You are on page 1of 9

DIE MENS SE DONKERSTE UUR, IS GOD

SE GELEENTHEID OM SY KRAG TE
OPENBAAR.

In Johannes 2 sien ons dat Jesus en sy dissipels na ‘n troue in Kana


genooi is. Klaar/blyk/lik was Jesus se familie ook genooi, want sy
moeder was ook daar. Maria het vir Hom kom sê: “Die gas/heer se wyn
is op.”

Jesus se reaksie teenoor sy moeder was snaaks. Hy het vir haar gesê:
“My uur het nog nie gekom nie.”

Wat was hierdie uur waarna Jesus verwys? Hy het nie van die oomblik
van duisternis wat Hom drie jaar later sou oorval, gepraat nie. Met sy
kruisiging het Jesus gesê: “My uur het gekom.”

Maar hier by Kana praat Hy van ‘n ander uur. Christus se bediening het
pas begin. Dit is waarna Hy verwys as Hy vir sy moeder s^e dat sy uur
nog nie gekom het nie. Maar kort daarna werk Hy tog ‘n wonder, Hy
verander ses groot houers water na wyn.

Laat ek nou vra: Het jy ooit gewonder waarom Christus gewag het
voordat Hy hierdie wonder gedoen het? Hy het gewag tot elke bottel
droog was, elke glas leeg was, tot selfs die gas/heer het nie geweet wat
om te doen nie.

Ek sê vir u, Jesus het doelgerig gewag tot elke menslike hulpbron


misluk het. Hy het gewag totdat niks meer kon help nie, behalwe ‘n
wonderwerk. Dit is wanneer God se uur kom.
Dit is ‘n belangrike waarheid vir elke gelowige: Die uur van Christus se
krag kom wanneer ons totaal hulpeloos is.

Ek dink Jesus het vir sy dissipels en vir die kerk wat sou kom, ‘n
ge/ïllu/streerde preek gegee. Ons Heer het nooit iets gedoen, of ‘n
woorde gesê wat nie ewig/heids/waarde gehad het nie. Elke ding wat in
die Skrif opgeteken is oor Hom verwys na die onbeweegbare aard van
die werk van God. Daar is ‘n goddelike lering wat vir ons bedoel is, in
hierdie gebeurtenis by Kana.

Jesus se uur het iets te doen met wat by die fees gebeur het. Dit is dat sy
uur kom as daar geen wyn in ons bottels is nie. As ons geen uitweg meer
sien nie en geen menslike poogings iets vermag nie – dan kan slegs ‘n
wonderwerk ons probleem oplos.

Ons kry hierdie beginsel reg deur die Bybel: In die mens se donkerste
uur bewys God sy mag. As ons aan die einde van onsself kom, het God
alreeds ‘n magtige verlossing vir ons gereed gemaak.

Die Skrif gee vir ons oorvloedige voorbeelde van hierdie beginsel

Hulle uur van duisternis word die uur van God se krag.

Ek wil belangrike VIER punte uitlig van Koning Josafat se storie in


tweede Kronieke 20, wat U moet onthou in U se donkerde uur.

1. Verklaar wie God is.

In 2 Kronieke 20:2-3 lees ons van ‘n angswekkende boodskap wat


Josafat ontvang: Josafat het berig gekry:” ‘n Groot menigte van oorkant
die Dooie See, van Edom af, het teen u opgetrek,” Josafat was bang en
het by die Here hulp gesoek.”

Vreesbevange het Juda se koning ‘n groot biduur byeengeroep. “Uit al


die stede van Juda het hulle gekom. Om die Here se hulp te vra. (2
Kronieke 20: 4)

(2 Kronieke 20:5-7) Josafat het opgestaan in die gemeente van Juda en


Jerusalem, in die tempel reg voor die nuwe voorhof, en gebid: “Here,
God van ons voorvaders, U is God. U heers uit die hemel oor al die
koninkryke van die nasies. Uit u hand kom die mag en die krag.
Niemand kan teen U stand hou nie.

Terwyl koning Josafat sy plek voor die volk Israel ingeneem het, het hy
sy gebed geopen met 'n eenvoudige verklaring van God se grootheid.
Hy het Hom verkon/dig as die enigste ware God, die heerser van alles,
en die bron van mag en krag.

Dit is noodsaaklik dat ons dieselfde doen in ons stryd. Wanneer ons
erken wie vir ons veg, sal dit die vyand verskrik en ons vas/berad/enheid
versterk.

2. Onthou wat God gedoen het.

2 Kronieke 20:7 se “Dit is U, ons God, wat die vroeëre inwoners van
hierdie land voor u volk Israel uit verdryf het en die land aan die
nageslag van u vriend Abraham as 'n bly/wende besitting gegee het.”

