Professional Documents
Culture Documents
By Witput aangekom is ons vriendelik ontvang deur die eienaar Jaco, wat elkeen ‘n klein koppietjie
“koffie met skop” in die hand gestop het net om die ergste koue weg vee en ons almal op ons gemak
te maak. Witput was ‘n ou stasie wat jare gelede gebruik is en die Lodge word vanuit die ou stasie-
gebou bedryf. Jaco maak ook allerhande kunswerke van die “rommel” wat in die omgewing rondlê
en verkoop dit
om die koffers
van die Lodge
aan te vul.
Die heerlike
sonnetjie en
die vorige dag
se rugby het
almal gesellig laat rondsit en gesels en dit was ook nie
lank of die manne het die kroeg opgesoek waar verdere versterkings vir die pad terug ingesamel kon
word nie! ‘n Besoek aan die “historical well” het groot vermaak verskaf en baie vrae is beantwoord
wat lank nie sin gemaak het nie. Ons is ook kort-kort begroet
met ‘n trein wat verby gery het en kliphard sy toeter, of is dit
nou sirene, geblaas het, net om hulle waardering vir Harleys te
wys.
Glynis het ons almal laat weet “Kos is op die tafel” en wat ‘n
feesmaal het op ons gewag. Vrugteslaai en joghurt, roereiers,
worsies, bacon, baked beans en pap en sous. Maar die grootste
“treat” was die vetkoeke, roosterkoeke en potbrood wat
spesiaal vir ons gebak is en wat voorgesit is saam met heerlike
konfyt en botter. Almal het hulle vingers afgelek en vir ‘n 2de of
selfs 3e skeppie of is dit nou vetkoek of roosterkoek gegaan. Vir nagereg kon jy weer ‘n koppie koffie
met nog ‘n vetkoek geniet!
Die Master of Arms was baie besig
en Mike het boetes links en regs
uitgedeel. Hannelie sal voortaan nie
weer met hom praat nie… Christo en
Charle het na die outride ook ‘n
appeltjie te skil met Neels aangesien
hulle beboet is oor hulle nie hulle
marshall-baadjies aangehad het nie,
maar Neels het dit nog nie vir hulle gegee nie (oeps). Ten minste weet
ons nou dat die fondse van die Klub met Mike se hulp ‘n hupstootjie sal
kry – wonder of Babsie iets hiermee te doen het???
Die pad terug was minder aangenaam want daar het ‘n lastige wind van die kant af gewaai wat
gemaak het dat jou nek vir die volgende 2 dae in ‘n spasma was. Dit was klou aan die “throttle” en
klou aan jou helmet, want kort-kort het dit gevoel of jy aan die anderkant van die pad gaan eindig,
maar als het sonder voorval verloop en al 21 bikes en al 31 Steelwingers het veilig in Kimberley
aangekom. Dit was ‘n kwessie van “magies vol, ogies toe” en almal het ‘n welverdiende Sondag-
middag-slapie geniet. Gereed vir die week wat voorlê en opgewonde oor nog ‘n heerlike dag wat
ons kon geniet op die rug van ons ysterperde en
vriende! (deur Ineke Koegelenberg)
St Lucia-rally trip-report!
Sportster nie…)
Maandagoggend (te vroeg) ry ons in ysige koue tot in Bloem. Eers by Dealesville raak dit beter. Mens
kan sien die manne is haastig (veral die President) en ons stoot deur die Vrystaat. Ons kom moeg
maar tevrede in Kimberley aan, sowat 2250 kilometer agter die rug.
Dames: Dit was koud, dit was ver, maar dit was jirlik!
(Die res van hierdie artikel is op aanvraag beskikbaar aan persone bo 80 wat deur hul ouers vergesel
word). (deur Charle Koegelenberg)
Girls-Only-Weekend!!!
So sê hulle moet daar „n eerste van alles in die lewe wees – en dit was ook die
geval vir Steelwings Kimberley – „n eerste GIRLS ONLY outride! En nie alleen „n
outride nie, sommer „n sleep-over!! Ons eie road-captain, sweeper, marshalls,
back-up voertuig en standby (net vir
ingeval hulp ontbied moet word – nie
dat ons vir een oomblik gedink het dit
sou nodig wees nie, mind you).
