You are on page 1of 9

Visuele kultuur in Suid-Afrika het ontwikkel teen die onstabiele agtergrond van die

apartheids era. Apartheid was as ʼn magtige wapen en strategie gebruik om Suid Afrika
te beheer. Die tydperk was gekenmerk deur die verdeling van rasse wat veroorsaak
het dat Suid-Afrikaners se identiteit en kultuur in afsondering van mekaar ontwikkel
het. Die instelling van die magsverhouding het tot gevolge van onderdrukking,
diskriminasie en ongeregtigheid gelei. Die magsverhouding van die apartheid regering
gaan bespreek word deur na Michel Foucault1 se teorieë van mag en kennis diskoers
te verwys. Die kunstenaar Nontsikelo ‘Lolo’ Veleko 2is ʼn bekroonde Suid-Afrikaanse
fotograaf wat onderwerpe soos swart identiteit, verstedeliking, mode en geslag
kwessie in haar werk ondersoek. Veleko vorm deel van ’n nuwe generasie kunstenaars
wat die grense bevraagteken wat gevorm is tydens die koloniale en apartheids jare.
Veleko se reeks Beauty is in the eye of the Beholder (2003 – 2007) is die toonbeeld
van Veleko se sosiale interpretasie van identiteit en kulturele ontwikkeling in Suid-
Afrika. Die treffende beeld van die (Sibu VII) (2007) (fig 1) gaan spesifiek bespreek
word. Veleko wil deur haar werk die Suid-Afrikaner identiteit transformeer, uitdaag
en rehabiliteer wat deur die apartheids sisteem beïnvloed is.

Visuele Kultuur is ’n filosofiese en epistemologiese stand wat erkenning gee aan


die manier waardeur sekere visuele elemente uitgebeeld word (Cambpell & Schroeder
2011: 1) Die uitbeeldings proses word met mag geassosieer in die wyse hoe mense
daardeur geaffekteer word (Cambpell & Schroeder 2011: 1). Visuele kultuur handel

1
Michel Foucault (1926 – 1984) is ʼn Franse filosoof, geskiedkundige, literêre kritikus en sosiale
teoretikus, wat bekendheid verwerf het vir sy teorieë wat handel oor die verhouding tussen mag en
kennis.

2 Nontsikelelo ‘Lolo” Veleko is in 1977 gebore in Bodibe, Suid Afrika. Sy het groot geword in
Kaapstad en het gedurende 1999 en 2003 fotografie aan die Market Photo Workshop
gestudeer. Veleko woon en werk tans in Johannesburg. Veleko het baie aandag getrek met
haar treffende reeks Beauty is in the eye of the Beholder. Die reeks is ’n uitbeelding van Suid
Afrikaanse straat styl. Die reeks vang jeugdiges vas wat geklee is in unieke uitrustings wat
soms handgemaakte elemente bevat. Nontsikelelo Veleko was ’n finalis van die MTN New
Contemporary Artists in 2003 en het sedertdien deelgeneem aan plaaslike en internasionale
uitstallings. In 2006 is haar foto’s uitgestal in die uitstalling Snap Judgements: New Positions
in Contemporary African Photography in New York. Veleko het in 2008 die toekenning van
Standerd Bank se Young Artist Award for Visual Art ontvang.
oor visuele gebeure waarin informasie, betekenis of sosiale rede weergegee word
(Mirzoeff 1998:3)

Navorsing oor visuele kultuur ontstaan rondom die konsepte en voorstelling van
betekenis en kultuur. Die terme visuele kultuur verwys na beide visuele aspekte van
kultuur asook Visuele Kultuur as studie veld. Die studie van Visuele Kultuur lig die
belangrikheid uit van wat die beeld inhou vir die kulturele lewe. Die verspreiding en
mag van die beeld verteenwoordig die sentrale kwessies wat in die samelewing heers.
(Cambpell & Schroeder 2011: 1)

Die visuele magsverhoudings is belangrik in ’n kulturele sin, omdat dit verskillende


maniere uitbeeld waarvolgens iets verstaan en geïnterpreteer word, deur te verwys
na sosiologie en sosiale semiotiek (Cambpell & Schroeder 2011: 3).

Beelde word nie meer as afhanklik beskou in die moderne tendens van visuele kultuur
nie, maar eerder die neigings die bestaan te visualiseer en uit te beeld (Mirzoeff
1998:6).

