You are on page 1of 1

8

BYLAE TOT VOLKSBLAD, Vrydag 14 Desember 2012

Sport24
Volksblad
Hendrik Cronj
BLOEMFONTEIN. Die Vrystaatse Rugbyskeidsregtersvereniging het n droomjaar beleef. Twee van sy lede, Lourens van der Merwe en Jaco Peyper, het hulle die afgelope jaar tussen die voorste skeidsregters in wreldrugby gevestig. Met verskeie ander Vrystaatse blasers wat ook sterk op die voorgrond getree het, is di vereniging deur die Vrystaatse Sportmedia as sportsoort van die jaar (rugby) vereer. Peyper se jaar het op n ho noot begin toe hy in die Superuitspeelwedstryd tussen die Crusaders en Bulls in Christchurch geblaas het. Hy was ook in beheer van All Black- en Wallaby-toetse. n Verdere hoogtepunt was sy aanstelling as skeidsregter vir die Curriebeker-eindstryd tussen die Westelike Provinsie en Haaie in Durban. Peyper is in Oktober as Suid-Afrika se skeidsregter van die jaar aangewys. Van der Merwe was ewe voortreflik deur sy buiging op Supervlak te maak, sy Springbok-baadjie te verwerf in sy eerste toets en in n halfeindstryd van die Junior Wreldtoernooi te blaas. Hy was ook die blaser in die eindstryde van die Vodacombekerreeks en o.21-liga. Hy en Peyper het in November ook in belangrike toetse in Europa geblaas. Nog n Vrystater, Marlize Jordaan, het haar vanjaar gevestig as Suid-Afrika se topvroueskeidsregter en is beloon met n posisie op die Internasionale Rugbyraad se sewespaneel vir vroue. Haar seisoen het drie vrouetoetse in die Europese Kampioenskappe, IRR-Hongkong-sewesplaateindstryd vir vroue, en haar eerste o.19-Curriebeker-wedstryd ingesluit. Sy het verskeie interprovinsiale vroue-wedstryde gehanteer en was die skeidsregter in SuidAfrika se vroue-eindstryd. Jaco Kotz het self groot opgang gemaak. Hy het die halfeindstryd in die Varsitybeker-Young Guns-toernooi, die halfeindstryd in die klub-kampioenskappe en die eindstryd in die o.18-Craven-

Jaco Peyper het hom van jaar tussen die wreld se voorste bla sers gevestig. Foto: STEVE HAAG | GALLO IMAGES

Spogjaar vir VSblasers


week-toernooi geblaas. Hy was ook die skeidsregter in die Suid-Afrikaanse Skolespan se drie kragmetings met Frankryk en het sy buiging in die o.19- en o.21-ligas gemaak. Die hoogtepunt van sy seisoen was sy aanstelling as blaser vir die nasionale o.19B-eindstryd. Pieter van Vuuren, Sakkie Meyer en Hendrik Smit is ander blasers wat gepresteer het. Dan was prof. Arrie Schoonwinkel en Gerrit Coetzer baie besig as assessors van Saru en het Gerrie Coetzee hom as televisieskeidsregter onderskei.

Cheetahs beleef puik Supertoer


DIE Cheetahs het wr vanjaar n tree vorentoe in die Superrugby reeks gegee deur hul beste oorsese toer te beleef en ook hul eerste sege in NieuSeeland te behaal. Nadat die sentrale streekspan verlede jaar sy eerste oorsese Supersege be haal het, toe hy die Waratahs met 233 in Sydney geklop het, was hy vanjaar twee keer in Australasi baas. Naka Drotsk se span het van jaar die Melbourne Rebels met 33 26 geklop en het met n sege van 47 38 oor die Hurricanes sy eerste sege in Kiwiland behaal. Die Cheetahs het 11 ligapunte, hul meeste nog, op toer ingesamel. Die jong losskakel Johan Goosen was n groot uitblin ker voor sy skouerbesering, terwyl Willie le Roux ook na vore getree het. Die Cheetahs het in tiende po sisie, hul beste nog, klaargemaak. Jhann Thormhlen

Dry staatmaker vir Blitsbokke


DIE Blitsbokke het n teleurstellende sewesreeks van die Internasionale Rugbyraad (IRR) beleef en is boon op kwaai deur beserings geteister. Paul Treu, afrigter, se span het n vyfde plek in 201112 se IRRreeks behaal en kon nie een van die nege toernooie wen nie. NieuSeeland het die reeks gewen, Fidji was tweede en Engeland derde. Verskeie Vrystaters was deel van Treu se troepe, waar van Chris Dry die grootste uitblinker was. Boom Prinsloo was ook n ge reelde gesig in die span, terwyl Jam ba Ulengo, Philip Burger en Robert Ebersohn ook in aksie was. Met die Blitsbokster Cecil Afrika dikwels beseer, was Treuhulle se beste ver toning in die reeks n tweede plek op tuisbodem. Die Blitsbokke het in die eindstryd in Port Elizabeth met 26 31 teen NieuSeeland vasgeval. Jhann Thormhlen

