You are on page 1of 7

AFKONDIGINGS

TOETREDE

VOTUM EN SeëN

LOFLIED

GEBED/SKRIFLESING

PREDIKING

Geliefdes in ons Here Jesus Christus!

Ons vier vanoggend nagmaal. Luister dan nou na die

FORMULIER VIR DIE BEDIENING VAN DIE NAGMAAL

Die Here Jesus het voor sy dood saam met sy dissipels brood en wyn
geneem en gesê dat hulle dit moet gebruik tot sy gedagtenis. Daarom
vier ons die Nagmaal.

Die Nagmaal is een van die Kerk se twee sakramente tot versterking
van ons geloof. Met die tekens van brood en wyn verseker Jesus
Christus ons deur sy Gees van ons gemeenskap met God en met
mekaar. By die tafel van die Here is ons ook saam om God te
verheerlik.

Ons glo dat die Here deur sy Gees by hierdie feesmaal teenwoordig
is. Wanneer ons die brood en wyn ontvang, herinner dit ons dat ons
verlos is deur die dood en opstanding van Jesus Christus. Deur
geloof in Jesus Christus het ons saam met Hom gesterf en staan ons
saam met Hom op tot ’n nuwe lewe.

Die Nagmaal wil ons daarvan verseker dat ons aan Christus deel het.
By hierdie maaltyd rig die Here ons hoop ook op die hemelse
feesmaal saam met God en al die gelowiges. Ons behoort vir ewig
aan God. Daarom hoef ons niks te vrees nie. Christus is die Een wat
was, wat is en wat kom – die Here van die toekoms.

1
Rondom die tafel word die gemeenskap van gelowiges sigbaar. Ons
het immers almal deel aan hiérdie brood en wyn. Die liefde wat God
aan ons skenk, bind ons aan mekaar. Voor ons by die tafel aansit,
moet ons onsself eers ondersoek en afvra of ons bereid is om deur
ons doen en late hierdie band van liefde te versterk.

Ons is bewus van ons eie sonde en het daaroor berou. Omdat Jesus
Christus ons vergewe, mag ons by sy tafel aansit. Die deelname aan
die Nagmaal wil ons opnuut van sy genade verseker.

Wanneer ons van die tafel af opstaan, stuur God ons om wêreldwyd te
getuig van sy versoening, sorg en liefde. God versorg ons met
hemelse en aardse brood. Kom ons versorg uit dankbaarheid ander
ook só.

Voordat ons aan die tafel van die Here aansit, laat ons bid.

Gebed

Here, dankie dat ons vandag aan u tafel mag aansit. Ons glo dat U by
ons is en ons versorg. Versterk ons geloof. Voed ons met die ware
hemelse brood en wyn, Christus Jesus, ons hoop en lewe. Verseker
ons deur u Gees dat ons deel het aan sy lewe, sterwe en opstanding.
Was ons sonde af deur sy bloed. Raak ons só aan, dat ons dankbaar
as u kinders sal leef. Stuur ons en maak ons oë en harte oop vir almal
in nood en laat ons na hulle uitreik. Gee ons die geloofsoortuiging om
Christus met woord en daad te verkondig.

Amen.

Broers en susters, Kom ons berei ons self voor om aan die tafel van
die Here te kom aansit. Ons sing tot eer van die Here terwyl die tafel
in gereedheid gebring word, van Gesang 303, ons sing hom twee
maal.

(Jy sal dalk kans moet gee hier vir die orrelis om gereed te wees om
te begin speel. Lees dalk maar ‘n vers van die gesang)

Terwyl die lied gesing word, beweeg jy van die kansel af. Jy moet dan
die lappies van die bordjies afhaal. Waarskynlik sal dit ook met
kleefplastiek toegemaak wees, wat jy moet afhaal. Die bekers behoort

2
deur die diakens amper volgemaak te wees. Vul dit net verder tot
amper vol.

Die groter gesnyde broodjies wat in die die bakkie is wat bietjie hoër
staan, is bedoel om vir die ouderlinge weerskante van jou uitgedeel te
word.

Rig dan die uitnodiging aan persone buite die gemeente

Broers en susters in die Here, u word hartlik uitgenooi om te kom


aansit aan die tafel van die Here! Belydende lidmate van gemeentes
van ons Kerk en van ander kerke met dieselfde belydenis is welkom,
mits u in u eie gemeente ook die voorreg geniet.

Oproep tot gelowige deelname (tafelformule)

Broers en susters, laat ons nie ons gedagtes rig op die uiterlike tekens
van brood en wyn nie, maar op die betekenis daarvan, naamlik die
versoening in Jesus Christus, ons Here.

Kom asseblief na die tafel eers van u regterkant af, my linkerkant.

Wanneer die brood gebreek en uitgedeel word, sê die bedienaar:

Broers en susters, alles is gereed! Kom en ondervind dat die Here


goed is!

Bediening TAFEL 1

Gemeentelede kom tafel toe. Staan en wag tot tafel vol is. Gewoonlik
is die eerste tafel nie heeltemal vol nie, die ouens bestorm die tweede
tafel!! As almal sit, gaan jy voort!

Die brood wat ons breek, is die gemeenskap met die liggaam van
Christus.

Breek vir elke ouderling links en regs n stukie af en gee dit vir hulle.
Gee dan die bordjie met broodjies aan.

En wanneer die beker aangegee word:

3
Die beker wat ons drink, is die gemeenskap met die bloed van
Christus.

Eet en drink, doen dit tot sy gedagtenis. Jesus Christus is die Een wat
was, wat is en wat kom.

