You are on page 1of 28

Bulletin 2

2016

Gemeente van die AGS


An Apostolic Faith Mission Congregation

Ons missie is om mense na Jesus toe te lei op enige manier!

Our mission is to lead people to Jesus by any means


possible.

BEDIENINGE / MINISTRIES
Abigails
Admin

Wendy Strydom
Petru Groenewald

Chaplain / Kapelaan

Richard Thomson

Ouderlinge / Elders

Johan Stemmet

Gebedsaksie / Prayer action


Jeug / Youth

Hannes van Rooyen


Emile Verreynne

Kinderkerk / NL3Q

Thys Verreynne

Kommunikasie /
Communication
Manne / Men @ 6

Zelda Roscherr

Learn 2 Lead

Dave Smith

Musiekspan / Worship team

Annie Naud

NuweLeweLand Akademie

Maraleze Bosman

Nuwe Lewe Studente Sentrum

Tina Verreynne

Sondag / Sunday Creche

Alet Stemmet

Tegnies / Technical

Stephan van der


Walt
Frans White

Terrein & Geboue /


Maintenance
Transformasie /
Transformation
Vroue / Women

Cobus Uys

Tina Verreynne
Elsa van Heerden

084 501 7377


0733705416
Petrugroenewald@telkomsa.
net
083 990 1910
Coaching77@gmail.com
082 572 3855
lelanie@telkomsa.net
084 517 1226
079 624 3021
e13verreynne@gmail.com
082 867 9086
CMVerreynne@gmail.com
082 469 0094
zelda@churchstreet.co.za
082 789 5079
Tafelkop4x4@gmail.com
082 990 7955
davesmith@afriguide.co.za
079 877 3929
annienaude@gmail.com
083 301 9047
nuweleweland@gmail.com
023 100 0049
CMVerreynne@gmail.com
079 346 1086
lelanie@telkomsa.net
079 311 9971
izaksvdw@gmail.com
073 318 1626
whitesons@telkomsa.net
076 287 4415
CMVerreynne@gmail.com
083 641 5826
elsa.vanheerden1234@gmail.
com

OMGEEGROEPLEIERS
Johan van Nooi

079 977 3123

ashver@xpoint.co.za

Elsa van Heerden

083 641 5826

elsa.vanheerden1234@gmail.
com

Leon Steenkamp

082 414 0756

leon@makelaar.co.za

Albert Esterhuyse

076 242 3635

ap.esterhuyse@gmail.com
2

VERJAARSDAE / BIRTHDAYS
03/2016
5
Hennah Flesch

Annamarie
Boyder

8
14

9
24

Thys Verreynne
Henley
Booysen
Willem Boyder

10
24

Hanette
Rautenbach
Petro Strydom
Maretha Visser

31

Mieke du Toit

Amy van Zyl


(10)
Elizma Gous

12

Allen Roscherr

19

Mario van Dyk

25
31

Jaco du Plessis (7)


Samantha Beukes
(15)
Louisa Booysen
Markus du Toit

04/2016
3
Albert Esterhuyse
14
30

Petru Groenewald
Charmaine Bruwer

26

9
15

HUWELIKSHERDENKINGS / ANNIVERSARIES
03/2016
8
Christine & Kootjie Laubscher
9

Alta & Dave Smith

17

Jaco & Charmain Bruwer

28
29
30

Jo & Ollie Prentice


Edith van Niekerk
Annetjie & Danie Pienaar

04/2016
5
Johan & Daleen
Marais
5
Cherise & William
Thomson
7
Fred & Hanette
Rautenbach
16
Ronel & Philip Fouch

Indien jou inligting verkeerd is of nie ingesluit is nie,


laat weet asb vir Petru Groenewald per epos:
petrugroenewald@telkomsa.net. Ons wil graag die
gemeente databasis op hoogte hou.

UIT PASTOOR LOURENS


DONDERDAG?

SE HART:

GOEIE VRYDAG

OF DALK

In Deuteronomium 16 en Eksodus 12
kan `n mens die opdrag lees wat God
aan die Jode gegee het, naamlik om elke
jaar op `n spesifieke tyd die Pasga te
vier. Hierdie fees was `n herdenking
van die feit dat God die Israeliete uit
slawerny bevry het. Volgens God se
opdrag moes die Jode `n gewoonte
vestig. Hulle moes die Pasga in die Lente vier, op die vooraand
van die eerste volmaan.
Die Nuwe Testament vertel die verhaal van Jesus se kruisiging.
Ons lees dat Jesus tydens die pasga gesterf het. In daardie tyd
het Jerusalem uit sy nate gebars. Daar was soveel Jode wat
gekom het om die groot fees te vier. Wat `n wonderlike
bevestiging weer eens Jesus het die ware betekenis van die
Pasga vervul. Hy was die ware Offerlam ja die lam van God
wat die sondes van die wreld wegneem! Op die Vrydag van die
Pasga (so vertel Lukas 23:54) het Jesus aan die kruis gesterf.
In ons eie tyd werk ons met die gedagte dat `n nuwe dag
amptelik om middernag begin. In die Bybel sien ons egter
telkens dat die dag amptelik tot `n einde gekom het wanneer die
son gesak het. Dit is waarom die Jode hul Sabbatsfees op `n
Vrydagaand al vier, alhoewel Saterdag eintlik die Sabbat is.
Net so sien ons dat Jesus en sy dissipels op die Donderdagaand
bymekaargekom het om die pasga saam te eet. Ons ken dit as

