Europa word groot dele van die Noord-Amerikaanse vasteland oorheers
deur westelike winde en 'n opeenvolging van laagdrukgebiede (siklone), wat in die gebied van die
Aleüte-eilandgroep ontstaan en afwissel met hoëdrukgebiede. Net soos ander gebiede in die
gemiddelde breedtegrade, word ook die Verenigde State deur onbestendige weer en 'n opeenvolging
van koue en warmfronte gekenmerk. Die siklone of koue fronte, wat gewoonlik in westelike rigting oor
die vasteland beweeg, verskil van sy Europese eweknieë soms deur hulle tregtervormige werwels of
tornados – atmosferiese versteurings, wat dikwels groot skade berokken.
'n Tweede belangrike verskil is die ligging van die grootste gebergtes. Terwyl die Europese Alpe in wes-
oostelike rigting loop en die suide van Europa teen koue fronte uit die noorde beskerm, loop Noord-
Amerika se grootste bergreekse, die Kusgebergte en die Rotsgebergte, in noord-suidelike rigting en
verhinder dus dat vogtige en gematigde lugmassas vanuit die Stille Oseaan na die binneland kan
beweeg. Die hooglande tussen die Sierra Nevada en die Rotsgebergte lê gevolglik net soos die Groot
Vlaktes in die reënskadu van hierdie bergreekse. Hierdie besonderse reliëf verklaar ook die feit dat groot
woestyngebiede soos die Mojave- en Gilawoestyn net enkele honderd kilometer van die kus af lê.

Die weskus van die VSA is 'n tipiese winterreënstreek, waarvan 'n klein gedelte in Kalifornië deur 'n
Mediterreense klimaat gekenmerk word. Die koeler klimaatstreke van die noordelike deelstate Oregon
en Washington is die natste in die land met 'n jaarlikse reën- en sneeuvalle van soms meer as 2 500
millimeter. Die Verenigde State bestaan dus rofweg uit 'n droë gedeelte in die weste en 'n humiede
gedeelte in die ooste. Die oostelike landsdele het hulle vogtige klimaat aan die invloed van die Golf van
Meksiko en die Atlantiese Oseaan te danke. Die suidelike deelstate is baie vogtig en het hulle swaar
reënvalle op tussen sewentig en tagtig dae per jaar aan donderstorms en 'n aantal orkane in die najaar
te danke. Die weer in die suide is dikwels baie warm en bedompig. Die hitte en verstikkende
bedompigheid van die somermaande was 'n belangrike rede vir die gebruik van slawearbeid op die
plantasies van die suide.

Die mees digbevolkte gebiede van die sogenaamde manufacturing belt, die groot historiese
nywerheidsgebiede, lê in die vogtige en gematigde klimaatstreke tussen die Mississippirivier in die ooste
en die Atlantiese Oseaan in die weste. Die oostelike gedeelte was oorspronklik 'n gebied van
uitgestrekte bosse, terwyl die Groot Vlaktes, die hartland van Amerika, deur grasvelde gekenmerk word.
Hierdie vlaktes maak reeds deel uit van die droër westelike gebiede, maar is feitlik 'n soort
oorgangsgebied met periodes van hoër en laer reënvalle. Die eerste verkennings van die gebied teen die
middel van die 19de eeu het gedurende 'n vogtige periode plaasgevind en die oortuiging laat posvat dat
die vlaktes 'n uiters geskikte gebied vir akkerbou en veeteelt sou wees. Die eerste setlaars het later egter
besef dat reënvalle in die vlaktes wisselvallig is en die gebied deur periodieke droogtes geteister word.

Die bergreekse van die weste kry baie reën en spog met uitgestrekte bosgebiede. Danksy besproeiing is
daar 'n florerende landbousektor in 'n aantal valleie.

Die gebrek aan 'n soort kontinentale versperring in die vorm van 'n bergreeks, wat dwarsoor die
vasteland in oos-westelike rigting loop, lei daartoe dat koue fronte uit die poolgebiede en warm fronte
met tropiese lugmassas uit die suide ongehinderd oor die Groot Vlaktes kan beweeg. Vogtige, warm
lugmassas bereik soms selfs die suide van Kanada en bevorder die groot aantal donderstorms en
bedompige weer in die Amerikaanse Midweste. Weerstoestande verander skielik, en met die
sogenaamde Northers beweeg uitgestrekte koue fronte soms na die uiterste suide, waar hulle
byvoorbeeld sitrusplantasies in Florida bedreig. Florida en ander deelstate in die suide lê daarnaas in 'n
gebied, wat dikwels deur orkane getref word.
GeskiedenisWysig

Die hoofartikel vir hierdie afdeling is: Geskiedenis van die Verenigde State van Amerika.

Die Prekolumbiaanse tydperkWysig

Taos Pueblo in Nieu-Meksiko, omstreeks 1920

Inoeïet-vrou in Alaska (1907)

Die geskiedenis van die Indiaanse kolonisasie van die Amerikaanse vasteland bly nog steeds die
onderwerp van navorsing. Aangesien daar geen oorblyfsels van hoogs ontwikkelde mensape gevind is
nie en die Eerste Nasies (Indiane) tipiese mongoloïede kenmerke het, woord daar vermoed dat die
eerste menslike bewoners vanuit Asië gekom en vir hulle immigrasie 'n landbrug gebruik het, wat in die
Ystydperke met hulle laer seespieël tussen die Asiatiese en Amerikaanse vastelande bestaan het.

Die etnoloë verdeel die verskillende volke van die Eerste Nasies in twee hoofgroepe: Die vroegste
immigrante wys kenmerkende lang skedels op en is later opgevolg deur 'n tweede groep met ronde
skedels. Die langskedelgroep is na die westelike en oostelike randgebiede van die vasteland
teruggedring, terwyl die rondskedelgroep, die sogenaamde Pueblo-Andiede groep, die sentrale gebiede
bewoon het. Die Inoeïet of Eskimo's het as die derde en laaste groep na Amerika gekom.

Die stamme van die oostelike beskawings was hoofsaaklik jagters en versamelaars, maar was gedeeltelik
ook akkerboere, wat bone, mielies, pampoene en meloene verbou het. Hulle het in klein gemeenskappe
van tussen vyfrig en tweehonderd mense saamgewoon en word vanweë die sakrale aardhope, wat hulle
gebou het, in Engels ook mound builders genoem.

Die noordwestelike beskawings was eweneens akkerboere en word vanweë hulle kookgereedskap, wat
uit versierde korfskottels bestaan het, ook korfmakers (Engels: basket makers) genoem. Daarnaas het
hulle vir kookdoeleindes ook stene verhit en in water geplaas, sodat hulle die tweede bynaam
steenkokers (stone boilers). Die noordelike stamme se stapelvoedsel was salm, terwyl die suidelike
Indiane veral eikels geëet het.
Die belangrikste groep Indiane was die suidwestelike beskawings, wat in 'n aantal groepe verdeel word
en onder meer Hopi, Sjosjone, Yuma, Navajo en Apaches behels. Die sogenaamde Pueblo-akkerboere
was die mees ontwikkelde Indiaanse beskawing met 'n georganiseerde landboustelsel as hulle
ekonomiese basis. Die Rancheria-beskawing het ook op landbou gesteun en eenvoudige damme in die
oorstromingsvlaktes van die groot riviere soos Colorado opgerig, maar daarnaas ook plante in die
riviervalleie en op die mesa-plato's versamel. Die Navajo en sommige Apache-stamme was net
gedeeltelik akkerboere, terwyl die oostelike Apaches en Ute heeltemaal versamelaars was.

Die behuisings van die jagters verskil volgens die diere, wat hulle oorwegend geëet het. Die
visserstamme het eenvoudige hutte van bas gebou, die buffeljagters het huide en velle gebruik wat
saamgenaai is. Hulle gereedskappe en voorwerpe was oorwegend van hout, huide, steen en erdewerk
gemaak. Net 'n klein aantal stamme het metale soos koper gebruik. Die Cherokee in die huidige
deelstate Georgia en Noord-Carolina het al boomstamme as boumateriaal vir hulle hutte gebruik.

Die Pueblo-Indiane het selfs 'n soort stedelike kultuur met kubusvormige huise ontwikkel. Die huise het
oor meer as twee verdiepings beskik en was slegs deur middel van lere en vanuit die dakke toeganklik.
Hierdie stamme het onder sterk kulturele invloede vanuit Meksiko gekom, van waar hulle ook die
katoenvervaardiging aangeleer het. Kalkoene en honde was hulle enigste huisdiere, mielies, maniok,
pampoene, tamaties, kakao, coca, sisal en tabak hulle belangrikste landbouprodukte. Die Pueblo-Indiane
was bekwame pottebakkers en staan ook bekend vir hulle rituele, waarin gemaskeerde dansers, wat
hulle gode versinnebeeld, 'n groot rol speel.

Die noorde en noordooste van die huidige VSA is deur die Algonkin-groep van stamme (waaronder
onder meer die Delaware, Mohikaners, Illinois, Ottawa en ander), die Irokese (waaronder onder meer
die Seneca en Mohawk) en die Dakota of Sioux (met onder meer die Winnebago, Iowa, Omaha en
Kansas) bewoon.

Die belangrikste stamme in die suidooste was die Cherokee en die Seminoles van Florida.

Europese nedersettingsWysig

SpanjeWysig

Die hoofartikel vir hierdie afdeling is: Nieu-Spanje.

Die Spaanse sendingstasie in die huidige Carmel (Kalifornië) met sy kenmerkende campanile (kloktoring)
Spanje was die eerste Europese groot moondheid wat die Noord-Amerikaanse vasteland vanuit die
suide begin verken het. Die groot dryfkragte agter die Spaanse ekspedisies was van ekonomiese en
godsdienstige aard: Hulle was enersyds op soek na goud en silwer, en andersyds het hulle weens hulle
sendingbewussyn daarin belang gestel om die inheemse bevolking te kersten.

Die goewerneur van die eiland Puerto Rico, Juan Ponce de León, het op Paassondag van die jaar 1513
naby die huidige stad St. Augustine voet aan wal gesit en die gebied Pascua florida genoem, waarvan
later ook die naam van die deelstaat Florida afgelei is. By sy terugkeer agt jaar later is Ponce de León
deur Indiane aangeval en dodelik gewond.

Die eerste Spaanse nedersetting, Fort St. Augustine, is eers in 1565 opgerig en het later die beginpunt
van 'n Spaanse sendingpad geword, wat na Pensacola aan die Golfkus en verder weswaarts tot by San
Diego aan die weskus geloop het. Ander ekspedisies is in die 1530's en 1540's vanuit Meksiko uitgestuur
en het moontlik gebiede tot by die huidige Kansas in die noorde verken, maar alle kragte is tevergeefs
ingespan – in teenstelling met hulle Suid-Amerikaanse kolonies het die Spanjaarde in die noorde geen
edelmetale ontdek nie. Die grotendeels woestynagtige terrein en Indiaanse aanvalle het verdere
ekspedisies verhoed, en die Spanjaarde het liewer by die meer gevorderde Pueblo-Indiaanse beskawings
in die suidweste met hulle sendingwerk begin.

'n Aantal huidige Amerikaanse stede is as Spaanse sendingstasies, handelsposte en administratiewe


setels gestig: Villa Real de la Santa Fé de San Francisco (later verkort tot Santa Fé) in Nieu-Meksiko
(1609), Fort San Carlos (die voorloper van die stad Pensacola in Florida, 1698) en die presidios
(versterkte sendingstasies) in die omgewing van El Paso en San Antonio in Texas.

In die uitgestrekte gebied het die Spanjaarde met hulle klein aantal nedersettings voorlopig net 'n swak
posisie ingeneem. Eers toe die Britte en Franse hulle Noord-Amerikaanse besittings in die 18de eeu
begin uitbrei het, het ook Spanje se aktiwiteite veral in Kalifornië versterk. Die Spanjaarde het op hierdie
gebied aanspraak gemaak as deel van Columbus se ontdekkings, en hulle was verontrus toe die Deense
seevaarder Vitus Bering die Noord-Pasifiese kusgebiede in 1741 in Russiese opdrag begin verken het.

In 1763 is die Spaanse nedersetting San Diego aan die Pasifiese kus gestig. Die sterk noordoostelike
passaatwinde in die gebied het egter die seevervoer van goedere uit Acapulco (Meksiko) na San Diego
erg belemmer, en dit het skepe dikwels vyftig dae geneem om die relatief klein seereis te onderneem.
Gevolglik is goedere vanuit Laredo op die skiereiland Baja California (Neder-Kalifornië) op paaie vervoer.
Die Spanjaarde het strategies geleë plekke gekies om 'n aantal verdere Kaliforniese sendingstasies te
stig, en in die tydperk tussen 1769 en 1823 het 25 stasies langs die sogenaamde Camino Real (Engels:
Mission Trail) tussen San Diego en San Francisco ontstaan.
In teenstelling met die Pueblo-Indiane van Nieu-Meksiko was die Kaliforniese Eerste Nasies jagters,
vissers en versamelaars en was dus nie in staat om die Spaanse stasies met landbouprodukte te voorsien
nie. Die stasies was genoodsaak om selfversorgend te wees en het tot klein landbousentrums ontwikkel,
wat naas veeteelt op die verbouing van inheemse wynsoorte, olywe, graan, groente en vrugte
toegespits het. Droogtes en watertekorte het besproeiing van groente- en vrugtetuine steeds moeilik
gemaak, en 'n aantal stasies is selfs na meer geskikte plekke verskuif. Die nomadiese Indiane van die
gebied het hulle nouliks in die stasies gevestig, en daar was ook geen noemenswaardige immigrasie van
Spaanse setlaars nie. Die stasies was deur half-feodale strukture gekenmerk, en min Indiane het op 'n
vrywillige basis vir die Spanjaarde gewerk. Siektes en mishandelings het duisende menselewens geëis,
en slegs die helfte van die oorspronklike 600 000 inheemse bewoners het die Spaanse heerskappy
oorleef.

Nadat Meksiko ná die Onafhanklikheidsoorlog van Spanje onafhanklik geword het, het die stasies
minder belangrik geword, en hulle is in 1836 volkome gesekulariseer. As gevolg van die Meksikaans-
Amerikaanse Oorlog het Meksiko sy gebiede noord van die skiereiland Baja California en die Rio Grande
in Texas in 1848 aan die Verenigde State afgestaan. In hierdie periode het met die goudstormloop van
Kalifornië die Amerikaanse kolonisasie van die gebied begin.

FrankrykWysig

Die hoofartikel vir hierdie afdeling is: Nieu-Frankryk.

'n Balkon in die Franse buurt van New Orleans

Frankryk se koloniale aktiwiteite is steeds deur sy politieke betrokkenhede op die Europese vasteland
belemmer, en die godsdienstige verdeeldheid in die 16de eeuse Frankryk is weerspieël deur die stigting
van afsonderlike Protestantse en Rooms-Katolieke nedersettings in Noord-Amerika.