Visuele kultuur in Suid-Afrika het vinnig ontwikkel teen die onstabiele agtergrond van
die politieke onrus. Suid Afrika was het nie noodwendig progressiewe en tradisionele
idees ontwikkel nie, maar in baie gevalle het konserwatiewe konsepte tussen die
identiteite3 van verskillende etniese groepe ontstaan. Die politieke mag het soms self
die visuele kultuur gemanipuleer om realisme en simboliek is bevoordeel om ʼn
spesifieke betekenis te bevorder.

Die Suid-Afrikaanse samelewing word nog steeds, na die ondergang van apartheid
gekenmerk deur die verdeling van ’n kultuur, ras, historiese agtergronde, taal en
geloof, ekonomie en sosiale klas. Suid-Afrika het ʼn eeue lange geskiedenis van
afgedwonge rasse segregasie en dominasie. Die onderdrukking heerskappy was eers

3
Identiteit kan beskou word as die sin en voortbestaan van die ‘self’ wat ontwikkel as kind
en konstant verander en beïnvloed en word deur die samelewing (Zegeye 2008: 17).
deur die Britse mag geïmplementeer en is later deur die apartheids regering gevolg in
1948, nadat die Nasionale Party aan bewind gekom het (Zegeye 2008: 18).

Apartheid was as ʼn magtige wapen en strategie gebruik om Suid Afrika se ekonomiese


en sosiale sisteme te beheer. Die aanvanklike doel en ideaal van apartheid was om wit
dominasie te handhaaf terwyl rasseskeiding uitgebrei word. Die apartheid regering
het wette ingestel wat swart Suid-Afrikaners van hul burger regtelike regte ontneem
het. Die regering het ook rasse segregasie afgedwing om die beleid van afsonderlike
rasse ontwikkeling te verseker (Coetzee 1993:2)

Die era is ondermyn deur die pas wette wat die wet van tuislande beheer het om
sodoende verhoed dat nie-blankes in areas kom wat vir blankes gereserveerd was nie.
(Nwafor 2005: 166) Die identifikasie bron van die pas wette was deur middel van ’n
foto bepaal. Die apartheids regering het fotografie ingestel as medium wat orde,
beheer en onderdrukking bewerkstelling het. (Nwafor 2005: 166)

Apartheid reflekteer Foucault se meganisme van ‘panopticism’, ʼn sisteem wat sosiale


orde en onderdrukkende toesig uitoefen op die magtelose. Die sisteem word deur die
bron wat oor die mag besit geïmplementeer (Nwafor 2005: 168).

Die magsverhouding wat deur die apartheids regering uitgeoefen is, het tot gevolge
gelei van onderdrukking, diskriminasie en ongeregtigheid (Coetzee 1993:12)

Die rol die magsverhouding kan terug verwys word na Michel Foucault se teorieë van
mag en kennis diskoers. Vir Foucault word mag uitgeoefen en bepaal deur die
effektiwiteit en toepassing daarvan. Mag is alomteenwoordig en het onskeibare
gevolge. Foucault stel voor dat mag gekonstrueer word deur tegnieke en instellings
wat grense bewerkstelling. Mag word beskou as ’n vorm van regering wat werk deur
ʼn veelvuldigheid van aksies en reaksies, eerder as deur 'n eenvoudige oorheersing of
weerstand. Moodley 2005: 22
Deur mag word kennis verkry . Die verhouding tussen mag en kennis vorm ’n binêre
onafskeidbare verwantskap waar die tweeledige konsepte op mekaar aangewese is
om funksionaliteit te verseker. Deur die uitoefening van mag word die
magsverhoudings geskep wat nuwe begrip en rasionele insig ondersoek, in
teenstelling tot mag skep kennis dadelik ’n magsverhoudings (Moodley 2005: 21)Die
instelling van mag word beskou as ’n komplekse strategie van onderdrukking en
dominasie.

Foucault se idee rondom mag en die regering, skets 'n gedifferensieerde ontleding van
die geïmplementeerde magsverhoudings en die analitiese weerstand wat ʼn
verwantskap bied. Foucault ontleed die samestelling van mag wat deur regerings
ingestel word en is dus besorg oor die bepaalde tipes magverhoudings wat
geïmplementeer word. (Moodley 2005: 25). Die magsverhoudings stel die regering in
staat om as 'n gesentraliseerde, verenigde land op te tree met die gevolg van totale
opperheersende mag. Kennis kan gedomineer word met die voorrang van diskoers en
dus is diskursiewe verhoudings, verhoudings van mag. Foucault ag ook dat mag, sin
maak van die sosiale en ideologiese verhoudings van dominasie wat tydens die
apartheids era geïmplementeer was (Moodley 2005: 26).

