You are on page 1of 13

TOETS B

1. Watter reël word in Suid-Afrika as die vernaamste PADREËL beskou?

A. Wees altyd hoflik en bedagsaam teenoor mede padgebruikers


B. Moenie snelheidsgrense oorskry nie
C. Hou aan die linkerkant van die pad sover as wat dit veilig is

2. Teken L9 waarsku jou dat daar ... voor is.

A. ‘n noodhulppos
B. ‘n spoorwegoorgang
C. paaie wat kruis

3. Onder watter omstandighede, indien enige, word jy toegelaat om jou motorvoertuig aan die
regterkant van ‘n openbare pad met verkeer in albei rigtings te bestuur?

A. Wanneer jy jou motorvoertuig se noodligte aanskakel


B. Wanneer ‘n verkeersbeampte jou se beveel
C. Onder geen omstandighede nie

4. Teken CC9 word gevind by ‘n ...

A. verkeersirkel waar ryvoorrang van toepassing is


B. gevaarlike plek waar daar aan die pad gewerk word
C. skerp draai na regs

5. Jy mag nie ‘n leerlinglisensie kry nie as ...

(i) jy reeds ‘n lisensie het wat die bestuur van dieselfde klas voertuig magtig
(ii) jy vir ‘n tydperk onbevoeg verklaar is om ‘n bestuurderslisensie te kry en die tydperk is nog van
krag
(iii) jou lisensie tydelik opgeskort is en die opskorting nog nie verstryk het nie

KIES DIE KORREKTE KOMBINASIE

A. Slegs (i) is korrek


B. Slegs (ii) en (iii) is korrek
C. (i), (ii) en (iii) is korrek

6. Teken O9 waarsku jou dat daar ...

A. moontlike voetgangers vorentoe kan wees


B. ‘n afgemerkte voetoorgang voor is
C. moontlike skoolkinders naby of op die pad kan wees

7. Wanneer mag jy jou voertuig aan die regterkant van ‘n pad met verkeer in albei rigtings bestuur?

A. Wanneer jy jou voertuig se noodligte aanskakel


B. Wanneer ‘n verkeersbeampte jou so beveel
C. Onder geen omstandighede nie

8. Teken B8 wys jou dat ...

A. ‘n skerp draai na regs kan verwag


B. ‘n eenrigtingpad na regs gaan kry
C. regs moet draai by die volgende pad
.
3

9. Jy mag nie stilhou ...

A. waar jy ook verbied is om te parkeer nie


B. 5 m vanaf ‘n brug nie
C. regoor ‘n ander voertuig waar die ryvlak 10 m wyd is

10. Teken Q7 wys vir jou dat ...

A. die pad van albei kante af nouer word


B. die deurpad eindig
C. daar ‘n nou brug voor is

11. Padmerk RTM 1 in die sketsboekie skets 4, wys vir jou dat jy ...

A. as jy in A ry, duskant die streep moet stilhou


B. as jy in A ry, moet spoed verminder en aan ry as dit veilig is
C. as jy in B ry, jy by A mag verby gaan as daar nie ander voertuie in die kruising is nie

12. Waarskuwingsteken S3 wys jou dat ...

A. daar ‘n moontlikheid van ‘n vloed vorentoe is


B. die pad aan gesien van water eindig
C. daar ‘n laagwaterbrug vorentoe is

13. By ‘n kruising ...

A. kry aankomende verkeer ryvoorrang as jy regs wil draai


B. kry voertuie ryvoorrang bo voetgangers
C. mag jy ‘n stopteken as ‘n toegeeteken gebruik as daar nie ander verkeer is nie

14. Padmerk Y3 wys vir jou dat ...

A. die padoppervlak ongelyk is


B. verkeer aan albei kante daarvan nie mag verbysteek of dit oorsteek nie
C. dit ‘n laan is wat slegs vir busse gereserveer is

15. Waar jy van lane wil verander en vanaf L1 en L2 wil ry (sketsboekie, skets 8) moet jy ...

(i) dit slegs doen as dit veilig is om lane te verander


(ii) jou flikkerligte betyds aanskakel om te wys wat jy gaan doen
(iii) die spieël(s) gebruik om te verseker dat jy van ander verkeer weet