Die Italiaanse seevaarder Giovanni da Verrazano het in 1524 in Franse opdrag onder meer die
skiereiland Manhattan verken, terwyl Jacques Cartier in 1534 die huidige Quebec bereik het. Die erste
Franse nedersettings het egter eers in die tydperk tussen 1562 en 1564 ontstaan, toe Hugenote 'n
kolonie noord van die skiereiland Florida gestig het. Hierdie nedersetting is deur die Spanjaarde as 'n
bedreiging vir hulle eie gebiede beskou en gevolglik vernietig.
Die eerste permanente nedersettings is dus in die noorde gestig: Port Royal aan die suidoewer van die
Fundybaai in die jaar 1605, en drie jaar later Quebecstad. Vanuit Nieu-Brunswick, Nova Scotia, Prins-
Edward-Eiland en die Sint-Laurensriviergebied het die Franse 'n baie groot gebied in Noord-Amerika
verken. Pelshandelaars het tot by die Groot Mere getrek en die sogenaamde portages ontdek – smal
strepe land tussen twee rivierlope, waar bote maklik na die ander rivier gedra kon word. Die Franse het
vinnig die boloop van die Mississippirivier bereik, en in 1682 het Sieur de la Salle danksy hierdie groot
waterweg tot by die Mississippi-rivierdelta gevaar en die gebied ter ere van koning Lodewyk Louisiana
genoem. Louisiana het die belangrikste Franse kolonie op die gebied van die huidige Verenigde State
geword, en met New Orleans het die Franse hier ook 'n belangrike seehawe gestig. Die res van die
kolonie was egter byna onbevolk, en in die volgende dekades het slegs klein ekspedisies vanaf New
Orleans vertrek om nedersettings langs die Mississippi tot by die huidige deelstate Illinois en Wisconsin
te stig. In die laasgenoemde gebiede is lood ontgin.

Toe Frankryk sy kolonie Louisiana aan die Verenigde State verkoop het, was daar talle parogieë waar
Frans as omgangs- en kerktaal gebesig is. In die laaste tweehonderd jaar het die gebruik van Frans egter
sterk afgeneem. Maar stede soos Mobile en New Orleans pronk nog steeds met 'n ryk argitektoniese
erfenis uit die Franse tydperk, veral in die Vieux carré of Franse kwartier.

EngelandWysig

Die hoofartikel vir hierdie afdeling is: Nieu-Engeland.

'n Bronsstandbeeld van William Penn op die Raadsaal van Philadelphia (Pennsilvanië)

Engeland het tot die mees suksesvolle koloniale groot moondheid ontwikkel, aangesien sy beleid van
splendid isolation, sy posisie as leidende seemag sedert die tydperk van koningin Elizabeth I en die
politieke en godsdienstige woelinge, wat die Noord-Amerikaanse kolonies van 'n bestendige stroom
Britse immigrante verseker het.

Seevaarders op soek na die Noordwestelike Deurvaart soos Martin Frobisher en Henry Hudson was die
eerstes, wat die Noord-Amerikaanse vasteland teen die laat 16de en vroeë 17de eeu begin verken het.
Sir Walter Raleigh se pogings om 'n Engelse nedersetting in die huidige deelstaat Virginië te stig, het in
die 1580's misluk. Die Londense Kompanjie, wat 'n oktrooi vir die gebiede tussen die 34ste en 38ste
noordelike breedtegraad ontvang het, was in 1607 meer suksesvol en het onder die leiding van kaptein
John Smith 'n fort in die Chesapeakebaai van Virginië laat oprig. Die klein aantal oorspronklike koloniste
is deur hongersnood, malaria en aanvalle van Indiane geteister, en alhoewel nuwe setlaars hulle in 1607
en 1608 in die kolonie gevestig het, het van die geskatte bevolking van sewehonderd mense minder as
tien persent oorleef. Die oorblywende koloniste was in 1610 reeds van plan om die kolonisasie van die
gebied vir goed te staak.

Dit het die vasberadenheid, moed en uithouvermoë van 'n leier soos Lord Delaware geverg, wat teen
hierdie tydperk met 'n nuwe groep immigrante voet aan wal gesit het, om met die kolonisering voort te
gaan. Aanvanklik is Jamestown as nuwe hoofstad van die kolonie gestig en in 1699 deur Williamsburg
vervang.

Die bekendste landing van setlaars was egter dié van die Puriteinse Pelgrimvaders, wat in 1620 op hulle
skip Mayflower Bostonbaai in die huidige Massachusetts bereik het – 'n gebied, wat aan die destydse
Plymouth-Kompanjie behoort het. Die eerste nedersetting, New Plymouth, was suid van die huidige
Boston geleë en die beginpunt van 'n grootskaalse volksplanting in die gebied. In die volgende twintig
jaar het die kolonies sowat 25 000 Engelse immigrante gelok, en weens die godsdienstige en politieke
verdeeldheid van die setlaars het voortdurend nuwe kolonies ontstaan. In die tyd van die Amerikaanse
Rewolusie was daar reeds dertien kolonies. Die meeste van hulle was kroonkolonies, wat deur 'n
koninklike goewerneur bestuur is. 'n Aantal kolonies het op die basis van 'n oktrooi ontstaan, en hierdie
groep het naas Massachusetts ook Rhode Island en Connecticut ingesluit. 'n Derde groep was
privaatbesittings, met Maryland, wat aan Lord Baltimore geskenk is, as 'n Rooms-Katolieke nedersetting,
en Pennsilvanië, wat aan die Quaker-leier William Penn geskenk is. Naas die Quakers het ook ander
godsdienstige groepe soos die Morawiërs en Mennoniete (of Pennsilvanië-Duitsers) kolonies in
Pennsilvanië gestig. Laasgenoemde het in 1683 Germantown, 'n voorstad van Philadelphia, gestig.
Weens die groot aantal Duitse setlaars het Duits selfs 'n mededinger van Engels as omgangstaal in die
streek geword.

NederlandWysig

Die hoofartikel vir hierdie afdeling is: Nieu-Nederland.

Deur die Nederlandse Wes-Indiese Kompanjie opgeëiste kuslyn en die belangrikste plekke van Nieu-
Nederland

Nederland was aanvanklik 'n groot mededinger vir Engeland, wat reeds in 1609 in Noord-Amerika geland
het, en sy handelsmaatskappye – waaronder die Verenigde Oos-Indiese Kompanjie, die Nederlandse
Wes-Indiese Kompanjie en die Nieuw Nederland Compagnie het belang gestel in die pelshandel en die
Noordwestelike Deurvaart. Die Wes-Indiese Kompanjie onder die leiding van die Duitse boorling Peter
Minnewitt het in 1626 die skiereiland Manhattan van die plaaslike Indiane gekoop en 'n fort gestig,
waaruit later die stad Nieu-Amsterdam en uiteindelik New York Stad voortgespruit het.
Danksy Nederland se finansiële steun het ook Swede in die gebied van die Delaware- en Schuylkillriviere
'n nedersetting gestig, maar weens sy Europese politieke betrokkenhede is hierdie kolonie in 1655 aan
die Nederlanders afgestaan. Nadat ook die Nederlandse kolonie min aftrek van Hollandse burgers gekry
het, is dit eweneens in 1664 aan die Britte oorhandig, en ter ere van die hertog van York is Nieu-
Amsterdam se naam onmiddellik gewysig na New York.

RuslandWysig

'n Kaart van Russies-Amerika (omtrent 1860)

Rusland het veral belang gestel in die jag op sabeldiere, en jagters het dwarsdeur Siberië tot by die
grense van Asië getrek. Die Deense seevaarder Vitus Bering het in Russiese opdrag die seegebied tussen
Siberië en Alaska verken en sodoende die bewys opgelewer dat daar geen landverbinding tussen die
Asiatiese en Amerikaanse vastelande bestaan nie. In 1741 het Bering vir die eerste keer in Amerika voet
aan wal gesit.

Jagters het weens die groot getalle otters en seekoeie na die gebied gekom om die huide op die Chinese
mark winsgewend te verkoop, en seekoeie was as gevolg van die genadelose jag al in 1768 uitgeroei. Die
pelshandel is deur die Russies-Amerikaanse Pelshandelkompanjie beheer, wat in 1799 met sy
hoofkwartier in Sitka gestig is. Dit was veral offisiere wat die kompanjie bestuur het en die kompanjie
het ook as politieke administrasie van Russies-Amerika gedien. Die Russe het hulle gebied tot by
Kalifornië uitgebrei en in 1811 Fort Rossija (later Fort Ross) sowat 120 kilometer noord van die huidige
San Francisco opgerig.

Die Russiese tsaar het in 1823 gepoog om die Russiese aanspraak op die Stille Oseaan-gebied langs die
Amerikaanse weskus met 'n ukas te bevestig, wat oorspronklik in 1821 uitgereik is. Sy beleid het egter
skerp Amerikaanse reaksies uitgelok, en een jaar later is die sogenaamde Monroe-doktrine gepropageer,
wat nie-Amerikaanse inmenging op die Amerikaanse vasteland afgekeur het. Rusland het sy
gebiedsaansprake in 1824 beperk tot Alaska.

Ná die Krimoorlog was Rusland in politieke en militêre opsig verswak en het Alaska uiteindelik in 1867
aan die VSA verkoop.

Die Britse koloniale tydperkWysig

Die hoofartikel vir hierdie afdeling is: Dertien kolonies.


Pelgrimvaders op pad kerk toe. Skildery deur George Henry Boughton (1867)

Die ekonomiese basis van die Britse kolonies in Noord-Amerika was landbou. Alhoewel baie
graangewasse in Nieu-Engeland verbou is, het mielies geleidelik tot die streek se stapelvoedsel
ontwikkel. Die meeste plase was relatief klein. Die sentrale en suidelike kolonies was oorwegend deur 'n
soort feodalisme gekenmerk, met kleiner plase en net 'n beperkte aantal groter landgoede, wat onder
meer koring as hulle belangrikste graangewas verbou het. Die sentrale gebiede was daarnaas
gekenmerk deur die vinnige ontwikkeling van groot dorpe soos Philadelphia en New York Stad.

Teen die laat 17de eeu is klein plase in die suidelike kusgebiede toenemend verdring deur groot
plantasies, wat danksy die invoer van negerslawe vinnig gegroei en hulle oorwegend op die verbouing
van tabak, rys en later ook die kleurstof indigo toegespits het. Aanvanklik het ook pelshandel en
houtproduksie 'n belangrike rol gespeel. Die suide was in die koloniale tydperk die mees landelike streek
in Amerika, en net 'n klein aantal groter dorpe het hier ontwikkel.

Die kolonies het ook in godsdienstige opsig sterk van mekaar verskil. Terwyl Massachusetts nog deur 'n
soort teokrasie gekenmerk was, wat deur die plaaslike Puriteinse oligargie beheer is, het die oorwegend
Baptistiese Rhode Island net soos New Jersey en Suid-Carolina vir godsdiensvryheid voorsien. Ook
Maryland, wat oorspronklik as 'n Rooms-Katolieke kolonie gestig is, en Pennsilvanië, waar groot getalle
Quakers hulle gevestig het, was gekenmerk deur godsdienstige verdraagsaamheid en het binne enkele
dekades talle Anglikaanse immigrante gelok. Anglikaners en Skots-Ierse Presbiterianers het hulle ook in
die suidelike kolonies gevestig.

In politieke opsig het die kolonies hul eie verteenwoordigende instelings ontwikkel, waaronder die
koloniale vergaderings. Nogtans was deelname van die politieke lewe min of meer gekoppel aan 'n
burger se rykdom. Veral in die kolonies, wat as persoonlike besittings gestig is, het setlaars in opstand
teen die uitvoerende gesag gekom. Die belangrikste griewe was die ongelyke verdeling van land – die
meeste landgoedere was die eiendom van 'n klein aantal welvarendes, wat oor die algemeen in
Engeland woonagtig was-, en militêre en religieuse vraagstukke. Dikwels was die verskillende Christelike
denominasies in 'n magstryd teen mekaar gewikkel, waarin kwessies soos oorheersing en konformiteit 'n
groot rol gespeel het.

Hierdie vraagstukke het naas Engeland se strewe om Frankryk se koloniale ambisies deur militêre
paraatheid te bejeën en die Amerikaanse kolonies se ekonomieë te beheer daartoe gelei dat van
korporatiewe en persoonlike kolonies nou eerder koninklike besittings gemaak is. Koninklike beheer is
vereenselwig met 'n ordentlike bestuurstelsel en religieuse verdraagsaamheid, maar tegelykertyd is die
setlaars se griewe nou op die Engelse moederland gefokuseer, en daar is nou dikwels kwaai teenstand
teen die Engelse goewerneurs se beleid gebied. Belasting, wat die finansiële basis vir die koninklike
bestuur gevorm het, was die grootste twispunt, en die koloniale vergaderings het finansiële en
belastingvraagstukke gebruik om hul eie gesag en invloed te vergroot.

Die Britse handelsregulasies, wat veral op die bevordering van die koloniale landbousektor gemik was,
het die groei van die kolonies se handel en nywerhede in die 18de eeu beperk. Nogtans was daar
ekonomiese en maatskaplike vooruitgang, wat geleidelik 'n soort nasionale bewussyn laat ontstaan het.
Daarnaas het die Verligting en die vroeë tersiêre instellings – waaronder universiteite soos Harvard en
King's College (tans die Columbia-universiteit) 'n groot invloed op die intellektuele lewe van die kolonies
uitgeoefen.

UniewordingWysig

Die hoofartikels vir hierdie afdeling is: Amerikaanse Rewolusie en Amerikaanse Rewolusionêre Oorlog.

Die ontwerpskomitee lê die teks van die Amerikaanse Onafhanklikheidsverklaring aan die Tweede
Kontinentale Kongres in Philadelphia voor. Skildery deur John Trumbull, 1817/19

Die deelstate se toelating tot die Unie en bekragtiging van die Amerikaanse Grondwet

Die Onafhanklikheidsverklaring van die Verenigde State van Amerika

Ná die oorwinning van Groot-Brittanje in die Franse en Indiaanse Oorlog (1754 tot 1760), waarin Britse
en koloniale troepe saam geveg het om die Franse uit Kanada en die gebied van die Groot Mere te
verdryf, het die meeste setlaars die aanwesigheid van Britse troepe as oorbodig begin beskou. Maar dit
was duidelik dat die kolonies vir hulle militêre beskerming moes betaal, en die Britse beleid wat nou in
Amerika toegepas is was daarop gemik om die oorlogskoste tenminste gedeeltelik deur heffing van
belastinggelde te herwin.

Die nuwe belastings is deur die setlaars as ongewilde en selfs onwettige maatreëls ervaar, veral met die
oog op die feit dat hulle oor geen verkose verteenwoordiging in die Britse parlement beskik het nie.
Betogings in Boston is met militêre geweld uitmekaar gejaag, en die Amerikaanse setlaars het begin om
hulle burgermag te mobiliseer. In die jaar 1775 het die eerste Brits-Amerikaanse gevegte uitgebreek.
Alhoewel sowat 'n sesde of vyfde van die koloniale bevolking nog steeds lojaal teenoor die Britse
koningshuis was, het die Amerikaanse Patriotte gedurende die Rewolusionêre Oorlog steeds sowat 90
persent van die Amerikaanse gebied beheer, terwyl die Britse magsgebied tot 'n klein aantal
nedersettings langs die Atlantiese kus beperk was.

In 1776 het verteenwoordigers van die dertien kolonies ten gunste van die Onafhanklikheidsverklaring
gestem en sodoende die Verenigde State van Amerika gestig. Danksy 'n politieke en militêre verbond
met Frankryk, wat in 1778 gesluit is, het die VSA uiteindelik hulle militêre slaankrag aansienlik verhoog.
Groot Amerikaanse oorwinnings soos in die Slagte van Saratoga (1777) en Yorktown (1781), waarin twee
groot Britse leërs gevange geneem is, het Groot-Brittanje gedwing om in 1783 die Vrede van Parys te
onderteken, waardeur hulle die VSA amptelik as 'n onafhanklike staat erken het. Dit was Groot-Brittanje
se eerste nederlaag sedert die Honderdjarige Oorlog met Frankryk wat tegelykertyd ook die ondergang
van Groot-Brittanje se Atlantiese ryk bestempel het.

