Professional Documents
Culture Documents
pagename=Venesi%C3%AB¶ms=45_26_N_12_20_O_)
Venesië
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Venesië
Città di Venezia
Venexia/Venèsia
Kaart Wapen
Vlag
Land Italië
Gewes Veneto
Provinsie Venesië (VE)
45°26′N 12°20′O (https://tools.wmflabs.org/geohack/geohack.php?pagename
Koördinate
=Venesi%C3%AB¶ms=45_26_N_12_20_O_)
Stigting Antieke oudheid
Oppervlakte:
- Totaal 414,57 vk km [1]
Hoogte bo seevlak 1m
Bevolking:
- Totaal (31 Desember
260 520 [2]
2018)
- Bevolkingsdigtheid 628,4/vk km
Tydsone UTC +1 (MET)
Klimaat
- Tipe Gematigde seeklimaat
- Gemiddelde jaarlikse
13,5 °C
temperatuur
- Gem. temp. Januarie/Julie 3,0 / 23,1 °C
- Gemiddelde jaarlikse
770 mm
neerslae
Burgemeester Luigi Brugnaro
Amptelike Webwerf comune.venezia.it (http://www.comune.venezia.it/)
Venesië (Italiaans: Venezia, uitgespreek [veˈnɛttsja], luister (hulp·inligting); Venesiaans: Venexia, Venèsia of
Venezsia,[3] uitgespreek [veˈnessi̯a]) is die hoofstad van die administratiewe gewes van Veneto in Italië, vorm
saam met die stad van Padua die Metropolitaanse gebied van Padua en Venesië, en dra die bynaam La
Serenissima (Die Deurlugtigste).[4] Die ou stad (Centro Storico) is op 'n paar groot eilande in die
halfmaanvormige strandmeer van Venesië geleë. Op die vasteland het die uitgestrekte residensiële en
nywerheidsbuurte van Mestre ontstaan wat tans die oorgrote meerderheid Venesiane huisves.
Oor die eeue heen het Venesiane hier 'n unieke wêreld van hul eie
geskep wat in baie opsigte – leefstyl, taal, argitektuur, kookkuns,
modes en volkskarakter – merkbaar van ander Italiaanse stede en
streke verskil. Hul leefwêreld bestaan uit 'n labirint van klein en groot
kanale, met 118 bewoonde en onbewoonde eilande wat oor die loop
van tyd 'n verskeidenheid funksies vervul het – as skuilplekke,
Venesië – die stad tussen hemel en vestings, kloosters, lasarette, kampe vir melaatses, kwarantyn-stasies
aarde (Francesco Petrarca), die vir slagoffers van die pes, groentetuine of werkswinkels vir
vreemde droom op die water (Charles tradisionele ambagte soos glasvervaardiging. Die eerste vaste
Dickens) – is steeds een van die verbinding per spoor met die vasteland het eers in 1846 ontstaan,
visueel aantreklikste metropole op maar bote bly steeds die belangrikste vervoermiddel. Motors is uit die
aarde (Peter Ackroyd).
historiese kernstad verban.
'n Besoek aan Venesië was een van
die mees wonderlike ervarings vir Die historiese beginpunt van die Venesiaanse wêreld val saam met die
Middeleeuse waarnemers. Die
ineenstorting en ondergang van 'n ander. In die 5de eeu n.C. het die
konstruksiemetodes, wat vir hierdie
Romeinse paaie, wat die welvarende gebiede van Noord-Italië met
wonderwerk van Italiaanse boukuns
ander dele van die Romeinse Ryk verbind het, maklike toegangsroetes
gebruik is, is net so uniek soos sy
ligging. Die stad se fondamente rus
geword vir barbaarse veroweraars wat verwoesting gesaai het –
op 'n versonke bos van miljoene
Vandale en Oos-Gote op hul pad na Rome, Hunne onder Attila (vanaf
bome wat in Veneto gekap en na die 452) en Germaanse Langobarde (vanaf 568). Toe die Romeinse
strandmeer vervoer is. Die houtpale administratiewe en militêre strukture in 'n stormloop van invallers
het onder water keihard geword en verbrokkel het, het die Venesiaanse strandmeer 'n skuilplek geword
sal sonder suurstoftoevoer nie vir agtereenvolgende golwe van vlugtelinge wat hier 'n eenvoudige
maklik verweer of verrot nie bestaan gevoer het as vissers, soutmakers, groenteboere en
skeepvaarders.