KIES DIE KORREKTE KOMBINASIE

A. Slegs (i) en (ii) is korrek


B. Al bogenoemde is korrek
C. Slegs (ii) en (iii) is korrek

16. Padmerk Z5 waarsku jou dat ...

A. dat ‘n spooroorgang met een spoor voor is


B. paaie vorentoe eindig
C. die deurpad vorentoe eindig

17. Wanneer jy sien dat iemand jou wil verbysteek, moet jy ...

(i) so ver as wat dit veilig is links hou


(ii) nie vinniger probeer ry nie
(iii) handseine gee om die persoon veilig te laat verbysteek

KIES DIE KORREKTE KOMBINASIE


.
4

A. Slegs (i) en (ii) is korrek


B. Al bogenoemde is korrek
C. Slegs (ii) is korrek

18. Wanneer jy teken A6 sien, moet jy ...

A. weet dat daardie deel van die pad slegs vir voetgangers bedoel is
B. voorrang gee vir voetgangers wat oor die pad wil loop
C. stop want skoolkinders kan dalk oor die pad loop

19. Wanneer jy bestuur moet ...

A. jy twee hande op die stuurwiel hou


B. jou uitsig van die pad en verkeer onbelemmer wees
C. jy skoene met rubbersole aan hê

20. Teken R1 waarsku jou dat die pad ...

A. baie draaie het


B. glad is wanneer dit nat is
C. se oppervlakte beskadig is

21. Die wettige spoed wat jy mag ry ...

A. is altyd 120 km/h op paaie buite dorp / stede


B. kan jy self bepaal as jy kyk na die hoeveelheid lane wat die pad het
C. word deur tekens langs die pad vir jou gewys

22. Teken O4 waarsku jou dat ...

A. daar ‘n verpligte polisiestop vorentoe is


B. daar ‘n robot voor is
C. jy nou in ‘n stedelike gebied is

23. Waar is dit wettig om jou voertuig te stop?

A. 4 m vanaf ‘n tonnel
B. 5 m vanaf ‘n voetoorgang
C. 6 m vanaf ‘n spooroorgang

24. Wat wys waarskuwingsteken O3 vir jou?

A. Die pad kronkel vorentoe


B. ‘n Klomp skerp draaie vorentoe
C. ‘n Versteekte ingang na links word gevolg deur een na regs

25. As jy aankom na die sirkel in Z4 en daar is ook voertuie vanaf die ander drie kante, ...

A. moet jy altyd vir die voertuig van regs af wag voordat jy ry


B. mag jy ry as jy die eerste voertuig oor die streep was
C. moet jy saam met al die voertuie stop en ry as dit veilig is

26. Teken BB4 wys jou dat slegs ... daar mag parkeer.

A. goederevoertuie wat laai of aflaai


B. motorkarre wat laai of aflaai
C. konstruksievoertuie

.
5

27. Jy mag nie jou voertuig ...

(i) se enjin sonder toesig laat loop nie


(ii) gebruik as sy petroltenk nie ‘n dop op het nie
(iii) se wiele laat tol wanneer jy wegtrek nie

KIES DIE KORREKTE KOMBINASIE

A. Slegs (i) en (ii) is korrek


B. Slegs (ii) is korrek
C. Al bogenoemde is korrek

28. Wanneer die lig rooi is en die groen pyl flikker na regs soos in X5, wys dit jou dat ...

A. net voetgangers mag stap


B. as jy regs wil draai, mag jy ry
C. alle verkeer daar regs moet draai

29. Wat is die maksimum tydperk wat jou voertuig op een plek buite ‘n stedelike gebied geparkeer mag
wees?

A. 7 dae
B. 48 uur
C. 24 uur

30. Wanneer jy teken S7 sien moet jy ...

A. op die uitkyk wees vir padwerke waar trekkers werk


B. weet dat slegs landbouvoertuie daar mag ry
C. op die uitkyk wees vir landbouvoertuie wat op die pad kan wees

31. Wanneer mag jy nie ‘n ander voertuig verbysteek nie? Indien jy ...

(i) die bopunt van ‘n heuwel nader


(ii) ‘n draai nader
(iii) net 100 m voor jou kan sien as gevolg van rook oor die pad

