You are on page 1of 2

Sing

Kom saam, kom saam,

Dis al wat dit kos!

Ek en jy is gemaak

om spore te los!

Voorsitter, Dames en Here Elvis Blue slaan die spyker sowaar op die kop, want ons is
wraggies gemaak om spore te los. Ek weet my ouers het al diep spore vir my getrap en
ek streef daarna om hul skoene vol te staan! Ons almal wil soms sorgeloos lewe, maar
ons doen en late het tog ‘n blywende effek. Ek glo dis belangrik om voorbeeldige
Voetspore te los! Daarom hou ek my eie aksies met ‘n valkoog dop.

Ons almal het al gehoor van die engelse uitdrukking “Monkey see, monkey do” en ek
weet my ouers wens dit was nie so nie, want ons as kinders tel tog alles op (tong in die
kies). Ek lees op PositiveChanges.com ‘n artikel deur Fred Harling op 17 Februarie
2018. Hierdie artikel vertel dat ons as mense die voorbeeld van ons naastes volg omdat
dit met sosiale aanvaarding te doen het.My ma vra ook gereeld vir my “as jou tjommies
by ‘n berg afspring, gaan jy dit ook doen?” waarop ek dan sê “As dit al is waarooor hulle
daarna by die skool gaan praat, verseker!” Dit bring my by my eerste voetspoor! Daar is
altyd iemand wat kyk, luister en volg. Of dit nou jou jonger boetie of maatjie by die skool
is of iemand wat selfs heimlik na jou op kyk. Daarom moet ons versigtig wees om ‘n
slegte voorbeeld te stel. Niemand wil iemand van die walle van die sloot af lei nie!

Ek kyk nou die dag ‘n Youtube video op “Crash Course Physics” se kanaal wat gaan
oor Newton se Wette. Op hierdie video vertel Dr. Shini Somara dat daar volgens
Newton se derde wet, vir elke aksie ‘n gelyke en teenoorgerstelde reaksie is. Ek dink dit
geld vir ons aksies ook. Vir alles wat ons doen is daar gevolge! Met my tweede
voetspoor dink ek aan my ouma se wyse woorde: “My kind, jy moet tog versigtig wees,
want die verlede sal altyd inhaal! (Ouma stem).” Julle dink nou seker dis heeltemal te
ernstig vir ‘n laatie van my ouderdom, maar ek het dit al sien gebeur!! Nog nooit kon ek
skelm lekkers uit die spens steel nie, my ma vang my tog altyd uit! Hetsy ek nou
agterlosig met lekkergoedpapiere is en of daar ‘n sjokoladestreep oor my mond is, ek
kom nooit daarmee weg nie! Maak seker jou aksies het altyd goeie reaksies en dat
wanneer jou verlede jou inhaal, dit is omdat jy die vrugte werp vir goeie dade!

Dames Here welkom by die nuus om 7. In die hooftrekke vrot die wêreld van negatiewe
nuus (nuusleser stem). Ek is dalk net ‘n klein vissie in ‘n groot dam, maar ek is
voorstaander daarvan dat elke mens die vermoë het om ‘n verskil te maak. As almal in
hierdie vertrek vandag besluit om nie meer om te gee nie en roekeloos voort te ploeter,
is dit alreeds 10 mense wat ‘n slegte voetspoor gaan los!

Tony Robbins vertel in ‘n webdagboek inskrywing op 12 Feb 2020, dat individue nie
noodwendig alleenlik die wêreld gaan verander nie, maar dat elkeen se gedrag ‘n rippel
effek kan hê, wat op sy beurt ‘n groot verskil kan maak. Daar trap ek my derde
voetspoor en verseker dat ek die mense om my positief beinvloed!

So waarvoor wag jy?

Kom saam man!

Dit is al wat dit kos!

Kom ons begin om spore te los!

You might also like