Apartheid het in 1993 tot ’n einde gekom na ʼn reeks onderhandelings. Waarna ’n nuut
geskepte vryheid en reg tot uitbeelding van ekspressie aan beide individue en groepe
toegeken is. ’n Nuwe visuele kultuur kom vrylik begin ontwikkel in. Die situasie het ’n
proses van refleksie aangewakker om sodoende die gebeure van die verlede te
verstaan en te verwerk. Suid-Afrikaanse kunstenaars het kwessies van die verlede in
hul werk begin aanspreek en het onderwerpe soos taal, ras, geskiedenis, globalisering,
verstedeliking en identiteit in hul werk ondersoek (Coetzee 1993:3).

Kwessies rondom die nalatenskap van die Suid-Afrikaner se identiteit het ontwikkel
met die doel om identiteit te herwin. (Zegeye 2008: 19). Omdat Suid-Afrikaners se
identiteit in afsondering van mekaar ontwikkel het, het gevalle van politiese
mobilisering en magstrukture die stryd rondom identiteit bevorder (Zegeye 2008: 19).
Nontsikelo ‘Lolo’ Veleko is ʼn bekroonde Suid-Afrikaanse fotograaf wat onderwerpe
soos die swart identiteit, verstedeliking, mode en geslag kwessie in haar werk
ondersoek. Sy gee uitdrukking aan hoe mense hul kleredrag en voorkoms gebruik as
’n manier om hulself te identifiseer en hul identiteit te bepaal. Veleko ondersoek
asook hoe die buitestaander mense volgens hul voorkoms oordeel. Veleko vorm deel
van ’n nuwe generasie kunstenaars wat die grense bevraagteken wat gevorm is tydens
die koloniale en apartheids jare.

Veleko posisioneer haarself in ’n direkte konfrontasie met die historiese ondeurdagte


voorstellings van die Afrikaner in die koloniale en apartheids era. Sy wil deur haar werk
die Afrikaner subjek se identiteit transformeer, uitdaag en rehabiliteer. Veleko se
subjekte stel hul eie en identiteit asook die estetiese waardes van die Afrikaanse
skoonheid vry wat voorheen deur die koloniale en apartheids era ondermyn is. Veleko
daag die kwessies rondom die Suid-Afrikaanse identiteit en politiek in haar werk uit
wat ontstaan het in apartheid era. (Hotsko 2009: 47)

Gedurende die apartheids era was die verteenwoordiging en individualiteit gebonde


tot die grense van die apartheids regering, Veleko se belangstelling in individualiteit
verleen geloofwaardigheid tot haar onderwerp. Haar belangstelling is egter gefokus
op individue wat bewus is van hulself en hul kleredrag keuses. Die individue
verteenwoordig hul self deur hul kleredrag en is gewoonlik jong, stedelike swart Suid-
Afrikaners. In teenstelling met die ontkenning van ’n identiteit in ʼn verbygaande foto,
konfronteer Veleko se onderwerp die kamera in ʼn direkte frontale manier. Die direkte
konfrontasie word beskou as ’n viering en verkenning van hul identiteit in ’n post-
apartheid landskap. (Pycroft 2010: 1)

Veleko benader haar onderwerp op ’n analitiese en stilisties wyse, sodat die nuwe
posisie van die Suid- Afrikaanse landskap in haar werk verteenwoordig word. Sy spreek
ook bekommernis uit oor die voorstelling van die Afrikaanse liggaam in portretkuns4.