KIES DIE KORREKTE KOMBINASIE

A. Slegs (i) is korrek


B. Al bogenoemde is korrek
C. Slegs (i) en (ii) is korrek

32. Waarskuwingsteken Q4 wys jou dat ...

A. die pad waarop jy nou ry ‘n grondpad gaan word


B. jy slaggate op die pad vorentoe gaan kry
C. die pad vorentoe eindig

33. As jy by ‘n robot kom waar die rooi lig flikker, moet jy ...

A. stop en wag tot die lig groen is voor jy mag ry


B. stop en indien dit veilig is, verder ry
C. uitkyk vir ‘n padblokkade, want the lig wys vir jou ‘n polisiestop

.
6

34. Wat wys teken J8 vir jou?

A. Jy mag nie vinniger as 100 km/h in die nag ry nie


B. As jy nie verder as 100 m voor jou kan sien nie, moet jy jou ligte aansit
C. Gevaarlike toestande vir die volgende 100 m

35. Die verste wat jou voertuig se dompstraalligte (“dims”) voor jy mag skyn is ... m

A. 45
B. 100
C. 150

36. Padmerke RTM3 in die sketsboekie, skets 8 ...

A. wys jou dat jy nie verder as die voorste een van die twee mag stilhou nie
B. is die lyne waar voetgangers loop
C. is lyn wat nog ‘n verkeerslaan aandui

37. Wat is belangrik in verband met die toeter van jou voertuig?

A. Die toonhoogte van die klank mag nie verander nie


B. Iemand moet dit kan hoor op ‘n afstand van ten minste 45 m
C. Jy mag dit gebruik om iemand wat jy wil oplaai se aandag te trek

38. Kyk in die sketsboekie, skets 6. Wanneer jy padmerk (a) sien, ...

A. mag jy nie daar parkeer nie, omdat slegs ambulanse daar mag parkeer
B. mag jy glad nie daar parkeer nie
C. weet jy dat dit ‘n laan is wat gereserveer is vir noodvoertuie
39. Jy mag ...

A. jou voertuig op die sypaadjie bestuur


B. jou voertuig slegs wanneer dit veilig is agteruit laat beweeg
C. die enjin van jou voertuig laat loop terwyl jy petrol ingooi

40. Indien jy teken B2 sien, weet jy dat ...

A. voertuie met ‘n massa van 10 ton en minder nie daar mag ry nie
B. voertuie met ‘n massa van meer as 10 ton mag nie daar ry nie
C. daardie deel van die pad slegs voertuie kan dra wat tot 10 ton weeg

41. Wanneer het jy ryvoorrang?

(i) As jy binne ‘n verkeersirkel is


(ii) As jy eerste gestop het by ‘n vierrigtingstop
(iii) As jy regs wil draai by ‘n kruising in ‘n tweerigtingpad

KIES DIE KORREKTE KOMBINASIE

A. Slegs (i) en (ii) is korrek


B. Al bogenoemde is korrek
C. Slegs (i) is korrek

42. Pyl E in die sketsboekie, skets 5, wys jou dat jy ...

A. moet regs draai vanuit daardie laan


B. kan regs draai of reguit aanry indien dit veilig is
.
7

C. nog van lane kan verander as jy reguit aan wil ry

43. Die laaste aksie wat jy moet doen voordat jy na ‘n ander laan beweeg is om ...

A. jou flikkerlig aan te sit


B. na jou blindekol te kyk
C. in die truspieël te kyk

44. Teken N3 wys jou dat daar ‘n ...

A. skerp draai na links voor is


B. versperring links van die pad is
C. ompad na links is

45. Jy mag ‘n ander voertuig aan die linkerkant verbysteek ...

(i) as daardie voertuig regs gaan draai en die pad breed genoeg is sonder dat dit nodig is om op die
skouer te ry
(ii) waar die pad twee verkeerslane het vir verkeer in dieselfde rigting
(iii) as ‘n verkeersbeampte jou so ‘n opdrag gee

KIES DIE KORREKTE KOMBINASIE

A. Slegs (iii) is korrek


B. Slegs (ii) en (iii) is korrek
D. Al bogenoemde is korrek

46. Padmerk Y1 wys vir jou dat jy ...

A. moet stop
B. versigtig moet wees vir skoolkinders
C. jy moet toegee vir alle padgebruikers en moontlik ook treine

47. Die lisensie (klaringsbewys) van jou voertuig is vir ... geldig.

A. 12 maande
B. 90 dae
C. 21 dae

48. Teken DD7 wys jou dat ...

A. die pad wat na regs uitdraai, dood loop vorentoe


B. jy nie daar mag draai nie
C. daar ‘n T-aansluiting na regs is

49. Jou voertuig se hoofligte moet aangeskakel wees ...

(i) enige tyd van die dag wanneer jy persone en voertuie nie op 150 m voor jou kan sien nie
(ii) van sonsondergang tot sonsopkoms
(iii) wanneer dit reën en jy nie voertuie 100 m voor jou kan sien nie

