You are on page 1of 6

‘n Groentjie enroute na die HOG WesKus Rally deur die Karoo!

Ek is seker almal het al die gesegde gehoor van “Life begins at 40”.
Wel, ek ook, maar ek het my nooit regtig daaraan gesteur nie, want
student-wees het “gerock” en die 20’s en die 30’s was lekker, maar… Ek
het nuus vir almal wat nog nie 40 is nie. “Life begins at 40”! Punt!

Desember verlede jaar gaan skryf ek my leerling-lisensie vir my


motorfiets – vreet bykans al my naels op, want watter skandaal sal dit
nie wees as ek pluk en die kinders wat saam met my sit en skryf kom
deur en ek nie. Ek is immers die oudste tussen almal wat aangemeld het om te skryf. Ek verras myself
en kom deur en ek begin oefen. Dis juis op een van hierdie oefensessies wat ‘n groep vriende besluit dat
ons die Weskus Rally in Lambertsbaai gaan bywoon – dis eers Oktober so ek het darem nog so rukkie om
te oefen.

Kimberley beleef egter hierdie jaar een van die koudste winters nog en om die “ysterperd” op te saal
gedurende die winter-maande het baie motivering gekos. ‘n Ligte
operasie, ‘n pap battery, die vragmotor-staking wat die
aflewering van die agterband wat bestel is vertraag en ‘n paar
ander flou verskonings later, is Oktober hier en word die sakke
gepak en die lang pad Lambertsbaai toe aangedurf.

Met Lovey se vernuf word daar ‘n roete uitgewerk sodat ons elke
skof net so tussen 100 en 130km ry voor ons bene rek. Dag 1 se
roete is immers nét 798km lank tot in Calvinia. Woensdag-
oggend, 24 Oktober 06:30 trek 5 gesoute Harley-manne, 1 dame
met ‘n paar 100 Harley-kilometers agter haar naam en 2 groentjies (wat myself insluit) weg met ‘n gebrul
van “epidermiese proporsies”.

Hopetown is die eerste stop en ons reël vooraf met die bestuur van die Oranjerus Garage om vir ons
ontbyt voor te berei. Met ons magies vol en die tenks opgevul
pak ons die pad weer aan, maar word sommer vinnig in ons
spore gestop deur die eerste van nege padwerke wat vir ons
wag. Riaan, die “Leader of the Pack” het egter ‘n slim plan
beraam en elke keer ry ons tot by die voorpunt van die
voertuie waar ons moet wag en dan spring ons eerste weg om
al die los klippe wat deur die motors opgespat word vry te
spring. Ons het fluks gevorder en op Britstown en Victoria-
Wes net vinnig gestop om bene te rek en indien nodig die
tenks op te vul.
In Carnarvon het ons die
Blikkies Bar ontdek en hier
is ‘n ou geldjie in die jukebox
gegooi en ‘n koel-dingetjie
geniet want die warm son van
die Noord-Kaap het geen
genade wanneer dit middag
raak nie.

Die luukse van ‘n radio-stelsel tussen Lovey se helmet en myne is daar nog nie en dus het ek net my eie
geselskap gehad om besig te bly. Ek was verstom oor al die liedjies uit my kinderdae wat ek kon onthou
en wat ek natuurlik uit volle bors gesing het op die lang en reguit paaie deur die moordenaars Karoo.
“Mamma, ek wil ‘n man hê, watse man my liewe kind….” “Al die veld is vrolik, al die voëltjies sing…” Mede-
motorfietsryers wees egter gewaarsku – net voor mens in die klein
dorpie van Williston ingaan is daar ‘n nare draai wat op jou wag.
Iemand met so min ondervinding soos ek, en wat vir een oomblik
konsentrasie verloor kan maklik ‘n GROOT foutjie hier maak. Met
die genade van Bo is ek egter hier om dit vir almal te vertel, maar
glo my, ek dink my hart en die wat agter my gery het, het vir 30
minute na die insident nie reg geklop nie. My ma mag natuurlik
nooit hiervan hoor
nie!

