You are on page 1of 1

6

BYLAE TOT VOLKSBLAD, Vrydag 30 November 2012

Tuckshop bly n wenner


GREY-KOLLEGE se skoolterrein is 60 ha groot en sluit talle geboue, waarvan sommige ouer as 100 jaar is, en sportvelde in. Leerlinge, onderwysers en besoekers kan etes, koffie, koek en verversings by die Grey Together-koffiewinkel op die skoolterrein geniet. Die koffiewinkel is elke dag van 07:00 tot 17:00 oop. Die skool se bekende Tuckshop bedien steeds n al die jare aan leerlinge hul pie en Coke. Daar is 350 koshuisinwoners in Grey se drie koshuise. Koshuisleerlinge eet in die geskiedkundige Hamiltonsaal. Vriende van die skool kan lekker saamkuier op die ondersteunersdek.

Grey se Tuckshop. Foto: VERSKAF

Op Greykollege se musiekfees wat weer vroer vanjaar aangebied is, het Romanz, Coenie de Villiers en Bianca le Grange opgetree. Foto: VERSKAF

Greymusiek voer botoon


Seuns blink op baie terreine uit
VIR Grey-kollege (sekondr) breek die einde van n era aan met die uittrede van Johan Volsteedt as skoolhoof. Elke einde impliseer egter n nuwe begin en Deon Scheepers, self n oud-Grey-leerling en -onderwyser, neem van Januarie volgende jaar af die leisels oor. Die skool het sy jaarlikse prysuitdelingsgeselligheid op 17 Oktober gehou en daar erkenning gegee aan almal wat die afgelope jaar gepresteer het. Volgens Volsteedt bly akademie die Grey-seuns se eerste voorkeursaak en het die matriekklas van 2011 die skool se naam eer aangedoen met n 100%-slaagsyfer. Wat bedrywighede by die skool betref, is die Grey-seuns baie aktief. Meer as 200 seuns het vanjaar aan die Grey-musiekfees deelgeneem en honderde seuns het in die massakoor gesing. Bianca le Grange, Coenie de Villiers en Romanz was die eregaste op vanjaar se musiekfees. Daar is drie vertonings aangebied, sowel as n vertoning vir 880 minder bevoorregte mense, terminaal siek pasinte en bejaardes wat ook n spesiale ete ontvang het. Leerlinge aan die skool kan ook musiek as vak neem. Talle leerlinge neem klavier en lesse in ander musiekinstrumente as buitemuurse aktiwiteit. Die skool se ensemble het uitgeblink tydens die Music in the Mountains-produksie wat deur die Drakensbergse Seunskoor aangebied is, asook n kultuuraand wat deur die Afrikaanse Hor Seunskool aangebied is. Die GCB-strykorkes bestaan uit seuns uit minder bevoorregte gemeenskappe en tree gereeld op. Indomitus is n sanggroep van 16 lede wat op verskillende geleenthede optree. Die sanggroep vertrek einde vanjaar oorsee om aan n internasionale kompetisie in Bratislava en Praag te gaan deelneem. Die skoolkoor het vanjaar onder meer die provinsiale afdeling van Applous gewen en n goue sertifikaat op nasionale vlak gewen. Die skool beskik ook oor n marimba-orkes, boere-orkeste, die Grey-orkes, gumboot-dansers en Greynamite. Grey spog met n besonderse skoolkoerant, Stabilis. Die koerant, wat al talle pryse verower het, het 35 redaksielede en daar word elke jaar 4 koerante gepubliseer. Die moontlikheid van n e-koerant word ook nou ondersoek. Vier van Grey se Voortrekkers het vanjaar die Hoofleierswageksamen geslaag en het ook die Presidentverkennertoetsing geslaag. Ander prestasies sluit in 5 seuns wat pryswenners was in die Amesa-uitdaging van wie 2 onder die 100 topleerlinge in Suid-Afrika in die Harmonywiskunde-olimpiade geindig het.

Coenie de Villiers op die verhoog tydens die Greymusiekfees. Foto: VERSKAF

You might also like