KIES DIE KORREKTE KOMBINASIE

A. Slegs (ii) is korrek


B. Slegs (i) en (ii) is korrek
C. Al bogenoemde is korrek

50. Teken T2 wys jou dat daar ‘n ...

A. draai na links voor is

.
8

B. tydelike versperring links van die pad is


C. tydelike ompad na links is

51. By ‘n kruising ...

A. kry aankomende verkeer ryvoorrang as jy regs wil draai


B. kry voertuie ryvoorrang by voetgangers
C. mag jy ‘n stopteken as ‘n toegeeteken gebruik as daar nie ander verkeer is nie

52. Teken A2 wys vir jou dat jy ...

A. by die stopteken links moet draai


B. moet stop en dan links kan draai of reguit aan gaan
C. moet stop maar as jy links wil draai as ‘n toegeeteken kan gebruik

LEES DIE VOLGENDE NOUKEURIG EN GAAN VOORT MET DIE TOETS.


HIER VANAF SAL DIE VOLGENDE VRAE BEANTWOORD MOET WEES.

Vrae 53 tot 60: Reëls en tekens vir motorfietse (kode 1)


Vrae 61 tot 68: Kontroles vir motorfietse (kode 1)
Vrae 69 tot 76: Reëls en tekens vir ligte motorvoertuie (kode 2)
Vrae 77 tot 84: Kontroles vir ligte motorvoertuie (kode 2)
Vrae 85 tot 92: Reëls en tekens vir swaarmotorvoertuie (kode 3)
Vrae 93 tot 100: Kontroles vir swaarmotorvoertuie (kode 3)

BLAAI NA VRAAG ... VIR DIE KODE LEERLINGLISENSIE WAARVOOR JY AANSOEK DOEN

MOTORFIETS (KODE 1) BEANTWOORD NET VRAE 53 TOT 68


LIGTE MOTORVOERTUIG (KODE 2) BEANTWOORD NET VRAE 69 TOT 84
SWAARMOTORVOERTUIG (KODE 3) BEANTWOORD NET VRAE 85 TOT 100

BEGIN VAN TOETS VIR MOTORFIETSE (KODE 1)

53. Jy mag nie ‘n motorfiets met ‘n enjinkapasiteit van ... cc op ‘n deurpad gebruik nie.

A. 50
B. 125
C. 250

54. As jy C2 sien beteken dit dat ...

A. jy daar moet ry
B. jy daar kan ry, maar dat dit nie verpligtend is nie
C. net sekere motorfietse mag daar ry

55. Wanneer is dit oortreding as jy net ‘n leerlinglisensie vir ‘n motorfiets het?

(i) Jy ry op jou motorfiets langs jou instrukteur


(ii) Jy het slegs een hand op die stuurstang
(iii) Jy ry 80 km/h buite stedelike gebiede

