You are on page 1of 34

EBELA260 – BELASTING 1

Boedelbelasting
Handboek afdelings

27.1
27.2
27.3
27.4
27.5
27.6
27.7
27.8
27.9 (Toelaatbare aftrekkings en korting)
27.12
Wat is BOEDELS?

• ”Boedels” = naam wat die wet vir al jou besittings gee wat in geldwaarde
uitgedruk kan word.
• Wat is in die boedel? Al jou bates en laste soos op die dag waarop jy tot
sterwe kom.
• Waarom boedelbeplanning? Om jou boedel oor te dra aan jou erfgename
na jou dood.
• Wie is die erfgename? Familie / Vriende / Organisasies / Regspersone soos
maatskappye.
• Wie is die Eksekuteur? Persoon word aangestel om die boedel te beredder
(af te handel volgens wetsbepalings)
Boedelbelasting

Wat is Estate duty?


= Boedelbelasting wat gehef word op boedels

Wat is die doel van boedelbelasting?


= Om die oordrag van welvaart te belas tussen bestorwe boedels en die
begunstigdes.

Dit is baie dieselfde as skenkingsbelasting.


Skenkingsbelasting word betaal wanneer iemand lewe waar boedelbelasting
betaal word wanneer iemand tot sterwe kom.
Wie is die drie belastingbetalers tydens
boedelbereddinge?

1.
3.
Die oorledene in 2.
Begunstigdes
die finale jaar Die bestorwe
van die
van aanslag boedel
bestorwe boedel
(pro-rata)
1. Bepaal jou bates

2. Bepaal jou laste

Boedel 3. Stel doelwitte


Proses 4. Kies die gepaste tegniek

5. Implementeer boedelplan

6. Hersien jou plan


1. Bepaal jou bates
Identifiseer al die bates
(meubels, voertuie, plase) Bepaal die markwaarde
van die bates m.b.v.
Ook “Geagte eiendom”
Rekenmeester /
en “Vruggebruik”
Prokureur
(Nota)

Bepaal likiditeit (vermoe


Totale waarde van
om skuld te vereffen)
besittings (jou boedel)
Likiede middele =
= Bruto Waarde van die
Kontant, beleggings,
Boedel
lewenspolisse
2. Bepaal jou laste
Identifiseer al jou Bepaal die koste wat
skuld en bepaal die na jou dood onstaan
waarde daarvan. tydens die
bereddering
Bv. Lenings, (afhandeling) van jou
verbande, rekenings. boedel.

Bruto waarde – Laste


= Netto waarde van
die boedel
2. Bepaal jou laste (vervolg)
Oordragskoste
Fooie Advertensiekoste
Wanneer vaste eiendom en
Aan die meester van die Om in staatskoerant te plase na erfgename
hooggeregshof vir adverteer dat jy tot sterwe oorgedra word op hul
goedkeuring van die finale gekom het EN dat alle name.
boedel. skuld eisers mag eis.

Hereregte koste
Dit is die belasting gehef op Verbandkansellasie
Eiendomswaardering
die oordrag van vaste
koste koste
eiendom na erfgename
3. Stel doelwitte

Wie gaan na die


Om jou bates te
versorging van
beskerm
afhanklikes omsien.

Oordrag van jou Voorsiening van


boedel moet teen die voldoende likiede
laagste koste gedoen middele.
word.
4. Tegnieke om boedels te beredder
Trust word gestig terwyl jy lewe om
ondernemings of vaste eiendom in te sit.
Trust inter vivos  Dit word dan namens die erfgename
bestuur teen koste.
Na jou dood = Geen koste

Geskep waneer minderjarige kinders betrokke


is en daar vir hulle voorsiening gemaak word
met die afsterwe van ouers.
Testamentere trust 
Word opgestel na die person ouers se
afsterwe.
5. Implementeer Boedelplan

Regsdokumente word opgestel op grond van die


tegniek wat gekies word in stap 4.

‘’n Lewenspolis word uitgeneem om trust op te rig


indien mens tot sterwe kom.
5. Hersien boedel

Deurlopende proses.
Bv. Verandering wat ‘’n impak op die boedel kan
tot gevolg het, moet in ag geneem word.
(Egskeiding, nuwe baba, nuwe beleggings)
Toelaatbare aftrekkings in Boedels
• Begrafnis en afsterwe uitgawes

• Skuld in RSA en in die buiteland

• Administrasie en likwidasiekoste

• Meestersfooie van die Kommisaris

• Buitelandse eiendom

• Belange wat geskenk was

• Bemakings (bequeath) aan welsynsorganisasies


Toelaatbare aftrekkings in Boedels
• Verbeteringskoste aangegaan aan ge-erfde eiendom wat deur die
begunstigdes aangegaan is.