En daar gaat ons … Formidabele road-captain voor wat kort-kort kyk of almal
nog aan die kom is en die res van ons agterna. Net om seker te maak almal is nog
in die pak, is daar afgetrek, „n slukkie soetwyn gevat vir die ergste koue en toe
weer soos ruiters van die wind voort gery. Vandag stop ons by daai padstal –
daar waar ons nooit mag stop as die manne by is nie, het ons voor-af besluit en
so het ons afgezirtz oor die gruis klippies tot voor die padstal en daar die
allermooiste goeters gesien. Vir ons eie “Ladybird” is daar „n warmwater-sak
gekoop wat haar naam gestand
doen en die padkossies is ook
sommer aangevul, want daar is
BAIE planne vir later in die dag.
En skielik ervaar Ineke „n dejavu
van Kandiri se gruis-klippies en
versteen soos Lot se vrou in die
Bybel en kan skielik nie vorentoe
of agtertoe nie. But never fear
when the back-up vehicle is near
en bietjie motivering van Estelle
se kant af, maak als weer reg en daar zirtz ons toe weer voort. Orania hier kom
ons!!!!!
Die vriendelike toergids, John het ons in Orania ontvang en ons vir „n begeleide
toer deur die dorpie gevat. Wow, dis nogals interessant om te hoor wat als daar
aangaan. Estelle, Madelein, Emma, Ria en Hannelie wat in die bakkie sonder die
gids was het hulle eie storie opgemaak soos ons rondgery het en dit blyk dat
hulle weergawe van Orania BAIE interessanter was as die werklike weergawe.
Madelein se boetes wat sy opgelê het, was „n aanduiding van hoe vergesogd hulle
storie nou eintlik was! „n Besoek aan „n plaaslike goudsmit, „n soektog na die
legendariese koeksisters om huis toe te vat en „n besoek aan Hendrik Verwoerd
se huis was maar „n paar hoogtepunte
in die dag. Aangesien Babsie
kliphard kommentaar gelewer het
terwyl ons vir oulaas na „n video moes
kyk, het haar onder die vriendelike
verpligting geplaas om haar bottel
soetwyn aan die toergids te
oorhandig – ons girls het darem „n
reputasie wat gestand gehou moes
word *wink wink*
Groot was ons teleurstelling toe ons by Die Oewer aankom en hulle ons meedeel
dat ons nie meer op die vlot-vaart kan gaan nie, aangesien die wind te sterk was
en dit heeltemal te gevaarlik vir ons was. Kan jy jouself voorstel hoe klink 9
vrouens wat gelyk “oe en aaaaa”??? Maar gelukkig het ons ma‟s nie bang kinders
groot gemaak nie en het ons nuwe planne begin maak. Ingeboek in ons huisies,
het ons die padkossies uitgepak en toe het die kuier begin!!! Melktertjies,
cookies and cream, strawberry lips en nog melktertjies was aan die orde van die
dag en baie lag en gesels het daarmee gepaard gegaan. Daar was selfs „n
“spioen-helikopter” wat kom ondersoek instel het oor die wel en weë van die
Steelwing-dames (wonder of die manne iets daarmee te doen gehad het???).
Iewers langs die pad het ons besef dat ons seker regte kos in ons lywe moet kry
en ons het “the long walk to the restaurant” aangedurf – natuurlik met „n huppel
in die stap! Hier het ons heerlik gekuier en hoewel sommiges gevrees het dat
ons die vorige keer dalk ons name bo of onder „n tafel (of selfs kroeg-toonbank)
vergeet het, het niemand anders dit onthou nie en is ons soos “royalty” behandel!
Voor „n glas nog kon leeg wees, was die vriendelike kelner byderhand om te hoor
of hy nog iets kon bring – gmf, hieraan kan mens mos gewoond raak hoor!!!
Hoogtepunt van die aand was toe
ons terug gekom het by ons
huisies! Wie ookal hieraan
gedink het, moet volpunte kry
(well done Florence)! Ons eie
“Chippendales” – Orania bo!
Elkeen gewapen met „n “ietsie”
en “ritteltit-tert” het ons die
manne geniet tot laat in die nag!
Whoo-hoo! “And that is all I
have to say about that” – soos
Forest Gump nou sal sê!
Sondag-oggend het ons klaargemaak en tot by Hopetown gery waar ons koffie en
toast broodjies geniet het. Dis dan ook hier waar ons „n kontingent jagters
teëgekom het wat in verwondering na ons gestaar het toe dit net “girls” was wat
uit die kafee kom en op hulle Harleys klim en die pad huis toe aandurf. The look
on those faces was priceless!!!! (deur Ineke Koegelenberg)