die Laaste Avondmaal. Die viering van die pasga kon begin
omdat die son alreeds vir hulle gesak het.
Dit is dus interessant om te besef dat Jesus die Nagmaal op `n
Donderdagaand ingestel het. Dit was op die vooraand van die
Vrydag wat Hy die beker opgelig het om te s: Hierdie is die
Nuwe Testament in My Bloed (Lukas 22:20). Op hierdie
Donderdagaand wat Jesus ges het: n Nuwe gebod gee Ek julle,
dat julle mekaar moet liefh; soos Ek julle liefgehad het, moet
julle ook mekaar liefh. Op hierdie Donderdagaand wat Hy die
voete van sy dissipels gewas het. Ja, dit was op hierdie
Donderdagaand wat Hy bloed gesweet het in Getsemane. Op
hierdie Donderdagaand wat Hy daar in hegtenis geneem is.
Om hierdie rede het tallose kerke deur die eeue heen op die
vooraand van Goeie Vrydag al begin met die herdenking van
Paasfees. In ons eie gemeente, Nuwe Lewe Montagu, was dit oor
die afgelope paar jaar vir ons `n gesende ervaring om so in die
skemering van `n Donderdagaand by die kerk bymekaar te
kom, en die instelling van die Nagmaal, ja meer nog, van `n
Nuwe Verbond, op hierdie manier te gedenk. Sluit gerus op
Donderdag 24 Maart om 19:00 by ons aan vir hierdie spesiale
byeenkoms. Ons diens sal tweetalig wees, en ons gaan saam die
nagmaal gebruik.
Sien jou graag daar.

Sengroete

Pastoor Lourens.
5

DR ISAK BURGER KOM BESOEK ONS WEER


SONDAG 13 MAART.
Isak Burger is waarskynlik die langsdienende
kerkleier in die land. Hy is in April 1988
verkies as president van die AGS. Hy is
sedertdien telkens weer herkies - ook met
die kerk se eenwording in 1996.
Hy is gebore op 10 Mei 1951 in Kaapstad, het
grootgeword in Pretoria en sy teologiese studies asook sy doktorsgraad voltooi
aan dieTeologiese fakulteit van die NG kerk aan die Universiteit van Pretoria.
Hy bedien twee gemeentes (Balfour en Witbank-sentraal) vanaf 1974 voordat
hy in 1982 as registrateur en dosent van die AGS Teologiese Kollege aangestel
word.
Isak Burger het veral bekend geword as prediker en later ook as skrywer. Hy
tree by verskillende tussen-kerklike byeenkomste, nasionale en internasionale
konferensies op. Hy is skrywer en medeskrywer van 'n hele aantal boeke en
talle artikels in verskillende tydskrifte. Die sirkulasiesyfers van sy boek, Die
Eerste Vyf Minute na die Dood, het ongekende afmetings afgeneem en is in
verskillende tale vertaal.
Hy is een van die stigterslede van Christelike Televisie in Suid-Afrika en het
gereeld oor televisie opgetree. Ook oor die radio en veral Radio Kansel word sy
stem gereeld gehoor.
Isak dien reeds sedert die vroe negentigs op die "Advisory Committee" van die
World Pentecostal Fellowship en is in 2004 verkies tot die Uitvoerende Komitee
van hierdie liggaam. Hy was mede-voorsitter van die 20e Wreld
Pinksterkonferensie wat in 2004 in Suid-Afrika gehou is. In September 2010
word hy as vise-voorsitter van die Pentecostal World Fellowship verkies.
Isak plaas 'n ho premie op 'n gesonde en fikse liggaam en besoek die
gimnasium gereeld. Hy geniet ook sy jaarlikse jag- en hengeltogte.
Hy is getroud met Heletia en die egpaar het drie kinders - 'n seun en twee
dogters. Hulle woon in Silver Lakes in die Ooste van Pretoria.
http://www.isakburger.co.za/#!biografie/cqn6
6

Bydra deur Annie Naud

Passion 2016 Kaapstad het Saterdag 13 Februarie by Groenpunt Stadion plaas


gevind. Dit was n okkasie wat ek vir maande na uit gesien het. 30 000 mense
het bymekaar gekom en n onvergeetlike aand beleef.
Die aand het afgeskop met n lied wat die kerk van Christus herinner dat Jesus
weer terug kom.
Like a bride waiting for her groom
We'll be a Church ready for You
Every heart longing for our King
We sing
Even so come
Lord Jesus, come
Dit was vir my opvallend hoe die woorde ingeskakel het met die reeks
boodskappe van Dr. Lemmer du Plessis, wat ons vroer die week gehoor het,
oor die wederkoms. Dis belangrik dat ons praat oor die wederkoms, dit kweek
hoop in die harte van die Dissipels van die Here.
Op n stadium tydens die aanbidding het die kerkleiers van Kaapstad saam op
die verhoog gestaan en ons gelei in gebed. Ons het die Here gevra en vertrou vir
herlewing in ons land. 30 000 was op hul knie voor die Here neer gebuig.
Want daar is geskrywe: So waaragtig as Ek leef, s die Here, voor My sal elke
knie buig, en elke tong sal God bely. - Rom 14:11

Die Boodskap was later die aand gebring deur Louie Giglio en het gehandel oor
Een Woord. Een woord kan n merkwaardige impak in n mens se lewe maak.
Baie van ons laat toe dat een woord ons lewe definier. n Woord soos
Egskeiding of Enkellopend, Wit, Swart, Ja of selfs Nee. Jesus het n ander woord
wat Hy oor ons uitspreek. Dit was Sy laaste woord voor Hy gesterf het aan die
kruis. Tetelestai (Dit is volbring). Aan die kruis het Jesus afgereken met die die
ou wettiese sisteme, met die sondige natuur en met self (Rom. 6:6). Jesus
Christus se doodsertifikaat was ons geboortesertifikaat en ons moet toelaat dat
die Here Sy woorde van hoop oor ons uitspreek. Ons is aangemoedig om eerder
aan die Here se woorde vas te hou as die vyand sn. Tetelestai.
Die aand was afgesluit met n wonderlike tyd van lofprysing en aanbidding.
Ons het terug Montagu toe gekom vol hoop vir ons land. Die vorige aand het 40
000 mense in Loftus bymekaar gekom vir dieselfde rede. JESUS. Om die skare so
te sien aanbid laat my ook besef dat die Here nog nie klaar is met ons nie.
Die pad van die regverdiges is soos helder oggendlig wat groei en sterker word
tot dit heeltemal dag is. Spreuke 4:18

