You are on page 1of 2

Genetiese Voorouers van die Afrikaners:

Stambome en die Y-chromosoom

Potgieter
Mitochondriale Voorouer Resultate
Johannes Jurgens
AFR203
Ons het die basisvolgorde van 'n gedeelte van die mitochondriale DNS bepaal om die moederlike genetiese
voorouerlyn uit te werk. Nadat ons die volgorde van die vier basisse (A, C, G en T) van u mitochondriale DNS
gedeelte bepaal het, het ons dit vergelyk met die Cambridge Verwysings Basisvolgorde om vas te stel by watter
posisies daar veranderinge voorkom. Die verskille tussen u mitochondriale DNS en die Cambridge Verwysings
Basisvolgorde word in die tabel hieronder gegee. Die nommer dui aan by watter posisie daar 'n verskil voorkom,
gevolg deur die basisverskil, byvoorbeeld A-G dui aan dat basis G voorkom in u basisvolgorde, terwyl die Cambridge
Verwysings Basisvolgorde 'n A in die posisie het. Mitochondriale DNS kan in verskillende groepe verdeel word,
gebasseer op die verskille wat voorkom. Die groepe word haplogroepe genoem en bevat die mitochondriale DNS
wat soortgelyke veranderinge toon. Elke haplogroep het 'n unieke naam, byvoorbeeld haplogroep N1a2 behoort
aan hoofhaplogroep N en word verder geplaas op die tweede tak van die "a" tak van die eerste tak van N.

Hoë Variasie gebied I & III Hoë Variasie gebied II


16129G-A, 16187C-T, 16189T-C, 16212A-G, 16223C-T, 73A-G, 146T-C, 152T-C, 195T-C, 198C-T, 247G-A
16230A-G, 16243T-C, 16311T-C, 16320C-T, 16390G-A,
16519T-C

Die veranderinge in die boonste tabel stem ooreen met haplogroep: L0d2a

Hoe vergelyk u resultaat met dié


van ander deelnemers?
Die aantal deelnemers wat dieselfde mitochondriale verskille as u het, word in die tabel hieronder gegee. As daar
slegs een deelnemer is met dieselfde veranderinge, dan het u die enigste mitochondriale tiepe in die groep.

Potgieter Alle vanne


Aantal deelnemers met dieselfde veranderinge: 1 1
Aantal deelnemers in totaal: 6 207

Waar kom die Afrikaner stammoeders vandaan?


Die figuur hieronder gee die beraamde persentasies van waar die stammoeders van die Afrikaners vandaan kom.

84% 10% 6%

Europa Afrika Asië

Prof JM Greeff, jaco.greeff@up.ac.za, 083 257 8761, Departement Genetika, Universiteit van Pretoria, Pretoria, 0002
Mnr JC Erasmus, christoff.erasmus@gmail.com, 082 445 9041, Departement Genetika, Universiteit van Pretoria, Pretoria, 0002

Any opinion, findings and conclusions or recommenda;ons expressed in this material are those of the authors and do not necessarily reflect the views of the
National Research Foundation.
Genetiese Voorouers van die Afrikaners:
Stambome en die Y-chromosoom

Waar kom u mitochondriale lyn


vandaan?
Haplogroep L0 is die oudste tak van al die mitochondriale tipes in die wêreld, ongeveeer 136 000 jaar oud. L0d is
een van die takke wat afstam van die L0 tak en is ongeveer 48 000 jaar oud. L0d word geassosieer met die Khoe-
San populasie wat in suidelike Afrika voorkom.
Deur na die verspreiding van spesifieke tipes in Afrika te kyk, kan ons sien waar daar tipes is wat dieselfde
veranderinge het as dié wat ons in die Afrikaner populasie sien. Daar is 10 individue van die Khoe-San gemeenskap
in Suid Afrika wat dieselfde veranderinge het as die L0d1a1 individue in die Afrikaner populasie. Daar is baie
individue van die Khoe-San populasie wat deel is van die L0d2a en L0d2c groepe en die spesifieke veranderinge wat
in die Afrikaner populasie voorkom, kom ook in redelike groot getalle voor in die Khoe-San populasies. Dit stem
ooreen met die geskiedenis van die Afrikaners, aangesien vroue van die Khoe-San populasies in die destydse Kaap
partykeer vir die Europese families gewerk het. Europese mans was baie meer as die Europese vroue tydens die
vroeë vorming van die Afrikaner populasie en van tyd tot tyd het hulle ‘n voorkind by een van die werkers gehad.
Daar is min gevalle in die geskiedenis waar eksplisiet aangedui was dat Europese mans met vroue van die Khoe-San
populasies getrou het, wat beteken dat die naskrif ‘van die Kaap’ partymaal vir Khoe-San vroue gebruik was.

Verwysings
Vir al die verskillende haplogroepe, besoek asseblief http://www.phylotree.org/
Vir meer informasie oor Europese haplogroepe, besoek gerus
http://www.eupedia.com/europe/origins_haplogroups_europe.shtml#mtDNA
Schlebusch CM, Jongh M de, Soodyall H: Different contributions of ancient mitochondrial and
Y-chromosomal lineages in “Karretjie people” of the Great Karoo in South Africa. Journal of
human genetics 2011, 56:623–30.
Quintana-Murci L, Harmant C, Quach H, et al.: Strong maternal Khoisan contribution to the South African coloured
population: a case of gender-biased admixture. American journal of human genetics 2010, 86:611–20.

Gonder MK, Mortensen HM, Reed FA, Sousa A de, Tishkoff SA: Whole-mtDNA genome sequence analysis of ancient
African lineages. Molecular biology and evolution 2007, 24:757–68.

Behar DM, Villems R, Soodyall H, et al.: The dawn of human matrilineal diversity. American journal of human genetics
2008, 82:1130–40.

LET WEL:
Die informasie wat in die verslag verskaf word kan slegs vir navorsingsdoeleindes gebruik word en is nie geldig vir
enige mediese of wetlike (soos vaderskap of forensiese) doeleindes wat moontlik op die individu van toepassing
kan wees nie.

Prof JM Greeff, jaco.greeff@up.ac.za, 083 257 8761, Departement Genetika, Universiteit van Pretoria, Pretoria, 0002
Mnr JC Erasmus, christoff.erasmus@gmail.com, 082 445 9041, Departement Genetika, Universiteit van Pretoria, Pretoria, 0002

Any opinion, findings and conclusions or recommenda;ons expressed in this material are those of the authors and do not necessarily reflect the views of the
National Research Foundation.

You might also like