You are on page 1of 2

uitgawe #002

NUUSBRIEF VAn DIE ATKV SE TAALAFDELInG | DESEMBER 2013


@ATKVSA

facebook.com/ATKVSA

youtube.com/ATKVBemarking

www.atkv.org.za

ATKV-Spelathon brei uit WAT gaan


In 2014 bied die ATKV, as deel van n beoogde nasionale spelinisiatief, aan graad 9-leerders (huistaal en eerste addisionele taal) die geleentheid om aan di opwindende spelkompetisie deel te neem. Die sluitingsdatum vir inskrywings is alreeds 3 Februarie 2014. Di kompetisie bevorder geletterdheid, onderl taalvaardigheid, beklemtoon regverdigheid en deursigtigheid, bevorder gesonde kompetisie, sinchroniseer met assesseringstandaarde, bied innoverende onderrigmetodes en betrek leerders op alle intelligensievlakke. Skole kan navrae oor inskrywings rig aan: Eunice Scharnick by eunices@atkv.org.za of 011 919 9018.

REDAKSIONEEL
Die ry in die munisipale kantoor beweeg vinniger as wat ek verwag het dit sou. Ek was reeds vanoggend om sewe-uur hier om my buitensporige ho kragrekening te beveg! Al die bewyse is in my lertjie en ek is reg vir enige gebeurlikheid. Ek beland in hokkie 4 by mnr. Samuel Baloi. Op my vraag oor hoe ons gaan kommunikeer, want ek verkies eintlik Afrikaans, is sy vriendelike antwoord: Toemaar meneer, ons sal regkom! En so kom ons toe ook reg albei met brokkies Afrikaans en brokkies Engels en nadat ek gehelp is, groet ek met sala hantle en hy met totsiens. Voor ek loop, voltooi ek n vorm om die gehalte diens te evalueer. My regmerkies is in al die blokkies onder die gesiggies met die bre glimlagte. Want so voel n man wat in sy moedertaal deur iemand gehelp is wie se moedertaal dit nie is nie, maar wat wil diens lewer met n gesindheid van ons sal regkom. Inderdaad: so sal ons in Suid-Afrika regkom! Evelyn D. Ferreira

Die ATKV beywer hom vir billike taalregte vir almal in n meertalige SuidAfrika. Lees die Wet op die Gebruik van Amptelike Tale, Wet 12 van 2012, in verstaanbare Afrikaans op www.atkv.org.za. Die wet maak voorsiening vir hoe die gebruik van amptelike tale gemplementeer moet word. Afrikaans is die grootste moedertaal in die Noord-Kaap (53,8%) en die Wes-Kaap (49,7%). Dit is die tweede grootste moedertaal in die Vrystaat (12,7%), die Oos-Kaap (10,6%) en Noordwes (9%). Dit is die derde grootste moedertaal in Gauteng (12,4%). Afrikaans is dus in ses van die nege provinsies een van die drie grootste moedertale. Staatsdepartemente het tot 1 November 2014 tyd om taalbeleid daar te stel.

- regte

Die verskyning van n nuwe deel van die WAT is n gebeurtenis van groot belang vir Afrikaans. Deel XIV het pas verskyn en daarmee word nog n gedeelte van die Afrikaanse woordeskat in sy wydste omvang vasgel. WAT XIV bevat 10 000 verklaarde woorde en uitdrukkings. Die WAT is dus nie n Sannie van die plaas nie (jong dame wat redelik ongesostikeerd en naef is), maar dit is nogal skanghagha (heel goed of bevredigend). WAT XIV los ook die raaisel op van wat skarumba (niks of glad nie) beteken, en sitbokbiltong, en samowar, en sakaboela en sinchroonskakeling, en sitsewinkel, en sikofant. Bestel dit teen R350 (viniel-uitgawe) of R650 (leeruitgawe) by wat@sun.ac.za of 021 887 3113.

DR WILLEM BOTHA

vir WAT?

STEL- LIG
In hierdie rubriek maak ons stellings wat dikwels oor Afrikaans gemaak word. Hoe voel jy daaroor? 1. Ons is verniet bang dat Afrikaans sal uitsterf. Ons moet dit net praat. 2. Afrikaans is eietyds en modern en daarom is ons verniet bang vir die negatiewe invloed van Engels op die taal. Stuur jou kommentaar na: evelynf@atkv.org.za.

MEER OOR TALIG -TALIG is n nuusbrief wat die leser inlig oor en lig werp op wat ons: vir ons taal doen; oor ons taal glo; oor ons taal laat lag; oor ons taal laat huil; en oor ons taal laat wonder.

