You are on page 1of 16

koffie4p 12/2/10 10:29 AM Page 1

C M Y CM MY CY CMY K

Composite
Die reuk van koffie 3 12/10/10 9:45 AM Page 3

koos kombuis
rubrieke, blogs en ander geskrifte
2006-2010

Human & Rousseau


Kaapstad Pretoria
Die reuk van koffie 3 12/10/10 9:45 AM Page 4

Rubrieke met die vergunning van Rapport, LitNet en


The South African ingesluit.

Die artikel “Koos Kombuis se groot rugbygeheim” is


met toestemming van Sports Illustrated Afrikaanse
Uitgawe gepubliseer. Om in te teken of te hernieu,
skakel 0860 00 7827/SUBS, faks (021) 443 9444
of stuur ’n e-pos aan subs@touchline.co.za

Kopiereg © 2011 deur die skrywer


Eerste uitgawe in 2011 deur Human & Rousseau,
’n druknaam van NB-Uitgewers,
Heerengracht 40, Kaapstad
Bandontwerp deur publicide
Tipografie deur Etienne van Duyker
Geset in 11.25 op 14.5 pt Janson Text deur Etienne van Duyker
Gedruk en gebind deur Paarl Media, Jan van Riebeeck Rylaan 15,
Paarl, Suid-Afrika

ISBN 978-0-7981-5190-0

Alle regte voorbehou


Geen gedeelte van hierdie boek mag sonder die skriftelike verlof van die
uitgewer gereproduseer of in enige vorm of deur enige elektroniese of
meganiese middel weergegee word nie, hetsy deur fotokopiëring, skyf- of
bandopname, of deur enige ander stelsel vir inligtingsbewaring of -ontsluiting
Die reuk van koffie 3 12/10/10 9:45 AM Page 5

word wakker! word wakker! en lees


hierdie boek!

Ja, dis weer ek! Die groot ou met die bont bandana.
Hierdie is ’n versameling van my rubrieke en geskrifte
van die afgelope vyf jaar. In ’n land soos Suid-Afrika waar
dinge so vinnig verander, is vyf jaar ’n lang tyd. En daar
het die afgelope vyf jaar meer gebeur as in die vooraf-
gaande driehonderd jaar, dis gewis!
Ek was inderdaad bevoorreg om in hierdie hoogs ver-
warrende, deurslaggewende, verskriklike, wonderlike tye
’n waarnemer te wees van wat alles hier gebeur. Hierdie
bundeltjie waarnemings en menings bevat die hoogte-
punte van alles wat ek in hierdie tyd kwytgeraak het: in
koerante, tydskrifte en op die internet.
As ek sê “hoogtepunte” beteken dit nie dat my werk
nie soms swak kolle of blapse bevat nie. Ek is in retrospek
spyt dat ek die redaktrise van De Kat ’n “tannie” genoem
het (terwyl sy jonger en mooier is as ek!). Dis natuurlik
deesdae ook nie meer mode om in Steve Hofmeyr se
karakter in te klim nie; maar ai, julle moet erken dit was ’n
heerlike stokperdjie wat ons jare lank besig gehou het.
Ek besef dat party stukke, soos “Ons eerste naweek as
kamperende ouers”, so lank is dat dit lesers dalk aan die
slaap sal sus pleks van wakker maak, maar hou goeie moed,
dit het ’n gelukkige einde.
Die reuk van koffie 3 12/10/10 9:45 AM Page 6

Wat politiek en godsdiens betref, is sommige van my


idees (soos altyd) hoogs aanvegbaar – soos my skoonpa
terdeë besef. Maar nou ja, ons woon in ’n land met spraak-
vryheid, demmit (in elk geval in hierdie stadium nog).
Ek hoop dat julle hierdie reis deur die laaste vyf jaar
saam met my sal geniet, en dat dit julle hoop sal gee vir die
toekoms!

koos kombuis
Die reuk van koffie 3 12/10/10 9:45 AM Page 7

inhoud

van trompie tot fokofpolisiekar 11


die nag toe ons vergeefs 10111 gebel het 15
SIES, DOZI!!! 18
die groot stilte 20
die struggle het weer begin 22
don’t braai for me, jacob zuma 28
miskien moet ons liewer ’n moewie maak oor steve as
’n play 29
help! daar’s ’n bonsai by my braai! 30
en as rugbykykers besluit hulle wil ook staak? 34
’n feëverhaal van ons tyd 37
die groot onvoltooide . . . 40
môre gaan ons hartenbos toe 45
koebaai, oom piet! 51
’n ongemaklike waarheid 53
die reuk van roem 56
die gat waar my pa moes gewees het 59
pas op, die duif in die afrikaner is wakker! 62
die sewe nuwe doodsondes vir afrikaanse mense 65
die derde lewe van colet 66
Die reuk van koffie 3 12/10/10 9:45 AM Page 8

