You are on page 1of 2

God se Onbreekbare Verseëling.

Daar was 'n tyd dat God se engele voor 'n groot toets gestaan het. Sommige het
getrou gebly terwyl ander geval en as gevolg daarvan uit die hemel gewerp en die
bose geeste in die lug geword het.
Baie vra: Kan hierdie gevalle engele weer gered word?
Die antwoord is Nee. Die rede is omdat God hulle in hul boosheid, kwaad en
onreinheid verseël het. Hulle sal nooit van dit waar in God hulle verseël het kan
losbreek nie en daarom is hulle vir ewig verlore.
Net so sal die engele wat getrou gebly het ook nooit ontrou kan word en verlore kan
gaan nie. Hulle is in getrouheid, goedheid en heiligheid verseël en daarom is hulle
vir ewig gered.
Die dieselfde is van toepassing op elke mens wat gered of ongered gesterf het.
Ongereddes sal nooit weer gered kan word nadat hulle gesterf het nie en gereddes
sal ook nooit verlore kan gaan nadat hulle gesterf het nie. Hulle is verseël in die
stand waar in hulle gesterf het. Hulle is dus vir ewig verlore of vir ewig gered.
Jy kan alleenlik sekerheid van saligheid ervaar as jy in ewige sekerheid glo. Met
ander woorde, as daar nie iets soos ewige sekerheid bestaan het nie sou niemand
ooit ewige sekerheid kon ervaar het nie. Die wat glo dat 'n geredde persoon weer
verlore kan gaan as gevolg van hulle sonde sal nooit die rus en vrede van ewige
sekerheid kan ervaar nie omdat hulle bekommerd is oor hulle daagliks sonde. Hulle
lewe in onsekerheid en vrees omdat hulle nie weet in watter toestand hulle gaan
wees die dag as hulle sterf, of die wegraping skielik plaasvind nie.
Die genade evangelie wat die verheerlikte hemelse Christus aan die apostel Paulus
geopenbaar het weerspreek juis hierdie argument. Paulus leer dat God op grond van
Jesus se kruisdood ons van ALLE sondes, verlede, hede en toekomstige vergewe het
(Ef 1:7; Kol 1:14). Hy het nie net vir sekere sonde gesterf nie, Hy het vir 👉🏻AL
👈🏻 ons sonde gesterf en met Sy bloed die volle prys daarvoor betaal. Daar is dus
niks uitstaande soos sommige beweer nie want Christus se lewe en Sy bloed was
voldoende offer vir die sonde van die wêreld.
Paulus openbaar verder dat omdat ons 👉🏻REEDS👈🏻 vergewe is, God ons huidige en
toekomstige sondes ook 👉🏻nie aan ons toereken nie👈🏻 (2 Kor 5:18). Die rede is
omdat ons sonde aan Christus toegereken is en Hy die volle prys daarvoor betaal
het.
Bogenoemde is die beste nuus wat 'n mens kan hoor, maar dit stop ook nie hier nie.
Dit raak selfs beter. Paulus openbaar verder dat elke persoon, die oomblik wanneer
hy die evangelie van redding glo, soos uiteengesit in 1 Kor 15:1-4, gered en 👉
🏻VERSEËL👈🏻 word met die Heilige Gees van die belofte:
Ef 1:13 "in wie julle ook, nadat julle die woord van die waarheid, die evangelie
van julle redding, gehoor het, in wie julle, nadat julle ook geglo het, verseël is
met die Heilige Gees van die belofte".
Kan sonde of enige iets anders die gelowige losbreek van van die Heilige Gees
waarmee God hulle verseël het?
Die antwoord is Nee. God het in hulle woning gemaak en Hom self in hulle
toegesluit. God het die sleutel, nie die mens nie. God se verseëling is dus finaal
en on omkeerbaar soos in die volgende voorbeelde:
God het die ark se deur agter Noag gesluit en verseël. Kon een van die 8 persone in
ark daarna verlore gaan?
Nee... God het die ark verseël, nie Noag nie.
In die toekomstige 7 jaar verdrukking sal 144,000 Jode deur God verseël word om
gedurende die verdrukking te evangeliseer. Dink jy dat EEN van hierdie 144 000 uit
God se verseëling sal kan losbreek en verlore gaan?
NEE. Hulle is deur God verseël, nie 'n mens nie. Niks en niemand sal God se
verseëling ooit kan breek nie.
Net so is elke gelowige ook deur die Heilige Gees verseël
👉🏻TOT DIE DAG VAN HULLE VERLOSSING👈🏻.
Lees hoe duidelik verklaar Paulus dit:
Ef 4:30 "En bedroef nie die Heilige Gees van God nie, deur wie julle verseël is tot
die dag van verlossing".
Kom ons kyk na nog 'n voorbeeld. Met Christus se wederkoms na die aarde sal 'n
engel Satan gevange neem, hom in die afgrond werp, dit toesluit en bo hom verseël
vir die duur van die 1000 jaar vrederyk (Millennium). Sal Satan uit hierdie
verseëling kan losbreek en uit die afgrond kan ontsnap?
NOOIT! Die afgrond is deur God verseël, nie 'n mens nie.
Verstaan jy nou wat dit beteken as God sê dat Hy ons verseël het tot die dag van
ons verlossing?
Dit beteken as jy eenmaal verseël is, is jy altyd verseel.
Eenmaal Syne, altyd Syne. Eenmaal met Sy bloed gekoop, altyd met Sy bloed gekoop.
Eenmaal 'n nuwe skepping, áltyd 'n nuwe skepping.
Eenmaal deel liggaam van die liggaam van Christus, altyd deel van die liggaam van
Christus. Eenmaal gered, altyd gered.
DIS SO EENVOUDIG SOOS DIT !
Dis is dit wat die genade evangelie wat aan Paulus geopenbaar is soveel anders maak
as die wet wat Moses verkondig het en die koninkryk evangelie wat Jesus en die 12
apostels van die 12 stamme van Israel in die ou dispensasie van Israel onder die
wet en die verbond aan Israel verkondig het. Die eerste het die ou evangelie VOOR
die kruis verkondig en Paulus die nuwe evangelie NA die kruis. Voor die kruis was
verlossing en vergifnis nog nie afgehandel nie. Dit het eers by die kruis gebeur en
Paulus was die eerste en enigste om te openbaar dat as gevolg van Jesus se
volmaakte afgehandelde werk van die kruis, elke gelowige in Christus veilig is in
God se toegemaakte hand. Geen gelowige hoef ooit te vrees dat sonde ons ooit sal
skei van God of ons ewige hemelse erfenis nie. Jou saligheid is in Christus, nie
jouself nie. Dit is sekerheid van saligheid.

You might also like