KINDERBEDIENING
Bydrae deur Thys Verreynne | thysentina@vodamail.co.za

n Teks wat vir my baie beteken is Markus 10:13 tot 16. Dit is die baie bekende
gedeelte waar Jesus die kindertjies sen. Ons lees dit baie, haal dit baie aan,
maar het ons al werklik dit ook oordink? Kom ons kyk na die gedeelte.
Jesus is dikwels gekritiseer omdat Hy te veel aandag gee aan kinders, sondaars
en belastinggaarders. Daarom het Sy dissipels gemeen dat Jesus eerder Sy tyd
moet deur bring met vername leiers in gesagsposisies. Die dissipels het egter
gedink dat die kinders nie Sy tyd en aandag werd was nie en dat ander
belangriker dinge Sy aandag nodig het. Jesus het egter die kinders verwelkom,
aangesien hulle die soort geloof het waar deur n mens in die koninkryk van God
kom. Daarom is dit ook uiters belangrik vir ons om ons kinders aan Jesus voor te
stel en hulle nie te weerhou van die Een wat hulle liefhet nie. Net so is dit ook
egter belangrik om self met kinderlike geloof en aanvaarding tot Hom te nader.
Dit was n alledaagse gebruik vir mas om hul kinders na die priesters te neem
om gesen te word, daarom het hulle toe die kinders na Jesus geneem om
gesen te word. My vraag is egter, in vandag se tyd, is dit nog steeds n
hartsbegeerte by ons om ons kinders na die kerk te neem? Is ons kinders se
geestelike lewe ook so belangrik vir ons? Ag, die kinders is moeg, jy moet
verstaan hulle het gisteraand laat TV gekyk n Algemene verskoning. ( Ek hoop
nie jy het al daai een gebruik nie !) Hoe belangrik is ons kinders werklik vir ons.
Ons leer hulle by die Kinderkerk dat hulle eendag in die hemel mekaar sal
herken, want hulle vraag is altyd Gaan ek vir Mamma en Pappa daar herken?
Gaan ons weer saam wees? En Ouma en Oupa?
Kom neem nou ook daardie versekering uit dat jy verseker kan wees jy en jou
gesin sal saam by Jesus wees. Josua het self verklaar ... maar ek en my huis, ons
sal die Here dien. (Josua 24:15) Maak dit ook die leuse van jou gesin en vertrou
Hom kinderlik.
Kinders is BAIE BAIE belangrik vir Jesus, hulle is kosbare besittings, pas hulle
mooi op vir Hom, want Hy vertrou jou met Sy kinders.
9

Maraleze Bosman | nuweleweland@gmail.com

THE CHILD CARE AND PRESCHOOL TEACHER POEM

Although I am not their parent,


I cuddle them each day.
I cuddle, sing and read to them
And watch them as they play.
I see each new accomplishment
And help them grow and learn.
They come to me for comfort.
I sooth away their tears.
They proudly show their work to me.
I give the loudest cheers.
No, I am not their parent,
but my role is just as strong.
I know some day the time will come,
when we may have to part.
But I know each child I have cared for, is forever
in my heart.
-Author unknown
10

BARMHARTIGHEID
Daleen Marais

So week gelede kry ek een oggend die Manna


boodskap en n gedeelte uit Ps.78 word behandel
en veral die 38ste vers, wat dui op, God wat
barmhartig bly en medelye met ons het, omdat Sy
liefde onuitputbaar is. Dit het my laat nadink oor
hoe groot God se barmhartigheid eintlik is en wat
dit in ons lewens beteken en wat ek en jy daarmee
gaan doen.
God se barmhartigheid het jou gered van jou sonde!
Jou verlossing is 100% God se werk! In Rom 9:16 staan : Dit hang dus nie af
van 'n mens se wil of strewe nie, maar van God wat barmhartig is. Jou
verlossing is gebore uit God se barmhartigheid.
Ons uitverkiesing, ons verlossing, ons posisie voor God staan en val by een ding
- die barmhartigheid van God.
God verwag nou van jou en my wat soveel barmhartigheid van hom ontvang
het, om barmhartigheid aan ander te gaan bewys.
Nou kan jy vra wat presies bedoel ek as ek van barmhartigheid praat? Wel daar
is geen beter manier om barmhartigheid te verduidelik as deur die storie van
die Barmhartige Samaritaan in Lukas 10:25-37.
Barmhartigheid is om nie verskonings te soek nie. Waarom het die priester en
die Leviet nie gehelp nie? Hulle het verskonings gehad. Barmhartigheid is om
nie verskoning te soek nie, maar om uit te reik na iemand in nood, ongeag wat
die situasie is.
Barmhartigheid is om die persoon in nood se behoefte hor te ag as jou eie.
Jesus s in sy storie dat die Samaritaan op reis was. Hy was iewers heen op
pad! Hy moes by die ander plek uitkom! Maar sy sake en sy bestemming was
nie vir hom so belangrik dat hy nie tyd gehad het vir die man wat seer gekry het
nie. Om ware barmhartigheid te betoon beteken om minder bekommerd te
wees oor jou eie sake en meer om te gee vir ander en hulle pyn.
Om iemand wat seergekry het jammer te kry. Wat s Jesus se storie, waarom
het die Samaritaan gehelp? Hy het hom jammer gekry. Ons kan die woord
barmhartigheid ook vertaal met medelye. Die woord beteken presies wat hy s,
om saam met die lydende persoon te ly. Om sy pyn te voel en daadwerklik
daarby betrokke te raak! Barmhartigheid is medelye in aksie!
Om te doen wat jy kan. Die Samaritaan het dadelik by die man gestop, hom
versorg met wat hy by hom gehad het. Hierdie is nogal belangrik. God vra nooit
11

