You are on page 1of 2

Genetiese Voorouers van die Afrikaners:

Stambome en die Y-chromosoom

Potgieter
Y-chromosoom Voorouer Resultate
Johannes Jurgens
AFR203
Ons het die aantal herhalings vir 17 herhaalvolgorde gebiede (ook STRs genoem) op die y-chromosoom bepaal om uit
te werk hoe gereeld mutasies vir dié gebiede en nie-vaderskap gevalle plaasvind en waar die stamvaders vandaan
kom. Die resultaat vir 17 herhaalvolgorde gebiede op die y-chromosoom word in die tabel hieronder aangedui. Elke
STR gebied het sy eie naam en begin gewoontlik met "DYS", byvoorbeeld DYS19. Die nommer waarde in rooi dui aan
hoeveel keer 'n spesifieke DNS volgorde herhaal word in elk van die gebiede. Die profiel verwys na die resultate van al
die STR gebiede saam. Verskillende y-chromosome kan in groepe verdeel word, gebasseer op die mutasies wat
plaasgevind het oor tyd. Die groepe word haplogroepe genoem. Die STR profiel kan gebruik word om die haplogroep
te beraam en word ook in die tabel hieronder gegee. In seker gevalle kom daar 'n "NB" voor, wat aandui dat die
waarde nie bepaal kon word met die toets nie.

DYS19 DYS385a DYS385b DYS389I DYS389c DYS390 DYS391 DYS392 DYS393


15 11 14 13 17 25 11 11 13

DYS437 DYS438 DYS439 DYS448 DYS456 DYS458 DYS635 GATA-H4


14 11 10 20 15 15 23 13

Die y-chromosoom STR profiel hierbo stem ooreen met haplogroep: R1a

Hoe vergelyk u resultaat met dié van ander


deelnemers?
Die STR profiel is grootliks dieselfde binne die familie. Al die stamvaders het hul unieke profiel, maar party het
dieselfde haplogroep. Die aantal stamvaders wat dieselfde haplogroep het word hieronder aangedui.

Aantal stamvaders vir die ander 20 vanne met dieselfde haplogroep: 3

Mutasie tempo en nie-vaderskap frekwensie


Die tempo waarteen veranderinge plaasvind is baie belangrik in die forensiese en
populasie genetika rigtings. Dit word gebruik om uit te werk wat die kans is om dieselfde
profiel in die populasie te sien vir vaderskaptoetse en kriminele sake.
Die mutasie tempo vir die Afrikaners is gemiddeld 0.0035 veranderinge per gebied per generasie. Dit is soortgelyk
aan al die ander populasies wat tot dusver getoets is.
Deur die stambome met die y-chromosoom te vergelyk, is dit moeilik om vas te stel wat die rede vir nie-vaderskap
gevalle was, aangesien ons nie weet by watter generasie op die tak dit gebeur het nie. Dit is moontlik 'n buite-
egtelike geval, maar dit kan ook wees dat iemand aangeneem was, veral tydens oorloë en siekte epidemies soos die
pokke. Ons sien of een of geen nie-vaderskap takke vir elke familie wat deelgeneem het aan die projek, met 'n
koers van 0.68 % per generasie. Wanneer mens dit vergelyk met 22 ander moderne populasies, dan het die
Afrikaners die tweede laagste koers, met slegs een Joodse Priester groep wat 0,4% het.

Prof JM Greeff, jaco.greeff@up.ac.za, 083 257 8761, Departement Genetika, Universiteit van Pretoria, Pretoria, 0002
Mnr JC Erasmus, christoff.erasmus@gmail.com, 082 445 9041, Departement Genetika, Universiteit van Pretoria, Pretoria, 0002

Any opinion, findings and conclusions or recommenda@ons expressed in this material are those of the authors and do not necessarily reflect the views of the Na@onal
Research Foundation.
Genetiese Voorouers van die Afrikaners:
Stambome en die Y-chromosoom

Waar kom die stamvader vandaan?

Haplogroep R1a kom redelik wydverspreid voor, van Suid Asië tot Sentraal, Oos en Wes Europa. Om ‘n beter idee te
kry van die oorsprong van die stamvader, soek ons deur ‘n databasis vir mense met dieselfde profiel as die
stamvader. Uit die 46 449 profiele van 303 populasies in die yhrd.org databasis, is daar vyf mense wat dieselfde
aantal herhalings by elk van die gebiede as die stamvader het. Twee kom van Suid Asië: een van die Tamil Nadu
gebied in Indië en een van Khyber Pakhtunkhwa in Pakistan. Die onblywende drie kom van Oos Europa en Rusland:
een van Turkye, een van Salzburg, Oostenryk en een van Sverdlovsk in Rusland. Dit is moeilik om akkuraat vas te stel
waar die stamvader vandaan kom, want die mense met dieselfde profiel kom oor ‘n groot area voor. Volgens die
stamregisters kom die stamvader van Duitsland. Die stamvader kom heel moontlik van Oos Europa, maar wanneer
mens verder terug gaan in tyd, dan is die voorouer ook familie van mense in Suid Asië.

Verwysings:
Om deur 'n redelike groot databasis (meer as 100 000 y-chromosoom profiele) te soek, besoek
gerus www.yhrd.org
Vir 'n beskrywing van ander haplogroepe, besoek gerus
http://www.eupedia.com/europe/origins_haplogroups_europe.shtml#Y-DNA
Woźniak M, Malyarchuk B, Derenko M, et al.: Similarities and distinctions in Y chromosome gene pool of Western
Slavs. American journal of physical anthropology 2010, 142:540–8.

Underhill P a, Myres NM, Rootsi S, et al.: Separating the post-Glacial coancestry of European and Asian Y
chromosomes within haplogroup R1a. European journal of human genetics : EJHG 2010, 18:479–84.

LET WEL:
Die informasie wat in die verslag verskaf word kan slegs vir navorsingsdoeleindes gebruik word en is nie geldig vir
enige mediese of wetlike (soos vaderskap of forensiese) doeleindes wat moontlik op die individu van toepassing kan
wees nie.

Prof JM Greeff, jaco.greeff@up.ac.za, 083 257 8761, Departement Genetika, Universiteit van Pretoria, Pretoria, 0002
Mnr JC Erasmus, christoff.erasmus@gmail.com, 082 445 9041, Departement Genetika, Universiteit van Pretoria, Pretoria, 0002

Any opinion, findings and conclusions or recommenda@ons expressed in this material are those of the authors and do not necessarily reflect the views of the Na@onal
Research Foundation.

You might also like