Die nywerheidsentrum is meer op die vasteland in die weste gekonsentreerd, veral rondom Mestre en
Marghera. Hier het petrochemiese aanlegte ontstaan wat 'n konstante bedreiging vir die strandmeer se
gevoelige ekostelsel inhou.
In die Centro storico het die grootskaalse privatiseringsbeleid, waarin 'n groep bou-ondernemings (waaronder
maatskappye waarin die invloedryke Benetton-familie belange het) 'n sentrale rol speel, aan Venesië onder die
vorige stadsregering die bynaam Benettown besorg.
Inhoud
Geografie
Ligging
Geologie
Klimaat
Die vloedramp van 4 November 1966
Diere- en plantelewe
Stadsuitleg, ligging en ordening
Palazzo Cavalli-Franchetti, Canal
Die stadsdele (sestieri) van Venesië
Grande. Op die oog af lyk Venesië
met sy indrukwekkende fasades
Cannaregio
soos 'n stad wat van marmer en Stadsbeplanning
kosbare steensoorte gebou is. Stadsontwikkeling in die 19de eeu
Nogtans is dit 'n treflike voorbeeld
Neoinsularismo
van baksteenboukuns volgens die
tradisies wat uit die Romeinse Uitbreiding na die historiese terraferma of vasteland
tydperk oorgeërf is Fascistiese stadsbeplanning vir Grande Venezia
Porto Marghera
Residensiële buurte in Mestre en Marghera
Centro storico en Lido
Vervoer
Spoorvervoer
Watervervoer
Motorvervoer
Sport
Roeisport en cultura acquea
Nuwejaarskonsert in die Teatro La
Fenice Bekende boorlinge
Verwysings
Eksterne skakels
Geografie
Ligging
Die totale oppervlak van Venesië beslaan 414,6 km², waarvan 257,7 km² aan wateroppervlak afgestaan moet
word.[9] Op 31 Desember 2016 het Venesië 'n bevolking van 261 905 inwoners, waarvan 181 883 in die
stadswyke op die vasteland, 58 901 in die ou stad self en 29 674 binne die strandmeergebied bly.[10] Op 31
Desember 2018 het die getal na altesaam 260 520 stadsbewoners gedaal. Die strandmeer het 118 eilande.[11]
Dit strek oor omtrent 50 km tussen die Adigeriviermonding in die suide en die Piaveriviermonding in die
noorde in die Adriatiese See.
Geologie
Die heel eerste dorpies wat mettertyd aan mekaar vas gegroei het om
Venesië tot stand te bring, is in 'n moerasland geleë. Hierdie
moerasland het sy ontstaan te danke aan die werking van riviere wat
na die Ystydperk ontspruit het. Die strandmeer, wat by die
riviermondings ontstaan het, beslaan vandag omtrent 550 km²
(waarvan sowat 'n tiende bevaarbaar is) en word deur 'n 60 km-lange
duinrand (sandbanke) van die Adriatiese See geskei. Slegs sowat drie
persent van hierdie oppervlak is eilande; die res bestaan uit drassige
moddervlaktes en moerasland, die barene wat meer as 90 km²
Lugfoto van die ou stad van Venesië,
beslaan, asook die visveld van ongeveer 92 km², ook bekend as die die Centro Storico, met die
Valli da pesca. Natuurlike kanale, wat bekend staan as die ghebi, loop kronkelende Canal Grande, die
soos are deur die barene. Destyds in 1900 was die Barene meer as laaste gedeelte van die Brenta-
250 km² in omvang. In teenstelling tot die dikwels oorstroomde rivierloop wat tot die hoofaar van
barene het die velme net hier en daar bietjie plantegroei.[12] watervervoer ontwikkel is
Klimaat
Die strandmeer van Venesië word deur die seeklimaat van die noordelike Adriatiese See geraak. Die meeste
neerslag sak gewoonlik in die loop van die laatsomer uit, omdat die kontinentale klimaat van die Oos-
Europese vasteland, by name die Karpate (Bora-winde), die weersomstandighede aan die suidekant van die
Sentraal-Europese Alpe omkeer. Die gemiddelde jaarlikse neerslag is
binne die bereik van 770 mm. Die meeste neerslag val in November
(gemiddeld 86 mm), die minste in Januarie (53 mm).[16]
Diere- en plantelewe
Die noordelike deel van die 550 km²-groot strandmeer wat omtrent 418 km² groot is, naby Torcello, bestaan
hoofsaaklik uit varswater en word skaars tydens getywisseling geraak.[18] Dit staan daarom bekend as die
laguna morta (dooie strandmeer). Die soutwaterstrandmeer se waterstand wissel na gelang van die eb en vloed
soos die seewater sterker deurgespoel word, en word daarom die laguna viva (lewende strandmeer) genoem.