vir jou om iets te gee wat jy nie het nie. God vra dat jy 'n naaste vir iemand
anders moet wees met dit wat tot jou beskikking is. Wat het jy tot jou
beskikking waarmee jy iemand anders kan help? Jy het tyd. Barmhartigheid is
om tyd by iemand te spandeer. Om met medelye te gaan sit en luister. Dikwels
kan jy nie die persoon se probleem oplos nie, maar deur bloot by die persoon te
gaan sit en met medelye te luister, doen jy reeds wat God van jou verwag.
Barmhartigheid is ook om meer van jouself te gee. Die Samaritaan neem die
man na 'n herberg toe. Hy oornag een nag saam met hom. Die volgende more
met sy vertrek gee hy vir die herbergier nog geld en hy belowe om as hy
terugkom te vergoed as daar nog onkoste was. Die Samaritaan is nie van plan
om van die man te vergeet nie. Hy het betrokke geraak. Hy het van homself
gegee. Sy krag, sy aandag, sy geld en hy het hom in sy gedagtes gehou. Dit is om
ware barmhartigheid te bewys.
Barmhartigheid is om medelye te betoon sonder 'n verskuilde motief. Waarom
het die Samaritaan gedoen wat hy gedoen het? Ek kan met geen ander
antwoord vorendag kom as dit wat in Lukas 10:33 staan nie: ... en toe hy hom
sien, het hy hom innig jammer gekry. Hy was nie gemotiveer deur wat die man
vir hom gaan terug doen nie. Hy was nie gemotiveer deur eie voordeel nie. Hy
was gemotiveer deur sy innige medelye met die man wat seergekry het. Jy kan
slegs aanspraak daarop maak dat jy barmhartigheid bewys as jy dit sonder
verskuilde agendas doen.
Waarom moet jy barmhartigheid bewys? Jy moet barmhartigheid bewys omdat
God onuitspreeklike barmhartigheid aan jou bewys het. Ons harte moet sag
wees teenoor die mense wat hulleself in moeilike omstandighede bevind. Ons
moet barmhartigheid betoon aan alle mense. Ons moet barmhartigheid betoon
of dit nou vir ons lekker is of nie. Ons moet barmhartigheid betoon of dit ons
baie kos of nie. Ons moet barmhartigheid betoon tot op die punt wat dit ons
seermaak. God het lankal reeds die grootste moontlike vorm van
barmhartigheid aan ons bewys. As ons dan die wonderlikste barmhartigheid uit
God se hand ontvang het, hoe kan ons ons rug op ander draai wat ons hulp en
bemoediging nodig het?
Is dit nie dan vir jou baie duidelik
wat die uiteinde is van die wat
barmhartigheid bewys nie, aan
hulle sal barmhartigheid bewys
word. God het barmhartigheid
aan ons bewys, daarom moet ons
barmhartigheid aan ander bewys.
Gesend is di wat barmhartig is,
want aan hulle sal
barmhartigheid bewys word Matteus 5:7
12

WHAT IS THAT AROMA?


Contribution by Zelda Roscherr

The Romans had a some very interesting laws and some equally gut wrenching
punishment. We are most familiar with the cruel punishment of crucifixion. But
do you know that they also bound the corpse of a murder victim to the back of
the condemned murderer! This was a death penalty and it was illegal to remove
the corpse from the body of the guilty party. The dead body would start
decaying. The sickness and vile germs of the corpse would eventually kill its
host. As you can imagine, the stench of the rotting, decaying corpse would
surround the carrier wherever he went. In fact, it not only followed him but it
probably announced his arrival well in advance!
Have you ever tried to carry a heavy object? When it weighs you down, your
back is bent and you can only look down. It is impossible to lift your head and
look at the road in front of you. You can definitely not look up at the horizon or
even the skies.
What corpse do you carry on your back? Bitterness, unforgiveness, being easily
offended, hatred, pessimism, addiction? When people see or hear you, does
the stench of the corpse reach them before you do. Does the stench linger long
after you have left? The corpse on your back tends to become all consuming.
People start knowing you by your corpse.
The good news is that we can lay that body down at the foot of the cross! You
dont need to carry the corpse on your back. You can choose to exchange the
sickly smell of death clinging to you for the sweet aroma of salvation. Jesus not
only carries your burden but He makes you a new creation. He removes the
smell of decay and replaces it with His sweet fragrance.
The first step is to accept Jesus as your Saviour. Let go of the past and the
offenses. Embrace your new life. Make the decision every day to let your life be
a Christ-like fragrance to God (2 Cor 2:15).

13

14

15

Bydra deur Tina Verreynne

Met die eerste kwartaal wat goed op dreef is en met


die kinders wat so besig is, kan ons net van
dankbaarheid getuig dat daar n Studentesentrum is.
Tans is daar 23 kinders waarvan 19 kinders elke dag
by die nasorg is om hul huiswerk te doen. Die kinders
het hul eie idees van die nasorg geskryf en julle kan
lees wat hulle indrukke is.
Justin: Dit is baie lekker. Ek het baie maats en ek
hou daarvan om by die parkie te speel. Ek hou
daarvan om bok-in-die-hok te speel. Ek hou baie van
die nasorg.
Angelo: Daar is baie maatjies en ek hou van die maatjies.
Zo: Die nasorg gaan om die dissipline wat tannie Tina gee. Dit is lekker as
almal hul deel doen en dan stry niemand nie.
Marn: Dit is so lekker hier by die nasorg, want die tannies help ons met die
huiswerke. Ek het baie vriende hier en ons speel lekker speletjies saam en ons
vertel mekaar van die Here. Dankie baie!
Alex: Die nasorg is baie lekker vir my.
SG: By die nasorg moet ons luister en moet ons die huiswerke doen. Ons moet
soet wees.
Gehano: Die nasorg is lekker. Tannie Tina en tannie Annamarie help ons met
ons huiswerke en dis baie lekker by die nasorg. Die speletjies is ook baie lekker.
Kayla: Die kos is baie lekker en dit is veilig hierso.
Chersteline: Dit is so lekker hier by die nasorg. Dit is heerlik om saam met die
maats te speel.
Anton: Hier is baie maatjies. Ek hou van my huiswerk. Ons speel en teken
lekker saam.
16