ek wil lewe, en NIE sterwe! 74


tos, tosser . . .? 77
snags hoor ek die krete 80
die aand toe ek gedink het stellenbosch brand af 83
kreatiewe voorstelle vir die praktiese gebruik van die
suid-afrikaanse ruimteprogram 90
koos kombuis se groot rugbygeheim 92
afrikaans is spesiaal, ja – ’n pavement special! 105
kom laat ons twit 108
het ons rêrig die sauk nodig? 113
die nuwe lughawens lyk sommer piele! 115
adam tas en die nasionale selfmoord van die afrikaner 118
wat is ’n suid-afrikaner? 129
“laat die kindertjies na my toe kom . . .” 132
o heer, maak my meer soos kurt darren 135
die eerste dag van my menopouse 139
ons eerste naweek as kamperende ouers 142
die reuke van suid-afrika 150
die dag toe eugene de kock vir my ’n brief skryf uit
die tronk 152
is 2012 regtig die einde? 155
’n vlammetjie van hoop in donker afrika 158
die kind is nie dood nie 161
wie’s ek om zuma oor sy vyf vroue te kritiseer? 164
stil, broers, ’n era is finaal verby 167
moordenaars doen nie sudoku nie 170
die verborge god 172
Die reuk van koffie 3 12/10/10 9:45 AM Page 9

dis hemel op die platteland 177


verlei deur ’n britse stem 181
word wakker, en ruik die koffie! 184
stellenbosch se inner city blues 188
Die reuk van koffie 3 12/10/10 9:45 AM Page 10
Die reuk van koffie 3 12/10/10 9:45 AM Page 11

van trompie tot fokofpolisiekar

Daar is twee soorte mense in die wêreld: dié wat lees, en


dié wat nie lees nie. As jy iemand vra: “Wat lees jy op die
oomblik?” sal die persoon wat lief is vir lees dadelik vir jou
kan sê met watter boek of boeke hy of sy besig is.
Mense wat graag lees, lees elke dag. Al is dit nie nood-
wendig ernstige boeke nie – dit kan selfs net speurverhale
wees – is lees vir sulke mense ’n gereelde aktiwiteit. Hulle
gaan lê saans in die bed met ’n boek.
Ek sien nie neer op mense wat nie lees nie, maar ja, ek
is ’n leser. My vrou is ’n leser. Die meeste mense wat ek
ken, is lesers.
Waar het hierdie leestradisie in my lewe begin? Waar-
skynlik by Trompie.
Soos alle kinders het ek van kleins af prentjieboeke
deurgeblaai. Maar dit was op laerskool dat ek Trompie as
karakter leer ken het, en die feit dat daar ’n hele reeks
Trompie-boeke beskikbaar was, het my laat aanhou lees.
Toe die Trompie-boeke op was, het ek steeds aanhou lees;
ek het die Uile gelees, en Jasper. Toe my Afrikaanse sto-
rieboeke op was, het ek begin lees aan William the Rebel en
The Hardy Boys.
Gister toe die uitgewers vir my die nuut herdrukte

11
Die reuk van koffie 3 12/10/10 9:45 AM Page 12

Trompie- en Saartjie-boeke aflewer – en hoe mooi en


fleurig is dit nie herdruk nie, baie nicer as die destydse
fotoverhaal in Patrys – het ek lank sit en dink oor die pad
wat ek en die kinders van my generasie met Trompie ge-
loop het. Ek het gewonder hoe Trompie vandag daar sou
uitsien. Sou hy ’n iPod gehad het? Sou hy selfoon-porno-
grafie gedownload het? Waar sou iemand soos Trompie
vandag ingepas het in ’n jeugleefwêreld van dwelmmis-
bruik, sinisme en Fokofpolisiekar?
’n Mens hoef maar net vir een dag lank na MK89 te sit
en kyk om te besef in watter vakuum ons jongmense hulle-
self deesdae bevind.
Wat weet vandag se kinders van vrugte steel? En van
kleilat gooi? Ek het in my jeug nog vrugte gesteel, maar
selfs in ons tyd was kleilat gooi al haas onbekend. Ek het
dit net een keer gedoen, teen die plaasklonkies, en agter-
gekom dit kan nogal ’n geniepsige speletjie wees, veral as
jy speel teen kinders met groter vaardigheid as jy.
My eie geslag het ook in ’n vakuum grootgeword, maar
dit was ’n ander soort vakuum. Dit was ’n vakuum sonder
enige inligting van buite. Vandag se kinders word ge-
bombardeer met te veel inligting. Vandag se kinders het
nie net radio en Patrys nie, hulle het televisie, die internet,
iPods, PlayStation, Wii, MXit . . . Daar is te veel opsies;
hulle word te gou groot.
Toe ek jonk was, het ek die era van die Bothas baie
negatief ervaar. My lewe is oorheers deur ouers, onder-
wysers en dominees. Daar was geen humor nie. God was
’n nors ou omie met ’n baard wat alles dophou wat ek
doen. Slegs die Trompie-boeke het my ’n sin van selfre-
spek besorg. Trompie was stout en dit was oukei. Die