In Calvinia aangekom het Marina van Hantam Huis ons met


ongelooflike plattelandse vriendelikheid ontvang en laat
welkom voel en ons vergesel na ons kamers. ‘n Oase na ‘n
lang dag op die rug van ons Harleys, waar ons ontslae kon
raak van leerbaadjies en “boots” en net rustig agteroor kon
sit.

Later die aand


langs ‘n braaivleis-
vuur kon ons lag oor
die dag se ervaringe en het ons die heerlikste wors, lamstjops en
aartappelslaai geniet wat
Marina-hulle vooraf vir ons
voorberei het!
Donderdag-oggend het heeltemal te vinnig sy verskyning gemaak, want die Van Rhynspas lê vandag vir my
voor. Ek doen my bes om vir almal te glimlag, maar min weet hulle hoe my binnegoed bewe en hoe droog
my mond regtig is. Op aanbeveling van vriende, draai ons regs by Nieuwoudtville by die pad na
Loeriesfontein en besoek ons ‘n waterval in die Noord-Kaap
waarvan min mense werklik bewus is. Dis regtig ongelooflik
mooi en is almal verbaas toe ons hier stop want wie sou nou
ooit kon dink dat die
Noord-Kaap dan ook
sulke mooi plekke het –
dis dan veronderstel
om net droog te wees.
Ons lê ook besoek af
by Protea Motors in
Nieuwoudtville waar die eienaar ‘n versameling van motorfietse het
wat enige motorfiets entoesias se hare sal laat rys. Ongelukkig is
die meeste van hierdie motorfietse onder seile toegegooi, maar die manne wat weet, het als verstaan wat
die oom vertel het. Dis nou hier waar ek moet eerlik wees – ek het niks gehoor wat die oom gesê het nie.
Ek het gebewe. My hele lyf, want die pas was nou net om die draai –
letterlik!!

Is die Van Rhynspas erg vir ‘n groentjie motorfietsryer? Ek sal


vreeslik jok as ek sê dit was “easy peasy”, maar dis so ongelooflik
mooi, dat ek op plekke vergeet het om bang te wees vir die draaie
omdat die natuurskoon so ongelooflik mooi was. Dis op sulke plekke
waar mens weereens besef dat Liewe Jesus baie mooi kan
inkleur, want als pas perfek bymekaar in! Ek weet toe ek
daardie laaste draai uit is, het ek my hand in die lug gedruk,
kliphard in my helmet geskree, met trane in my oë dankie gesê
dat ek dit gemaak het en toe die oor van my Harley gedraai en
vet gegee tot in Van Rhynsdorp waar ons by die Namaqualand
Country Lodge gestop het om net van die oortollige adrenalien
ontslae te raak. Ek twyfel of iemand anders se glimlag breër
as myne was toe ons daar gestop het, want ek het die Van
Rhynspas “verower”.

Die laaste sowat 140km tot in Lambertsbaai het sonder voorval


verloop. Toe ons Lambersbaai binne-ry het ‘n groot
verwelkomings-groet my laat besef dat hierdie naweek beloof om
iets besonders te wees. Ek was nie verkeerd nie. Toe ons by die
“rally-site” aankom is ons begroet deur vriendelike rally
organiseerders wat regtig baie moeite gedoen het om ons welkom
te laat voel en waardering gehad het vir die lang pad wat ons afgelê het
om daar te wees. In die tent was daar te kies en te keur. Kos-
stalletjies wat vir almal se smaak
voorsiening gemaak het, die Typsy
Gypsy wat allerhande cocktails
voorberei het, ‘n mobiele tattoo-parlour
(want wat sal ‘n rally dan nou wees
sonder tattoo’s) en die beste “live entertainment” waaraan jy kon dink.
En dan was daar natuurlik Harleys! Baie Harleys! En baie Harley
entoesiaste!