Die Amerikaanse kolonies se samesluiting is deur inflasionêre tendense, ekonomiese moeilikhede en


grensoorloë met Indiane-stamme bevorder, maar nogtans was daar aanvanklik groot verskille ten
opsigte van die nuwe politieke bedeling. Alle deelstate het hul oorspronklike koloniale statute met
grondwette vervang, tog was daar geen konsensus oor die nasionale regeringstelsel. Politici soos
Alexander Hamilton, John Adams en George Washington (die sogenaamde Federalists) was ten gunste
van federale eenheidsstaat, terwyl die federalistiese Republikeine (en latere Demokrate) onder leiding
van Thomas Jefferson vir 'n losse konfederasie gepleit het.

Danksy die bemiddeling van Benjamin Franklin en James Madison het die dertien deelstate se 55
verteenwoordigers tydens hulle vergadering in Philadelphia in 1787 die kompromis van 'n presidiale
bondsrepubliek bereik. Die nuwe grondwet is slegs geleidelik deur alle deelstate goedgekeur, maar in
1789 uiteindelik bekragtig.

Met die Amerikaanse Grondwet van 17 September 1787 is die eerste demokratiese staat van die
moderne tydperk geskep wat voorsiening gemaak het vir volksoewereiniteit op die basis van
demokratiese menseregte in Thomas Jefferson se Virginia Bill of Rights (1776), die skeiding van staat en
kerk (Virginia Statute of Religious Liberty uit die jaar 1785), die verdeling van mag tussen die
wetgewende, uitvoerende en regsprekende gesag, 'n balans van mag en gesag tussen die federale
regering en die deelstate (met dubbele burgerskap vir alle inwoners) en tussen die federale politieke
instellings.

Tydens die ampstermyn van president George Washington (1789–1797) het Alexander Hamilton (1757–
1804) se program vir die ontwikkeling van nywerhede, handel en finansies 'n groot invloed op die
Amerikaanse ekonomiese beleid uitgeoefen. Dit het nie net die stabiliteit van die jong staat verseker nie,
maar was ook die basis van die Amerikaanse kapitalisme.
Onder president John Adams (1797–1801) het Washington in 1800 die setel van die Amerikaanse
president en Kongres geword. Die federale regering se Alien and Sedition Acts – wetgewing aangaande
die inburgering van vreemdelinge – het die aanleiding tot die eerste konflik met die suidelike state, veral
Kentucky, gegee. Adams se opvolger Thomas Jefferson (1801–1809) se beleid was gevolglik daarop
gemik om die invloed van die staat en regering op die burgers se lewe so ver moontlik te beperk.

Uitbreiding na die westeWysig

Die VSA se territoriale oornames – gedeeltes van elke gebied het sedert die 18de eeu deelstate geword

Britse troepe verower Washington. Gravure uit die jaar 1814

Die Verenigde State se binnelandse beleid het vervolgens op die weswaartse uitbreiding van die
stadsgebied gekonsentreer wat deur binnelandse migrasie en immigrasie uit Wes-, Sentraal- en Noord-
Europa bewerkstellig is. Die bevolking het in die twee dekades tussen 1790 en 1810 van 3,9 tot 7,2
miljoen gestyg, en die eerste setlaars het die Appalagge-bergreeks oorgesteek om die binneland te
bereik. Grond is uiteindelik teen die amptelike minimumprys van 1,25 VSA-dollar per akker aan
individuele setlaars en maatskappye verkoop. Die Eerste Nasies, wat tenminste teoreties dieselfde
aanspraak op hierdie grond kon maak, is teruggedring en het dikwels met geweld teen setlaars in hul
stamgebiede opgetre.

In die Noordwes- en Mississippi-gebiede, waar setlaars hulle vanaf 1787 begin vestig het, is nuwe
deelstate gestig: Kentucky (1792), Tennessee (1796), Ohio (1803), Louisiana (1812), Indiana (1816),
Illinois (1818) en Alabama (1819). Die Franse keiser Napoleon se verkoop van Louisiana aan die
Verenigde State word dikwels as die belangrikste handelstransaksie in die Amerikaanse geskiedenis
beskryf. Die uitbreiding na die weste is nou ook bevorder deur die toegang tot die Mississippirivier.

Die binnelandse uitbreiding het gepaard gegaan met die beleid van isolasionisme – die neiging van
Amerikaanse regerings om hulle in politieke opsig eerder tot die Amerikaanse vasteland te beperk.
Nieteenstaande die militêre en politieke ooreenkomste met hul bondgenoot Frankryk (1778) het die
Verenigde State hulself reeds in 1793 tot 'n neutrale staat verklaar. President George Washington het in
sy laaste amptelike toespraak in 1796, die sogenaamde Farewell Address, gewaarsku teen permanente
ooreenkomste met Europese moondhede.

Die politieke spanninge tussen die Verenigde State en Groot-Brittanje, wat oorspronklik rondom
gebiedseise ontstaan het, het tot die Tweede Onafhanklikheidsoorlog (1812–1814) gelei. President
James Madison (1809–1817) se poging om Brits-Noord-Amerika (Kanada) te verower, was egter
tevergeefs en is deur die Britte met aanvalle op Amerikaanse kusgebiede en die hoofstad Washington
vergeld. Vanweë sy betrokkenheid in Europa het Groot-Brittanje en die VSA in 1814 uiteindelik in die
"Ewige Vrede" van Gent ooreengekom om die vorige status quo te herstel en die gebied van die Groot
Mere tot 'n neutrale sone te verklaar.

In 1819 het die VSA Florida van Spanje gekoop, en in 1823 het president James Monroe met sy
sogenaamde Monroe-doktrine Europese inmenging in die binnelandse aangeleenthede van Noord- en
Suid-Amerika summier verbied. Met die toelating van Texas tot die Unie in 1845 en die inlywing van die
Meksikaanse gebiede noord van die Rio Grande volgens die Verdrag van Guadalupe Hidalgo in 1848
ontwikkel die Verenigde State tot 'n Pasifiese moondheid.

Die Amerikaanse bevolking het in die tydperk tussen 1820 en 1860 van 9,6 tot 31,3 miljoen mense
gegroei, en naas Britte het ook steeds meer Iere en Duitsers 'n nuwe heenkome in Amerika gevind. Die
weswaartse migrasie word deur die goudstormloop in Kalifornië (1848–1849) versterk; die tekort aan
mannekrag het die ontwikkeling van landboumasjiene bevorder, en met die bou van paaie en
spoorweglyne word die groot afstande tussen die wes- en ooskusgebiede oorbrug. Die eerste Pasifiese
spoorweglyn het tussen 1862 en 1869 ontstaan.

Die weswaartse verskuiwing van die bewoonde gebiede se grense, die frontiers, die Amerikaanse mite
van 'n "land van onbeperkte moontlikhede" vir almal en 'n smeltkroes (melting pot) vir alle immigrante
oefen 'n sterk invloed op die lewensbeskouing, kultuur en selfbeeld van die Amerikaanse bevolking uit.

Die Amerikaanse Burgeroorlog (1861–1865)Wysig

Die hoofartikels vir hierdie afdeling is: Amerikaanse Burgeroorlog en Gekonfedereerde State van
Amerika.

Amerikaanse grense in 1864/65:

Deelstate van die noordelike Unie

Gebiede van die Unie

Kansas wat by die Unie aangesluit het


Noordelike grensstate wat slawerny toegestaan het

Die Gekonfedereerde State

Gebiede waarop die Gekonfedereerde State aanspraak gemaak het

Die Slag van Gettysburg, Pennsilvanië, tydens die Amerikaanse Burgeroorlog

In die 19de eeu het die politieke, ekonomiese en sosiale spanninge tussen die demokraties gesinde
noordelike deelstate, waarvan die bewoners in die omgangstaal Yankees genoem is, en die suidelike
deelstate met hulle aristokraties gesinde landeienaars steeds toegeneem. Die laasgenoemde was ten
gunste van vryehandel en slawerny, terwyl die Yankees vir invoertariewe en die afskaffing van die
slawerny op die plantasies van die suide gepleit het.

In die konflik tussen Kansas en Nebraska het die teenstanders van die slawerny in 1854 die
Republikeinse Party gestig. Die Republikeinse oorwinning in die volgende verkiesing het tot die afstigting
van Suid-Carolina en tien ander suidelike deelstate in 1861 gelei. Hulle het die Gekonfedereerde State
van Amerika onder president Jefferson Davis (1808–1889) gevorm en Richmond as hulle hoofstad
gekies. Die nuwe staat is deur Engeland en Frankryk erken, terwyl Rusland die noordelike deelstate
gesteun het.

Davis se teenstander in die noorde was Abraham Lincoln, 'n voormalige houtkapper, wat later advokaat,
verteenwoordiger van Illinois en uiteindelik in 1861 die 16de president van die Verenigde State geword
het. Hy was vasbeslote om die eenheid van die land te herstel.

In die volgende burgeroorlog is aanvanklik vrywilligers en moderne wapentuig ingespan, terwyl Lincoln
die Gekonfedereerde State se oorsese handel en veral die invoer van wapens deur 'n seeblokkade
afgesny het. Ten spyte van hulle swak industriële en finansiële basis het die Gekonfedereerde State
vasbeslote voortgegaan met hulle militêre weerstand. Danksy die stretegiese vernuf van generaal
Robert E. Lee het die Konfederasie aanvanklik selfs oorwinnings in die slagte van Bull Run (1861–1862),
Fredericksburg (1862) en Chancellorsville (1863) behaal. Uiteindelik het hulle egter tevergeefs teen die
oormag van die noordelike Unie geveg, en met die gekonfedereerde nederlaag in die Slag van
Gettysburg (1863) het die burgeroorlog 'n beslissende wending geneem.
In 1863 het president Lincoln die vrylating van alle slawe geproklameer, terwyl 'n noordelike leër onder
generaal Sherman die deelstate Carolina en Georgia verwoes en anargie en hongersnode veroorsaak
het. In 1865 het generaal Lee by Appomatox Court House gekapituleer, en 'n kort tyd later het 'n
fanatieke gekonfedereerde president Lincoln in Washington se Ford-teater vermoor.

Die eenheid van die Unie was bewaar, maar die verlies aan menselewens (meer as 600 000 soldate het
as gevolg van epidemieë gesterf of op die slagvelde gesneuwel) en koste van die oorlog (meer as agt
miljard VSA-$) was ontsaglik. Die suidelike deelstate was bankrot nadat sy politieke en ekonomiese
invloed veral as gevolg van katoeninvoere uit Egipte afgeneem het, maar onder die leiding van die
noorde het die VSA tot 'n beduidende nywerheidsland begin ontwikkel. Die slawerny was oorkom,
alhoewel dit nou deur 'n raskwessie vervang is.

Heropbou ("Reconstruction") ná 1865Wysig

Carl Schurz (1829–1906)

President Andrew Johnson (1865–1869) het die kontinuïteit van Lincoln se gematigde beleid verseker,
maar nadat radikale Republikeine hom tot 'n magstryd gedwing het, is hy selfs van hoogverraad
aangekla. Afro-Amerikaners het in 1868 burger- en in 1870 stemreg gekry.

Tydens die presidentskap van Ulysses S. Grant (1869–1877) is oorlogsveterane dikwels onregmatig
bevoordeel, en korrupsie het in hierdie tydperk ongekende vlakke bereik. Onder die beskerming van 'n
militêre bewind in die suide (wat tot by 1877 bestaan het) het sogenaamde carpetbaggers – politici en
ander immigrante uit die noordelike deelstate – voordeel uit die moeilike situasie in die Suidstate
probeer trek. Inheemse Swartes is teen plaaslike blankes opgehits en belastinggelde verkwis. Die
planters, wat onder hoë belastingtariewe en skuldlaste gebuk gegaan het, het die reg in eie hand
geneem en geheime organisasies soos die Ku-Klux-Klan gestig om die anargie teen te werk.

Die wette, wat op die gelykberegtiging van Swartmense gemik was, is deur klousules omseil – die
stemreg was byvoorbeeld aan intelligensietoetse gekoppel, en in die openbare lewe is 'n verpligte
rasseskeiding ingevoer wat van Swartes weer 'n onderdrukte minderheid gemaak het.

Die Liberale Republikeinse Party, wat van die moederparty afgestig is en onder meer deur die
Duitsgebore politikus Carl Schurz (1829–1906) bekendheid verwerf het, het hom teen die vermenging
van sake en politiek uitgespreek, maar die sogenaamde "prooistelsel" in die Amerikaanse suide is ook
onder die presidente Hayes, Garfield, Arthur en Cleveland (1877–1889) slegs geleidelik bestry. As gevolg
van die Civil Service Act van 1883 is vir die eerste keer bekwaamheidstoetse vir amptenare in die
staatsdiens ingevoer.
Ontwikkeling tot 'n ekonomiese groot moondheidWysig

J.P. Morgan (1837–1913) is deur baie mense as die verpersoonliking van 'n tipiese robber baron
("roofbaron") beskou

Die federale regering se beleid om die ekonomiese ontwikkeling nie regstreeks deur staatsintervensies
te beïnvloed nie, het sedert die tweede helfte van die 19de eeu die vrye ondernemingsgees tot 'n
steunpilaar van die Amerikaanse maatskappy gemaak, alhoewel dit aanvanklik ook met negatiewe
gevolge soos die uitbreiding van georganiseerde misdaad en blatante winsbejag gepaard gegaan het.
Ten spyte van die ekonomiese krisisse in die jare 1873 en 1907 het die land binne enkele dekades tot 'n
ekonomiese grootmoondheid ontwikkel.

In die periode tussen 1860 en 1914 het die bevolking danksy die natuurlike groei en die 21 miljoen
immigrante van 31,3 tot 91,9 miljoen mense gestyg. Die aantal werkers het met 700 persent, die
nywerheidsproduksie met 2000 en die totale beleggingskapitaal met 4000 persent gestyg.[13] Die
Verenigde State het die belangrikste produsent van yster, steenkool, ruolie, koper en silwer geword.
Stoomkrag is vinnig deur elektrisiteit vervang, terwyl proteksionistiese wetgewing die ontstaan van
groot monopolies bevorder het. Klein ondernemings het sodoende onder die leiding van
nywerheidsmagnate soos Astor (pelshandel), John D. Rockefeller (ruolie, Standard Oil), Andrew Carnegie
(yster en staal, Steel Corporation), J.P. Morgan, Cornelius Vanderbilt (spoorvervoer) en ander tot
reusemaatskappye en -kartelle gegroei. In 1913 het twee persent van die Amerikaanse bevolking sestig
persent van die nasionale inkomste verdien, terwyl Morgan en Rockefeller met hul 341 groot
maatskappye en bates van VS$ 22 miljard oor twintig persent van die nasionale kapitaal beskik het.[13]

Ondanks die groot sosiale vraagstukke soos rassediskriminasie in die suidelike deelstate en die
konsentrasie van nywerhede en kapitaal in die noorde is die demokratisering van die land deur die
ekonomiese groei bevorder. Massaproduksie het verbruikersgoedere vir die grootste deel van die
Amerikaanse bevolking bekostigbaar gemaak en die algemene lewenstandaard verhoog, terwyl die
nywerheidsmagnate groot skenkings vir die stigting van universiteite, wetenskaplike instellings, musea,
welsyns- en ander openbare instellings gemaak het. Werkers het by nasionale vakbonde soos die
American Federation of Labor (A.F.L., 1886) en die Industrial Workers of the World (I.W.W., 1905) begin
aansluit. Die vakbande het die misbruik van ekonomiese mag en uitbuiting met jaarliks sowat 1 000
stakings teengewerk, terwyl die federale regering ook begin het om uitbuiting en monopolie met
wetgewing te beperk.

President Theodore Roosevelt (1901–1909) het met die hervorming van die administrasie en
spoorwegtariewe begin; president William Howard Taft (1909–1913) het wette teen ekonomiese
monopolieë ingestel; en president Woodrow Wilson het met sy politieke agenda van "Nuwe Vryheid"
beskermende maatreëls opgehef, progressiewe belastingtariewe ingevoer en die invloed van kartelle
verder beperk.