Herman: Ek hou daarvan om met die blokke te speel en om te teken en om te


leer om te skryf.
Jaco: Ek hou daarvan om te speel. Die huiswerk is ook lekker.
Andy: Die nasorg is baie lekker. Ek dink dit is goed om hierdie nasorg te hou,
want ek kan myself dik eet. Die kos is WOW! Dit is baie lekker en vol smaak.
Kyle: Ek hou daarvan om die ronde bal legkaart te bou. Ek hou van teken en om
te speel.
Churwin: Ek hou van die maats en om gehelp te word met my huiswerk.
Mia: Ek is bly oor die maats en al die hulp wat ek kry met my huiswerk.
Emile: Ons speel lekker by die nasorg en ek hou van om bok-in-die-hok te
speel.
Luan: Ek leer om my naam te skryf en doen my huiswerk.
Jules: Ek speel lekker en hou van die maats.
Dit is met vrymoedigheid dat ek n versoek rig aan elk in ons gemeente. Ons
benodig opvoedkundige en lekker storieboeke vir die kinders om hulle mee
besig te kan hou, terwyl die ander hulle huiswerke moet voltooi of as die weer
dit nie toelaat om buite te kan speel nie. Bou speelgoed sal baie welkom wees,
bv. legos, legkaarte, bordspeletjies en houtblokke.
Dankie vir al die gebede en belangstelling in die Studentesentrum. Ons
waardeer julle!
Groete Tina en Annamarie

17

Die afgelope tyd kon ek baie na dink oor die feit of jy n vetgevoerde gansie in
die kerk is en alles net vir jouself hou, of soos n emmer is vol gate wat hoor en
tog alles weer net laat uitloop. Is jy n doener en gaan jy en doen wat jy weet jy
moet doen! Ons as gelowiges het tog almal die opdrag om te gaan en om die
Woord te gaan verkondig. Net daar waar jy is, in jou huis, jou bure en om jou
geloof in Jesus regtig uit te leef elke dag en nie net op Sondae nie. Daar is soveel
geleenthede waarby jy betrokke kan raak. As jy nie uitreik na ander nie, kan
niemand na jou uitreik nie. Ons moet betrokke wees in ons gemeenskap en so
die vrug dra van jou geloofslewe sodat jy self net soveel meer kan groei en sterk
kan staan in die gemeenskap.
Ek wil die vroue uitdaag in ons gemeente om by die poppiebreiprojek in te
skakel om te help dat elke kind in ons gemeenskap n poppie sal kry om deur dit
te leer dat elke kind spesiaal is en om te leer wat kindermolestering is en wat
om te doen. Kom vrouens, kom ons brei poppies en doen so ook ons deel om
ons kinders in ons gemeenskap te beskerm. Kontak vir Tina by 076 287 4415 en
vind meer uit oor die patroon van die poppies.
Bid asseblief vir die Ackermans se veiligheid! n Bom het in Ankara ontplof, maar
hulle is veilig. Dit is baie gevaarlik tans daar en ons bid vir hulle beskerming.
Wessel en Joan vd Merwe doen nog sendingwerk in Angola en hul seun, Tiago,
is tans in die Paarl, waar hy studeer vir n siviele ingenieur. Bid vir sy studies en
dra hul as ouers op aan die Here. Tree altyd in vir hulle gesondheid, beskerming
en om te volhard in hul roeping as sendelinge.
Lees in Rom 15:1-6 die voorbeeld wat Christus vir ons gestel het. Ons moenie
aan onsself dink nie: elkeen van ons moet aan ons naaste dink en aan wat vir
hom goed is en wat hom in die geloof kan opbou. Ja, die Woord is vir alle
mense!
Mag julle Sy liefde daagliks ervaar.
Groete
Tina

18

OP MY RUSBANK MET:
ALET & JOHAN STEMMETT
Bydra deur Susan Retief | completehealthandbody@gmail.com

Wat kan nou lekkerder wees as om twee geliefde vriende aan julle voor te
stel? 'n Kykie in die lewe van hierdie twee spesiale mense laat 'n mens weer
glo opregtheid, vriendskap, lojaliteit en dissipelskap.
Johan Willem Stemmet en Aletta Alida Smit is op 8 Januarie 1994 getroud.
Hulle het twee pragtige dogters Lelanie (19 jr) en Izel (17 jr) Op Elkana boer
Johan hoofsaaklik met hoenders en Alet is 'n Geregistreerde Verpleegkundige
en mamma.
Was jy oortuig dat Johan die man was wat God vir jou uitgekies het?
Ek het vir die Here gevra om asseblief vir my iemand te gee wat eerstens die
Here sal dien met alles wat in hom is en tweedens my beste vriend sal wees;
met wie ek alles kan deel en wat ek met my lewe kan vertrou iemand
standvastig en betroubaar na wie ek kan opkyk en wie ek kan respekteer;
iemand wat eerlik met my sal wees (dood-eerlik) sonder om my seer te maak
'n verantwoordbare maat - deur dik en dun. En as bonus, dat hy nie sal rook en
alkohol gebruik nie!!
Johan is nie juis vreeslik romanties nie, maar het al vroeg in ons verhouding vir
my ges dat ek die vrou is waarvoor hy die Here gevra het en dat hy met my
gaan trou wanneer ons 'n huis kan bou op die plaas dit het 3 jaar geneem.
Was God julle anker, reg van die begin van huwelik af?
Ja, Hy was. Ek kan nie dink hoe mens jou verskille uitsorteer sonder die inspraak
van die Heilige Gees in jou huwelik nie. Ek en Johan is albei hardkoppig, so hoe
19