AFRIKAANS IN DIE BRITSE RYK


Mariann Ochse van Vanderbijlpark skryf: Oor meertaligheid en die verskoning oor die gebruik van Afrikaans wil ek graag die volgende met u deel: My dogter, Francien, haar man en twee kinders (4 jaar en 16 maande) woon al sewe jaar in Londen. Hulle praat suiwer en goeie Afrikaans en suiwer en goeie Engels (met die aksent en al). Selfs die vierjarige Marli weet dat as sy by die skool opgelaai word, praat hulle net Afrikaans. Geen vermenging van beide tale nie. Hulle skool en omgewing is Engels, maar die ouers kry dit reg. Tuis word Afrikaanse boeke, DVDs en CDs gebruik en hulle gaan ook na die biblioteek en neem Engelse boeke uit. Tydens n vakansie in Suid-Afrika in Junie was klein Marli so opgewonde toe sy hoor dat mense in die winkels Afrikaans praat. Sy kon dit net nie glo nie! Mense gebruik die verskoning dat hulle in n Engelse omgewing werk en daarom verswak hulle Afrikaans. Dit hou dus nie water nie. (Vir haar aktuele brief ontvang Mariann n eksemplaar van n Dief aan die kers van Anton Prinsloo.)

Tinteling-

talig

Dr Anton Prinsloo

Die AKTV-bekroonde spotprenttekenaar, Fred Mouton, steek in hierdie ruimte onder andere die draak met die invloed van Engels op Afrikaans en ook met hoe ons mense se Afrikaans klink.

Luister met

IN DIE KOL-LIG
Vra maar...
Prof. Anne-Marie Beukes (links) en mnr. Johan Blaauw (regs), onderskeidelik ondervoorsitter en voorsitter van die Suid-Afrikaanse Vertalersinstituut (SAVI), by die ATKV se taalpraktisyn, Karien Brits, tydens n SAVI-vergadering.

nuwe ore
As jy iemand wil oornooi, s jy kapit yt of stiek yt? Hoe dit ookal sy n mens moet met trots kennis neem van die variteite van Afrikaans wat dit n ryk, dinamiese en interessante taal vol kleur maak. Hiers n paar voorbeelde van Kaapse Afrikaans: Jy lewe aspris Jy lewe roekeloos en sonder n doel; Sy is bus Sy is bemoeisiek; Waar kry jy daai kop? Is jy mal?; Hy is onner kaarte Hy is vol streke en slim stories; Sy is tog te poenankies Sy is baie oulik; My ouma is baing laai-laai Sy laat nie met haar sukkel nie. (Bron: Beeld [By], Saterdag 16 Nov 2013). Het u dalk iets interessants oor die Afrikaanse taal om te deel? Laat weet gerus. Stuur u bydraes na naomiv@atkv.org.za en deel die kreatiewe aard van Afrikaans met ander Afrikaanssprekendes.

Oudsenator (nou wyle) Dawie van Zijl het vertel hoedat hy byna n eeu gelede sy fortuin in diamante in die delwerskamp by Delportshoop gaan soek het. Die delwers het in tente gebly en daar was talle uitlanders, veral Engelse, wat ook die klippe kom soek het. Een Oukersdag het daar n beskeie jong man opgedaag ene Aucamp. Met di van het hy daar gehoort, want in Frans beteken dit in die veld, op die kamp. (Die camp is ook verskuil in die ou beddens met die ho style wat ledekante genoem word: dit kom juis van n verkeerde uitspraak van die Frans lit de camp, dit wil s veldbed.) Daar was nie n kerk nie, maar elke Sondagaand het n Engelse predikant n diens daar gehou. Aucamp is na die Kersdiens toe al het hy nie n woord van die vreemde taal verstaan nie. By sy terugkeer het hy opgewonde vertel hoe wonderlik gul hy ontvang is: die gemeente het die blye lied: Aucamp is n doring, gesing. Later meer hieroor. Die woord Oukersdag of aand het tot so tien jaar gelede die bewaker van ons taal by n sekere koerant (n susterskoerant van ander susterskoerante) ontstel. Oujaars(dag)aand is heel logies: dit is die laaste aand van die ou jaar. Maar Oukersaand is nie die laaste aand van die ou Kers nie en het dus aan logika ontbreek. Dit moes dan Voorkersaand wees. (Nie dat Kersdag ooit as Kers bekend gestaan het nie.) Gelukkig het die sprekers van Afrikaans dit so dikwels gebruik dat dit aanvaar is. En Aucamp? Die Aucamp is n doring-lied wat hy gehoor het, was die Engelse weergawe van Kom herwaarts getroues, naamlik Oh come let us adore Him. Hoe wonderlik dat ons taal, selfs onbedoeld, n mens se hart kan verbly.

TAALNAVRAE
Stuur taalnavrae na karienb@atkv.org.za

E-tolwoordeskat: Gantry of gauntry is n steier of stellasie, maar in die konteks van die e-tol het die Afrikaanse Taalkommissie die woord tolpoort aanvaar. Tolpoorte is dan die stellasies met pers ligte wat in Gauteng opgerig is. Tolhekke is die bemande betaalpunte soos ons hulle al jare lank ken.

Die Afrikaanse Olimpiade word jaarliks aangebied om leerders se tegniese taalvaardighede te toets en verder te slyp. Vanjaar het daar bykans 10 000 leerders aan die Afrikaanse Olimpiade deelgeneem. Die Senior Olimpiade-vraestel is deur 6 188 leerders geskryf en 3 370 leerders het aan die Junior Olimpiade deelgeneem. Vir meer inligting kontak Jeann Naud: jeannen@atkv.org.za

You might also like