Toetrede tot die wêreldpolitiekWysig

Die bou van die Panamakanaal

Die Amerikaanse buitelandse beleid is sedert die middel van die 19de eeu dikwels sterk deur
ekonomiese en finansiële krisisse beïnvloed. Die internasionale optrede as 'n nuwe grootmoondheid is
vanweë die negatiewe gesindheid van die openbare mening as 'n morele verpligting teenoor ander
nasies omskryf en was dikwels op ekonomiese invloed en druk gebaseer. Dit het gevolglik ook as "dollar-
imperialisme" bekend gestaan.[13]

Gedurende die Kubaanse opstand teen die Spaanse koloniale bewind, wat deur talle Amerikaanse
vrywilligers ondersteun is, het die Amerikaanse Pulitzer- en Hearst-pers die openbare mening suksesvol
begin beïnvloed. Die sogenaamde "Maine-insident" – die ontploffing van 'n Amerikaanse oorlogskip in
die hawe van die Kubaanse hoofstad Habana – is as 'n voorwendsel gebruik om Amerika se toetrede tot
die konflik aan te wakker. Die Verenigde State het in 1898 oorlog teen Spanje verklaar en Kuba beset. In
die vredesooreenkoms van Parys het Spanje Puerto Rico en Guam aan die Verenigde State afgestaan.

Die geskil tussen Amerikaanse imperialiste en hul teenstanders – onder wie die Duits-gebore Carl Schurz
– het verskerp toe die Amerikaanse buitelandse beleid op die Filippyne en Hawaii begin fokus het.
President McKinley het aanvanklik geskroom om hierdie gebiede te annekseer, maar uiteindelik
ingestem nadat Japan, Rusland en die Duitse Keiserryk daarvan beskuldig is dat hulle soortgelyke planne
sou hê.[13] In teenstelling met McKinsey was sy opvolgers Theodore Roosevelt, Taft en Woodrow
Wilson voorstanders van 'n imperiale buitelandse beleid.

Die Amerikaanse beleid teenoor Sentraal- en Suid-Amerika was vervolgens daarop gemik om
Amerikaanse beleggings te beskerm. Sakebelange in hierdie gebiede is geleidelik tot finansiële
protektorate uitgebou om veral Europese mededingers uit te skakel ("Big-stick-beleid"). Die VSA het
steeds met ingryping gedreig wanneer hul invloed bevraagteken of bedreig is, en die Panamerikaanse
Konferensies, wat sedert 1889 gehou is, was eweneens daarop gemik om die VSA se oorheersende
invloed in Latyns-Amerika te verseker. In 1910 is die Panamerikaanse Unie gestig.

As gevolg van die geskil oor die Pasifiese eilandgroep Samoa in 1889 het die oorspronklik goeie
betrekkinge, wat met die Duitse Ryk bestaan het, begin verswak. Samoa is in 1899 in 'n Duitse en 'n
Amerikaanse kolonie verdeel. Duitsers en Amerikaners was daarnaas ook strawwe mededingers op die
wêreldmark. Die betrekkinge met Rusland het verswak nadat die Verenigde State hul invloed in Oos-Asië
begin verstewig het.

Die Amerikaanse betrekkinge met Groot-Brittanje het daarenteen verbeter. Die Britte het in 1901
ingestem om die omstrede bou van die Panamakanaal aan die Amerikaners oor te dra en in 1903 'n
oplossing vir die Alaskaanse grensgeskil tussen die VSA en Kanada onderteken.

In 1910 het die VSA 'n rewolusie in Panama aangewakker om die land se onafhanklikheid van Colombia
te bevorder. Vier jaar later is die Panamakanaal ingewy.

Die Eerste WêreldoorlogWysig

Die hoofartikel vir hierdie afdeling is: Eerste Wêreldoorlog.

Woodrow Wilson, Amerikaanse president in die periode tussen 1913 en 1921

Die bewaring van die wêreldvrede het 'n sentrale rol in die Amerikaanse buitelandse beleid gespeel,
soos byvoorbeeld uit die land se deelname aan die Haagse Konferensies geblyk het. Toe die Eerste
Wêreldoorlog in Europa uitgebreek het, het president Woodrow Wilson (1913–1921) aanvanklik sy
neutrale houding volgehou en sy herverkiesing in 1916 met 'n politieke program verseker waarin sy
vredesbeleid bevestig is.

In die praktyk was die Amerikaners nogtans simpatiek teenoor die geallieerde magte, veral die
Verenigde Koninkryk en Frankryk, en alhoewel die Britte net soos die Duitse Ryk die Amerikaanse
neutraliteit op see nie eerbiedig het nie, is aanvalle deur Duitse duikbote as 'n ernstiger bedreiging
beskou. In reaksie op die Duitse aankondiging van 'n "totale duikbootoorlog" het die VSA in Februarie
1917 hul diplomatieke bande met Berlyn verbreek. Die politieke spanning tussen die twee lande het
verder toegeneem nadat die Britse regering 'n Duitse telegram van 19 Januarie 1917 gepubliseer het
waarin Berlyn probeer het om Meksiko tot 'n toetreding tot die oorlog te oorreed. Op 6 April 1917 het
die VSA openlik die geallieerdes se kant gekies en tot die oorlog toegetree. Hierdie besluit het danksy
die VSA se groot mannekrag en sy vermoë om vir enorme hoeveelhede oorlogsmateriaal te sorg 'n
beslissende wending in die oorlog veroorsaak.

Met sy beroemde Veertien Punte, 'n visie van vreedsame naasbestaan en demokrasie in Europa (daar
was selfs sprake van 'n "demokratiese wêreldrewolusie" as Amerika se hoofoorlogsdoelwit), het
president Wilson 'n belangrike bydrae gelewer om 'n wapenstilstand met die Duitse Ryk te bereik. Maar
uiteindelik is die verwagtings, wat hy in Europa gewek het, nie vervul nie, en gedurende die Paryse
Vredeskonferensie, wat ná die oorlog gehou is, het die Europese geallieerdes Frankryk en Engeland alle
pogings om Wilson se voorstelle ten volle te implementeer gedwarsboom: Die Europese Entente se
oorlogsdoelwitte was al vooraf in geheime ooreenkomste vasgelê.[14]

In die VSA het isolasionistiese neigings toegeneem. Die Amerikaanse deelname aan die Volkebond, 'n
integrale deel van die Verdrag van Versailles, is deur senatore soos William E. Borah en ander
"onversoenbares" ernstig bevraagteken. Die meerderheid van Republikeinse senatore onder leiding van
Henry Cabot Lodge het op wysigings aangedring wat die soewereiniteit van die VSA sou bekragtig, en
uiteindelik is Wilson se voorstelle verwerp. Die VSA se besluit om nie 'n lidstaat van die Volkebond te
word nie, het die organisasie van die begin af verswak.

Die Verenigde State het wél 'n beduidende rol by die konferensies oor ontwapening op see en die
totstandkoming van die Kellogg-Briand-ooreenkoms gespeel wat oorlogvoering verdoem het, maar oor
die algemeen het isolasionistiese gevoelens die buitelandse beleid oorheers. Die land het min belang
gestel in internasionale belange, 'n neiging wat in sy nasionalistiese ekonomiese beleid – soos die
geforseerde terugbetaling van oorlogskuldlaste deur Europese lande en wetgewing ten gunste van
diskriminerende invoertariewe soos dié van Hawley-Smoot – weerspieël is.

Die periode tussen 1919 en 1929: Red Scare en Big BusinessWysig

Prohibisie-agente, besig om vate met alkohol te vernietig (Chicago 1921)

Red Scare: Come unto me, ye opprest... 'n Europese anargis is besig om die Vryheidstandbeeld in New
York in die lug te blaas. Spotprent uit die jaar 1919

Die beleid van die Republikeinse presidente Warren G. Harding (1921–1923) en Calvin Coolidge (1923–
1929) was veral 'n reaksie op die Demokratiese bewind van Wilson en sy moralistiese
hervormingsbeweging ("Progressive Movement") wat deur die Republikeinse Party verwerp is en
daarnaas ook gekenmerk deur isolasionisme ten opsigte van die buitelandse beleid (die VSA-regering
was teleurgesteld oor die uitkoms van die Vredesverdrag van Versailles) en 'n maatskaplike konflik
tussen die plattelandse, merendeels Angelsaksies-Protestantse bevolking en die moderne industrieel-
stedelike bevolking met intellektueles, tegnici en wetenskaplikes as sy vernaamste
verteenwoordigers.[15]

Grootskaalse stakings, bomaanvalle en politieke geweldpleging het daarnaas net soos die rewolusionêre
gebeure in Europese lande soos Rusland 'n algemene vrees vir 'n radikale omwenteling in die VSA ("Red
scare") aangewakker en tot deursoekings, aanhoudings en deportasies van verdagte elemente gelei. Op
ekonomiese gebied was die Republikeinse presidente geneig om so min moontlik by sake in te gryp,
alhoewel korrupsieskandale nou 'n brandende kwessie geword het.

Die ekonomiese en politieke ontwikkeling is sodoende oorheers deur die sogenaamde Big Business, met
die miljoenêr Andrew W. Mellon, wat tussen 1921 en 1932 die amp van Minister van Finansies beklee
het, as sy hoofverteenwoordiger. Mellon het die regering se ekonomiese aktiwiteite beperk en met sy
belastingbeleid veral welvarendes bevoordeel. Die stroom immigrante is in 1921 en 1924 drasties
beperk met wetgewing, wat onder die invloed van "Nordiese" rasteorieë geformuleer is.

In 1920 is 'n algemene verbod op alkohol geplaas wat eers op 5 Desember 1933 opgehef is. Die
Amerikaanse bevolking was oor hierdie wetgewing verdeeld in twee kampe, die "droës" en die "nattes",
terwyl die verbod smokkelary, die ontstaan van kriminele bendes en wetteloosheid bevorder het. Die
geheimbond Ku-Klux-Klan, wat in 1915 gestig is, het in 1924 met 'n nasionale ledetal van sowat vyf
miljoen mense tot 'n invloedryke beweging ontwikkel wat veral tussen 1924 en 1926 onder die vaandel
van "morele waardes" openlik opgetree het teen Swart burgers, Rooms-Katolieke, Jode, intellektueles
en teenstanders van die prohibisie-wetgewing, die sogenaamde "nattes".

Die tradisionele Republikeinse proteksionisme het sy uitdrukking in die doeanewette van die jare 1921,
1922 en 1930 gevind. Terwyl die Amerikaanse boere min politieke aandag gekry het, en as gevolg van
landbou-oorproduksie en grootskaalse erosie op die Groot Vlaktes ("Dust bowl") onder 'n skuldlas gebuk
gegaan het, het die industriële sektor 'n groot opswaai beleef. Die produksie is danksy nuwe
werkprosesse en tegnologieë soos die lopende monteerband aansienlik vergroot tot
massavervaardiging. Die Amerikaanse nywerheidsektor het sy produksie van onder meer
verbruiksgoedere, boumateriale en motors sodoende tussen 1921 en 1929 verdubbel – die aantal
motors in 'n jaar vervaardig het tussen 1913 en 1929 van 15 tot 29 miljoen gestyg. Die ekonomiese
opbloei het met 'n groot konsentrasie gepaardgaan, en veral sektore soos motors, banke,
verbruiksgoedere en kleinhandel is deur 'n klein aantal maatskappye oorheers.

Die ekonomiese ontwikkeling het ook die tradisionele rol van vroue in die maatskappy ingrypend
verander. Danksy die nuwe beginsel van gelyke regte vir mans en vroue is vrouestemreg reeds in 1920
ingevoer. Vroue het daarnaas 'n steeds belangriker rol op die arbeidsmark begin speel waar die aantal
aktiewe vroue tussen 1914 en 1930 van twee tot tien miljoen aangegroei het.

Die Groot Depressie tussen 1929 en 1932Wysig

Die vroeë stadium van die Groot Depressie was onder meer deur 'n krisis in die banksektor gekenmerk:
Klante staan tou voor New York se American Union Bank-gebou
In die periode tussen 1929 en 1933 het die Republikein Herbert C. Hoover (1874–1964) die
presidentsamp beklee, maar nog in sy eerste ampsjaar het 'n wanbalans op die Amerikaanse
kredietmark tot die grootste finansiële krisis van die 20ste eeu gelei.

Die ineenstorting van die New Yorkse effektebeurs tussen 23 en 29 Oktober 1929 (25 Oktober het later
as die "Swart Vrydag" bekend gestaan) het aan die begin van die Groot Depressie gestaan.
Nywerheidseffekte het tussen 1929 en 1932 van 452 tot slegs 58 punte gedaal, terwyl die
nywerheidsproduksie in dieselfde periode met 54 persent gekrimp het.

Die sakewêreld het min belang in Hoover se politieke en ekonomiese maatreëls gestel. Die
landbousektor was deur groeiende voorrade katoen en graan gekenmerk, terwyl die
landbouoppervlakte gekrimp het. Die regering het invoertariewe verhoog en die Reconstruction Finance
Corporation (RFC) as teengewig teen die bankesektor se deflasionistiese beleid gestig. Uiteindelik is die
RFC nogtans net misbruik om groot bankmaatskappye te konsolideer. Die ekonomiese krisis is sodoende
nie doeltreffend hanteer nie en was ook nie meer tot die VSA beperk nie: ook in Europa het die
internasionale betalingsverkeer ineengestort. In die VSA het die aantal werkloses tot vyftien miljoen
toegeneem – in 'n tydperk toe daar nog geen noemenswaardige werkloosheidsuitkerings beskikbaar
was nie.

Belangrike prestasies van Hoover se buitelandse beleid was die Vlootkonferensie, wat tussen Januarie
en Februarie 1930 met die VSA, die Verenigde Koninkryk, Japan, Frankryk en Italië as deelnemers in
Londen gehou is en die aantal nuwe duikbote beperk en die bou van nuwe oorlogskepe tot in die jaar
1936 uitgestel het. Op 20 Junie 1931 het die Amerikaanse regering die sogenaamde Hoover-moratorium
op Europese regerings se oorlogskuldlaste in die VSA afgekondig.

Die Roosevelt-era (1933–1945)Wysig

Sommige van die WPA se programme het ook die opleiding van volwassenes behels

President Roosevelt onderteken die wet oor die Tennessee Valley Authority (TVA) (1933)

Die Amerikaanse oorlogskip USS Arizona sink ná die Japannese lugaanval op die vlootbasis Pearl Harbor
(deelstaat Hawaii) in Desember 1941

President Franklin D. Roosevelt (1882–1945) het as gevolg van die ekonomiese krisis 'n nasionale
noodtoestand verklaar en met omvangryke hervormings begin. Die maatreëls van sy New Deal (letterlik
"herverdeling van speelkaarte") is deur 'n span wetenskaplike medewerkers (die sogenaamde brain
trust) beplan, tog is die beginsels van 'n vryemarkekonomie nie aangetas nie.

Die eerste "Honderd Dae" van die New Deal tussen 9 Maart en 16 Junie 1933 was daarop gemik om die
ergste nood te verlig en ekonomiese herstel te bevorder. Handelsbanke is gesluit, en slegs finansiële
instellings wat by die Federal Reserve System aangesluit het (75 persent van alle banke) en as
ekonomies gesond geag is, is toestemming verleen om te heropen. Die regering het die uitvoer van en
bevoorrading met buitelandse valuta en goud summier verbied, terwyl die Amerikaanse dollar met tot
50 persent gedevalueer is. Nuwe wette is afgekondig om die enorme skuldlas van boere en huiseienaars
te verlig.

