You are on page 1of 1

Vroeggebore baba se verhaal

Allegra Lategan is op 29 Julie op 22 weke en vier dae in die Netcare Blaauwberg-hospitaal gebore.

Gewig by geboorte

515 gram
Gewig tans

890 gram
Gewig van n botterbak

500 gram
Die eerste drie dae
Dr. Ricky Dippenaar, neonatoloog, besluit om haar in n klein plastieksakkie te sit om haar vel, wat nog nie ontwikkel het nie, te beskerm.

Ingrypings
n Spesiale broeikas, Giraffe, arriveer drie dae later. Die broeikas het 100% humiditeit en skep die atmosfeer van n baarmoeder waar Allegra beskerm is teen lig en klank. Binneaarse voeding deur n aar in haar naelstring. Monitering word deur n tweede aar in die naelstring gedoen. Operasie om blokkasie in ingewande op te klaar op 31 Augustus. Allegra op 1 September van asemhalingtoestel ontkoppel. Sy kry elke twee uur 10 ml borsmelk.
ELSAB BRITS; MORN SCHAAP, Graka24

You might also like