• Verhoging in waarde van die vruggebruik of fidusiêre belange met behulp


van verbeteringe deur n begunstigde

• Aanwas-eise (accrual claims by huwelikskontrakte)

• Vruggebruik wat deur n vooroorlede gade (predeceased spouse)

• Boeke, kuns, statutere eiendom geleen aan die staat van die RSA.

• Polisopbrengste met die waardering van aandele


Toelaatbare aftrekkings in Boedels
• Bedrae wat die langslewende gade toeval

• Jaarlikse korting van R3 500 000 wat afgetrek word van die NETTO
WAARDE van die boedel en nie van die BOEDELBELASTING
BETAALBAAR NIE.

• (Lees meer detail handboek bl. 1010 – 1017)


Boedelbelasting berekening:
Stap 1: Bepaal waarde van eiendom
Stap 2: Bepaal waarde van geagte eiendom

= BRUTO WAARDE!!!

Stap 3: Verminder met toelaatbare aftrekkings

= NETTO WAARDE!!!
Boedelbelasting berekening (vervolg)
NETTO WAARDE
Stap 4: Verminder met artikel 4A-korting (R3 500 000)
Stap 5: BELASBARE BEDRAG VAN BOEDEL
Stap 6: x 20%
Stap 7: Verminder met toepaslike kortings
Stap 8: Bepaal of enige persone aanspreeklik is vir die boedel belasting
Kapitaalwinsbelasting en boedels
1. Die oorledene
Wat neem ons in ag:
1. Alle inkomste ontvang in die jaar van aanslag
2. Kapitaalwinsbelasting
- jaarlikse vrystelling van R300 000
(nie net R40 000 nie);
- Uitgesluit persoonlikegebruiksbates;
- Uitgesluit primêre woning;
- Potensiële kleinbesigheidbate.
3. Indien die oorledene ʼn inwoner is van die RSA, sal boedelbelasting gehef word
op al sy bates.

Waar die bates geleë is, is IRRELEVANT.


2. Die bestorwe boedel
Wanneer ontstaan bestorwe boedels?
• Wanneer die belastingbetaler tot sterwe kom word daar ʼn nuwe
belastingbetaler geskep.

• Die bestorwe boedel word soos ’n natuurlike persoon belas tot die likwidasie
en distribusie (L&D) rekening gefinaliseer word en die bates in die boedel
oorgedra word na die begunstigdes.

Wat is ‘n L&D rekening?


Die eksekuteur moet binne 6 maande ’n likwidasie- en distribusierekening (L&D-
rekening) by die Meester indien, of uitstel vra. Hierdie boedelrekening dui alle
bates en laste, verdeling aan erfgename en besonderhede van bates buite die
boedel wat regstreeks aan begunstigdes betaalbaar is, aan.
2. Die bestorwe boedel (vervolg)
Faktore wat die afhandeling van die L&D rekening vertraag:
• Daar is verskeie faktore wat die proses kan vertraag nl:
• die oorledene het nie ’n testament nie;
• daar is nie ’n eksekuteur benoem nie;
• uitstaande belasting;
• die waardasie van bates en die goedkeuring daarvan;
• dokumente wat nie opgespoor kan word nie;
• Kontant tekort in die boedel;
• eise word betwis;
• beperkte regte, soos vruggebruik, moet beëindig word;
• vertragings by die Meester se kantoor
Sien voorbeeld van die L&D rekening op die Spens.
2. Die bestorwe boedel (vervolg)
Ingesluit in die bestorwe boedel se belastingberekening:
1. Inkomste ontvang
2. Kapitaalwinsbelasting (ook ʼn insluitingskoers van 40%)

Wanneer ʼn bate oorgedra word vanaf die bestorwe boedel na die gade, word die die koste van die bate geag om gelyk te

wees aan die basis koste van die oorledene.

Wanneer ʼn bate oorgedra word vanaf die bestorwe boedel na die ander begunstigdes, word die die koste van die bate

geag om gelyk te wees aan die markwaarde op datum van dood.

Korting
Vermindering (korting) van R3 500 000 word toegelaat.

Belastingbaar
Boedels < R30 000 000 = belas teen 20%!!!!
Boedels > R30 000 000 = belas teen 25%!!!!
2. Die bestorwe boedel (vervolg)
Scenario A: Oordra na gade
Basis koste van bate was R2 000 000. Markwaarde op
datum van sterwe R3 000 000.

Basis koste = R2 000 000 Basis koste = R2 000 000


Basis koste = R2 000 000
Opbrengs = R2 000 000
Opbrengs = R2 000 000
Kaptiaal wins = Rnul
Kaptiaal wins = Rnul
Die kapitaalwinsbelasting van bestorwe boedel:
Scenario B: Oordra na ander begunstigdes
Basis koste van bate was R2 000 000. Mark waarde op
datum van sterwe R3 000 000.