Die kernpunte van die New Deal-beleid was:

die hervorming van die landboubedryf volgens die Agricultural Adjustment Act (AAA) – boere kon
premies verdien sodra hulle die produksie van hooflandbougoedere soos katoen en tabak verminder
het;

die Tennessee Valley Authority (TVA) onder leiding van David E. Lilienthal met sy ambisieuse
streekplan wat die bou van waterkragsentrales en nywerheidskomplekse, die wysiging van rivierlope en
bou van besproeiingskanale en die bestryding van erosie deur middel van bosaanplanting behels het; en

die heropbou van die nywerheidsektor volgens die National Industrial Recovery Act (NIRA) waarby die
regering die belange van sowel werkgewers (soos byvoorbeeld beperkings op produksie) asook
werknemers (bepaling van maksimum-werkure en minimumlone) behartig het (hierdie maatreëls is in
1935 as onversoenbaar met die Amerikaanse grondwet verklaar en nie meer verleng nie). Daarnaas is 'n
vrywillige arbeidsdiens (Civilian Conservation Corps, CCC) daargestel.

Die tweede fase van die New Deal het in 1935 begin en was veral daarop gemik om die posisie van
werkers en boere te versterk, maar ook om teenstanders van die beleid uit te skakel (waarvan sommige
vir meer radikale maatreëls gepleit het). Grootskaalse openbare bouprojekte van die Works Progress
Administration (WPA) onder leiding van H.L. Hopkins (1890–1946) het die werkloosheidsyfer aansienlik
verminder. Die betrekkinge tussen werkgewers en werknemers is deur die National Labor Relations Act
gereël. Volgens die nuwe wetgewing is 'n administrasie in die lewe geroep wat oor dié betrekkinge
toesig gehou en geskille besleg het. Werkers het die reg gehad om hul eie organisasies te stig,
onderhandelinge met werkgewers te voer en om te staak.

Met die Social Security Act is staatsfondse vir werkloses, invalides, afgetrede persone en weduwees en
weeskinders in die lewe geroep, terwyl ander wette die bou van wonings bevorder asook veilige en
gesonde werksomstandighede vir werknemers verseker het.
Met sy eerste herverkiesing as president in November 1936 het Roosevelt die hervorming van die
Hoogste Federale Geregshof in die Judiciary Reorganization Bill probeer aanpak en ook pogings
onderneem om opponente in sy eie Demokratiese Party uit te skakel. As gevolg van hierdie beleid en die
ekonomiese resessie wat die VSA vanaf Augustus 1937 geleef het, het die Republikeinse Party in die
tussenverkiesings van November 1938 80 addisionele setels in die Huis van Verteenwoordigers en sewe
in die Senaat gewen.

Alhoewel president Roosevelt baie teenkanting van isolasioniste ontvang het (wat wél die VSA se
toetrede tot die Internasionale Arbeidsorganisasie in 1934 gesteun, maar in die volgende jaar die
Amerikaanse lidmaatskap in die Internasionale Geregshof teengestaan het), was sy buitelandse beleid
op internasionale samewerking gebaseer. In reaksie op Japan se ekspansionistiese beleid in Oos-Asië is
diplomatieke betrekkinge met die Sowjetunie in 1934 herstel. In plaas van regstreekse ingryping in
Latyns-Amerika is Sentraal- en Suid-Amerikaanse state nou as goeie bure beskou. Die VSA het nie meer
aanspraak op hulle voorregte in Kuba en hulle protektoraat oor Haïti gemaak nie. Tydens die VIIIste
Panamerikaanse Konferensie in Lima in 1938 is die Amerikaanse solidariteit bevestig. Aan die Filippyne is
nasionale onafhanklikheid binne 'n tydperk van tien jaar toegestaan.

Die Neutrality Act van 1935 het die VSA se neutraliteit verder beklemtoon en die verkoop en lewering
van wapens aan oorlogvoerende lande verbied, tog het nuwe wetgewing in 1937 die verkoop van
wapentuig teen kontant ook aan state moontlik gemaak wat by militêre konflikte betrokke was.
Roosevelt het daarop gewys dat die demokratiese wêreld in 'n bestaanstryd met diktatoriese state
gewikkel sou wees. Diktature sou die wêreld volgens hom met 'n "bewind van terreur en regteloosheid"
bedreig. In sy sogenaamde "Kwarantyn-toespraak" in Chicago op 5 Oktober 1937 het Roosevelt
beklemtoon dat neutraliteit teen die "epidemie van regteloosheid" nie meer moontlik sou wees nie.

Sedert die München-ooreenkoms van 1938 tussen Nazi-Duitsland en Westerse moondhede het die VSA
hul bewapening versnel en sy neutraliteitswetgewing ten gunste van nouer samewerking met die
Verenigde Koninkryk en sy geallieerdes aangepas. Roosevelt het ná sy tweede herverkiesing in 1940 die
Nasionale Verdedigingsraad gevorm en in Januarie 1941 die sogenaamde "Vier Vryhede" verkondig –
vryheid van spraak en mening, geloofsvryheid en vryheid van nood en vrees. Met die Land en Lease Act
van Maart 1941 is wapenverkope ook aan geallieerde magte sonder betaling gemagtig.

Ná die Japannese aanval op Pearl Harbor op 7 Desember 1941 was 'n meerderheid van die Amerikaanse
bevolking ten gunste van 'n Amerikaanse toetrede tot die Tweede Wêreldoorlog. Die Amerikaanse
oorlogsverklaring teen Japan op 8 Desember is deur Nazi-Duitsland en Italië op 12 Desember met 'n
oorlogsverklaring teen die VSA beantwoord. Amerikaanse weermaggetalle is van net twee tot twaalf
miljoen in 1946 aangevul, en die land het tussen 1940 en 1946 altesaam VS$ 370 miljard aan sy
oorlogvoering bestee.[16] Die Amerikaanse oorwinning was te danke aan deeglike beplanning, bestuur
en koördinasie van produksie, verbruik en navorsing asook die uitbreiding van landbouaktiwiteite.
President Roosevelt is in November 1944 vir nog 'n vierde ampstermyn verkies, maar hy is op 12 April
1945 oorlede.

Die Tweede WêreldoorlogWysig

Die hoofartikel vir hierdie afdeling is: Tweede Wêreldoorlog.

Die Geallieerde landings in Normandië, Junie 1944

Die "Groot Drie" tydens die konferensie in die Cecilienhof-kasteel te Potsdam, Duitsland, in Julie 1945:
v.l.n.r. die Britse eerste minister Winston Churchill, president Harry S. Truman en generaal Josef Stalin

Die moeilike internasionale politiek het grootliks bygedra tot Roosevelt se herverkiesing as president. In
die laat 1930's was dit duidelik dat die sogenaamde Spilmoondhede (Duitsland en Italië in Europa, Japan
in Oos-Asië) 'n steeds groter bedreiging vir die wêreldvrede sou vorm. Toe die oorloë in China en
Ethiopië en die burgeroorlog in Spanje uitgebreek het, was die Amerikaanse beleid nog daarop gemik
om die land se neutraliteit volgens die Neutrality Act-wetgewing te handhaaf. Selfs toe die aggressiewe
beleid van die Spilmoondhede teenoor sy buurlande in September 1939 tot oorlog in Europa gelei het,
het die Verenigde State – ondanks hul simpatie vir die geallieerde saak – alles in hul vermoë gedoen om
nie hierby betrokke te raak nie.

Eers met die val van Frankryk in Junie 1940 het die prentjie begin verander, en die Amerikaanse regering
het toe begin om openlik bystand aan die beleërde Verenigde Koninkryk te verleen. Vanaf Maart 1941 is
dringend benodigde militêre goedere op leen- en huurbasis aan die Britte en vanaf November van
daardie jaar ook aan die Russiese regering verskaf. Vanweë die militêre bedreiging het Amerika destyds
reeds tot selektiewe diensplig oorgegaan om sy gewapende magte te versterk. Met die Atlantic Charter
is nouer bande met die Verenigde Koninkryk gesmee.

In Asië het die Roosevelt-regering sterk teen Japan se aggressiewe beleid van verowering en die
skepping van 'n sogenaamde "Groot Oos-Asiatiese Welstandsfeer" te velde getrek. Ná die Japannese
verowering van Frans-Indo-China in Julie 1941, wat 'n militêre bedreiging vir die Filippyne ingehou het,
het die VSA-regering alle Japannese bates in die land bevries. Ondanks die gespanne betrekkinge tussen
Tokio en Washington was diplomatieke onderhandelinge nog aan die gang toe Japan op 7 Desember
1941 'n blitsaanval op die Amerikaanse Vlootbasis Pearl Harbor op Hawaii geloods het. Die Amerikaanse
regering het onmiddellik oorlog teen Japan verklaar. Vier dae later het Duitsland en Italië oorlog teen die
VSA verklaar.
Die Verenigde State het sy groot hulpbronne met sukses begin mobiliseer en 'n groot aantal nywerhede
in fabrieke vir wapentuig omskep, terwyl sy menslike hulpbronne – miljoene jong mans en vroue – die
vorming van 'n groot weermag moontlik gemaak het. Die stigting van talle regeringsagentskappe, wat
die vervaardiging en vervoer van militêre goedere en die beheer oor die land se gewapende magte
gekoördineer het, het 'n ongekende vlak van regeringsinmenging in Amerika se alledaagse lewe
saamgebring. Om inflasie en ander versteurings in die nasionale ekonomie te keer, is rantsoenering,
prysbeheer en ander maatreëls toegepas.

Die oorlog het die belangrikheid van Amerika se hulpbronne en sy status as 'n grootmoondheid op
wêreldvlak bevestig. Saam met die leiers van die Verenigde Koninkryk en die Sowjetunie, Winston
Churchill en Josef Stalin, het Roosevelt in 'n reeks spitsberade in Moskou, Casablanca, Kaïro, Teheran en
Jalta die geallieerde oorlogsbeleid en programme vir die tyd ná die oorwining oor die Spilmoondhede
vasgelê. Die Amerikaanse president was daarnaas een van die sleutelfigure by die beplanning van die
Verenigde Nasies as die nuwe wêreldorganisasie.

Ná Roosevelt se skielike afsterwe in April 1945 het Harry S. Truman hom opgevolg. Net een maand later
het die oorlog in Europa met Duitsland se kapitulasie op 7 Mei 1945 tot 'n einde gekom. Truman het na
Potsdam in Duitsland gereis waar tydens 'n konferensie in Julie en Augustus voorlopige reëlings vir die
administrasie van Europa getref is. Voor die kapitulasie van Japan het die VSA met die lugaanvalle op
Nagasaki en Hiroshima die vernietigende krag van kernwapens gedemonstreer. Japan het op 14
Augustus 1945 oorgegee. Met die amptelike ondertekening van sy kapitulasie op 2 September het die
oorlog finaal tot 'n einde gekom.

Tydvak ná die oorlog: 1945–1960Wysig

Hierdie strokiesverhaalalbum, wat in 1947 deur die Catechetical Guild Educational Society gepubliseer is,
waarsku teen die gevare van 'n kommunistiese magsoorname in Amerika

'n Advertensieplakkaat van 'n VSA-agentskap bevorder bewustheid van die Marshall-plan

Soldate beskerm swart leerders op pad na Little Rock Central High School, 'n voormalige "blanke"
hoërskool

Ná die einde van die oorlog was die Verenigde State 'n ekonomiese supermoondheid wat 50 persent tot
die wêreld se brutoproduk bygedra het.[17] Miljoene van oorlogsveterane het voordeel getrek uit 'n
nuwe wet wat hulle toegang tot 'n tersiêre kollege-opleiding verleen het. Belastingverlagings, hoë
korporatiewe winste en omvangryke beleggings het die basis gevorm vir die ontstaan van 'n welvarende
samelewing. Vir die meeste waarnemers – en die breë publiek – het hierdie affluent society regstreeks
voortgespruit uit die Amerikaanse model van 'n kapitalistiese ekonomie waarin vrye burgers hul lot selfs
kan bepaal. Amerika se ekonomiese suksesverhaal is in die openbare debatvoering daarnaas ook as
bewys vir die superioriteit van 'n vrye markekonomie bo die Sowjetunie se sentraal beplande stelsel
aangehaal.

Die aanvanklike monopolie op kernwapens het van die Verenigde State ook 'n eersterangse militêre
supermoondheid gemaak. Die Amerikaanse buitelandse beleid was nou daarop gemik om 'n nuwe
wêreldorde met die Verenigde Nasies (VN) se Atlantiese Verdrag as grondbeginsel in te lui. Tegelykertyd
het die vreedsame samewerking met die Sowjetunie tot 'n einde gekom – vanweë die toenemende
geskille met Moskou het die VSA-regering hom daarop toegespits om die kommunistiese invloed in die
wêreld te beperk. Met die Truman-doktrine van 1947 het die VSA aan alle lande, wat op militêre of
ekonomiese gebied deur ander moondhede bedreig sou word, Amerikaanse steun toegesê – 'n bewuste
wegkeer van die voor-oorlogse Amerikaanse isolasionisme en die 19de eeuse Monroe-doktrine.

So het die besluit om Amerikaanse hulp aan lande soos Griekeland en Turkye te verleen net soos die
Marshall-plan vir die heropbou van Europa, die Berlynse Lugbrug, die stigting van 'n Nasionale
Veiligheidsraad en die Noord-Amerikaanse Verdragsorganisasie (NAVO) uit hierdie nuwe buitelandse
beleid voortgespruit. Om die kommunistiese invloed in Asië te beperk, is in 1946 onafhanklikheid aan
die Filippyne verleen en in 1949 'n ekonomiese program vir die stabilisering van Japan in werking gestel.

Ná sy verkiesing het president Truman met sy sogenaamde Punt-vier-program die VSA se wêreldwye
verantwoordelikheid aanvaar. So het die VSA 'n leidende rol gespeel by die VN se militêre optrede teen
Noord-Korea tydens die Korea-krisis (1950–1953), alhoewel Washington sy politieke en militêre
doelwitte in Korea in die "Agt-punt-program" van 1950 doelbewus beperk het. In 'n radiotoespraak het
generaal Eisenhower daarop gewys dat die VSA besig was om 'n "kruistog vir vryheid" te voer.

Op militêre gebied het Washington 'n "nasionale noodtoestand" afgekondig, siende dat die Amerikaanse
ontwapening ná die oorlog in teenspraak met die nuwe beleid was. Die VSA-strydmagte is heropgebou
en uitgebrei om te verseker dat hulle 'n doelmatige militêre opsie sou kon uitoefen, indien nodig. Die
militêre ANZUS-verdrag met Australië en Nieu-Seeland en die vredesooreenkoms met Japan in 1951 het
die VSA se leidende rol in Asië bevestig.

Die terugdrywing van kommunisme was steeds een van die hoofbeginsels van die Amerikaanse
buitelandse beleid in die regeringstyd van president Dwight D. Eisenhower (1953–1961). Die ministers
van buitelandse sake, John Foster Dulles (1888–1859) en Chris Herter (1895–1966), het hierdie doelwit
met militêre ooreenkomste en finansiële hulp probeer bereik. Dulles het die Sowjetunie se voorgestelde
beleid van vreedsame naasbestaan tussen Moskou en die VSA aanvaar, maar bilaterale verhoudinge met
Kuba het nietemin versleg.
Die binnelandse beleid is deur politieke optrede teen vakbonde en linkse intellektueles oorheers. Met
die Taft-Hartley-wet van 1947, wat deur die president geveto is, is 'n verbod op verpligte lidmaatskap in
vakbonde geplaas (ondernemings, waarin alle personeel by 'n bepaalde vakbond moes aansluit, het as
closed shops bekend gestaan). Vakbonde is daarnaas die reg ontneem om politieke partye te
ondersteun, terwyl die president die reg gekry het om 'n moratorium (of sogenaamde "afkoelperiode")
op enige staking te plaas.