KIES DIE KORREKTE KOMBINASIE

A. Slegs (i) en (ii) is korrek


B. Al bogenoemde is korrek
C. Geen van bogenoemde is korrek

56. Teken L3 wys vir motorfietsryers dat ...

A. hulle links van die teken moet ry


B. hulle links van die teken kan ry as hulle wil
C. die deurpad vorentoe na links eindig

.
9

57. Wanneer mag jy met jou leerlinglisensie passasiers op jou motorfiets vervoer?

A. Vir kort afstande as jy nie die spoedgrens oorsny nie


B. Nooit nie
C. Wanneer jou motorfiets ‘n enjinkapasiteit van ten minste 100 cc het

58. Teken J10 wys vir jou dat ...

A. jy nie stadiger as 60 km/h mag ry nie


B. jy nie vinniger as 60 km/h mag ry nie
C. slegs motorfietse groter as 60 cc mag daar ry

59. Wanneer jy op jou motorfiets ry, mag jy nie ...

A. net een hand op die stuurstang hê nie


B. die een wiel van die motorfiets van die grond af hê nie
C. ‘n passasier op ‘n 125 cc motorfiets hê nie

60. Teken G8 wys vir motorfietsryers dat ...

A. hulle daardie deel van die pad moet gebruik


B. hulle daardie deel van die pad kan gebruik
C. daar parkering vir motorfietse is

BESTUDEER SKETS 1 IN DIE SKETSBOEKIE EN ANTWOORD VRAE 61 TOT 68

61. Om te draai, moet jy nommer ... gebruik.

A. 8
B. 1
C. 7

62. Watter kontroles moet jy nooit saam gebruik nie?

A. 2 en 4
B. 4 en 8
C. 4 en 7

63. Watter kontroles moet jy gebruik as jy skerp wil draai?

A. slegs 1, 3, 5, 6 en 8
B. slegs 1, 2, 4 en 8
C. slegs 1, 2, 3, 4, 6 en 8

64. Om te stop, moet jy nommers ... gebruik.

A. 4 en 7
B. 2 en 7
C. 1 en 2

65. Om ratte te verander, moet jy nommers ... gebruik.

A. 1 en 5
B. 2 en 7
C. 1 en 2

.
10

66. Die afstand wat dit neem om jou motorfiets te stop is ...

(i) langer op ‘n nat pad as op ‘n droë pad


(ii) langer as jy vinniger ry
(iii) langer as jy swaarder gelaai is

KIES DIE KORREKTE KOMBINASIE

A. Geen van bogenoemde is korrek


B. Al bogenoemde is korrek
C. Slegs (i) is korrek
67. Om te wys dat jy gaan draai, moet jy nommer ... gebruik.

A. 6
B. 4
C. 8

68. Om vinniger te ry, moet jy nommer ... gebruik.

A. 7
B. 5
C. 8

EINDE VAN TOETS VIR MOTORFIETSE (KODE 1)

BEGIN VAN TOETS VIR LIGTE MOTORVOERTUIG (KODE 2)

69. Die maksimum afstand tussen twee voertuie wat gesleep word is ... m

A. 1,8
B. 2,5
C. 3,5

70. Teken F6 verbied ...

A. minibusse om verby die teken te ry


B. alle motorvoertuie om verby die teken te ry
C. minibusse om passasiers op te laai

71. Die ligte van jou voertuig wat op ‘n openbare pad geparkeer is hoef nie aan te wees nie as jy tussen
sononder en sonop geparkeer is ...