oortuig twee harde koppe mekaar wie is reg en wie nie? Dit is iets wat slegs die
Heilige Gees kan doen.
In 'n terugblik op ouerskap watter rol speel Christus in die grootmaak van
kinders, beide vir die ouers en kinders?
Vir my is dit absoluut noodsaaklik om jou kinders in Christus groot te maak. Dit
is die enigste iets wat jy kan doen om jou kinders te help om die regte keuses te
maak wanneer hulle die wye wreld ingaan. Jy kan van jou kant af vir hulle leer
wat is reg en verkeerd, morele waardes en norme en dies meer, maar sonder
geestelike inspraak is dit maar 'n wankelmoedige storie. Jou voorbeeld is
natuurlik ook baie belangrik, maar ons is almal feilbare mense, so in die
gemeente-opset, is dit vir my goed dat daar ander kinders van die Here is wat
vir jou kinders 'n rolmodel is en wat ons hulle leer, vir hulle bevestig. In ons
gemeente is baie sulke mense, waarvoor ek so dankbaar is!
Lelanie is hierdie jaar Universiteit toe. Hoe berei jy jouself voor, sowel as jou
kind wat nou vir die eerste keer haar ouerhuis verlaat?
Ek dink dit wat 'n mens jou kind oor die lewe en keuses wil leer, moet begin
vanaf hulle doekdra-dae, dis te laat om te begin wanneer hulle tieners is. Party
ouers vertel van die gesprekke wat hulle met hulle kinders gehad het voor hulle
universiteit toe is, maar ek het niks gehad om te s nie, behalwe dat ek altyd
daar is as jy 'n oor nodig het en dat ek jou vreeslik baie gaan mis. Ek het niks
anders gehad om te s nie, dit het vir my gevoel alles is klaar gepraat deur die
jare.
Dit is vir my erg om my kind vir wie ek 18 jaar lank met alles in my beskerm het,
nou die vreemde in te stuur, en skielik twyfel mens of jy wel genoeg gepraat
het, of jou voorbeeld goed of sleg was, of jou kind sterk genoeg sal wees om op
te staan vir dit waarin sy glo, of sy wysheid sal h om te onderskei tussen goed
en kwaad? Al wat my troos is dat ek weet die Here is die Een wat vir elkeen van
ons sorg, baie beter as wat ek na my kind kan kyk en dat die Heilige Gees haar
ook sal lei.
Veral in die stadium waarin ek nou is waar sy nog haar voete vind en haar
vriende moet kies is daar party dae wat ek so erg wens sy was nou eers in graad
1, sodat ek elke middag wanneer sy huis toe kom haar skrape kan versorg en
haar trane kan afdroog. Nou weet ek nie eens of sy 'n goeie of slegte dag gehad
het nie, totdat ek 'n boodskappie of oproepie kry wat vinnig s : 'dit gaan goed
maar ons is baie besig'!
Wat is jou Geestelike mylpale of aspirasies?
Ek wil so graag hierdie jaar meer tyd met die Here spandeer, persoonlike
stiltetyd, net sit en luister, nie alleen praat en praat met Hom nie. Ons raak so
maklik aan die hardloop soos Martha en kom nie soos Maria daarby uit om by
Sy voete te sit en luister nie.
20

In 'n wreld vol versoekings vir die jeug spesifiek, hoe beskerm/bewapen ons
hulle?
Eerstens om hulle te leer wat God se Woord s oor al die dinge, en dan ook om
te praat, praat en praat. Foto's te wys, al gril hulle vreeslik, feite uit boeke vir
hulle oor te dra, die hele prentjie skets.... te leer uit ander mense se foute.
Vir Mammas wie se kinders nou Universiteit toe is, woorde van bemoediging?
Ek is seker nog bietjie vroeg in die saak om woorde van bemoediging uit te deel
(het self nog woorde van bemoediging nodig), maar ander mense s vir my 'n
mens raak gewoond daaraan en as jy sien hoe gelukkig jou kind is en hoe sy
haarself uitleef in die grootmenswreld, gaan dit ook goed met jou. Nog iets wat
almal altyd vir my ges het, besef ek elke dag meer en meer, en dit is dat jy nou
meer as ooit vir jou kind bid. Dankie tog dat ons Vader 24 uur beskikbaar is. En
elke versugting van ons ouerharte ook ken!
Alet se gunsteling Bybelvers is Jer 29 v 11 waar God self se:

Want Ek weet watter gedagtes Ek aangaande julle koester,


spreek die Here, gedagtes van vrede en nie van onheil nie, om
julle 'n hoopvolle toekoms te gee.

Izel, Alet, Johan en Lelanie Stemmet.