Ondanks die felle kritiek van konserwatiewe Republikeine en Demokrate uit die suidelike deelstate het
president Truman in 1949 met die sogenaamde Fair Deal 'n suksesvolle poging onderneem om die
ekonomiese vordering binne die New Deal-program te kon voortsit en die belang van die sosiale
komponent van die Amerikaanse ekonomiese stelsel te benadruk.

Met die val van Nasionale China en die Sowjetunie se vordering tot kernwapenmoondheid het die
besorgdheid oor die uitbreiding van kommunisme in die VSA histeriese afmetings aangeneem. Hofsake
teen die leierskap van die Amerikaanse Kommunistiese Party en bekende linkse intellektueles,
spioenasie-onthullings en senator Joseph McCarthy se veldtog teen beweerde anti-Amerikaanse
aktiwiteite het 'n klimaat van vrees geskep.

Die kwessie van gelyke regte vir die swart bevolking van veral die suidelike deelstate was in die vroeë
1950's steeds onopgelos. Dit was duidelik dat die beleid van rasseskeiding wat in die onderwys- en
openbare vervoerstelsel van die suide toegepas is, onaanvaarbaar was – veral met die oog op die goeie
ervaringe van Amerikaanse strydmagte met gemengde eenhede in die Korea-oorlog. Die eenparige
besluit van die Hoogste Federale Geregshof dat segregasie onwetlik was, is aanvanklik deur owerhede in
die suidelike deelstate geïgnoreer. Weens die uitbreek van rasonluste in suidelike stede – onder meer in
1957 in Little Rock in Arkansas – het die regering federale troepe ontplooi. In 1957 het Amerikaanse
Senaat met 72 teen 18 stemme die "Wet vir die beskerming van die kiesreg van Swartes" (Civil Bill of
Rights) aanvaar.

Die stryd om burgerregte en internasionale krisisse: 1961–1965Wysig

Die hoofartikel vir hierdie afdeling is: Rassisme in die Verenigde State.

Martin Luther King jr. tydens 'n Burgerregte-optog in Washington, D.C., in 1963

In sy toespraak op 11 Junie 1963 het president John F. Kennedy burgerregte vir alle Amerikaners bepleit
Met die oorwinning van die Demokratiese presidentskapskandidaat John F. Kennedy, wat in 1960 met
50,1 persent van die uitgebragte stemme tot president verkies is, is in die volgende jaar 'n nuwe
politieke styl in die Withuis ingebring – die Executive Office is tot 'n soort beplanningskantoor omgeskep
waar presidensiële raadgewers onder president Kennedy se voorsitterskap belangrike politieke besluite
geneem het. Opvallend was die benoeming van ervare deskundiges soos wetenskaplikes as raadgewers.

In die Kennedy-administrasie se begroting is heelwat groter bedrae aan ontwikkelingshulp,


ruimtevaartprogramme en verdediging bestee, terwyl industriële groei ter finansiering van hierdie
programme deur politieke maatreëls bevorder is. So het die president self voorstelle gemaak oor hoe
die Amerikaanse ekonomie se mededingendheid op internasionale vlak verbeter sou kon word.
Daarnaas is invoertariewe vir goedere uit die destydse Europese Ekonomiese Gemeenskap verlaag,
stakings en staalprysverhogings voorkom en die ekonomiese situasie van Amerikaanse boere verbeter.

Tydens die presidentskap van John F. Kennedy het die Koue Oorlog sy warmste oomblikke tydens die
Kubaanse krisis beleef waarin 'n atoomoorlog rakelings vermy is toe die Sowjetunie onder swaar druk
offensiewe kernmissiele uit Kuba teruggetrek het.

Viëtnamoorlog en studenteprotesteWysig

Die hoofartikel vir hierdie afdeling is: Viëtnamoorlog.

Slagogffers van die opspraakwekkende My Lai-menseslagting in 1968

Buzz Aldrin poseer op die maan op 21 Julie 1969

President Johnson was net soos sy voorgangers daarvan oortuig dat die uitbreiding van die
kommunistiese ideologie slegs deur militêre druk ingedam kon word. Toe in Augustus 1967 twee
Amerikaanse oorlogskepe deur Noord-Viëtnamese torpedobote aangeval is (die presiese
omstandighede van dié voorval is tot vandag toe onbekend), het Johnson die bevel gegee om Noord-
Viëtnamese vlootbasisse te bombardeer. Met die sogenaamde Golf van Tonkin-resolusie het die
Amerikaanse Kongres kort daarna 'n blanko-tjek vir enige militêre optrede teen Noord-Viëtnam aan
Johnson oorhandig.
Dié besluit, wat as hoogtepunt van die sogenaamde imperiale presidentskap met onbeperkte
bevoegdhede vir die staatshoof beskou word, het fatale gevolge vir die Amerikaanse beleid teenoor
Viëtnam ingehou. Johnson het nou self oor die Verenigde State se militêre optrede besluit en min
belang daarin gestel om die publiek oor die skaal van oorlogvoering in te lig. Die aantal Amerikaanse
soldate in Viëtnam is van slegs 23 000 in 1964 verhoog tot 475 000 in laat 1967.

Maar nòg grootskaalse offensiewe operasies nòg die mees gevorderde wapentegnologie kon die Noord-
Viëtnamese weerstand verbreek, ongeag alle optimistiese verslaggewing van Amerikaanse militêre
bevelhebbers.

Parallel met die burgerregtebeweging het Amerikaanse studente vanaf die vroeë 1960's protes
aangeteken teen die heersende politieke klimaat wat deur die Koue Oorlog met die Sowjetunie, die
oorlogvoering in Viëtnam en modernisties-tegnokratiese strominge oorheers is. Hierdie protesbeweging
het sy voorbeeld in die strategie van burgerlike ongehoorsaamheid gevind wat deur Gandhi en Martin
Luther King gevolg is. Nadat in 1967 besluit is om studente nie langer van nasionale diensplig vry te stel
nie, het die veldtog in Oktober van dié jaar 'n eerste groot hoogtepunt bereik toe meer as 100 000
mense voor die Pentagon betoog het.[18]

Die grootste studente-organisasie binne die breë protesbeweging was die Students for a Democratic
Society (SDS) met 'n ledetal van meer as 100 000 in die laat sestigerjare. Hul politieke aksies, soos die
openbare verbranding van oproepe tot diensplig en die organisasie van betogings ten gunste van Noord-
Viëtnam en Derde Wêreldlande se politieke doelwitte, is deur televisie-kanale gebeeldsaai en het die
aandag van miljoene Amerikaners getrek, net soos daaglikse verslae oor die stygende aantal
gesneuweldes wie se liggame terug na die VSA vervoer is. Tot en met 1969 het omstreeks 23 000
Amerikaanse soldate in Viëtnam gesneuwel.

Terwyl president Johnson die publiek verseker het dat 'n militêre oorwinning oor die korttermyn behaal
sou kon word, het die werklike gebeure sy geloofwaardigheid ondermyn. Gedurende hul sogenaamde
Tet-offensief het kommunistiese magte op 30 Januarie 1968 die Suid-Viëtnamese hoofstad Saigon
binnegedring en net voor die Amerikaanse ambassade te staan gekom.

Die Amerikaanse regering het vervolgens ingestem om in Parys regstreeks met Noord-Viëtnam te
onderhandel. In Maart 1968 het president Johnson aangekondig dat Amerikaanse lugaanvalle op Noord-
Viëtnamese teikens gestaak sou word en dat hy nie vir 'n verdere ampstermyn kandidaat sou staan nie.

Maatskaplike en ekonomiese krisis in die 1970'sWysig

Richard Nixon ontmoet Mao Zedong in 1972


In die sewentigerjare het die VSA gebuk gegaan onder moeilike ekonomiese omstandighede wat deur 'n
ongewone kombinasie van ekonomiese stilstand en versnelde inflasie, 'n verskynsel waarna as
"stagflasie" verwys is. Openbare vertroue in politiek is in 1974 deur die Watergate-skandaal en die
bedanking van president Richard Nixon geknou – die eerste – en tot nou toe enigste – ampsneerlegging
van 'n president in die geskiedenis van die Verenigde State, terwyl die internasionale politieke toneel
deur die opkoms van internasionale terrorisme oorheers is.

Nixon se opvolger Gerald Ford kon geen naam vir homself maak nie en in 1976 word Jimmy Carter tot
president verkies. Die VSA het 'n toenemede gebrek aan selfvertroue ervaar tydens die Ford en Carter
jare en die Misery-indeks, 'n aanduier van die ekonomiese toestand, het dié indruk beklemtoon. Kritici
van die VSA het hierdie tydperk gesien as 'n teken dat die VSA tanend was, met haar belange en ideale
verlore. In 1980 word daar 'n oud-Hollywoodakteur en Goewerneur van Kalifornië, Ronald Reagan tot
president verkies.

Rol as supermoondheid, 1980–1988Wysig

Margaret Thatcher en Ronald Reagan in 1986

President Reagan het aan die Amerikaanse volk sy selfvertroue terugbesorg. Die president, deur sy
teenstanders as 'n Cowboy voorgehou, het oor 'n ongetemperde optimisme en vertroue in die VSA
beskik, wat hy as 'n helderskynende stad op 'n heuweltop voorgehou het. Na 'n stadige begin het die
ekonomie sterk herstel danksy Reagan se belastingmaatreëls. Aan die negatiewe kant van sy beleid was
wel die begrotingstekort wat tot rekordhoogtes gestyg het.

In die buitelandse politiek was Reagan kragdadig en, volgens sy kritici, roekeloos. Hy was 'n stoere anti-
kommunis en het nie teruggedeins om harde taal teenoor die Sowjetunie te gebruik nie. Ook het hy die
wapenwedloop versnel om sodoende die Sowjetunie finansieel uit te put. Saam met sy geesgenoot en
goeie vriendin Margaret Thatcher, die premier van die Verenigde Koninkryk, het hy in gesprek getree
met die Sowjetleier Michail Gorbatsjof, wat in 1985 aan bewind gekom het.

Toe die Sowjetunie uiteindelik val en die Oosblok bevry word, groei die welvaart van die Verenigde State
tot ongekende hoogtes, net soos sy skuldlas en internasionale verpligtinge. Sosiale veranderinge volg
hierop, alhoewel langsamer as in die sestigerjare, terwyl die baby boomers die rewolusie voltooi.

Geskiedenis sedert 1988Wysig


'n Lockheed F-117 Nighthawk van die Amerikaanse Lugmag, soortgelyk aan dié tydens die Eerste Golf-
oorlog ontplooi

Ná die verbrokkeling van die Sowjetunie se magsgreep was die Verenigde State van hul grootste vyand
ontslae. Die nuwe tydperk wat aangebreek het, kan as 'n nuwe hoogtepunt in die Pax Americana gesien
word. Reagan se opvolger, George H. W. Bush, word gekonfronteer met 'n inval in Koeweit deur Saddam
Hussein uit Irak; die begin van die Golfoorlog van 1990–1991. In 1991 vind die Amerikaansgeleide
Operasie Desert Storm plaas, wat Irak uit Koeweit verdryf.

In 1992 het die Demokratiese presidentskandidaat Bill Clinton die verkiesing gewen. Met sy leuse It's the
economy, stupid slaag hy, met die histories laagste stempersentasie vir 'n wenkandidaat, naamlik 43%,
om president van die Verenigde State te word. Onder sy bewind sit die VSA-ekononomie die hoë groei
voort wat in die Reagan-era begin het. Ook die Europese ekonomie doen mee in hierdie groei.

Irak hou Clinton dikwels besig, en die konflikte in die Balkan en Somalië vereis die ontplooiing van
Amerikaanse troepe. Die betrokkenheid in die Balkan word veral buite die Verenigde Nasies gereël, by
name deur NAVO. Die Dayton-vredesooreenkoms bring 'n einde aan die konflik in Bosnië-Herzegowina,
maar spoedig is die VSA en NAVO in 'n konflik gewikkel teen Serwië oor Kosowo.

In 1996 wen Clinton weer die verkiesing. Sy leiersposisie het morele terugslae ondervind weens verskeie
skandale wat sy bewind geteister het. In 1999 word Clinton die tweede president ooit om aan 'n
afsettingsprosedure (verdagmaking) onderhewig te wees, nadat hy meineed sou gepleeg het in 'n saak
betreffende seksuele kontak met Monica Lewinsky, 'n leerlingpersoneellid in die Withuis. Clinton het
egter 'n skuldigbevinding in die Senaat vrygespring.

Terreuraanvalle op 11 September 2001Wysig

Die 11 September-aanval

In 2000 wen George W. Bush die presidentskap met 'n klein kiesersmeerderheid. Vroeg in sy eerste
termyn is die Verenigde State die skrik op die lyf gejaag deur die 11 September-terreuraanvalle, die
ernstigste sedert die Japannese aanval op Pearl Harbor in 1941. Die twee torings van die
Wêreldhandelsentrum in New York Stad, asook 'n deel van die Pentagon naby Washington, is verwoes
deur Islamitiese terroriste in gekaapte passasierstralers. 'n Vierde straler verongeluk in Pennsilvanië kort
nadat passasiers die kapers oorweldig. Die gevolg van hierdie aanval was Bush se sogenaamde "Oorlog
teen terrorisme". Teen einde 2001 het die Amerikaanse leër die Talibanregering van Afghanistan met
breë internasionale steun omvêrgewerp.
In 2003 val die VSA Irak binne tydens die Irakoorlog. Hy is hierin gesteun deur meer as 30 lande. Die rede
vir hierdie kleiner steun was die feit dat die Verenigde Nasies nie eenstemmigheid gehad het oor die
inval in Irak nie, sodat baie lande onbetrokke gebly het. Na vinnige welslae deur die Amerikaanse
troepe, was Bagdad onder Amerikaanse beheer. In Desember 2003 kon Amerikaanse troepe ook
Saddam Hussein gevange neem. Daar breek dan in Irak 'n groeiende teenstand uit wat baie lewens geëis
het. Intussen het fel internasionale kritiek oor die Amerikaanse optrede ontstaan.

Nadat Irak in 2005 weer formeel aan die Irakkese oorhandig is, blyk rustigheid vir 'n wyle te heers. 'n
Onderneming is gegee dat die Amerikaanse troepe in 2006 sou begin met 'n algehele onttrekking. Dit is
later weer uitgestel, veral as gevolg van voorslepende sektariese geweld. In 2007 word president Bush
se greep op die Iraksituasie bedreig deur die sogenaamde surge. Die aantal Amerikaanse troepe in Irak is
vinnig uitgebrei om sodoende die land groter stabiliteit te besorg, wat dan grotendeels verwesentlik is.

Ekonomiese krisisWysig

Barack Obama lê die ampseed af, beheer deur Hoofregter John G. Roberts Jr by die Capitol, 20 Januarie
2009

Hoofsetel van Lehman Brothers

Aan die einde van die Bush-era beleef die wêreldekonomie 'n skerp insinking, en diep resessie word 'n
realiteit. In die Verenigde State is rekordhoeveelhede geld gespandeer om die ekonomie te stimuleer. In
2008, tydens hierdie ekonomies woelige tyd, word in die presidentsverkiesing vir die eerste maal 'n
Afro-Amerikaner as president verkies, senator Barack Obama. By hierdie verkiesing behaal sy
partygenote van die Demokratiese Party ook oorwinnings in die Kongres en in plaaslike verkiesings.
Aanvanklik geniet Obama breë steun in beide die binne- as buiteland. Gaandeweg neem sy populariteit
in 2009 egter radikaal af, deels weens die aanneem van 'n wet in die Kongres wat die Amerikaanse
sorgstelsel hervorm, asook die steeds gedyende rekorduitgawes en nasionale skuldlas. Hierdie tanende
gewildheid is onderstreep deur enkele verkiesingsnederlae van die Demokrate in distrikte waar hulle
gewoonlik 'n groot meerderheid sou behaal. Daar ontstaan 'n konserwatiewe protesstroming wat as die
tee-party beweging bekend geword het. Ook onder onafhanklike kiesers het sy populariteit afgeneem.

