You are on page 1of 2

Is jy nog nie seker of jy kompeterende sport moet doen nie?

Eintlik kan
'n kompeterende sport enige iemand baie beïnvloed, veral as dit by
hoërskool kom.
Goeie dag Juffrou en klas.
Kompeterende sport op skool vlak is inderdaad baie belangrik. Nie net
om fiks te bly nie maar ook om jou geestelike geshondheid gesond te
hou.
Kompeterende sport leer hoe om doelwitte te bereik en nooit moed op te
gee nie. En om nooit moed op te gee nie is ‘n goeie karakter eienskap
vir enige iemand se toekoms. Fisiese aktiwiteite is goed, maar as jy
kompeterende sport doen, bou jy nog ’n vaardigheid… vasbeslotenheid.
Jou adrenalienvlak styg, maak nie saak of jy alleen of in 'n span is nie.
Soms voel dit maklik om tou op te gooi, maar met die hulp van 'n span
sal jy 'n persoon word wat nie maklik op gee nie.
Sport verbeter jou fisiese aktiwiteite. Kompeterende sport moedig
jongmense aan om meer te oefen. En jou ervare afrigter sal help, wat
ook help om verhoudings te vorm. As gevolg hiervan, gaan jou fisiese
vorm en gesondheid baie beter wees.
Jy sal in ‘n better bui wees. Kompeterende sport in die algemeen kan 'n
groot impak hê op die manier waarop jy voel. Jy sal die effekte voel soos
jy meer uitgaan en oefen.
In kompeterende sport is daar spanwerk. Kinders leer hoe om in 'n
groep te werk. Dit is belangrik om te leer hoe om in 'n span te werk,
vanaf 'n jong ouderdom. In jou lewe sal jy verskillende mense teëkom,
en dit is van bitterlik baie belangrik om te weet hoe jy daardie mense
gaan benader. Spanwerk is wat help om enige kompetisie te wen. 'n
Goeie werkende, georganiseerde span kan doeltreffend in sport en in
die werklike werkslewe verbeter.
As jy graag aan jou self wil werk, oorweeg dit om enige sport te doen. Jy
sal fisies en geestelik gesond word. ‘n Sport sal jou help om akademies
suksesvol te word. Kompeterende sport is nie net om spanbou te leer
nie- maar dit sal jou ook help om te leer hoe om aan te hou om jou
doelwitte en drome te bereik.
Daar is baie verkillende tiepe sport waaruit jy kan kies. Moenie jou tyd
mors nie en begin nou met ‘n kompeterende sport. Jy sal glad nie spyt
wees oor die resultate nie.
So sukkel jy nogsteed met die vraag of jy ‘n kompeternede sport moet
doen?

You might also like