21

DANKFEES-PIEKNIEK:
Ek wil vir julle `n verhaal vertel wat hom afspeel in die tyd 1914-31. Die verhaal
staan bekend as Babette se Feesmaal. In sy boek, Whats so Amazing about
Grace, skryf Philip Yancey oor genade, en vertel hy kortliks die verhaal.
Lank vantevore was Babette n kok by die Caf Anglais in Parys. As gevolg van
omstandighede het sy by twee susters in Noorwe beland. Die dames was
oujongnooiens. Sy het per boot gereis en op n baie stormagtige nag in `n
toestand by die twee susters se huis opgedaag. In haar hand was n brief wat s
dat sy n goeie kok is. Die susters het nie geld gehad het om haar te betaal
nie. Dus het Babette kos gekook en daagliks met takies gehelp en om so vir
haar verblyf te vergoed.
Na 12 jaar het sy n brief uitvang ontvang. `n Vriend het haar laat weet dat sy `n
prys van tienduisend Frank gewen het. Dit was as gevolg van `n vriend wat elke
jaar vir Babette `n lootjienommer gekoop het. Die susters het dadelik gedink dit
is die einde van haar verblyf. Hulle sou haar mis. Babette was so positief in
haar optrede. Sy gehelp met die dienste by hulle kerk. Sy het vernuwing in die
dorpenaars se denke gebring. Sy het selfs onder die arm mense gehelp.
Maar Babette het n ander idee gehad. Die twee susters se Pa sou binnekort sy
honderdste verjaardag vier. Babette vra toe of sy die fees mag rel. Maar om
n Franse Ete te kook! Vinnig
is sy daar weg. Sy het die
beste kosvoorrade en beste
Franse Vonkelwyn gaan koop.
Ook het sy eetware van
Sjinese Kristal in die hande
gekry. n Ware feesmaal is
voorberei. Die tafel is
voortreflik gedek met kerse.
Op die aand van 15
Desember het dit
gesneeu. `n Onverwagte gas
(n Generaal) het sy
22

verskyning gemaak. Hy was die twaalfde persoon aan die tafel. Met elke happie
van die gereg kon die Generaal nie genoeg pluimpies gee nie. Hy het gewonder
die besondere en duur kosse. Hy wou weet wie dit so smaaklik voorberei het.
Toe die laaste gereg bedien word, merk die generaal op dat so `n voorgereg
destyds deur n chef in die bekende Caf Anglais in Parys bedien is.
Na `n sopie te veel maak die Generaal n toespraak. Hy s: Mercy and truth,
my friend, have met together and righteouness and bliss shall kiss one
another. Sy boodskap was oor Genade. Buite het die dorpenaars hande
gehou en ou geloofsliedere begin sing. Babette se Fees het deure van genade
geopen. Die mense het die Heilige Gees ervaar en gevoel hoe hulle sondes
weggewas word; dat hulle wit soos sneeu word.
So moet ons piekniekfees onthou word. Ons moet onthou dat God met elkeen
`n afspraak gehad het. Ons moet onthou dat die Heilige Gees se
teenwoordigheid daar was. Terwyl ons besig was en terwyl ons in lofprysing
was, was die Gees daar. Wat `n gesende `n puik aand was dit! Aan die einde
van haar ete moes Babette aan die twee susters erken dat sy wel voorheen die
chef by Caf Anglais was. Die Abigails bedank almal wat die Piekniekfees so `n
groot sukses gemaak het.
Mag jy hierdie Dankfees ook nog baie lank onthou.

23

VERSLAWING IN ONS SAMELEWING


Louwtjie Strauss | lstrauss@laerskoolmontagu.net

Eerstens wil ek s dat die stukkie oor verslawing is


op niemand spesifiek gemik nie. Dit is ook
geensins kritiek op die verantwoordelike gebruik
van alkohol nie Dit wat ek hier skryf is ook glad
nie uit n wetenskaplike boek se riglyne nie, maar
slegs uit my oogpunt van waarneming deur baie
jare.
Die eerste baie belangrike punt oor verslawing wat mense moet besef, is dat
enige vorm van verslawing nie beperk is tot ras, ouderdom, geslag, beroep of
status nie. Deur die jare het ek werklik mense gesien wat in die strik van
verslawing beland het, wat uit enige beroep wat ek kan opnoem, kom. Selfs
mense wat die Woord van die Here bedien het, was/is nie hiervan gevrywaar
nie.
Alhoewel dit waar is dat potensile verslawing geneties in families voorkom en
sulke mense daarom ook baie versigtig moet wees, kan verslawing steeds
gebeur deur die herhaalde gebruik van middels oor baie jare. Dit is ook so dat
sommige mense meer vatbaar is vir verslawing en as te ware so gebore word,
maar dit vrywaar nie ander langtermyn misbruikers van verslawing nie.
Sommige mense kan hulle lewe lank n drankie byvoorbeeld gebruik en nooit
enige risiko ervaar nie. Daar is egter sekere gevaartekens wat mense nie moet
ignoreer nie, want verslawing kan lei tot persoonlike hel en ook die van n
familie. Die gevaartekens waarvan ek nou praat is die van alkohol omdat ek nie
genoeg kennis het van ander middels nie.
Hier is van die gevaartekens:

Die persoon drink om beter oor homself te voel.


Die gebruik word meer en meer. Jy kan nie altyd onthou wat gebeur het
nie.
Jy maak gedurig verskonings en praat dit sagkens weg. Die gebruik lei tot
rusies en ongelukkigheid.
Jy beland in die moeilikheid en kry probleme by die werk. Jy gee altyd
ander skuld vir die probleem.
Jy ontken heftig dat jy enige probleem het.
Dit hou nie op as eers begin het nie. Jy drink skelm en in die oggend
(regmaker).
Jy skep geleenthede om te drink.
Jy Wil nie meer uitgaan nie en onttrek van ander.
Jy drink gereeld alleen.
Jy kry onttrekkingsimptone na n dag of twee se onthouding.
24

Daar is natuurlik nog ander gevaartekens ook.