Obama se presidentskap is internasionaal gekenmerk deur 'n meer gematigde beleid jeens tradisioneel
onvriendskaplike lande soos Rusland en Iran, benewens 'n toenadering tot Islamitiese lande en groepe,
terwyl daar egter 'n ongenaakbare houding teenoor bondgenote gehandhaaf word.

PolitiekWysig

Die Kapitol is die setel van die Kongres


Die Withuis is die setel van die President

Die Kongres se senaat

Barack Obama was die eerste Afro-Amerikaner wat die amp van president beklee het

Die Kongres se Huis van Verteenwoordigers

Die Verenigde State van Amerika is 'n grondwetgebaseerde federale republiek met 'n sterk
demokratiese tradisie. Elke vier jaar word daar 'n presidentsverkiesing gehou. Die president van die
Verenigde State word nie direk nie, maar wel deur stapsgewyse verkiesings aangewys. Dit behels die
volgende proses:

Eerstens word voorverkiesings gehou, waarby die presidensiële kandidate van elke party aangewys
moet word (daar is slegs twee partye van betekenis: die Republikeine en die Demokrate).

By die eintlike verkiesings word die stemme per staat getel. Elke staat beskik oor 'n getal kiesers in die
kieskollege wat op die inwonertal gebaseer is. Wie in 'n staat die meeste stemme verwerf, verkry in
beginsel ook al die kiesers van die staat; die beginsel van die distriktestelsel.

Wie oor die meeste kiesers beskik, wen die verkiesing en word president. Kiesers kan egter ook
aanstellings newens die president bepaal. In 1988 het 'n Demokratiese kieser byvoorbeeld nie vir
Michael Dukakis, die amptelike kandidaat, gestem nie, maar wel vir Lloyd Bentsen, die kandidaat vir
vise-president. In 1876, 1888 en 2000 het die kandidaat met die meeste stemme wel nié oor die
grootste getal kiesers beskik nie. 'n Verkose president kan tot twee termyne dien (agt jaar).

Die presidensiële kandidate kies reeds voor die verkiesing hul onderskeie running mates uit, wat as
visepresident beoog word.

Die huidige president van die Verenigde State van Amerika is Donald Trump. Hy is op 20 Januarie 2017
ingesweer as die eerste president sonder voorafgaande politieke of militêre loopbaan – en op 70 jaar
ook as die oudste Amerikaanse staatshoof ooit.
Die Kongres (US Congress) is die volksverteenwoordiging en bestaan uit die Senaat en die Huis van
Verteenwoordigers.

KultuurWysig

Die Hollywood-kenteken op die Hollywood-heuwels word beskou as 'n simbool van die Amerikaanse
rolprentbedryf, een van die oudste in die wêreld

Coca-Cola word as kulturele uitvoer van die VSA beskou

Hoewel algemeen beskou as verskillend van die Europese kultuur moet die Amerikaanse kultuur beskou
word as behorende tot die Westerse beskawing, net soos die dominante kulture van ander
immigrasielande soos Kanada, Australië en Nieu-Seeland. Die kulturele erfenis van die verskillende
groepe setlaars is gewoonlik nog duidelik herkenbaar in dit wat Europeërs en Latyns-Amerikaners nou as
"tipies Amerikaans" of "Anglo-Amerikaans" erken, al is dit wel omgeskakel. Dit blyk byvoorbeeld uit die
vele vorme van die Christendom wat in die Verenigde State van Amerika beoefen word: die teologiese
grondslae is dikwels herkenbaar in Engels, maar die Anglikaanse Kerk het met weinig van hierdie
genootskappe nog 'n band. Die Afro-Amerikaanse kultuur het veral in musiek en vermaak sy stempel op
die Amerikaanse erfenis afgedruk. Die kulturele indrukke wat deur die oorspronklike inwoners, die
Indiane, agtergelaat is, het later vergete en verwaarloos geraak. Vandag kom slegs in topografiese name
nog ou Indiaanse woorde voor.

Die Amerikaanse kultuur het 'n groot invloed op die res van die wêreld, veral die Westerse wêreld, nie
net deur TV en film nie, maar ook via literatuur en lewenstyl. Jeans, T-hemde en bofbalpette is almal van
Amerikaanse oorsprong. Popmusiek uit die VSA word oor die hele wêreld gehoor; dit is grotendeels
gebaseer op musiekvorme van country en western, blues en jazz. Heelwat groot musici en belangrike
orkeste in die Westerse klassieke musiek is of was in die VSA gevestig. Daar is wêreldwyd herkenbare
ikone van die Amerikaanse populêre kultuur: Walt Disney, John Wayne, Elvis Presley en Marilyn
Monroe. Onlangse voorbeelde is Madonna en Michael Jackson. New York Stad word gesien as 'n
sentrum van opera en instrumentale musiek en het die befaamde Broadway-teaterdistrik waar onder
andere vele musiekblyspele te sien is.

New York Stad en San Francisco is die wêreldwye leiers in grafiese ontwerp en New York Stad en Los
Angeles kompeteer met die Europese modesentra van Londen, Parys en Milaan in die modebedryf.
Amerikaanse rolprente (hoofsaaklik in Hollywood geskiet) en televisieprogramme is in groot dele van die
wêreld te sien. Filmindustrieë in ander wêrelddele verbind hulself aan Hollywood deur 'n klankverwante
naam aan te neem, soos Bollywood in Moembaai en Nollywood in Nigerië. Amerikaanse
kitskosrestaurante, waarvoor daar graag "franchises" toegestaan word, het wêreldwyd soos
paddastoele opgeskiet. Hierby moet opgemerk word dat Amerikaanse kapitaalintensiewe
kultuurprodukte, via sterk mediablootstelling, die voordeel van 'n enorme binnelandse mark geniet in
vergelyking met ander wêrelddele. Hulle kan dus, indien hulle in Amerika suksesvol was, vir
mededingende pryse wêreldwyd versprei word.

DemografieWysig

Etnografiese kaart van die Verenigde State van Amerika volgens die Sensus van 2000

Die Verenigde State se Sensusburo het die VSA se bevolking in Julie 2010 op 309 850 000 beraam, onder
wie sowat 12 miljoen onwettige immigrante. Volgens die sensus van 2000 was daar 281,4 miljoen
Amerikaners, waarvan 75,1 persent Blankes, 12,5 persent Hispanics (mense van Latyns-Amerikaanse
afkoms), 12,3 persent Swartes, 0,9 persent Indiane, Inoeït en Aleoete, en 8 persent van ander afkoms.
Die meeste Blankes is van Duitse, Ierse en Britse afkoms.

Die jaarlikse bevolkingsgroei van 0,8 persent is tans hoër as dié van die Europese Unie met 0,16 persent.
In 2006 het 1,27 miljoen wettige immigrante (veral uit Meksiko, China, Indië en die Filippyne) 'n
verblyfpermit gekry, en die VSA is tans die enigste nywerheidsland waar daar ook in die toekoms 'n
aansienlike bevolkingsaanwas verwag word.

Volgens die Sensusburo was in 2001 50,9 miljoene Amerikaners Rooms-Katolieke, 33,8 miljoen Baptiste,
2,8 miljoen Mormone, 72,0 lede van ander Christelike kerke en groeperings, 2,8 miljoen Jode, 1,1
miljoen Moslems, 0,8 miljoen Hindoes, 3 miljoen aanhangers van ander religies en godsdienste, en 11,2
miljoen het geen inligting verstrek nie.

EkonomieWysig

Algemene oorsigWysig

Die New Yorkse Effektebeurs (New York Stock Exchange, NYSE) in Wall Street

Die Verenigde State se status as die magtigste ekonomie ter wêreld (wat 'n vyfde van die
wêreldinkomste verteenwordig) is gegrond op die groot oppervlakte van die land, sy rykdom aan
grondstowwe, die groot binnelandse mark met meer as 300 miljoen verbruikers en 'n ekonomiese
stelsel wat op die beginsels van private besit en inisiatief asook vrye handel baseer. Die VSA se bruto
geografiese produk (BGP) het in 2006 VSA-$ 13 195 miljard beloop.[19] Die tersiêre of dienstesektor se
bydrae tot die BGP het in 2006 sowat 79 persent beloop, dié van die nywerheidsektor 20 persent en dié
van die landbou 1 persent.
Die ekonomie van die Verenigde State word oor die algemeen gekenmerk deur konstante groei, lae
werkloosheid en inflasie, 'n groot begrotingstekort en vinnige vooruitgang in tegnologie. Sy ekonomie
word beskou as die belangrikste in die wêreld. Verskeie ander lande se geldeenhede is gekoppel aan die
dollar, of gebruik dit as geldeenheid. Die V.S. effektebeurs word beskou as 'n aanduiding van die
wêreldekonomie.

Die land het ryk minerale hulpbronne, met heelwat goud, ruolie, steenkool en uraan. In landbou is die
V.S.A. een van die vernaamste verskaffers van mielies, koring, suiker en tabak. Die V.S.A. vervaardig
motors, vliegtuie en elektronika. Die grootste sektor is die dienssektor waarin omtrent 'n driekwart van
die V.S. se inwoners werk.

Die grootste handelsvennoot van die Verenigde State is sy noordelike buurstaat Kanada. Ander
belangrike handelsvennote is Meksiko, die Europese Unie en ander industriële lande in Asië, soos Japan,
Indië, Suid-Korea en die Volksrepubliek China. Die Verenigde State se buitelandse handel word deur 'n
chroniese handelstekort gekenmerk. In 2006 het die VSA goedere ter waarde van VSA-$ 1 037 miljard
uitgevoer, terwyl die invoere $ 1 919 miljard beloop het.

Die hoofsaaklike uitvoere is motorvoertuie en -onderdele (14 persent), mineraliese brandstowwe (12
persent), rekenaars en rekenaarkomponente (8 persent), masjiene (6 persent), telekommunikasie-
toerusting (3 persent), chemiese produkte (3 persent) en oudiovisuele tegnologie (3 persent).

Invloed op die wêreldekonomieWysig

Die eksklusiewe ekonomiese sone van die Verenigde State en sy oorsese gebiede

Die Verenigde State is verreweg die grootste ekonomie en ook die grootste invoerder ter wêreld – 14
persent van alle produkte, wat wêreldwyd verhandel word, word na die VSA uitgevoer. Deskundiges
verskil oor die land se rol in die huidige wêreldekonomie. Terwyl die land in die 1990's die langste
ekonomiese groeifase in sy geskiedenis ervaar het en in die vroeë 21ste eeu steeds die tweede grootste
binnemark na die Europese Unie vorm asook 'n kwart van die wêreld se totale produksie oplewer,
verwys kritici na die groot handelstekort wat onder meer deur stygende loonkoste en die Amerikaanse
nywerheidsektor se laer mededingendheid op internasionale markte veroorsaak word. In 2018 het die
handelstekort met $621 miljard die hoogste vlak in tien jaar bereik. Gaandeweg het die land ook sy rol
as tegnologiese leier kwytgeraak en word hoëtegnologieprodukte soos rekenaars al lank in die buiteland
vervaardig.

Land BBP in 2007 in miljarde VSA-$

Verenigde State 13 808

Japan 4 382
VR China 3 380

Duitsland 3 321

Verenigde Koninkryk 2 804

Frankryk 2 594

Ekonomiese krisisWysig

In Oktober 2011 was 9 persent van die ekonomies aktiewe bevolking werkloos[20] – ondanks die feit dat
die Amerikaanse ekonomie sy groeikoers ná die finansiële krisis van 2008/09 hervat het.

Terwyl Amerikaanse politici veral die Volksrepubliek China daarvan beskuldig dat dit sy geldeenheid, die
renminbi, onderwaardeer, word dit duidelik dat die VSA op baie terreine nie meer met ander
nywerheidslande kan meeding nie. Die agteruitgang van die Amerikaanse motornywerheid is
simptomaties van hierdie ontwikkeling. Deskundiges wys daarop dat die land meer in sy infrastruktuur
en onderwysstelsel moet belê.[21]

HerindustrialiseringWysig

New York Stad, die finansiële sentrum van die Verenigde State van Amerika.[22]

Lande wat met die Verenigde State van Amerika vryhandelsverdrae gesluit het:

Verenigde State van Amerika

Vryhandelsverdrae

In 2012 het die Internasionale Energieagentskap 'n studie gepubliseer waarvolgens die Verenigde State,
tans nog een van die wêreld se grootste energie-invoerders, in die nabye toekoms tot een van die
grootste uitvoerders van ru-olie en aardgas sal kan ontwikkel. Nuwe boortegnologieë sal die ontginning
van olie- en gasreserwes moontlik maak wat tot dusver as nie-konvensioneel geklassifiseer is, soos dié
wat in skalie voorkom.

Laer energiepryse – in 2012 het gaspryse in die VSA net 'n vyfde van dié in Europa en 'n agtste van dié in
Asië beloop – sal die land meer aantreklik vir energie-intensiewe bedrywe maak sodat die VSA moontlik
op die drempel van 'n nuwe ekonomiese groeifase en herindustrialisering staan.[23]
In die ooste van die VSA het innovatiewe nywerheidsones begin ontwikkel wat op hoëtegnologie steun
soos die Route 128 Corridor wat – danksy die invloed van die Massachusetts Institute of Technology
(MIT) in Cambridge vanaf die middel van die 1970's langs die Route 128-snelweg oos van Boston gegroei
het. Hier word veral sagteware en biotegnologieprodukte ontwikkel. Naby Washington, DC het
anderkant die Potomacrivier in Noord-Virginië die sogenaamde Dulles Technology Corridor rondom
kommuniukasiereuse soos MCI en America Online (AOL) ontwikkel. Hier is baie van meer as 12 000
hoëtegnologie-ondernemings in die metropolitaanse gebied van die Amerikaanse hoofstad saamgetrek.
Veral ondernemings wat hulle op die ontwikkeling van databanke en kommunikasienetwerke toespits,
kon hier danksy die ekonomiese invloed van die Amerikaanse Departement van Verdediging floreer.

In die uiterste suide strek die Florida High Tech Corridor, wat rondom die Universiteit van Suid-Florida en
die Universiteit van Sentraal-Florida gegroei het, vanaf Tampabaai in die weste oor die metropolitaanse
gebied van Orlando tot by die sogenaamde Space Coast aan die deelstaat se Atlantiese kus. Hier is meer
as 4 000 ondernemings uit die ruimte- en lugvaartbedryf saamgetrek.