12
Die reuk van koffie 3 12/10/10 9:45 AM Page 13

Trompie-boeke en soortgelyke jeugverhale was vir my ’n


lig in ’n donker tonnel.
Omdat ek as gevolg van Trompie besef het dis oukei
om stout te wees, het ek later in my lewe sommer baie
stout geraak. Natuurlik was Trompie se leuse altyd “stout,
maar nooit lelik stout nie”. Dis ’n middeweg wat nie net
ek nie, maar ook vandag se jongmense maklik verloor.
Vandag se jongmense is óf té stout óf nie stout genoeg
nie. Dink maar aan die nuwe Idols-wenner, die Dewald-
mannetjie. Dis asof beide Fokofpolisiekar en die Dewald-
mannetjie te min Trompie-boeke gelees het toe hulle klein
was. Want die een klomp is te stout en die ander skyn-
heilig soet.
Ek weet nie of dit ’n vloek of ’n seën was nie, maar wat
vir my en die jongmense van my tyd eindelik ’n fokus ge-
gee het, was die Voëlvry-protes. Vandag se kinders het nog
nie so ’n fokus nie. En om so ’n fokus te kry is vandag heel-
wat moeiliker as in ons tyd, want die issues waarmee van-
dag se jongmense gekonfronteer word, is eenvoudig so
oorweldigend dat hulle waarskynlik nie weet waar om te
begin nie. Soos die vernietiging van die natuur. Soos werk-
skaarste en regstellende aksie. Misdaad en vigs.
Tog is daar raakpunte. Daar is iets inherent aan die
jeug wat tydloos bly. Op my vraag: “Is Trompie nog rele-
vant vandag?” sê die uitgewer dat die Trompie-boeke
steeds die gewildste jeugboeke by biblioteke is. Dit word
selfs meer gelees as Harry Potter!
Gister het ek hierdie paar paragrawe per e-pos ont-
vang van ’n sestienjarige meisie van die Paarl, Euonell
Grundling:
Ek lê in my bed, luister na die serenade van krieke. Die

13
Die reuk van koffie 3 12/10/10 9:45 AM Page 14

nag-goggas. Hulle sing van die nuwe maan wat hulle sal lei,
wat oor hulle sal waak. Ek word bekoor deur die vars geur van
jasmyn wat die koel suidooster by my venster inwaai. Ek het dit
gemis. Die koue hiberneer-maande het die vreugde van
lentegeure weggejaag. Elektrisiteit het die spoke en God se wa-
kende liggies weggejaag.
Ek mis goed wat ek nog nooit gehad het nie. Ek mis my
somershuisie aan die Weskus wat grens aan die ruwe rotse. Ek
mis my droomryke slaap met oop deure in my huisie sonder
diefwering. Ek mis die eenvoudige kafees in die blok wat hulle
die middedorp noem. Ek mis die mense by die kaai wat lewe van
elke dag se vangs en hulle nie bekommer oor môre nie. Ek mis
die rustigheid van die alleen seevoël oor die magtige branders.
Die lewe gaan my verby. Raka is besig om baas te word en
ek staan en kyk toe.
Solank as wat daar jongmense is, so lank sal daar ver-
beelding en woorde en nuwe idees wees.