Die barene is die teelaarde vir 'n verskeidenheid spesies, maar word al hoe kleiner. Vroeër het die barene in
1900 nog 20 persent van die strandmeeroppervlakte beslaan, reeds in 1930 begin verklein tot 13 persent[19] en
in 2013 was daar sprake van net 47,5 km² wat oorgebly het.[20]
Toe daar in die jare 1960 'n ander nywerheidsgebied ontwikkel sou word, het die Casse di colmata
('opgevulde kiste'), soos die gebied bekend gestaan het, geen ekonomiese nut meer in die vooruitsig gehad nie.
Gevolglik het die gebied die stortingsterrein van modder en beton geword tydens die uitgrawing van die
Petrolikanaal (waarmee die olie vanaf die hawe in Malamocco vervoer word tot by die raffinaderye in
Marghera) – en nuwe eilande het ontstaan wat gemiddeld 2 m bo die water uitsteek. Weens die katastrofiese
oorstroming op 4 November 1966 loop die projek kwaai onder kritiek deur, word gestaak in 1969 en kom in
1973 tot 'n definitiewe einde. Tans het hierdie gebied met 'n kern van 11,54 km²[21] 'n trekpleister vir trekvoëls
geword. Die Wêreldnatuurlewefonds het hierdie gebied tot een van die belangrikste bewaringsgebiede vir
trekvoëls in Europa verklaar.
Stadswyke van die Munisipaliteit Venesië Die historiese kernstad van Venesië
(Comune di Venezia) met 'n oppervlakte (Centro storico) beslaan sowat 7,98 km2 en
van 415,9 km2 en 'n bevolking van 260 923 word sedert die 12de eeu in ses sesteri of
stadsdele verdeel – drie elk aan
weerskante van die Canal Grande. Die
bevolking het gedaal tot 53 976 in 2017.
Venesië is – as Città Metropolitana di Venezia – een van veertien Italiaanse metropolitaanse stede wat in die
politieke en administratiewe hiërargie aan provinsies gelykgestel is. Die metropolitaanse stad Venesië sluit
Venesië met die omliggende munisipaliteite en stadswyke in en is die regsopvolger van die provinsie
(Venezia), wat geleë was in die Noord-Italiaanse streek Veneto. Dit volg nadat die Wet 142/1990 op die
hervorming van die plaaslike bestuursliggame bekragtig is en op 1 Januarie 2015 in werking getree het.
Die Lega Nord as regerende party in Veneto steun planne om die historiese stad en die vastelandse stadsdele
administratief van mekaar te skei – onder meer omdat die uiteenlopende belange van vastelandse en
strandmeerbewoners nie maklik versoenbaar is nie. In 'n referendum, wat in 2019 gehou is, het kiesers hierdie
voorstel egter verwerp.
Cannaregio se noorde was oorspronklik 'n tuinlandskap met adellike paleise, waaronder die Palazzo Contarini
dal Zaffo en die Palazzo Rizzo, ambassades en die wonings van welvarende kooplui. Weens die hoë belasting
op groen ruimtes het die uitgestrekte parke en tuine in die vroeë 19de eeu verdwyn. Hier het later nywerhede
soos die Saffa-fabriek ontstaan.