Ek glo dit is een van ons magtigste wapens teen die vyand. Kom ons
dink daaroor. Ons vyand loop rond soos 'n brullende leeu, en wag om
ons te verslind met wat? Leuens!
Hy is 'n leuenaar en die vader van alle leuens. En sy gunsteling ding om
oor te lieg, is God. Hy kap weg aan ons geloof deur die saad van twyfel
in ons te plant. Hy het op hierdie manier vir Eva gelieg, vir Jesus, en hy
lieg so vir ons elke kans wat hy kry!

Wanneer ons stop om God se werk te vertel, keer dit daardie leuens wat
dood is in hul spore en vervang dit met die heerlike waarheid dat ons
God 'n kampvegter is wat in ons ver/de/diging veg!

3. Onthou God se beloftes

(2 Kronieke 20:7-8)

Dit is U, ons God, wat die vroeëre inwoners van hierdie land voor u
volk Israel uit verdryf het en die land aan die nageslag van u vriend
Abraham as 'n blywende besitting gegee het. Hulle het hulle hier
gevestig en hier vir u Naam 'n heiligdom gebou.

Dit is nog 'n taktiek om die leuens van die vyand te vervang met die
waarheid van die Skrif. Josafat het geweet dat om die Here te herinner
aan sy beloftes aan hulle voorvaders sou nie net dit as 'n beroep op die
Here nie, maar ook as 'n herinnering aan die mense dat God was, en nog
altyd aan hulle kant.

Dit was ook 'n herinnering dat hulle vyand is ook Sy vyand, en dat 'n
vyand van God, is al reeds verslaan!

4. Vra vir hulp

Josafat het gebid: “Here ons weet nie wat om te doen nie, maar ons oë is
op U.”
Ek hou van koning Josafat se beroep om hulp. So eenvoudig, en SO
nederig! “Ons is magteloos teen hierdie magtige leër wat op die punt
staan om ons aan te val. Ons weet nie wat om te doen nie, maar ons soek
U vir hulp.”

Dit is nooit maklik om te erken dat ons magteloos is nie, maar wat 'n
magtige stap na oorwinning is dit!

Dit is miskien die donkerste oomblik vir Juda. Hulle het vernietiging in
die oë gestaar, met geen manier om die vyand te stop nie. Wat was God
se antwoord aan sy volk in daardie uur? “Luister… Moenie vrees nie,
moenie bang wees vir hierdie groot menigte nie, want hierdie oorlog is
nie ‘n saak vir julle nie, maar vir God.” (2 Kronieke 20:15)

Toe die mense dit hoor, het iets in hulle gebeur. Hulle het ‘n woord van
God gehoor. In hulle uur van grootste donkerte, het geloof in hulle harte
ontvlam, --- en hulle het God geloof.

Die Gees van die Here het in hulle midde verskyn. Soos die mense se
lofgesange hemelwaarts gestyg het, het God ‘n sterk engel gestuur om
die vyand te omsingel. Een engel van God het daardie hele leermag
uitgewis!

In ‘n enkele oomblik was die oorwinning hulle s’n. Wat soos die
donkerste uur van God se volk gelyk het, het vir hulle God se uur van
verlossing geword.

Jesaja bring hierdie beginsel nader as hy profeteer oor Jesus se


verskyning op aarde in die laaste dae. (Jesaja 60:2-3)

“Daar is donkerte oor die aarde, duisternis oor die nasies, maar oor jou
gee die Here lig, oor jou verskyn sy magtige teenwoordigheid. Nasies
kom na jou lig toe en konings na die glans toe van die nuwe dag wat oor
jou aangebreek het. (Jesaja 60:2-3)

Hierdie profesie praat van die laaste dae. Die tyd begin met die lig –
Jesus Christus die Heer – wat in groot duisternis kom.

Dink daaraan: Daar was geen donkerder tyd in die geskiedenis, as


tydens Jesus se geboorte nie. Seksuele perversie, dronken/skap en
vraat/sug was aan die orde van die dag. Boeke is geskryf oor die
gruwelike sondes wat die Romeinse Ryk tot ‘n val gebring het. Die hele
bekende wêreld was in duisternis gehul.

‘n Vreeslike donkerte het in hierdie tyd oor Israel geval. Skynheiligheid


was aan die orde van die dag. Priesters het weduwee’s van hulle huise
beroof, en die ongeletterdes het hulle geestelike leiers verag. Eenvoudig
gestel: die blindes het die blindes gelei.

Dit was in hierdie digte duisternis wat Jesus soos ‘n skynende lig gekom
het. Ons weet dat daardie glorieryke dag, het meenagtes tot die lig
gekom.

