You are on page 1of 1

Jou stand en jou staat as kind van God.

Een van die redes hoekom daar so baie verwarring oor ons redding bestaan is omdat
mense nie onderskei tussen ons stand (posisie) in Christus en ons staat (toestand)
in hierdie vleeslike liggaam nie. Kom ek verduidelik baie kortliks.

Ons stand (posisie) in Christus is dat ons gewas, geregverdig, geheilig,


verheerlik, volkome vergewe, aangeneem, heilig, sonder sonde en geseël is tot die
dag van verlossing. Niks wat ons in die vlees doen kan dit beïnvloed wat Christus
vir ons gedoen het om ons te red nie.

Ons staat (toestand) is dat ons in ‘n vleeslike, sondige liggaam bestaan wat wag om
ook verander te word. Wat ons in die vlees verrig mag ons getuienis (gesantskap)
nadelig beïnvloed, maar dit kan nooit ons stand (posisie) in Christus verander nie.

Dit is wat genade is!

You might also like