Daar is ook mense wat hulle verslawing goed kan wegsteek en self tot n mate
kan beheer, soos byvoorbeeld dit net tot naweke of vakansies te beperk.
Diesulkes is egter in die minderheid.
Die groot hartseer van verslawing is dat die persoon selde self ophou. Soms wel
vir n rukkie, maar hulle val dikwels terug en word dan weer erger. Wat dikwels
gebeur is die keerpunt, ons praat rockbottom waar die persoon besef dis nou
of nooit. Ongelukkig is dit dikwels te laat om die skade te herstel. Dis die punt
waar die persoon alles verloor het of op die punt staan om alles te verloor.
Soms gryp die Here op wonderlike maniere in en herstel kan weer plaasvind,
maar ons weet ook die einde van die pad kan die dood wees.
Dit is natuurlik baie moeilik vir mense wat nie verslaaf is nie, om te verstaan
hoekom n persoon so vir jare lank kan volhou met die een of ander verslawing.
Dit is dan ook maklik vir n persoon wat nie in die ander se skoene staan om te
verwyt of om te s dis maklik om op te hou of wat ook al. Die beste manier wat
ek aan persone naby n verslaafde kan verduidelik, is om te dink aan n groot,
dro spons. Al wat die spons wil doen is om water te absorbeer. As jy die spons
in die water druk, sal die spons aanhou om die water te absorbeer en niks en
niemand sal dit keer nie. Jy kan die spons weer uitdruk totdat dit droog is, maar
elke keer as dit in aanraking kom met die water sal dit weer begin om die water
te absorbeer totdat dit versadig is. Mense wat verslaaf is, is soos sponse wat die
middel wil absorbeer as dit daarmee in aanraking kom. Dit is in die vesels en
selle van die verslaafde. Ongelukkig is daar geen genesing vir die verslaafde nie.
Die enigste oplossing is die water en die spons moet wegbly van mekaar. Nie
net vir n dag of twee, paar maande, paar jare nie, maar altyd. Sodra die twee
weer bymekaar kom, begin die proses maar weer van voor af. Wanneer n
persoon begin besef daar is n probleem, begin die stryd tussen die verstand en
die liggaam. Die een wil ophou, maar die ander wil nie. Mense wil dikwels nie
aanklop vir professionele hulp nie, weens die stigma wat daaraan kleef. Die
grootste gevaar is dat die persoon later heeltemal perspektief verloor oor dit
wat saak maak en wat rondom hom/haar gebeur en dan net maar Gods water
oor Gods akker laat loop.
Wanneer n persoon werklik wil ophou help dit as die persoon besef dat sy lewe
soos n balansskaal is. Aan die een kant staan die bottel of dwelm met al die
negatiewe gevolge, aan die ander kant staan die gesin en werk en al die
belangrike dinge van die lewe. Wat weeg die swaarste?? Die stukkende harte
van kinders en familie?? Die besluit moet geneem word met die beeld van die
skaal in die kop. Wat weeg die swaarste?? So n besluit het gewoonlik nie net
korttermyn gevolge nie, maar selfs gevolge wat strek tot by die volgende
25

geslagte. Iemand wat na twintig jaar kan terugkyk en besef dat hy/sy nooit die
gesin sou gehad het, as dit nie was vir een positiewe besluit was nie.
Wanneer n persoon gehelp is, of genadiglik uit sy eie gelos het, is daar sekere
gevaarlike tye wanneer hy/sy moet wakker wees:

Na n paar maande, voel hulle baie goed, en dink net een of twee sal nie
saak maak nie.
Na rusies en teleurstellings.
Druk situasies soos finansile probleme.
Een of ander verlies.
Hoogs opwindende gebeure soos wen by sportbekers.
Vriende wat aanhou terg of tart.

Jammer, maar daar is net een leuse en dit is nul per mond (of aar). Geen ander
opsie nie. Daar is baie groepe en ondersteuning wat beskikbaar is. Onthou
ledigheid is die duiwel se oorkussing.
Dae word weke en maande word jare. Ek is seker daarvan dat ons Hemelse
Vader so n besluit sal eer en sen, want dit sal Sy goedkeuring dra. Baie gebed,
selfs wonderwerke is nodig, maar dit werk en God werk in mense se harte. By
Hom is daar nooit n point of no return nie.
Sterkte met besluit en mag die skaal na die regte kant toe die swaarste weeg.
RAD Foundation is a member of the Langeberg Substance Abuse
Awareness group. They have joined the R.A.E.L (Recovering
Addicts/Alcoholics Empowering Lives) in spreading the word
AGAINST SUBSTANCE ABUSE by supporting the ORANGE FRIDAY
WAVE.
This is an initiative which strives :

TO EDUCATE AND CREATE AWARENESS OF HOW


SUBSTANCE ABUSE IS KILLING A GENERATION - WE
NEED TO STAND TOGETHER WITHOUT FEAR OR
FAVOUR!
For more information on how to become involved in ANY way please
contact Helen Gooderson: helengooderson@netactive.co.za.
Join the Facebook page to receive information and updates https://www.facebook.com/RAELorangefriday?sk=info&app_data&tab=pag
e_info

26

WORD SEARCH PUZZLE

Abraham, Afflicted, Christ, Creation, Crucify, Disciple, Forsaken, Freedom, Glory,


Good, Heaven, Hell, Honour, Hyssop, Justify, Messiah, Mission, Moses,
Passover, Peace, Perfection, Pharisee, Pilate, Power, Praise, Promises,
Prophecy, Punishment, Rebellion, Righteous, Sacrifice, Scapegoat, Slavery,
Throne, Trinity, Worthy

27

Morning service

Sunday 08:30 09:30 (English service)

Oggenddiens

Sondae 10:00 11:15

Communion

1st Sunday of the month

Nagmaal

1ste Sondag van die maand

Woordskool / Bible
Class

Sondae / Sunday 18:30 19:30

Creche

Gedurende oggenddienste
During morning services

Kinderkerk / NL3Q

Gedurende oggenddienste

Gr R Gr 7

During morning services

Men @ 6

Vrydae 6:00 7:00 @ die kerksaal


Fridays 6:00-7:00 @ @ church hall

Dames biduur

Dinsdae 9:30 10:30 @ die kerksaal

Ladies Prayer
meeting

Tuesdays 9:30 10:30 @ the church hall

Ps Lourens du Plessis 023 614 2260


agsmontagu@telkomsa.net

28

You might also like