Jy mag sê: ˝Maar kyk bietjie rond. Duisternis bedek nog die aarde.” Ja,
in my oë is hierdie nog die donkerste tyd wat die aarde getref het. Die
duisternis wat oor alle nasies en volke heers kan gevoel word.
Kern/be/dreig/ing van Rusland, mense/slagting, wyd/ver/spreide
sekshandel – dit gryp ‘n mens se hart aan.

Tog, is Jesus nog die lig van die wêreld. En hoe groter die duisternis,
hoe groter die lig! As Jesaja hierdie duisternis voorsien, roep hy uit soos
Debora in Jesaja 60:1 “Kom, Jerusalem laat skyn jou lig! Vir jou het
die lig gekom, die magtige teenwoordigheid van die Here het vir jou lig
gebring.”(Jesaja 60:1)
Daar sal n tyd wees, in die wêreld se donkerste uur, dan gaan die Here
sy mag openbaar.

Ons ervaar ook ‘n tyd van duisternis in die kerk. Sommige denominasies
keur eenslagtige huwelike goed en ‘n hele geslag jongmense draai van
God af weg. Tog is daar in hierdie donker uur ‘n opwekking van die wat
gesoek en gevind word. As jy in die Gees wandel, sal jy ook hoor wat
ek hoor. Dit is: Die uur van die mens se donkerheid, is die uur van die
uitstorting van die Heilige Gees. Dit was altyd so en dit sal weer so
wees.

In hierdie uur van slegte nuus, bring die Heilige Gees goeie nuus: “Ek
het die beste wyn vir laaste gehou!”

As die Gees beweeg – as sondaars na Christus kom, as die Gees getuig


dat dit nou tyd is om te bid, as God ‘n belofte maak – kan jy nie net
terugsit en se:”God het dit beloof. Ek gaan dit net in die geloof
aanneem. Ek gaan net sit en wag tot Hy dit doen nie. Nee! As die Gees
beweeg is dit tyd om op te volg met vuur en geloof.

Toe Daniel Jeremia se profesie gelees het, het hy uitgereken dat Israel se
sewentig jaar van ballingskap verby was. Hy het besef dat Israel
binnekort vrygestel gaan word van Babilon. God se volk gaan vry word!

Wat het Daniel gedoen? Het hy vir God gewag om iets te doen en alles
net in die geloof aanvaar? Nee! (Daniel 9:3) Daniel het gese:” Daarom
het ek my na die Here God gewend in gebed en smeking:ek het gevas,
rouklere aangetrek en as oor my kop gegooi.”

Hierdie geslag se wyn is op, hulle het ‘n wonderwerk nodig.


Wyn in die Bybel simboliseer blydskap en vreugde. “Wyn om mense se
harte bly te maak” (Psalm 104:15). In die Nuwe Testament is “nuwe
wyn” ‘n heen/wyse na die Heilige Gees.

Ja, as ek vandag na die kerk kyk, sien ek wynglase wat leeg is.
Hoekom? Soos byna elke Bybelse profeet gesê het: “Sonde neem
blydskap en vreugde weg.”

Nou het ek ‘n woord vir elke moeder, vader en grootouer wat lank bid
vir ‘n verlore jongmens: Hou vol, Jesus kyk en wag. Sy uur vir jou kind
is naby!

Die feit is dat jou kind miskien nog van die wyn van die wêreld drink.
Hulle kan nie hulle rug op ou vriende draai nie. Hulle vriende gaan hulle
teleurstel en ‘n leegheid gaan hulle oorval.

In die lig van dit alles, wat moet ons doen?

Maria, die moeder van Jesus, gee vir ons die antwoord: By Kana sê sy
vir die dissipels: “Doen wat Hy vir julle se.” Geliefde, die Here sal vir
jou sê wat om te doen. Hy is die nuwe wyn, die bron van alle blydskap
en vreugde. En Hy sal vir jou sê wat Hy wil hê wat jy moet doen. Lees
sy Woord en doen dit.

Maria het geweet wie God is. En sy het Jesus grvra on haar te help.
1- Verklaar wie God is, 2- Onthou wat hy vir jou gedoen, 3- Onthou sy
beloftes, 4- Vra God vir Hulp.

Jesus het vir ons gesê om te werk terwyl dit dag is. Hoekom? Want “die
nag kom wanneer niemand kan werk nie. (Johannes 9:4)
Maria het geglo Christus sal nuwe wyn bring. En dit het gebeur! Jy het
in die lig gekom! Waarlik baie ander sal uit die duisternis na die lig
kom.

You might also like