4
Portretkuns word histories geosoniseer met die subjek van die wit Westerse manlike beeld,
dus is die beeld van die swart subjek duidelike afwesigheid. In die geval waar die swart subjek
wel uitgebeeld word, is daar negatiewe en stereotipiese assosiasies gevorm wat grotendeels
Veleko het haar opleiding by ‘The Market Photo Workshop’ in Johannesburg ontvang.
Die fotografie skool is geskep vir studente wat tydens die apartheids era uitgesluit
was om fotografie te studeer. Gedurende die middel negentigs het die skool
hoofsaaklik onderrig gegee in die veld van sosiale dokumentasie. Hierdie dissipline het
as ʼn kragtige platvorm gedien in reaksie teen apartheid. Die dokumentere 5 fotografie
was gebruik om die daaglikse realiteit van die stryd teen apartheid vasgevang. In die
laat negentigerjare het Suid Afrika ’n soortgelyke spanning ervaar rondom die idee
van identiteit in ’n nuut erkende realiteit.
(Mountain 2010:10 )

Veleko se sosiale observasie sowel as haar persoonlike ervarings dien as dryfkrag vir
die meeste van haar projekte. Haar beelde daag die historiese assosiasies rondom
identiteit uit wat gebaseer is op voorkoms. Veleko se werk word voortdurend
bestudeer en as beelde van transformasie beskou. Die beelde verwys na die verwys
na die beperkings wat Suid-Afrikaanse politiek rondom identiteit geskep het.
Terselfdertyd herskep die beelde die publieke narratief wat die Suid-Afrikaanse
landskap definieer (Hotsko 2009: 32).

Veleko fokus op die vars en unieke kwaliteite van haar werk. Sodoende kies sy
spesifieke individue wat uit te staan tussen die norm. Sy skep ʼn interessante dialoog
in haar werk deur nie ’n tipiese Afrikaanse of Suid-Afrikaanse kultuur in haar werk te
probeer bewerkstellig nie. ’n Sekere vorm van Afrika stereotipe kan geassosieer word
met Veleko se gebruik van helder kleure en patrone. Veleko ondersoek die verskille

deur massa media versprei is. In die hedendaagse samelewing word portretkuns as een van
die belangrikste onderwerpe beskou in die herskepping van Afrikaanse voorstellings in
kontemporêre fotografie. Anders as in koloniale en apartheids ‘struggle’ fotografie waar die
Afrikaan as ʼn onderwerp van wetenskap en as slagoffer uitgebeeld word, betrek Veleko haar
subjek se alternatiewe begrip van identiteit en verteenwoordigend.

5
Dokumentêre fotografie was gebruik as ’n bron om die werklikheid weer te gee.
Vasgevangde oomblikke het as bewyse gedien. Die medium is ook gebruik om die onreg,
onmenslikheid en onderdrukking te ontbloot van die apartheids era.
Dokumentere foto’s kan nie gedistansieer word van hul historiese, sosiale en politiese konteks
nie. (Horta 2011: 42&43)
binne die Suid-Afrikaanse samelewing eerder as net ’n verskil van die Suid-Afrikaanse
identiteit teenoor die res van die wêreld. (Mountain 2010:32)

In Nontsikelelo Veleko se reeks Beauty is in the Eye of the Beholder (2003 – 2007)
vermeng sy straat, dokumentere en mode fotografie. Die reeks is ʼn viering van energie
en die diversiteit, (Bester 2007: 2). en bestaan uit fotografiese portrette wat handel
oor stedelike straat mode en kultuur in Johannesburg en omliggende informele
woongebiede. Haar portrette ondersoek die wyse waarop mense hul voorstel tot die
samelewing asook deur hul eie identiteit skep. (Labuscagne 2010:283)

Veleko spreek wel kommer uit oor die swart identiteit se selfbeskikking en trots. Mode
skep identiteit en deur die ongewone mode styl wat waargeneem word, word ’n soort
trots vasgevang.

Met die reeks bevraagteken Veleko die konsensuele idees rondom skoonheid, mode
en die stedelike omgewing, asook die saamgestelde en uitgedrukte identiteite in die
Johannesburgse middestad en omliggende informele nedersettings. (Lewis 2012: 84)

Die titel van die reeks Beauty is in the Eye of the Beholder (2003-2007) konfronteer die
idee van hoe verskillende mense skoonheid ervaar. Veleko se foto’s beeld ’n speelse
spanning uit tussen die subjek en die samelewing. Haar subjekte druk hulself
gedeeltelik uit deur hul sosiaal te laat kamoefleer in hul kleredrag. Die term
kamoefleer beeld die binêre dubbelsinnigheid uit om deur die persoon se mode style
hom/haar te openbaar of selfs agter dit te skuil. Klere word nie net beskou as ’n visuele
uitdrukking van die persoon nie. Dit is die grens waar die individu en die samelewing
ontmoet. Dit bied ook die geleentheid aan die individu om hulself op ’n spesifieke
wyse aan die samelewing voor te stel. Die kleredrag van Veleko se subjekte is
ongetwyfeld aandadig en wek ook reaksie teen die samelewing in.