Stadsbeplanning
Neoinsularismo
Venesiaanse stadsbeplanning en industrialisering gedurende die 19de
en vroeë 20ste eeu was beperk tot die historiese middestad en
omliggende eilande in die strandmeer. In die Centro storico het die
modernisering van infrastruktuur en behuising ingrypende
veranderinge meegebring. Onder die Oostenrykse bewind is Venesië
se vorige status as belangrike Adriatiese seehawe afgeskaal namate
Triëst tot Oostenryk-Hongarye se poort tot die wêreld uitgebou is,
maar desondanks het die stad teen die middel van die 19de eeu 'n
vroeë fase van industrialisering beleef wat in die 1880's merkbaar
Die graanmeul Molino Stucky,
versnel het. Fabrieke het veral in die Centro storico se mees westelike
genoem na die Switserse
randsone, veral op die eiland Giudecca, en op die eiland Murano in entrepreneur Giovanni Stucky, het in
die noorde van die strandmeer ontstaan. die laat 19de eeu in die weste van
die eiland Giudecca ontstaan.
Die fase van neoinsularismo, wat die ekonomiese en stedelike Ondanks sy Noord-Europese
ontwikkeling van Venesië in die historiese omgewing van die voorkoms – sy Neogotiese
Venesiaanse strandmeer wou bevorder, het kort ná die eeuwisseling baksteenargitektuur herinner aan
ten einde geloop toe die beperkings, wat die klein middestad en stoorhuise in Noord- en
eilande aan verdere nywerheids- en behuisingsprojekte opgelê het, al Oosseehawens – het die gebou Italië
hoe meer duidelik geraak het. Om deel te hê aan verdere industriële se grootste meul gehuisves wat as
vooruitgang, was Venesië daarop aangewese om sy stedelike die modernste en produktiefste in
ontwikkeling na die vasteland uit te brei. Retrospektief beskou was Europa beskou en al vroeg
hierdie veranderde konsep 'n seën vir Venesië se historiese stadsbeeld geëlektrifiseer is. Dit is uitgebrei met
wat radikale modernisering gespaar gebly het. silo's en 'n pastafabriek en het 1 500
werkgeleenthede gebied. In 1939 is
dit by Giuseppe Volpi se SADE-
Uitbreiding na die historiese terraferma of groep ingelyf. Sestien jaar later is
bedrywighede in die kompleks
vasteland
gestaak.[23] 'n Tyd lank was die
kompleks aan verval blootgestel.
Een van die vroegste voorstanders van die konsep van 'n Groter Tans huisves hierdie belangrikste
Venesië of Grande Venezia, wat van die vasteland tot die Lido sou monument van Venesiaanse
strek, met 'n nuwe seehawe as spilpunt van ekonomiese vooruitgang, industriële boukuns, wat sorgvuldig
was die Venesiaanse militaris en politikus Piero Foscari (1865−1923) gerestoureer en omgebou is, 'n
wat in 1905 naas die bou van 'n nuwe hawe ook vir die verskuiwing luukse hotel van die Hilton-groep met
van swaar nywerhede na die vasteland gepleit het. Verder is 'n kroeg en 'n dakterras met
voorgestel om die verouderde behuisingstruktuur van die Centro swembad wat oop staan vir
storico deur modernisering te verbeter en duisende Venesiane (veral besoekers en 'n uitsig oor Venesië
uit die laer inkomstegroepe) in nuwe woonbuurte op die vasteland te bied. Die hotel het sy deure in Junie
hervestig om die heersende druk op die eiendomsmark (met stygende 2007 geopen
huurgeldvlakke) te verminder. Foscari se plan het voorsiening gemaak
vir die herstelling van die sentrale rol wat die Centro storico in die
tydperk van die Republiek Venesië gespeel het – as die middelpunt van 'n stedelike stelsel waarin aan die
verskillende buurte gespesialiseerde funksies oorgedra sou word.
Die ekonomiese omstandighede was gunstig vir 'n radikale hersiening van Venesiaanse stadsbeplanning.