Jong Bokkies wreldbestes


DIE SuidAfrikaanse o.20 rugbyspan het vanjaar sy eer ste Junior Wreldtoernooi verower en dit boonop op eie bodem. Dawie Theron, breier van die Jong Bokkies, se span het NieuSeeland met 2216 in die eindstryd op Nuweland verslaan. Die voormalige Cheetahsenter Brendan VenterwasTheronsehulpaf rigter, terwyl Jan Serfontein, n oudleerling van Greykol lege, die groot ster was. Ser fontein, die Jong Bokkies se binnesenter, was eindelik die Internasionale Rugbyraad se speler van die toernooi en het ook in die eindstryd n drie gedruk. Verder het baie rug byondersteuners die eerste keer in die toernooi van die Springbokvleuel Raymond Rhule kennis geneem. Die blits het in die halfeindstryd twee drie teen Argentini gedruk. Theron se manskap pe het met elke wedstryd in die toernooi verbeter nadat hulle aanvanklik met 1923 in n groepwedstryd teen Ier land vasgeval het. Jhann Thormhlen

Beserings ry VS in Curriebekerreeks
VANJAAR se eerste verkleinde Cur riebekerrugbyreeks is een wat die Vrystaat sal wil vergeet. Hy het ge sukkel en beserings het daartoe by gedra dat hy laaste geindig het en promosieenrelegasiewedstryde teen die Oostelike ProvinsieKings moes speel om sy Curriebekersta tus te behou. Hy het die Kings daarin met 5314 en 166 geklop. Slegs ses spanne, pleks van agt, het aan 2012 se reeks deelgeneem. Boonop het die beseringspook in sy kamp tent opgeslaan en moes hy in n stadium sonder sowat 12 spelers klaarkom. Jhann Thormhlen

Adriaan Strauss

Strauss blink uit vir Bokke


HOEWEL dit nie n wafferse jaar vir die Springbokke was nie, het n paar Vrystaters uit geblink. Adriaan Strauss het homself met Bismarck du Plessis se besering as die voorste haker in SuidAfrika gevestig en was ook Bokon derkaptein. Die Cheetahkap tein was ook een van min sterre op die Bokke se oorse se toer teen Ierland, Skotland en Engeland. Die Vrystaat losskakel Johan Goosen het vanjaar sy Bokbuiging ge maak. Hy het oomblikke van briljantheid getoon, maar kon in net n paar toetse speel voordat hy sy knie beseer het. Die Vrystaatstut Coenie Oosthuizen het ook vir die Bokke diens gedoen, maar beserings het hom baie van die veld gehou. Raymond Rhule is vir sy spel in die Cur riebekerreeks met n plek in die Bokspan beloon en het einde van die jaar saam ge toer. Die Bokke se eerste jaar met Heyneke Meyer as afrig ter het nie glad verloop nie. Sy span het 2012 met n wen syfer van 58% afgesluit nadat hy net sewe uit 12 toetse kon wen. Jhann Thormhlen

Pote kan tevrede wees met GW


MET n tikkie meer geluk kon Griek was vanjaar tot die halfeindstryd van die Curriebekerrugbyreeks deurdring. Die span van Kimberley het met tye opwindende hardloop rugby gespeel en eindelik vier uit tien wedstryde in die Premierliga gewen. Met die kleinste begroting in die Premierliga, bestaan daar min twyfel dat Pote Human as af rigter uitstekende werk verrig. Hu man se kontraktering van spelers was uitstaande. Verblydend is dat die Griekwasspelers erkenning vir hul spel kry en 17 n die Curriebeker in die Cheetahs se vergrote Super groep ingesluit is. Die heelagter Willie le Roux en flank Marnus Schoeman was twee van Griekwas se groot uitblinkers.

Vaar beste vir Perses in 2012


Die hoogtepunt van die Griffons se rugbyjaar was toe hul vonds van die seisoen, Hansie Graaff, as die die land se eersteligaspeler van die jaar aangewys is. Di los skakel is ook deur die Perses as speler van die jaar vereer. Hulle kon ook nege van hul 14 wedstry de in die eerste liga wen. Hulle het egter in die halfeindstryd teen die Pumas vasgeval. Nog iets wat die breier, Oersond Gor gonzola, brebors gelaat het, is dat hulle vyf wegwedstryde ge wen het. Die Griffons het ook geen probleme ondervind om drie in te ryg nie. Hulle het 65 drie in die eerste liga gedruk, maar 70 afgestaan.

Eindstryd breek Griekwaharte


VANJAAR se eindstryd van die Vodacombekerrugbyreeks is een wat Griekwas nooit teen die Wes telike Provinsie moes verloor het nie. Die Poubloues het op 18 Mei op GWKpark in Kimberley alles in die eindstryd gewen, behalwe op die telbord (1820). Op pad na die eindstryd het die Poubloues vyf uit ses ligawedstryde in die Noor delike afdeling gewen en onstuit baar gelyk. Hul oorheersing het in die halfeindstryd teen n gedugte Blou Bulspan voortgeduur deur dat hulle met 3017 gesevier het. Eindelik kon hulle nie verhinder het nie dat die WP, met Demetri Catrakilis as generaal, koning ge kraai het. Sportredaksie

Raymond Rhule

You might also like