Vrydag was daar ‘n “outride” na Traveler’s Rest. Dit was so paar


kilometer uit Clanwilliam en moet mens deur die nuwe Pakhuis pas
ry. Ons is vooraf gewaarsku dat hierdie pas ‘n paar hardnekkige
draaie het en dus het my moed my begewe en het ek besluit om
maar eerder ‘n “agteroppie” te wees en saam Lovey te ry. Wow,
maar dis mooi hier. Lekker kuier saam vriende, gesels, lag, goeie
musiek en natuurlik Harleys was alles deel van hierdie dag.

Vrydag-aand was die amptelike opening van die rally en is


verskeie statistieke gegee. Op 40 is mens se geheue ook nie meer so
goed nie, hoor! Ek kan onthou dat daar meer as 400 inskrywings vir die
rally was, daar was 300 en iets in die 80 motorfietse en daar was net so
bietjie minder as 100 dames-ryers. Let wel – ek was een van hulle!!!
Jippee!!!! So is daar ook verskillende getalle van klub bywonings genoem
en toe sê hulle dit – daar is 2 lede van Steelwings Kimberley – dis ek en
Lovey! Sjoe, maar was ons nou trots!!! Ons is dan spesiaal vermeld! Wh

Saterdag was dit die “massride” na


Elandsbaai. Dit was ‘n absolute belewenis. My moed het my weereens
begewe, want daar was meer as 200 motorfietse wat gereed gemaak het
om aan hierdie rit deel te neem en ek het weer die opsie van “agteroppie”
verkies. Ek dink dit was ‘n goeie keuse. Gewapen met my kamera, het ek
foto’s geneem, trane afgevee, gelag, gewaai (asof ek prinses Diana van
ouds was) en myself gate uitgeniet. Die organiseerders het gesê dat ons
deur die dorpie van Lambertsbaai gaan ry sodat ons net vir die gemeenskap
kan dankie sê vir hulle gasvryheid die naweek. Ek sal dit in my lewe nooit
vergeet nie – groot en klein – wat so opgewonde raak wanneer Harleys by
hulle verby ry dat hulle letterlik op-en-af-spring en gil van opgewondenheid,
Oupa’s wat in hulle rolstoele op die stoep uitgestoot word sodat hulle dit
ook kan sien en besigheidsmense wat die deure toemaak sodat hulle ook kan
deelwees vir daardie rukkie. Dit was absoluut WOW!

Elandsbaai Hotel se naambord sê “best seaview restaurant” en dit is


beslis een van die beste uitsigte wat hierdie Noord-Kapenaar in ‘n lang
tyd gesien het. Die calamari was
natuurlik ook uit die boonste
gestoeltes en die plaaslike orkes wat
hulle gereël het om hierdie klomp
“bikers” te vermaak, het dit selfs reggekry om ons te laat “two-step”
voor ons weer die pad aangedurf het terug Lambertsbaai toe. ‘n
Besoek aan die strand sodat binnelandse voetjies in die seesand en
seewater gelawe kon word was ‘n absolute noodsaaklikheid en kon ons
dit nie laat verbygaan nie.

Die rally is op ‘n hoogtepunt afgesluit met ‘n besoek aan die


Muisbosskerm waar ons geëet het tot ons lê. Lovey het net vir my
gesê dat ek nie die fout moet maak om brood te eet nie, maar elke
moontlike spasie moet bêre vir vis, want in Kimberley is vars vis so
skaars soos hoendertande. Sjoe, maar was dit lekker – bokkoms,
snoek, stokvis, paella en die kersie
op die koek, KREEF! Yummy! Dit
was heerlik! En die laaste kuiers
saam met nuwe en ou vriende was ook onvergeetlik. Dit was met ‘n
swaar gemoed wat ons totsiens moes sê sodat ons kon gaan kyk of
ons die laaste klere in die sakke “ingerol” kan kry, want die pad huis
toe is lank en ver. Wonder skielik waarom kry mens se klere
kleintjies – toe ek ingepak het, het als baie maklik ingepas, maar om
een of ander onverklaarbare rede wou als nie weer so maklik terug in
die sak in toe ons moes terug nie.