In sommige foto’s skei Veleko haar subjekte van die agtergrond. Die foto’s het ʼn vlak
diepte en ooreenkomste tussen ʼn modetydskrif se voorblad word getoon. Veleko
plaas al die fokus op haar subjek alhoewel die reeks ’n dokumentêre aanslag toon.
Met die insluiting van die omgewing in sommige foto’s word kyker betrek tot die
subjek se omgewing. Die kontras van die vaal, maar gedetailleerde agtergronde teen
die subjek se uitspattige klere beeld die groot verandering in die mode styl uit.
Veleko werk saam met haar subjekte wanneer sy besluite neem oor hoe hulle
uitgebeeld moet word. In plaas daarvan om haar subjek af te neem, neem sy implisiete
besluite om haar subjek se verteenwoordigende rol vas te vang in verhouding tot hul
eie self-aanbieding. (Lewis 2012: 85) agtergrond. ’n Treffende beeld van die reeks wat
in diepte bespreek gaan word is (Sibu VII) (2007) (fig 1).

(Mountain 2010:30)
In (Sibu VII) (2007) (fig 1) word ’n jong man uitgebeeld wat beklee is in ’n geblomde
oranje en pienk vroue broekpak. Die beeld daag die konsep van seksualiteit uit waar
dit terselfdertyd ʼn direkte verwysing maak met die graffiti 6 agtergrond van Steve7
Biko. Die treffende beeld handel nie net oor die algemene konvensies wat in die beeld
oorgedra word nie, maar ook die ongemaklike gevoel wat deur die subjek uitgebeeld
word. Die subjek se liggaamshouding kom voor as beide selfversekerd en ongemaklik
met sy hande en voete wat ongemaklik en onsekerheid uitspreek. Die subjek se bril
verbloem sy gesig wat hom deels ontoeganklik en obskuur maak. Sy kleredrag laat
hom vir die kyker ietwat weerloos voorkom. Veleko se beeld wend ʼn poging aan om
ʼn sekere atmosfeer of sentiment te skep wat ’n bydrae lewer tot die Suid-Afrikaanse
dilemma van onsekerheid wat verbind word in teenstrydige kenmerke van ʼn kritiese
en kulturele diskoers. ‘Sibu’ se houding word nie as oortuigend beskou nie en word
dus word ’n ontwrigtende beeld geskep. Daar word ’n duidelike onsekerheid geskep
deur die gaping van teenstrydige elemente wat in ‘Sibu’ teëgekom word, deur die
subjek se ongemaklike selvertroue en weerlose onbegaanbaarheid. Die sielkundige
spasie van self–beelding wat deur die subjek geskep is reflekteer die sielkundige spasie
van Suid-Afrika tot ʼn mate. Die teistering van die verlede verhoed dat Suid Afrika

6
Graffiti het ’n lang geskiedenis van sosiale en politiese kommentaar en was ondermeer in die
apartheids era gebruik om boodskappe van weerstand weergegee.
7
Steve Biko (1946 – 1977) het ʼn beduidende rol in die stryd teen apartheid in Suid Afrika
gespeel. Hy was ’n apartheids aktivis in die jare 1960 en 1970.
vooruit kan beweeg, Suid-Afrika betree ’n onsekerheid wat ’n aanduiding is
onvermydelike teenstrydighede tussen eenheid en diversiteit.

(Lewis 2012: 84)

In die werkstuk word die visuele kultuur wat onder die apartheids era in Suid-Afrika
ontwikkel het bespreek. Die magsverhouding wat deur die apartheid regering ingestel
is word ook bespreek. Daar word deur na Michel Foucault se teoriee van mag en
kennis diskoers te verwys. Die fotograaf Nontsikelo ‘Lolo’ Veleko se treffende beeld
(Sibu VII) (2007) (fig 1) wat in die reeks Beauty is in the eye of the Beholder (2003 –
2007) voorkom is ook bespreek. Die reeks is ’n toonbeeld van Veleko se sosiale
interpretasie van identiteit en kulturele ontwikkeling in Suid-Afrika.

3240 woorde

You might also like