You are on page 1of 1

Monoloog 4

KARAKTER KYK ‘N OOMBLIK NA FOON, ONSEKER. BEGIN DAN VOICENOTE STUUR.

Ek weet jy haat voicenotes, maar ek stuur maar anyway een… Ek is te bang om dit voor jou te sê. En
ek wil nie net SMS nie, want dan lees jy die woorde op jou manier en nie die manier waarop ek dit
bedoel het nie… jy weet hoe awkward dinge kan raak.

Ek wou net eintlik sê… ek dink aan jou.

Nie soos, “ek dink aan jou, hoop jy skryf lekker eksamen” of “ek dink aan jou op jou verjaarsdag” nie.

Ek dink heeltyd aan jou. Elke oomblik van elke dag…

As ek in die bed klim en my oë toemaak, is ek so bly ek kan vir ‘n rukkie jou gesig uit my kop kry,
maar dan begin ek droom… van jou.

[LAG HARTSEER VIR SELF]

Obviously.

So, ja. Dis al wat ek wou sê. Moet asseblief nie weird wees by die skool nie. Ek moes dit net van my
hart afkry.

[KYK ‘N OOMBLIK ONSEKER NA FOON, DELETE DAN VOICENOTE]

En delete.

[SARKASTIES]

Wow, ek’s ‘n dapper muis.

KARAKTER GOOI FOON GEFRUSTREERD NEER.

You might also like