You are on page 1of 3

SUID-AFRIKA SE

ROOSTERKOEK-
WENNER
ROOSTERKOEK
KAMPIOENE IS HIER!
Ons 2022 Roosterkoekkampioen is hier! Die nuwe kampioen
is uit meer as 20 000 inskrywings gekies.

Jane Bester is die nuwe 2022 Roosterkoekkampioen.


Sy het met haar ouma se resep die titel gewen. Haar wen-
vulsel het uit gesoute botter (die belangrikste bestanddeel),
tuisgemaakte tamatiekonfyt, bokkaas en gebraaide spek
bestaan. Heerlik!

Dié roosterkoek gaan elke Saterdag by


die Mengelmoes Mark te koop wees.

Kom proe hoe proe


‘n wen resep!

2022 Roosterkoek Kampioen

Jane Bester
besoek twinkl.co.za
Suid-Afrika Roosterkoekwenner

Beantwoord die volgende vrae oor die visuele teks:


1. Wat is die titel van die advertensie?

2. Wat moes jy maak om aan die kompetisie deel te neem?

3. Hoeveel inskrywings het die kompetisie gekry?

4. Wie was die wenner van die kompetisie?

5. Het die wenner haar eie resep gebruik? Gee ‘n rede vir jou antwoord.

6. Wat was die wenner se roosterkoekvulsel?

7. Waar gaan die wenner se roosterkoek beskikbaar wees om te koop?

8. 8. Wat sou jy op jou roosterkoek sit as jy vir die kompetisie ingeskryf het?

besoek twinkl.co.za
Suid-Afrika Roosterkoekwenner - Antwoorde

Beantwoord die volgende vrae oor die visuele teks:


1. Wat is die titel van die advertensie?

SUID-AFRIKA SE ROOSTERKOEKWENNER IS HIER!

2. Wat moes jy maak om aan die kompetisie deel te neem?

Jy moet ‘n roosterkoek met ‘n vulsel maak.

3. Hoeveel inskrywings het die kompetisie gekry?

Daar was meer as 20 000 inskrywings.

4. Wie was die wenner van die kompetisie?

Jane Bester was die wenner van die kompetisie.

5. Het die wenner haar eie resep gebruik? Gee ‘n rede vir jou antwoord.

Nee, sy het haar ouma se resep gebruik.

6. Wat was die wenner se roosterkoekvulsel?

Gesoute botter, tuisgemaakte tamatiekonfyt, bokkaas en gebraaide spek.

7. Waar gaan die wenner se roosterkoek beskikbaar wees om te koop?

Elke Saterdag by die Mengelmoes Mark.

8. 8. Wat sou jy op jou roosterkoek sit as jy vir die kompetisie ingeskryf het?

Leerder se eie antwoord. (Bv. fetakaas, ham, aarbeikonfyt, ens)

besoek twinkl.co.za

You might also like