SportWysig

Die Verenigde State se nasionale sokkerspan in 2013

Die Verenigde State se nasionale sewesrugbyspan in 2014

Die Verenigde State se nasionale krieketspan in 2017

Indianapolis Motor Speedway, waar die Verenigde State Grand Prix plaasgevind het tot en met 2007.
Sedert 2012 word die Verenigde State Grand Prix by Circuit of the Americas in Austin, Texas aangebied

Bofbal[24][25][26] en Amerikaanse voetbal[27] word as nasionale sporte van die Verenigde State
beskou en geniet die grootste aandag. Die National Football League (NFL) het die hoogste gemiddelde
bywoning van enige sportliga in die wêreld en die Super Bowl word wêreldwyd deur miljoene gekyk. In
bofbal vorm die Major League Baseball (MLB) die hoogste liga. Basketbal en yshokkie is die land se
volgende twee voorste professionele spansporte, met die National Basketball Association (NBA) en die
National Hockey League (NHL) as hoogste ligas. Hierdie vier groot sporte, wanneer hulle professioneel
gespeel word, beslaan elke jaar 'n seisoen op verskillende maar oorvleuelende tye van die jaar.
Sokker het in onlangse jare baie gewild geword en die Verenigde State het die FIFA Sokker-
Wêreldbekertoernooi in 1994 gehuisves. Daar is sowat 13 miljoen mense wat gereeld sokker beoefen,
wat van dié sport die derde belangrikste sportsoort maak wat beoefen word, meer nog as yshokkie en
Amerikaanse voetbal. Die Verenigde State se nasionale sokkerspan het tot dusver aan tien FIFA Sokker-
Wêreldbeker deelgeneem, met hul beste prestasie tydens die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1930
(derde plek). Aan die CONCACAF Kampioenskap & Goue-beker het die VSA 17 keer deelgeneem en die
toernooi ses keer gewen (1991, 2002, 2005, 2007, 2013 en 2017). Die Suid-Amerikaanse CONMEBOL het
die VSA vir vier Copa Américas uitgenooi en hulle het twee keer op die vierde plek geëindig (in 1995 en
2016). Vir die FIFA se Sokker-Konfederasiebeker kon die VSA tot dusver vier keer kwalifiseer en het
tydens dié toernooi van 2009 as naaswenner afgesluit. Die Verenigde State se hoogste sokkerliga is die
Major League Soccer (MLS) wat uit 20 Amerikaanse en 3 Kanadese spanne bestaan. In 2018 is die
Verenigde State deur FIFA saam met Kanada en Meksiko as gashere vir die FIFA Sokker-
Wêreldbekertoernooi in 2026 aangewys; dit sal die vierde toernooi in Noord-Amerika wees en die
tweede vir die Verenigde State.[28] Vir die eerste keer mag 48 spanne aan 'n Sokker-
Wêreldbekertoernooi deelneem en altesaam 80 wedstryde beslis.[29]

Rugby ist die vinnigste groeiende sportsoort met meer as 115 000 geregistreerde spelers en 'n verdere
1,2 miljoen deelnemers.[30] Die Verenigde State se nasionale rugbyspan het tot dusver aan sewe van
die agt Rugbywêreldbekers deelgeneem en net die Rugbywêreldbeker 1995 in Suid-Afrika misgeloop.
Die Verenigde State is tans die Amerikas se tweede sterkste span net ná Argentinië.[31] In 2018 is die
Major League Rugby van stapel gestuur, die hoogste rugbyliga in die Verenigde State.[32]

Krieket word sedert die Britse koloniale tydperk beoefen, maar dit is nie só 'n gewilde sportsoort soos
dit in die meeste van die Britse Statebondlande is nie, veral weens die sterk konkurrensie deur bofbal.
Die eerste internasionale krieketwedstryd ooit is op 24 September 1844 tussen die Kanadese nasionale
krieketspan en die Verenigde State se nasionale krieketspan in New York Stad gehou.[33] Sedert die
tweede helfte van die 20ste eeu toon krieket 'n toenemende gewildheid, veral weens die groeiende
bevolking van immigrante uit krieketspelende lande.[34][35] Met die oog op die Krieketwêreldbeker
2007 het die Verenigde State voorgestel dat wedstryde in die nuut opgerigte Central Broward Regional
Park van Lauderhill, Florida, beslis word, maar die Internasionale Krieketraad (IKR) het dié aansoek
verwerp en al die wedstryde aan Karibiese lande toegeken. Die krieketstadion is in 2007 opgerig en die
enigste met internasionale toetsstatus in die Verenigde State.[36] Die Verenigde State se nasionale
krieketspan kon tot dusver nog nie vir 'n krieketwêreldbeker kwalifiseer nie en die Amerikaanse
beheerliggaam vir krieket is weens bestuurlike en finansiële redes deur die IKR op 22 Junie 2017
opgeskort.[37] Op 24 September 2017 is die oprigting van 'n nuwe beheerliggaam vir Amerikaanse
krieket, USA Cricket, wat sy werk in 2018 begin het, aangekondig.[38][39][40] In Januarie 2019 het USA
Cricket die IKR se 105de lid geword.[41][42]

Die Verenigde State het tot dusver ag keer Olimpiese Spele gehuisves, meer as enige ander land,
waarvan vier Olimpiese Somerspele en vier Olimpiese Winterspele:
die Olimpiese Somerspele 1904 in St. Louis, Olimpiese Somerspele 1932 en Olimpiese Somerspele
1984 in Los Angeles en die Olimpiese Somerspele 1996 in Atlanta;

die Olimpiese Winterspele 1932 en Olimpiese Winterspele 1980 in Lake Placid, New York; die
Olimpiese Winterspele 1960 in Squaw Valley, Kalifornië, en die Olimpiese Winterspele 2002 in Salt Lake
City, Utah.

Los Angeles sal die Olimpiese Somerspele in 2028 vir 'n derde keer aanbied, die negende Olimpiese
Spele in die Verenigde State. Die Verenigde State het sedert 1896 by elke van die moderne Olimpiese
Spele deelgeneem, behalwe vir die Moskouse Olimpiese Somerspele in 1980, wat weens die Sowjetse
inval in Afghanistan geboikot is. Die Verenigde State het by elke Olimpiade waar hulle deelgeneem het
goud gewen, meer goud en algehele medaljes as enige ander land by Olimpiese Somerspele en het ook
die tweede meeste goue en algehele medaljes by die Olimpiese Winterspele gewen, net ná Noorweë.
Vanaf die middel-20ste eeu tot die laat 1980's het die Verenigde State hoofsaaklik met die Sowjetunie
by Olimpiese Somerspele meegeding, asook met die Sowjetunie, Noorweë en Oos-Duitsland by die
Olimpiese Winterspele. Sedert die ontbinding van die Sowjetunie en die Duitse hereniging ding hulle
egter met die Volksrepubliek China en die Verenigde Koninkryk by die Olimpiese Somerspele en met
Noorweë by die Olimpiese Winterspele mee.

Sedert 1959 vorm die Verenigde State Grand Prix deel van die Formule Een-kalender en is op verskeie
renbane soos Watkins Glen, Phoenix, Indianapolis en Indianapolis gehuisves. Die VSA Ope behoort tot
die vier Grand Slam-toernooie in tennis en Amerikaanse tennisspelers wat dit kon wen sluit in Andre
Agassi, Arthur Ashe, Maureen Connolly, Pete Sampras, Sloane Stephens, Serena Williams en Venus
Williams. In gholf word drie van die vier Grand Slam-toernooie in die VSA beslis: Die Meesterstoernooi,
die PGA-kampioenskap en die VSA Ope; net die Britse Ope word buite die land beslis.

NotasWysig

Die gebruik van die woord 'Amerika' om te verwys na die VSA en 'Amerikaner' om te verwys na 'n
VSA-burger word deur baie mense in die res van die Amerikas gesien as onakkuraat, maar is algemeen
en word elders aanvaar.

VerwysingsWysig

(en) "uscode.house.gov". Public Law 105–225, 12 Augustus 1998. uscode.house.gov. 12 Augustus 1999.
pp. 112 Stat. 1263. Besoek op 12 Mei 2018. "Section 304. "The composition by John Philip Sousa entitled
"The Stars and Stripes Forever" is the national march.""
(en) State Area Measurements and Internal Point Coordinates, US Census Bureau, Augustus 2010,
https://www.census.gov/geo/reference/state-area.html, besoek op 12 Mei 2018, "reflect base feature
updates made in the MAF/TIGER database through August, 2010."

(en) "United States". The World Factbook. Central Intelligence Agency. 1 Mei 2018. Besoek op 12 Mei
2018.

(en) "Population estimates, July 1, 2017, (V2017)". US Census Bureau.

(en) "Annual Estimates of the Resident Population: April 1, 2010 to July 1, 2016". United States Census
Bureau. Besoek op 12 Mei 2018.

(en) "Report for Selected Countries and Subjects". Internasionale Monetêre Fonds. April 2018. Besoek
op 12 Mei 2018.

(en) "2016 Human Development Report" (PDF). United Nations Development Programme. 2016. Besoek
op 12 Mei 2018.

(en) "OECD Income Distribution Database: Gini, poverty, income, Methods and Concepts". Organisation
for Economic Co-operation and Development. Besoek op 12 Mei 2018.

(en) Wilson, Kenneth G. (1993). The Columbia Guide to Standard American English. New York: Columbia
University Press, bl. 27–28. ISBN 0-231-06989-8.

(en) Adams, J.Q., and Pearlie Strother-Adams (2001). Dealing with Diversity. Chicago: Kendall/Hunt. ISBN
0-7872-8145-X.

(en) Dull, Jonathan R. (2003). "Diplomacy of the Revolution, to 1783," bl. 352, chap. in A Companion to
the American Revolution, ed. Jack P. Greene and J. R. Pole. Maiden, Mass.: Blackwell, bl. 352–361. ISBN
1-4051-1674-9.

(en) Cohen, Eliot A. (2004). "History and the Hyperpower". Foreign Affairs. Besoek op 14 Julie 2006.
"United States of America country profile". BBC News. 22 April 2008. Besoek op 12 Mei 2018.

(de) Kinder, Hermann en Werner Hilgemann: dtv-Atlas zur Weltgeschichte. Karten und chronologischer
Abriss. Boekdeel 2: Von der Französischen Revolution bis zur Gegenwart. München: Deutscher
Taschenbuch Verlag 1980, bl. 117

(de) Kinder/Hilgemann (1980), bl. 133

(de) Kinder/Hilgemann (1980), bl. 145

(de) Kinder/Hilgemann (1980), bl. 187

(de) bpb: Informationen zur politischen Bildung 268. USA – Geschichte, Wirtschaft, Gesellschaft.
Hersiene uitgawe 2013. Bonn: Bundeszentrale fr politische Bildung 2013, bl. 29

(de) Peter Lösche en Anja Ostermann (reds.): Länderbericht USA. Geschichte • Politik • Wirtschaft •
Gesellschaft • Kultur. Bonn: Bundeszentrale für politische Bildung 2008, bl. 81

(de) Duitse Departement van Buitelandse Sake: Verenigde State – Ekonomie


(en) The Washington Post with Bloomberg: Sluggish job growth continues, 4 November 2011

(de) www.welt.de: Die USA müssen ihre Wirtschaft reformieren, 5 Oktober 2010

(en) "The Global Financial Centres Index 18" (PDF). Long Finance. September 2015.

(de) In den USA beginnt eine Ära der billigen Energie. In: Die Welt Online, 12 November 2012

(en) Duquette, Jerold J. (1999). Regulating the National Pastime: Baseball and Antitrust. Greenwood
Publishing Group. p. 104. ISBN 0-275-96535-X. Besoek op 12 Mei 2018. "Baseball justified its privileged
legal status by citing the special nature and cultural significance of America's national pastime."

(en) Schrag, Myles (2003). "Baseball as National Pastime Revisted: And a Little Town Shall Lead Them".
In Peter Carino (red.). Baseball/literature/culture: Essays, 1995–2001. McFarland & Company. p. Chp.13
p.140. ISBN 0-7864-1643-2. Besoek op 12 Mei 2018. "Tradition – that quality so instrumental in
elevating baseball to its century-old status as national pastime— has become less important"

(en) Gmelch, George (1 Januarie 2006). Baseball Without Borders: The International Pastime. p. 308.
Besoek op 12 Mei 2018.

(en) Darren Rovell (26 Januarie 2014). "NFL most popular for 30th year in row". ESPN.com. Besoek op 12
Mei 2018.

(en) "World Cup 2026: United States, Canada and Mexico Win FIFA Vote". The New York Times. 13 Junie
2018. Besoek op 13 Junie 2018.

(en) "World Cup 2026: Canada, US & Mexico joint bid wins right to host tournament". BBC. 13 Junie
2018. Besoek op 13 Junie 2018.

(en) Hodgetts, Rob (4 Maart 2016). "Will U.S. learn to love rugby?". CNN. Besoek op 12 Mei 2018.

(en) "Men's World Rankings". Wêreldrugby. Besoek op 12 Mei 2018.

(en) "Major League Rugby nears kick-off as next attempt to make US a union power". The Guardian. UK.
17 November 2017. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 November 2017. Besoek op 12 Mei 2018.

(en) Williamson, Martin. "The oldest international contest of them all". Cricinfo. Besoek op 12 Mei 2018.

(en) Worrall, Simon (Oktober 2006). "Cricket, Anyone?". Smithsonian. Besoek op 18 Julie 2009.

(en) Chetwynd, Josh. "Cricket, anyone? Obvious similarities make baseball, cricket sibling sports".
Besoek op 22 Julie 2009.

(en) "USA miss out on World Cup 2007". ESPNcricinfo. 5 Julie 2004. Besoek op 5 Julie 2019.

(en) "USACA expelled by the ICC". ESPN cricinfo. 22 Junie 2017. Besoek op 12 Mei 2018.

(en) "New American governing body branded as USA Cricket". ESPNcricinfo. Besoek op 30 April 2019.

(en) "USA Cricket launch brand on historic day". Internasionale Krieketraad. Besoek op 30 April 2019.

(en) Gladson, J.A.C. (26 September 2017). "USA Cricket getting closer to becoming a new federation".
Times of India. Besoek op 30 April 2019.
(en) "USA Cricket announced as the ICC's 105th member". Internasionale Krieketraad. Besoek op 30
April 2019.

(en) "USA formally approved to rejoin ICC as Associate Member under USA Cricket". ESPN Cricinfo.
Besoek op 30 April 2019.

BronneWysig

(en) Thomas Bender: A Nation Among Nations. America's Place in World History, New York 2006.

(en) Ian Tyrrell: Transnational Nation. United States History in Global Perspective since 1789,
Houndmills 2007

Eksterne skakelsWysig

Wikimedia Commons bevat media in verband met Verenigde State van Amerika.

(en) Toerisme-inligting oor Verenigde State van Amerika op Wikivoyage

(en) Amptelike tuisblad van die Amerikaanse regering

(en) Amptelike tuisblad van die Huis van Verteenwoordigers

(en) Amptelike tuisblad van die Senaat

(en) Amptelike tuisblad van die Withuis

(en) Amptelike tuisblad van die Supreme Court

Verenigde State van Amerika

State Alabama • Alaska • Arizona • Arkansas • Colorado • Connecticut • Delaware • Florida • Georgia
• Hawaii • Idaho • Illinois • Indiana • Iowa • Kalifornië • Kansas • Kentucky • Louisiana • Maine •
Maryland • Massachusetts • Michigan • Minnesota • Mississippi • Missouri • Montana • Nebraska •
Nevada • New Hampshire • New Jersey • Nieu-Meksiko • New York • Noord-Carolina • Noord-Dakota •
Ohio • Oklahoma • Oregon • Pennsilvanië • Rhode Island • Suid-Carolina • Suid-Dakota • Tennessee •
Texas • Utah • Vermont • Virginië • Washington • Wes-Virginië • Wisconsin • Wyoming

Federale distrik Distrik Columbia (Washington, D.C.)


Eilandgebiede Amerikaanse Maagde-eilande • Amerikaans-Samoa • Guam • Noordelike Mariana-
eilande • Puerto Rico

Klein afgeleë eilande Baker • Howland • Jarvis • Johnston • Kingman • Midway • Navassa • Palmyra •
Wake

Geassosieerde lande Gefedereerde State van Mikronesië • Marshalleilande • Palau

Laas gewysig deur 大诺史 16 dae gelede

Wikipedia

Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 3.0, tensy anders vermeld.

PrivaatheidRekenaarweergawe

Aangestuur vanaf "Verenigde State"

You might also like