You are on page 1of 2

SKYFIE 1 - INLEIDING

Goeie dag meneer, mede leerders.

Ons lewe in ‘n uiters besonderse tyd. ‘n Era wat nie een van ons onsself net
bietjie meer as ‘n jaar gelede kon indink of selfs grappig verbeel het nie. Dus is
my onderwerp vandag, een van bepeinsing sowel as vooruitsigtelik gedrewe.
Vir die doel van hierdie mondeling is my onderwerp: “Die lewe voor en
realiteite na Coronavirus oftewel “Covid-19”.

SKYFIE 2 - Lewe voor Covid – 19

Sedert die Spaanse Griep sowat 50 miljoen mense wêreldwyd se doodgemaak


het tussen 1918 en 1920, het die samelewing geleer om te leef met die wete dat
daar elke paar jaar ‘n pandemie sou kom wat soortgelyk massiewe getalle
dood sou bring. Die wêreld het egter aangepas deur mediese ontwikkelinge
soos griep inspytings op ‘n jaarlikse basis te doen en ‘n mate van immuniteit
op te bou. Dit het gevolglik toegelaat dat die mensdom kon ontwikkel tot ons
volle potensiaal van geboorte tot dood. Ons kon lewens mylpale soos
geboortes, skool-, werk-, sowel as huweliks suksesse saam vier en ons kon
saam treur vir mislukkings sowel as dood. Papier was koning en het elke
aspek van ons lewens beheer en mekaar met die hand groet en omhels was
algeheel geken as teken van gesond menswees deur sielkundiges, gelowiges
en net “normale” alledaagse leuke.

Dit was ook vir ons in Suid Afrika die norm…tot Maart 2020.

SKYFIE 3 – Die lewe tydens Covid-19

Die Coronavirus het van sy arrivering onmiddelik als gestop. In ‘n oogwink


moes jonk tot oud; nie in ‘n boek nie, maar in ‘n praktiese daaglikse
samelewing, konsepte soos self-isolasie, inperkings, fisieke- of sosiale
distansiëring, verwagte gesigsmaskers en diesmeer aanleer en toepas. Hande
was en ontsmet het ‘n vereiste geraak vir enigeen wat binne of buite hul eie
wonings wou wees en alle aktiwiteite wat nie al die vooraf genoemde
voorskrifte gedek het nie, was totaal verban en selfs onwettig verklaar.

Soos die Spaanse Griep egter gelei het tot ‘n “nuwe” norm, dwing die
huidiglike pandemie ook ‘n “nuwe norm” op ons almal af.

1
SKYFIE 4 – Die realiteite na Covid-19

Die realiteit is as ons tot ‘n mate van “normaal” wil terugkeer, is daar
ongelukkig nuwe lesse wat nie onderhandelbaar is nie. Massa byeenkomste op
die skaal voor die pandemie, is iets van die verlede. Aanlyn funksies en
“Zoom” samekomste, is die nuwe normaal. Die era van papier is verby, die
rekenaar en selfoon is die nuwe boek. Tegnologie is nou ‘n moet om te
verstaan van kindsbeen tot oudag aangesien alle aspekte soos skoolgaan,
werk en net alledaagse kommunikasie, onherroeplik verander is en voortaan
selfs meer sal verander. Fisiese emosies soos vertroosting en vreugde
voortaan sal nie meer deur handdrukke, omhelsings en diesmeer getoon kan
word vir vreemdelinge of buitens-huise familie lede nie en die konsep van
vriendskap sal voort alhoemeer een wees wat beperk word tot sosiale media
(Facebook, Instagram, WhatsApp ens) in die vorm van emoji-belaaide tekste.

SKYFIE 5- Afsluiting

Ek wil afeindig met die volgende: die grootste en mees vreesaanjaende


realiteit van die Coronavirus pandemie is dat dit die samelewing eensamer,
kouer en uiteindelik ondraaglik sal maak vir diegene wat nie kan aanpas met
die nuwe vereistes nie en die res van die samelewing wat wel aanpas, sal net
kan toekyk en nie veel doen nie.

Baie dankie vir die geleentheid om julle toe te spreek.

You might also like