Basis koste = R2 000 000 Basis koste = R3 000 000


Basis koste = R3 000 000
Opbrengs = R3 000 000
Opbrengs = R3 000 000
Kaptiaal wins = R1 000 000
Kaptiaal wins = Rnul
2. Die bestorwe boedel (vervolg)
Voorbeeld KWB
ʼn Bate met ʼn basiskoste van R100 en ʼn markwaarde van R300 is oorgedra na die bestorwe
boedel van Me. Liz Keen op datum van haar afsterwe. Hierdie bate is toe toegeken aan ʼn
begunstigde, ʼn nie-inwoner gade, Mr. Tom Keen. Aanvaar dat geen verdere uitgawes aangegaan
t.o.v. die bate nie en dat die bate later oorgedra sal word aan Tom Keen wanneer die markwaarde
R350 is.

Verduidelik die KWB implikasies van die bate in die bestorwe boedel.
1. Die bestorwe boedel word hanteer asof dit die bate vanaf Liz gekoop het teen ʼn geagte basis
koste van R300 plus enige uitgawes aangegaan deur die bestorwe boedel, wat in hierdie
geval R0 is.
2. Die boedel word dan hanteer asof dit die bate verkoop aan Tom wat ʼn opbrengs oplewer wat
gelyk is aan = Geagte basiskoste van R300. Die KWB = R300 – R300 = R0. Die markwaarde
van die bate sal geen effek op die KWB vir die bestorwe boedel tot gevolg hê nie.
3. Begunstigde
Gades binne gemeenskap van goedere getroud
= oorlewende gade is verantwoordelik vir 50% van die
belastingbetaalbaar van die gesamentlike boedel.

Sien handboek voorbeeld.


Vruggebruik en Fidusiêre belange
Vruggebruik
• Vruggebruik gee aan die vruggebruiker ʼn gebruiksreg oor eiendom of bates,
lewenslank of vir ʼn bepaalde tydperk, MAAR die vruggebruiker verkry nie
eienaarskap van die betrokke eiendom of bates nie.

• Vruggebruik kwalifiseer as ʼn toelaatbare aftrekking by boedelbelasting.

• Die eienaar van die eiendom is aanspreeklike vir KWB wanneer die eiendom
eendag verkoop word.

• Bv. Vrou kan haar eiendom aan haar seun bemaak onderhewig aan haar man se
lewenslange vruggebruik.
Hoe om die vruggebruikswaarde te bereken?
STAP 1:

• Jaarlikse waarde van eiendom te bepaal as vruggebruik. (Dus 12% van Markwaarde).

MAAR!!!

As die (SARS) kommisaris nie oortuig is dat 12% opbrengs redelik is nie = Ontstaan
Eerste Proviso (First Proviso).

As volle eienaarskap kry van eiendom is die (Tweede Proviso) n verdere beperking
op die vruggebruikwaarde.
Hoe om die vruggebruik / Fidusiêre waarde te bereken (vervolg)

STAP 2: Identifiseer die begunstigde

STAP 3: Bepaal die lewensverwagting van die begunstigde (Tabel A in Appendix D)

: Nota: Gebruik die persoon se ouderdom van sy/haar se volgende verjaarsdag!

STAP 4: Bepaal of vruggebruik vir n sekere tydperk toegestaan was

STAP 5: Die korste van (a) Lewensverwagting (b) Die bepaalde tydperk sal gebruik word as die periode
wat die vruggebruik geniet kan word.

STAP 6: Kapitaliseer die jaarlikse waarde (in STAP 1) per jaar oor die periode wat vasgestel is (in STAP
5) Tabel A kan ook gebruik word om die huidige waarde van R1 per jaar te bepaal oor die begunstigde se
lewensverwagting.
Voorbeeld 1
Mariska is die fidusiêre eienaar van n eiendom met die waarde van
R200000 op datum van haar afsterwe. Op die dag van haar dood moet
die eiendom oorgedra word na Daniel wat nou 38 jaar en 6 maande oud
is.

Bereken die waarde van die fidusiere belang op die datum van Mariska
se dood wat by haar boedel ingesluit moet word.
Voorbeeld 1 Oplossing
Waarde van die eiendom R200 000

1. Jaarlikse waarde @12% (R200 000 x 12%) R24 000

2. Begunstigde Daniel

3. Ouderdom van Daniel op volgende verjaarsdag 39 jaar oud

4. Huidige waarde van R1 oor 39 jaar Tabel A 8.06781

5. Kapitaliseer die jaarlikse waarde


(8.06781 x R24 000) R193 627

You might also like