(i) 10 m vanaf ‘n brandende straatlamp


(ii) langs die ryvlak van die pad
(iii) in ‘n afgemerkte parkeerarea

KIES DIE KORREKTE KOMBINASIE

A. Al bogenoemde is korrek
B. Slegs (i) en (iii) is korrek
C. Slegs (ii) en (iii) is korrek

72. Teken K3 wys jou dat jy ...

A. nie daar mag ry tussen 06:00 en 09:00 nie


B. nie daar mag parkeer vir meer as 3 ure nie
C. slegs tussen 06:00 en 09:00 daar mag ry

.
11

73. Dit is onwettig wanneer jy bestuur en ‘n passasier ...

A. direk agter jou sit as jy net ‘n leerlinglisensie het


B. peuter met die motorradio se volume knop
C. ry op die buffer van jou voertuig

74. Teken G9 wys jou dat ...

A. jy daardie deel van die pad moet gebruik


B. jy daardie deel van die pad kan gebruik as jy wil
C. daar is parkering vir motorkarre daar

75. Die groewe van jou voertuig se bande mag nie minder as ... mm wees nie.

A. 0,75
B. 1
C. 1,5

76. Teken F5 wys jou dat ...

A. geen taxis daar mag ry nie


B. geen motorkarre daar mag ry nie
C. jy nie jou motorkar daar mag parkeer nie

BESTUDEER SKETS 2 IN DIE SKETSBOEKIE EN ANTWOORD VRAE 77 TOT 84

77. Om te draai, moet jy nommer ... gebruik.

A. 4
B. 5
C. 10

78. Nommer ... kom nie by ‘n outomatiese voertuig voor nie.

A. 2
B. 6
C. 8

79. Om seker te maak dat jou geparkeerde voertuig nie beweeg nie, gebruik nommer ...

A. 7
B. 8
C. 9

80. Om ratte te verander, moet jy nommers ... gebruik.

A. 7 en 9
B. 5 en 8
C. 6 en 8

81. Om vinniger te ry, moet jy nommer ... gebruik.

A. 6
B. 8
C. 10

.
12

82. Om te stop, moet jy nommer .... gebruik.

A. 9
B. 8
C. 7

83. Die afstand wat dit neem om jou voertuig te stop is ...

(i) langer op ‘n nat pad as op ‘n droë pad


(ii) langer as jy vinniger ry
(iii) langer as die voertuig gelaai is

KIES DIE KORREKTE KOMBINASIE

A. Geen van die bogenoemde


B. Al bogenoemde is korrek
C. Slegs (i) is korrek

84. Watter kontroles moet jy gebruik as jy skerp wil draai?

A. Slegs 1, 3, 5, 6 en 8
B. Slegs 3, 4, 5, 9 en 10
C. Slegs 1, 3, 4, 5, 6, 8, 9 en 10

EINDE VAN TOETS VIR LIGTE MOTORVOERTUIE (KODE 2)

BEGIN VAN TOETS VIR SWAARMOTORVOERTUIG (KODE 3)

85. As jy net ‘n leerlinglisensie vir ‘n swaar motorvoertuig het, ...

(i) moet iemand met dieselfde bestuurderslisensie by jou in die voertuig wees
(ii) mag jy nie op ‘n deurpad bestuur nie
(iii) mag jy nie passasiers by jou in die voertuig hê nie

KIES DIE KORREKTE KOMBINASIE

A. Al bogenoemde is korrek
B. Slegs (i) is korrek
C. Slegs (i) en (iii) is korrek

86. Teken D10 wys jou dat ...

A. voertuie langer as 15 m mag nie verby die teken ry nie


B. die pad is slegs 15 m wyd verby die teken
C. geen voertuie met sleepwaens mag verby die teken nie

87. Jy mag goedere op jou voertuig laai dat dit ...

A. aan die agterkant 2,0 m oorsteek


B. aan die voorkant 450 m oorsteek
C. saam met die voertuig 2,4 m wyd is

88. Teken P9 waarsku jou dat jy nie daar mag ry nie as jou voertuig ...

A. langer as 4,42 m is
B. hoër as 4,42 m is
C. wyer as 4,42 m is

.
13

89. Jy mag passasiers vervoer in ‘n voertuig wat gesleep word ...

(i) as jy net 35 km/h ry


(ii) as die voertuig wat gesleep word ‘n leunwa is
(iii) slegs as die voertuig wat iets sleep ‘n trekker is

KIES DIE KORREKTE KOMBINASIE

A. Slegs (i) en (ii) is korrek


B. Al bogenoemde is korrek
C. Slegs (ii) is korrek

90. Teken W6 wys jou dat ...

A. die pad vurk vorentoe teen ‘n steil afdraend en jy moet stadiger ry


B. jou remme gaan nagegaan word by ‘n stop vorentoe waar jy moet stilhou
C. daar is ‘n stuitbedding voor om te gebruik as jou remme ingee

91. Jy mag jou voertuig nie verder as...agteruit laat beweeg nie.

A. 500 m
B. 100 m
C. wat dit veilig is

92. Teken G2 verbied alle ... om daar te bestuur.

(i) voertuie wat gevaarhoudende stowwe vervoer


(ii) goederevoertuie
(iii) abnormaal voertuie
(iv) swaar voertuie

KIES DIE KORREKTE KOMBINASIE

A. Al bogenoemde is korrek
B. Slegs (i) is korrek
C. Slegs (iii) en (iv) is korrek

BESTUDEER SKETS 3 IN DIE SKETSBOEKIE EN ANTWOORD VRAE 93 TOT 100

93. Om te stop, moet jy nommer ... gebruik.

A. 9
B. 8
C. 7

94. Die afstand wat dit neem om jou voertuig te stop is ...

(i) langer op ‘n nat pad as op ‘n droë pad


(ii) langer as jy vinniger ry
(iii) langer as die voertuig gelaai is

KIES DIE KORREKTE KOMBINASIE

A. Geen van bogenoemde is korrek


B. Al bogenoemde is korrek
C. Slegs (i) is korrek

95. Om ratte te verander, moet jy nommers ... gebruik.

A. 7 en 8
B. 5 en 8
C. 6 en 8

You might also like