You are on page 1of 4

VIR DIE BEGRAFNIS

(In die kerkgebou: Toespraak en gesange)

(Buite die kerkgebou kom die gemeente rondom die baar bymekaar en sing:)
(By volwassenes:)
G. Christus bloed en regverdigheid, dit is die kleed vir my bereid. Daarin kan ek voor God bestaan
en bly die hemel binnegaan.
G. Maak stil, o Heer, ons klagte. Kom laat u aangesig ons ook in donker nagte met hemeltroos ver
lig, dat ons met vaste treë kan wandel op u pad. Dan eindig al ons weë eens in die hemelstad.
L. Ons het niks in die wêreld ingebring nie; ons kan ook niks daaruit wegdra nie. Die Here het
gegee en die Here het geneem; die Naam van die Here sy geloofd. Ek weet: My Verlosser leef.
Eer aan Hom wat die opstanding en die lewe is! Hy was dood, en kyk, Hy leef tot in alle
ewigheid. Wie in Hom glo, sal lewe al het hy ook gesterwe. Salig is die dode wat in die Here
sterwe. Ja, sê die Gees, sodat hulle kan rus vir hul arbeid, en hulle werke volg met hulle. Salig is
hulle wie se name in die hemele opgeskrywe is, vanwaar ons ook die Here Jesus Christus as
Verlosser verwag wat ons nederige liggaam sal verander, om soos sy verheerlikte liggaam te
wees. Aan Hom kom toe die lof en die eer en die heerlikheid van die gemeente wat Hom nog
verwag en van die gemeente wat reeds by Hom is.
G. van ewigheid tot ewigheid. Amen.
(By die volgende gesange word die kis in die graf neergelaat. By volwassenes:)
G. Jesus my Verlosser, leef. Hy is vir my oorgegewe in die dood. Sou ek dan beef as die doodsnag
my omgewe? Deur sy dood sy eiendom leef en sterwe ek met Hom.
(L. O Here Jesus Christus
G. wees ons genadig!
L. Met u geboorte as ‘n mens, met u verdienstelike trane, met al die ongemakke van u lewe, met u
swakheid en smart, met al die bekommernis en angs van u siel, met u doodstryd en u laaste ge
bede, met u boeie, slae en bespotting, met u geseling en u kroning met dorings, met u smartlike
kruising, met u heilige wonde, met u kosbare bloed, met u onwaardeerbare dood, met u weder
koms tot u gemeente of ons tuiskoms by U.
G. vertroos ons, o Here God!
L. Met die hele verdienste van u lewe, lyde en sterwe
G. seën ons, o Here God!
L. Met u rus in die graf, met u triomfantlike opstanding,
met u glorieryke hemelvaart, met u voorspraak by die Vader, met u liefdevolle teenwoordigheid
G. seën ons, o Here God!
G. Ons onwaardige mense bid: Verhoor ons, o Here God!
L. En daar dit U behaag het om (ons broerder / suster) (die kind) N.N. na die die ewigheid af te
roep, bid ons U, leer ons om ons dae so te tel dat ons ‘n wyse hart mag bekom, en help ons om
ons betyds vir ons sterfuur voor te berei; bewaar ons in ewigdurende gemeenskap met die hele
gemeente van die reeds volmaakte regverdiges, en laat ons op u tyd saam met hulle by U van
ons arbied rus.
G. Verhoor ons , o Here God!
(Hier kan ‘n gebed volg)
L. Die Here sal u seën en u behoed. Die Here sal sy aangesig oor u laat skyn en u genadig wees.
Die Here sal sy aangesig oor u verhef en aan u vrede gee.
G. In die Naam van Jesus. Amen
(Nou volg die slotgesang)
G. Hoe groot sal eens ons blydskap wees as ons getrou gebly het, en geen verdrukking, nood of
vrees van Jesus ons geskei het. Na smaad en spot en hoon wag ons die erekroon. Sy las is lig en
sag sy juk; Hom na te volg, ons hoogst’ geluk.
of:
G. Amen ja, hallélujah, roem bly in Jesus en sy kruis! Hy berei vir u en my ’n woonplek in die
Vaderhuis. Dis die troos vir elke hart. Ons sal, vry van sond’ en smart en verheerlik deur God’s
Gees, altyd by die Here wees.

You might also like