You are on page 1of 1

Dodelike inkopiesakke

Volgens skatting gaan daar wêreldwyd meer as 100 000 soogdiere, voëls en visse elke jaar dood
omdat hulle weggegooide plastieksakke eet of daardeur versmoor word. In Australië alleen
gebruik kopers elke jaar 6,9 miljard plastiekinkopiesakke, gemiddeld 360 sakke per koper.
Hiervan word ongeveer 25 miljoen plastieksakke op die ou end rommel. Sydney se Sunday
Telegraph het laat in 2002 berig dat supermarkte in Australië tradisionele plastiekinkopiesakke
met bioafbreekbare sakke sal vervang, sodat minder diere daarvan sal doodgaan. Hoewel die
nuwe sakke soos plastiek lyk en voel, word dit van tapiokastysel gemaak en sal dit binne drie
maande vergaan. “Dit is die eerstes wat ons hier in Australië gevind het wat bioafbreekbaar is en
ongeveer dieselfde as gewone plastieksakke kos”, sê Paul Shenston, voorsitter van die
omgewingsdrukgroep Planet Ark. ’n Onlangse opname het getoon dat “81 persent van kopers
‘heelhartig saamstem’ dat bioafbreekbare sakke gebruik moet word”.

You might also like