Ons getalle is bietjie uitgedun en 2 van die manne het ander paaie
aangedurf, want nuwe Harleys in die Kaap het hulle soontoe gedwing.
Die pad terug het sonder voorval verloop en selfs die Van Rhynspas was
hierdie keer nie so vreesaanjaend soos wat dit ‘n paar slapies terug was
nie. Ons het ‘n vinnige ontbyt op Klawer geniet en toe verder gery en
gesorg dat ons elke 100 km of so stop. Op Calvinia het ons manne met
“speedbikes” teëgekom en lekker met hulle gesels. Ons petrol was
gelukkig eerste ingegooi en toe ek vir hulle totsiens sê het ek tong in die kies gesê hulle moet nou nie dat
ons vir hulle wegry nie. Wel, hulle het ons nooit weer ingehaal nie (ha ha ha). Die Noord-Kaapse son het
weereens geen genade gehad nie en toe ons op Carnarvon kom het ons met groot verwagting na ietsie
koels gaan soek. Wees gewaarsku mede-motorfietsryers. Klein dorpies in die Noord-Kaap sluit als toe
Sondae-middae na kerk. Let wel, als!
Ons het wel De Meerkat Pizzeria/Restaurant ontdek. En watter
fonds was dit nie! Hier eet ek die lekkerste pizza wat ek in jare
geniet het. Vriendelike mense wat graag help en graag gesels. Die
meisie wat ons pizza gemaak het, Barbie, was selfs bereid om ‘n klein
sakkie te gaan pak om saam te kom Kimberley toe sodat sy voortaan
elke aand vir ons pizzas te kan maak.

Die laaste 145km tot in Victoria Wes was geweldige inspanning. Daar
was ‘n sterk wind wat van voor gewaai het en is ek seker ek weet nou hoe moes Os du Randt se nekspiere
voel elke keer as hy in ‘n skrum sak. Toe ons egter by Victoria Wes
Gastehuis indraai is ons met soveel gasvryheid deur Wilma en haar 2
honde en 4 katte ontvang dat ons dadelik van al die inspanning en wind
vergeet het en kon ons weereens rustig agteroor sit. Ons het besef
dat ons nie hout en ys het nie, maar Wilma het haar voertuig tot ons
beskikking gestel en het ons tot by die garage gery om te koop wat
ons nodig gehad het om vir oulaas te braai – ware Karoo-gasvryheid!
Ai man, daar is maar net niks so lekker soos daai karoo tjoppie en ‘n
braai-broodjie nie.

Verpligtinge in Kimberley het een van die manne vroeg die pad
laat vat en die res van ons sou 06:30 die stof van Victoria Wes
van ons voete skop. Maar wat is ‘n rally sonder so klein bietjie
teenspoed (of so sê hulle vir my). Toe die “Leader of the Pack”
by sy fiets kom, is die belt af – ja, sommer mors af en dit was
nie gisteraand so nie…Tegnologie is darem wonderlik (ook net
soms) en kon ons versterkings inroep en kon hulp uit Kimberley
ontbied word. Lovey was dus nou die enigste haan onder die
henne en was hy nou die nuwe leier van die “Women tribe” en
het die laaste vier van ons die laaste 400km huis toe aangedurf. Kan mens so gelukkig wees – ons het nie
by een van die nege padwerke gestop nie en kon ons so teen 12:00 in Kimberley aankom.

2 146km later – ek dink nie ek is nou meer so groentjie nie en kan ek dalk nou ook ‘n “tip” of twee vir die
volgende nuweling by die klub gee wat hulle eerste rally gaan bywoon. Toe ons nog oppad was na die rally
was een van my facebook inskrywings “Jislaaik, gister was seker 1 vd onvergeetlikste dae v my lewe! Dis
nt jy, d Skepper, jou gedagtes en Sy skepping - en als kom bymekaar Dis absoluut fantasties!” En om te
dink, ek moes 40 word om dit te ontdek, maar nou’s ek “hooked”. Ek dink, ek’s nou ‘n ware Harley chick!

You might also like