You are on page 1of 5

TOERISMETREINBEDRY

F
TERMINOLOGIE
1. ROOSTER – Tydtafel wat aandui: dag, datum en rigting van reis,
vertrek en aankomstye en koste
2. WAENS – Treinwa wat ontwerp is om pax te vervoer
3. KOEPEE – ‘n kompartement waar 2 pax geakkommodeer word
4. KOMPARTEMENT – ‘n afgeskorte of aparte vetrek in ‘n groter, toe
area
5. SITKAMER – ‘n gedeelte op ‘n trein, vliegtuig of skip met
verskillende klub- of sosiale funksies
6. TOERISTEKLAS – Die klas akkommodasie op geskeduleerde treine,
vliegtuie of skepe wat op toeriste gemik is – gewoonlik duurder as
ekonomiese klas
7. EKONOMIESE KLAS – Goedkoopste klas verlyf op geskeduleerde
treine, vliegtuie of skepe
8. BEDDEGOEDKAARTJIES – Op sommige treine het reisigers die opsie
om vir die duur van hul reis beddegoed te huur (teen ekstra koste)
9. EETWA – ‘n passasierstreinwa wat maaltye bedien in die formaat
van ‘n vollediens-, aansitrestaurant
10. PENDELAAR – ‘n persoon wat gereeld van een plek na ‘n ander
terug reis
PENDELTREINE EN TOERISTETREINE
• PENDELTREIN – ‘n spoorvervoerdiens vir pax wat hoofsaaklik bedryf
word tussen ‘n stadsentrum en voorstede of dorpe wat ‘n groot getal
pendelaars het bv, metrorail
• Pendeltreine het ‘n vaste rooster
• Pendelaars betaal volgens die afstand gereis of sone waarna gereis
word
• Sitplekke is regop
• Geen kompartemente of beddens nie
• Pendelaars kan kies tussen enkel-, retoer-, week- of maandkaartjies
• Metrorail se tema is “getting South Africa to work”.
• TOERISTETREIN – ‘n trein wat as ‘n langafstandpassasierstreindiens
bedryf word en toeriste en ander reisigers regoor die land vervoer, bv,
Shosholoza Meyl
• Shosholoza Meyl het ‘n weeklikse rooster
• Die treingeld is goedkoper as ande tussen-stedelike vervoer
• Daar is twee bed-koepees en 4 persoon kompartmente
• Daar is stapelbeddens en ‘n wasbak, op elke punt van die waens is
daar gemeenskaplike toilette met storte
• Kan teen ekstra koste beddegoed huur of jou eie bring
• Kan kos aanboord vat of in die eetwa koop
• PRASA (Passenger rail agency of South Africa) bedryf toeristetreine
in SA
• Dit is in staatsbesit en is deel van die Departement van Vervoer

You might also like