die burger

14
Die reuk van koffie 3 12/10/10 9:45 AM Page 15

die nag toe ons vergeefs 10111 gebel het

Dit het begin soos sulke dinge altyd gebeur: iewers in die
buurt het ’n hond begin blaf.
Ek het rondgerol in my slaap, in die middel van ’n nag-
merrie oor Helen Zille in ’n dominatrix-uniform wat my
herhaaldelik met ’n swepie piets.
Net toe ek by die klimaks van die droom kom – die
oomblik toe sy haar bril afhaal – word ek wakker, en voor
ons bed staan drie onbekende mans.
“Ons soek jou selfoon,” sê die een met die balaklawa.
“Ons wil jou vrou verkrag,” sê die een met die tattoos. “Dis
niks persoonliks nie,” verduidelik die een met die Black
Labour White Guilt T-shirt. “Dis slegs deel van ons inisia-
sie as bendelede.”
“As jy ’n nuwe selfoon wil hê, waarom kry jy nie net ’n
upgrade nie?” vra ek die een met die balaklawa.
Intussen het my vrou ook wakker geword. “Gee vir my
die telefoon aan, ou man,” sê sy, “ek sal solank 10111 bel.”
Ek gee vir haar die koordlose telefoon aan, en kyk na
die een met die tattoos. “Jammer, jy sal nie nou my vrou
kan verkrag nie,” sê ek beleefd. “Sy is besig met ’n
oproep.”
“Dis oukei,” sê nommer drie vir sy maat. “Los eers die

15
Die reuk van koffie 3 12/10/10 9:45 AM Page 16

vrou. Dis anyway deel van die nuwe speletjie wat hulle vir
ons inisiasie uitgewerk het. Die victims bel 10111, dan kyk
ons of ons klaarkry voor die polisie kom.”
My vrou gee die foon vir my aan. Ek hou die gehoor-
buis teen my oor. Al wat ek hoor, is instrumentele musiek.
“Love is Blue.”
“Kan ons julle solank vasbind?” vra nommer een ter-
wyl hy ongeduldig op die vloer tik-tik met sy gesteelde
Nike-tekkie. “Daai ouens vat partykeer baie lank om te
reply.”
“Terwyl my man wag dat die polisie antwoord, sal ek
gou vir julle wys watter vorms om in te vul vir julle eie
selfoon-upgrade,” sê my vrou. Sy staan op en trek haar
japon aan.
Intussen stap ek ongeduldig heen en weer met die ge-
hoorbuis teen my oor. “Hulle speel darem nie meer ‘Love
is Blue’ nie,” sê ek. “Dis nou daai dobby-dooby-liedjie.”
“Van Freshly Ground? Dis my favourite!” sê die ou
met die tattoos. “Kan ek bietjie luister?”
Ek gee die gehoorbuis vir hom terwyl ek solank vir
nommer drie gaan wys waar ons bankkluis is. Hy mag dit
wel nie oopbreek voor die polisie geantwoord het nie, ver-
duidelik hy, maar dit sal tyd spaar as hulle solank die plan
van die huis memoriseer. “Veral as ons ’n quick getaway
moet maak.”
Terwyl ek solank die ketel aansit vir koffie, hoor ek die
ou met die gehoorbuis in die kamer kla: “Hulle sê net
heeltyd your call will be answered. En hulle speel nou
‘Pampoen’ van Steve Hofmeyr.”
“So kan dit nie aangaan nie!” sê die balaklawa woe-
dend. “Besef hulle nie tyd is geld nie?”

16
Die reuk van koffie 3 12/10/10 9:45 AM Page 17

Ek loop kamer toe. “Gee my die foon,” sê ek. “Ek wil


daai mense ’n slag behoorlik uitkak wanneer hulle eendag
besluit om op te tel.”
Ek druk die gehoorbuis teen my oor. “You are number
five hundred and twelve in the queue,” deel ’n blikkerige
stem my mee voor “Pampoen” plek maak vir “Lisa se
klavier”.
“Kom ons waai liewerster,” sê die balaklawa. “Waar’s
jou karsleutels?” vra hy vir my.
“Jou stupid!” sê nommer drie. “Ons het mos met ons
eie kar gekom!”
Ek slaak ’n sug van verligting, want my kar het ’n
tracker device in, en almal weet daai goed werk glad nie.
“Is julle seker julle wil nie bly vir koffie nie?” vra ek.
“Ons het melktert,” sê my vrou.
“En dié tyd van die nag is daar gewoonlik ’n lekker
stout moewie op TV,” probeer ek hulle ompraat.
Maar hulle hou Nike-tekkie by stuk. Die nag is nog
lank, daar is ander mense om te rob, en hulle kan nie
langer vertoef nie.
“SMS ons julle nommer, dan maak ons volgende keer
by julle ’n draai,” sê my vrou.
“Weet jy,” sê ek vir haar terwyl ons op die stoep staan
en wuif terwyl hulle met hulle gesteelde kar by die bure
oorkant die straat se oprit inry, “sulke dinge gee my weer
hoop vir ons land en sy mense.”

rapport

17

You might also like