Omstreeks 1900, meer as drie dekades ná die skepping van 'n Italiaanse eenheidstaat, het Venesië daarin
geslaag om die ekonomiese krisis van die 19de eeu te oorkom. Die stad kon sy status as tweede belangrikste
seehawe in Italië na Genua en as voorste Adriatiese hawe handhaaf. Die bestuurder van Venesië se hawe,
Luciano Petit, het in sy artikel Il Porto di Venezia, wat op 3 Augustus 1902 in die dagblad Gazzetta di Venezia
gepubliseer is, die bou van 'n nuwe hawebekken op die vasteland voorgestel.
Laat in 1909 is met die boubedrywighede vir 'n nuwe vastelandse seehawe naby Marghera begin. In 1911 is
die beplanning aangepas deur voorsiening te maak vir 'n industriële hawe met aangrensende woonbuurte vir
werkers. Die eerste fase is in 1913 voltooi, maar weens die Eerste Wêreldoorlog is boubedrywighede in die
volgende jaar voorlopig gestaak.
Die gerestoureerde Centro storico sou as die administratiewe setel en sakespilpunt van Groter
Venesië fungeer, as sy toeristiese hoofbesienswaardigheid, sy kulturele sentrum en as die
buurt waar luukse behuising vir welvarendes sou ontstaan.
Nywerhede en handelsondernemings sou in die nuwe hawebuurt Marghera saamgetrek word.
Die vastelandse Mestre sou as residensiële en sakebuurt dien.
Lido di Venezia sou uitgebou word as eksklusiewe residensiële voorstad en
toeristetrekpleister.
'n Sodanige funksionele verdeling sou ondenkbaar gewees het sonder 'n doeltreffende vervoernetwerk
waardeur die stadsbuurte met mekaar verbind word. Verkeersbeplanning het dus sentraal gestaan in die
fascistiese ontwikkelingsplan. 'n Ander voorwaarde was die uitbreiding van die stadsgebied. Vir die Marghera-
projek is die gebiede van Bottenigo en Marghera met Malcontenta reeds in 1917 by Venesië ingelyf. Ná die
oorlog is Pellestrina (1923), Murano en Burano (1924) en Mestre (1926, saam met Chirignago, Farvaro en
Zelarino) administratief ingesluit by die strandmeerstad. Lido di Venezia het met sy historiese nedersettings
Lido, Malamocco en Alberoni reeds sedert 1883 deel uitgemaak van Venesië.
Porto Marghera
Die hersiene planne vir die nuwe hawe in Marghera het voorsiening
gemaak vir 'n moderne handels- en nywerheidshawe, 'n hawe waar
ruolie-invoere gehanteer kon word en aangrensende industriële sones.
Wes van die hawe is woonbuurte vir 30 000 bewoners beplan. Die
verdrag oor die oprigting van hawe en woonbuurt is op 23 Julie 1917
in Rome onderteken. Graaf Volpi het sekere voorregte ingepalm soos
die eksklusiewe konsessie vir die bou van hawegeriewe. In 1926 is
erwe in staatsbesit kosteloos aan hom beskikbaar gestel en sy
Sononder oor Porto Marghera
uitgawes in verband met die onteiening van privaat eiendomme deur
die staat vergoed. Ook het Volpi staatssubsidies ontvang vir sy
haweprojek. Die munisipaliteit Venesië het die bou van strate en
woonbuurte befonds en hulle van dienste soos riolering, water en beligting voorsien.
Volpi se kragverskaffer, die Società Adriatica di Elettricità (SADE), het beleggings van Italië se grootste
ondernemings deur lae elektrisiteitstariewe bevorder. Veral ondernemings uit die metaalbedryf soos die Società
Alluminio Veneto Anonima (SAVA), die Società Lavorazione Leghe Leggere (L.L.L.), ILVA met staalaanlegte
en Monteccio met lood- en sinkaanlegte het hulle hier kom vestig. Ewe belangrik was die chemiese bedryf met
ondernemings soos Montecatini en die AGIP-raffinaderye, skeepsbou (Cantieri Navali Breda en Cantieri delle
Acciaierie di Venezia) en voedselverwerking (Chiari & Forti S.A. Molini). Hawegeriewe, wat met die Noord-
Italiaanse rivierstelsel verbind is, en verwerkende nywerhede was in staat om onverwerkte goedere te verwerk
en te veredel voordat hulle na hul bestemmings vervoer is. Vir die fascistiese bewind was Marghera se
belangrikheid nie beperk tot die industrialisering van Venesië nie. Dit het ook strategiese waarde gehad in die
bewind se strewe na ekonomiese outarkie.