Gaan sit dan en wag tot almal klaar die nagmaal gebruik het. Dis
miskien ook ‘n goeie geleentheid om nou te vra of daar enige iemand
is aan wie die nagmaal in die banke bedien moet word. Maak seker
dat een van die diakens dit hande raak gesien het!

Na die bediening gee jy die gesang op

Gemeente, kom ons sing van Gesang 391, vs. 1

Na die lied sal die ouderlinge eerste opstaan en loop, om vir die
volgendes kans te gee.

Die diaken aan diens sal die gebruikte bekers vat en dit met
volgeskinktes vervang

As almal in die banke gaan sit het, nooi die volgendes na die tafel

Gemeente, kom; die maaltyd staan klaar. (Luk 14: 17)

Bediening TAFEL 2

Gemeentelede kom tafel toe. Staan en wag tot tafel vol is. Die tweede
tafel is altyd effens vol. Baie keer moet mense in die banke agter die
nagmaal bank wag vir tafel 3

Die brood wat ons breek, is die gemeenskap met die liggaam van
Christus.

Breek vir elke ouderling links en regs n stukie af en gee dit vir hulle.
Gee dan die bordjie met broodjies aan.

En wanneer die beker aangegee word:

Die beker wat ons drink, is die gemeenskap met die bloed van
Christus.

4
Eet en drink, doen dit tot sy gedagtenis. Jesus Christus is die Een wat
was, wat is en wat kom.

Gaan sit dan en wag tot almal klaar die nagmaal gebruik het.
Na die bediening gee jy die gesang op

Gemeente, kom ons sing van Gesang 391, vs. 2

Na die lied sal die ouderlinge eerste opstaan en loop, om vir die
volgendes kans te gee.

Die diaken aan diens sal die gebruikte bekers vat en dit met
volgeskinktes vervang

As almal in die banke gaan sit het, nooi die volgendes na die tafel

Kom, gemeente, ons is almal van die Here afhanklik. Hy voed ons op
sy tyd! (Ps 104: 27)

Bediening TAFEL 3

Gemeentelede kom tafel toe. Staan en wag tot tafel vol is. As die tafel
vol is, hoor of daar nog mense is wat die nagmaal wil gebruik. Kondig
aan wanneer dit die laaste tafel is

Die brood wat ons breek, is die gemeenskap met die liggaam van
Christus.

Breek vir elke ouderling links en regs n stukie af en gee dit vir hulle.
Gee dan die bordjie met broodjies aan.

En wanneer die beker aangegee word:

Die beker wat ons drink, is die gemeenskap met die bloed van
Christus.

Eet en drink, doen dit tot sy gedagtenis. Jesus Christus is die Een wat
was, wat is en wat kom.

Gaan sit dan en wag tot almal klaar die nagmaal gebruik het.
Na die bediening gee jy die gesang op

5
Gemeente, kom ons sing van Gesang 391 vs. 3

Na die lied sal die ouderlinge eerste opstaan en loop, om vir die
volgendes kans te gee.

Die diaken aan diens sal die gebruikte bekers vat en dit met
volgeskinktes vervang

As almal in die banke gaan sit het, nooi die volgendes na die tafel

Kom, gemeente, eet! Anders sal die pad vir u te lank word. (1 Kon 19:
7)

Bediening Laaste tafel


Gemeentelede kom tafel toe. Maak seker dat almal nagmaal gebruik
het! As almal sit, gaan jy voort!

Die brood wat ons breek, is die gemeenskap met die liggaam van
Christus.

Breek vir elke ouderling links en regs n stukie af en gee dit vir hulle.
Gee dan die bordjie met broodjies aan.

En wanneer die beker aangegee word:

Die beker wat ons drink, is die gemeenskap met die bloed van
Christus.

Eet en drink, doen dit tot sy gedagtenis. Jesus Christus is die Een wat
was, wat is en wat kom.

Gebruik self Nagmaal voor jy gaan sit Wag tot almal klaar die
nagmaal gebruik het.
Na die bediening gee jy die gesang op

Gemeente, kom ons sing van Gesang 391 vs. 4

Terwyl die lied gesing word, keer jy terug na die kansel.


Na die lied sal die ouderlinge eerste opstaan en loop,

6
Die ouderling aan diens hanteer dan die wet en belydenis.

BEDIENING VAN EKSTRA TAFEL

Kom, laat ons feesvier. Hierdie kind van My was dood, en hy lewe
weer; was verlore en Ek het hom teruggekry. (Luk 15: 32)

Gemeentelede kom tafel toe. Staan en wag tot tafel vol is. As die tafel
vol is, hoor of daar nog mense is wat die nagmaal wil gebruik. Kondig
aan wanneer dit die laaste tafel is

Die brood wat ons breek, is die gemeenskap met die liggaam van
Christus.

Breek vir elke ouderling links en regs n stukie af en gee dit vir hulle.
Gee dan die bordjie met broodjies aan.

En wanneer die beker aangegee word:

Die beker wat ons drink, is die gemeenskap met die bloed van
Christus.

Eet en drink, doen dit tot sy gedagtenis. Jesus Christus is die Een wat
was, wat is en wat kom.

Gaan sit dan en wag tot almal klaar die nagmaal gebruik het.
Na die bediening gee jy die gesang op

Gemeente, kom ons sing van Gesang 391

Na die lied sal die ouderlinge eerste opstaan en loop, om vir die
volgendes kans te gee.

Die diaken aan diens sal die gebruikte bekers vat en dit met
volgeskinktes vervang

As almal in die banke gaan sit het, nooi die volgendes na die tafel

You might also like