Vir die nuwe woonbuurte in Marghera, wat volgens planne van die ingenieur Pietro Emilio Emmer ontstaan
het, het onder andere Engelse tuinstede as voorbeeld gedien. In die tydperk tot 1940 is meer as 600
woonstelgeboue voltooi. Anders as beplan het nie net Venesiane uit die digbevolkte Centro storico
aangetrokke gevoel tot die nuwe woonbuurte nie. Ook baie bewoners van ander munisipalieite het begin om
hierheen te verhuis.
Die bevolking van Mestre het eweneens vinnig gegroei, van 11 000 in 1901 tot 22 000 in 1916 en 40 000 in
1935. As oorspronklik selfstandige nedersetting het Mestre kort voor lank 'n periferiese buurt van Venesië
geword wat deur padbouprojekte in die Strandmeerstad se vervoernetwerk geïntegreer is.
In die tydperk tussen die wêreldoorloë is die Biënnale se uitstalterrein in die Giardini Pubblichi uitgebou,
onder meer deur die oprigting van nuwe pawiljoens vir deelnemende lande, dikwels volgens historiserende
boustyle. Die sentrale Italiaanse pawiljoen het in 1932 volgens planne van Duilio Torres as puristiese
neoklassieke gebou ontstaan. Die bou van 'n kasino is nie alleen met die oog op Venesië se toeristiese
aantreklikheid besluit nie, maar ook om finansiële middele te verkry vir die onderhoud van Venesië se
befaamde operateater La Fenice, die herlewing van karnavaltradisies en opelugopvoerings van toneelstukke en
konserte.
Om behuisingstandaarde in die Centro storico te verbeter en die historiese sentrum op te knap volgens sy
nuwe funksies binne die stedelike struktuur van Grande Venezia, is enkele projekte reeds in die 1930's
aangepak. In 1939 het die Progetto per massima per il piano di risanamento di Venezia insulare voorsiening
gemaak vir omvattende herstelwerk en modernisering. Die inwonertal, wat nog in 1931 130 000 beloop het,
sou met 35 000 vermimder word. Bewoners sou hervestig word op die Lido, Sant'Elena, Giudecca, Murano –
of op die vasteland as hulle vir werksgeleenthede in Marghera in aanmerking sou kom. Die woondigtheid sou
verder verminder word deur die bebouing van ongebruikte terrein en landwinning. Naas die restourasie van
historiese geboue is die aanpassing van stedelike strukture deur die bou van hoër woonstelgeboue en die
verbreding van kanale oorweeg. Sommige van die maatreëls, wat onder die fascistiese bewind beplan is, is
ook ná die Tweede Wêreldoorlog nog toegepas.
Vermaakgeriewe op die Lido di Venezia is aangevul deur teaters, feessale, 'n akwarium, kasino, rolprentteater
en die nuwe Luna-park. Lido was steeds 'n woonbuurt vir welgesteldes, maar met die oprigting van nuwe
geriewe soos helioterapeutiese instellings het sy herstellingsgeriewe toeganklik geword vir breër sosiale lae.
Vervoer
Spoorvervoer
Watervervoer
Naby Venezia Santa Lucia is aandoenplekke van Venesië se dieselaangedrewe waterbusse, die sogenaamde
vaporetti met ’n kapasiteit van 230 passasiers, geleë. Hulle vorm die ruggraat van Venesië se watergebaseerde
openbare vervoerstelsel in die Centro storico en die uitgestrekte strandmeergebied met sy verder af geleë
eilande. Lyn 1 verbind Santa Lucia met die langgestrekte strandeiland Lido di Venezia aan die Adriatiese See.
Sy roete langs die Canal Grande verseker dat dit een van die gewildste lyne vir toeriste is.
Motorvervoer
Sport
Bekende boorlinge
Die kabelspoortrein People Mover
Carlo Scarpa, argitek en ontwerper (1906−1978) neem besoekers van die
parkeerterreine op die eiland
Tronchetto na die Piazzale Roma
Verwysings naby die Canal Grande waar hulle
toegang het tot die stad se
1. (it) Tabella venezia.it/ 2. (it) Città di mune.ven
waterbusstelsel
delle sites/comu Venezia: ezia.it/it/co
superfici ne.venezi Movimento ntent/movi
del a.it/files/im demografico. mento-de
Comune magini/sta Besoek op mografico)
di Venezia tistica/tabe 10 Junie 3. (it)
(http://ww lla%20_1 2019 (http Michele
w.comune. _.pdf) s://www.co
Brunelli. g-verzweif ttp://whc.u 25
Dizsionario elt-an-Kre nesco.org/ November
Xenerałe uzfahrtsch en/list/39 2016.
de ła iff-Plage.ht 4) 10. (it)
Łéngua ml) Unesco- "Moviment
Vèneta e 6. (fr) Freddy Welterbeliste oe
łe só Thiriet: La Nr. 394. calcolo
varianti (ht Romanie unesco.org. della
tps://web.a vénitienne Besoek op popolazio
rchive.org/ au Moyen 25 ne: Mestre, die vastelandse deel van
web/2006 Age. Le November Januarie Venesië, met die Ponte della Libertà.
12160743 développement 2016. 2012" (htt 'n Rit oor die brug – per trein of per
27/http://w et 8. (de) p://archiv motor – is 'n besondere belewenis vir
ww.dizsio l'exploitation "Wieder e.comune. besoekers
nario.org/d du die venezia.it/f
izs_ven.p domaine Invasion: lex/cm/pa
df) colonial Ab Mai ges/Serve
4. (it) Gina vénitien kostet Attachmen
Fasoli: La (XIIe–XVe Venedig t.php/L/IT/
Serenissima siècles) Eintritt" (ht D/6%252F
(= (Bibliothèque tps://www.t 6%252F
Novissima des agesspieg 0%252FD.
enciclopedia écoles el.de/gese d8db6914
monografica françaises llschaft/me 6076415a
illustrata. d'Athènes dien/wider c877/P/BL Voga alla veneta
Band. 67). et de -die-invasi OB%3AI
Florenz Rome. Bd. on-ab-mai D%3D528
1937, 193). E. -kostet-ve 06/E/xls).
OCLC 8460813 de nedig-eintr Comune
(https://ww Boccard, itt/240587 di
w.worldca Paris 26.html). Venezia.
t.org/oclc/ 1959, Der 11. (en)
8460813) OCLC 345168 Tagesspie "Venice
5. (en) Die (https://ww gel. 2 islands" (h
Welt, 13 w.worldca Maart ttp://www.v
November t.org/oclc/ 2019. eniceinital
2013: 345168); Besoek op y.com/veni
Trotz 2de 28 Maart ce_island
neuer uitgawe, 2019. s/Venice_i
Verbote – Édition- 9. (it) slands.ph
Venedig Diffusion "Superfici p).
verzweifelt de amministr veniceinit
an Boccard, ative" (htt aly.com.
Kreuzfahrtschiff-Parys p://www.c Besoek op
Plage. 1975, omune.ve 25
Besoek op OCLC 848364692nezia.it/fle November
19 (https://ww x/cm/page 2016.
Augustus w.worldca s/ServeBL 12. (de) Hans-
2018 (http t.org/oclc/ OB.php/L/I Jürgen
s://www.w 84836469 T/IDPagin Hübner:
elt.de/reis 2) a/18700). Die
e/staedter 7. (en) venezia.it. Lagune
eisen/artic Venice Città di von
le1218476 and its Venezia. Venedig
96/Venedi Lagoon. (h Besoek op (http://ww
w.geschic Archaeology Killing the and
hte-venedi of Early Moonlight. environment,
gs.de/lagu Venice. In: Modernism ECGY.
ne.html), Antiquity. in Venice. Boekdeel
in: 73 (1999), New York: 16).
geschichte- bl. 303– Columbia Springer
venedigs.de, 312, hier: University Science &
Abschnitt bl. 307 (in Press Business
Barene, Engels). 2014, bl. 1 Media
besoek op 15. (en) 18. (it) "acqua Netherlands,
14 Maart "Venice e terra: Dordrecht
2017. lagoon. alcuni 2001,
13. (it) Laura Eintrag dati" (htt ISBN 94-
Carbognin: „what is p://www.s 010-0692-
Cenni the alve.it/it/ec X, S. 27–
sulla lagoon", o/pagine/l 60, hier: S.
geologia dann „from aguna/acq 35.
della '300 to ua.htm). 20. (it)
Laguna di '900: the salve.it. "barene,
Venezia e evolution Besoek op velme e
sul of the 25 fondali" (ht
processo lagoon" " November tp://www.s
di (http://ww 2016. alve.it/it/ec
subsidenza. w.salve.it/ 19. (en) Mauro o/pagine/l
(http://ww uk/eco/def Bon, aguna/bar
w.archeos ault.htm). Danilo ene.htm).
ub.it/artico salve.it. Mainardi, salve.it.
li/laguna/l Besoek op Luca Besoek op
gngeol.ht 25 Mizzan, 25
m) In: November Patrizia November
archeosub.it. 2016. Torricelli: 2016.
26 16. (en) The 21. (en)
September Venice, Biodiversity "Venice
2003, Italy in the islands" (h
besoek op Monthly Venice ttp://www.v
25 Weather Lagoon as eniceinital
November Forecast. the Basis y.com/veni
2016 (in (http://ww of a ce_island
Italiaans; w.weather. Sustainability s/Venice_i
aangehaal com/outlo Project. In: slands.ph
deur ok/travel/b Ignazio p).
Hans- usinesstra Musu veniceinit
Jürgen veler/wxcli (red.): aly.com.
Hübner, matology/ Sustainable Besoek op
sien bo). monthly/IT Venice. 25
14. (en) A. J. XX0085) Suggestions November
Ammermann, In: for the 2016.
C. weather.com, Future (= 22. (en)
McClennen, besoek op Fondazione Richard
M. De Min, 25 Eni Enrico Goy:
R. November Mattei Venice |
Housley: 2016. [FEEM] The City
Sea-level 17. (en) series on and its
change Jennifer economics, Architecture.
and the Scappettone: energy, London:
Phaidon 23. (en) R. J. History. Yale
Press B. New University
1999, bl. Bosworth: Haven Press
296 Italian and 2014, bl.
Venice: A London: 187
Eksterne skakels
Wêrelderfenis Wikimedia Commons
bevat media in verband
met Venesië.
(en) (fr) Amptelike Unesco-webtuiste (http://whc.unesco.or
g/sites/394.htm)
(en) Venice and its lagoons (http://www.venicethefuture.com/uk/patrimonio)
Boukuns
(de) Passenger on Earth: Venedig – Ist die ganze Stadt auf Pfählen gebaut? (https://www.passe
ngeronearth.com/venedig-stadt-auf-pfaehlen/)
Musiek
Toerisme
(en) Venezia Unica – Official City of Venice Tourist and Travel Information (http://www.veneziau
nica.it/en)
Grand Tour
Belle Époque
(en) The Guardian, 29 Oktober 2018: Venice flooded by high tide – in pictures (https://www.theg
uardian.com/world/gallery/2018/oct/29/venice-flooded-by-high-tide-in-pictures)
(en) The Guardian, 13 November 2019: Two people die as Venice floods at highest level in 50
years (https://www.theguardian.com/environment/2019/nov/13/waves-in-st-marks-square-as-ve
nice-flooded-highest-tide-in-50-years)
(en) The Guardian, 13 November 2019: Flooding in Venice – in pictures (https://www.theguardi
an.com/weather/gallery/2019/nov/13/flooding-in-venice-in-pictures)
Media
Die teks is beskikbaar onder die lisensie Creative Commons Erkenning-Insgelyks Deel. Aanvullende voorwaardes kan
moontlik ook van toepassing wees. Sien die Algemene Voorwaardes vir meer inligting.