You are on page 1of 12

Khoisan as taalfamilie

Bewyse vir die genetiese verwantskap van


Khoe, Kx’a, Tuu, Hadza en Sandawe

deur Pieter Uys

1
Khoisan is ‘n geldige genetiese taalfamilie, wat uit een proto-taal
ontstaan het. Bewerings dat Khoe, Kx’a en Tuu drie afsonderlike
taalfamilies sou wees, druis in teen die bewyse, teen Ockert se
Skeerlem en teen gesonde verstand. Die volgende uiteensetting dui op
eienskappe wat die genetiese verwantskap van Khoe (Khoehkoegowab,
Naro), Kx’a (Ju/’hoansi), Tuu (!Xóõ, !Xam), Hadza en Sandawe bevestig.

Aangesien ‘Khoisan’ met die Suider-Afrikaanse tale vereenselwig word,


kan Makro-Khoisan gebruik word om na die hele familie – wat Hadza en
Sandawe van Tanzanie insluit – te verwys.

2
Geslag

Grammatiese geslag, ‘n eienskap van Hadza, Sandawe en Khoe, bestaan nie in die
Ntutale van die Niger-Kongo taalfamilie nie en is raar in Nilo-Saharies. Afro-Asiaties
is die enigste ander taalfamilie in Afrika met geslagsaanduiding, en Afro-Asiaties is
die mees resente familie op die kontinent, en boonop beperk tot die noorde en die
noordooste.

Proto-Khoisan het oor dié eienskap beskik, wat steeds in Hadza, Sandawe en Khoe
voorkom; die Kx’a- en Tuu-groepe het dit verruil vir naamwoordklasse, waarskynlik
onder invloed van die Ntutale. Vir mense wat skape en beeste aanhou, is
grammatiese geslag van belang by die teling; by jagter-versamelaars geniet dit nie
‘n hoë prioriteit nie.

Voornaamwoorde

Die meeste Khoe-subgroepe onderskei ‘n eksklusiewe en inklusiewe 1ste persoon


meervoud. Elke vorm van die 1ste persoon dualis of meervoud bestaan uit drie
morfeme: die volledige vorm van die stam, ‘n vorm wat geslag/klas merk en een wat
as die primêre pronominale basis dien. Twee hoof- pronominale morfeme staan
uit: *-m vir 1ste persoon dualis en *-e vir 1ste persoon meervoud.

Die mi-foneem, die verwante labiaal /w/ of die nasale /m/, /n/ en /ŋ/ kom in die 1ste
persoon by almal voor: Proto-Kx’a *mV, Ju /mi/, Proto-Tuu *n of *ŋ, !Xóõ /n/, /ŋ/,
Hadza /ona/. Dit stem ooreen met Proto-Kx’a *m vir 1ste persoon inklusief en *e vir
eksklusief. Dus moes die dualis/meervoud-opposisie op ‘n stadium as
inklusief/eksklusief hervertolk gewees het, of andersom. Waarskynlik is *-m en *-e
oorspronklik vir grammatiese getal gebruik, terwyl *si- gebruik is om inklusiviteit te
merk.

Baie tale van die !Ui-subgroep van Tuu se /n-/ of /ŋ-/ het /m-/ as allomorf of /ma-/
wanneer die woord met ‘n labiale konsonant begin. Die oorspronklike vorm was
moontlik *ŋ wat in *m verander het in Proto-Kx’a omdat *ŋ nie as aanvangsvorm

3
elders verskyn nie, en maklik met ‘n labiaal assimileer. In Kx’a is daar wel spore van
'n -n- of -ŋ- wat as 1ste persoonlike voornaamwoord funksioneer.

Die ander stam vir ‘ek’ is *ti wat as /te, ta, ti, ts, tsi, mtsa, tʃ/ wat ‘n wye verspreiding
het, bv die 1ste persoon /ta-/element soos in Nama /mũta/ “ek sien” en Hadza
/fwata/ “ek drink”. Sandawe 1ste persoon /tsi/, Nama /ti/, !Ora ti-re, Nato /tija/,
Sandawe /ci/.

Proto-Khoe se *t- mag op dieselfde wyse met Sandawe *c [ts] korelleer. Dié *t-/*c-
vorm is eksklusief aan Khoisan, terwyl *m, *n en *ŋ natuurlik uiters algemeen in
ander taalfamilies reg rondom die wêreld gebruik word vir ‘ek’.

Die tweede persoon enkelvoud verskyn as /a/, /ha/, /e/ of /i/ regdeur die vyf
paradigmas, en die derde persoon enkelvoud /hV/ of /sV/ verskyn in die vorme /ha,
he, hi, xa, sa/ of /hewe/ by al vyf. Die Sandawe-suffiks /-we/ = Nama /-b/ en stem
ooreen met Nharon /xaba/ en /xasa/.

Die Hadza enkelvoud manlik /-wa/ = Sandawe /-we/ en Nama /-b/ soos hierbo, en
Hadza 3de persoon onafhanklike voornaamwoord is dieselfde /-ha/ as in Sandawe,
en die onafhanklike /ha/ van Tuu en Kx’a en Nharon /-xa/. Hadza /hawa/ = Sandawe
/ha-we/ = 3de persoon besittingsuffiks = /-ma/ en Nharon /xaba/.

Sandawe /-si/ vir vroulik meervoud selfstandige naamwoord = Naron vroulik


meervoud snw /-si/, Nama /-ti/, Kx’a-tale /si/ en /Auni van die Tuu-tale /-si/,
laasgenoemde sonder geslagskonnotasie. Sandawe manlik meervoud snw /-ko/ =
Nama manlik mv snw /-ku/ en !Xam mv snw /-gu/.

Hadza, wat ‘n m/b-wisseling toon, se derdepersoon besittingsuffiks is /-ma/; die


manlik meervoud snw is /-bi/, die vroulik meervoud snw is /-be/ en die
werkwoordsuffikse is /-mi/ en /-me/, ‘n patroon wat met Nharon ooreenstem.

Sandawe se resiprokale /-ki/ in die werkwoord = Nama /-ku/. Sandawe vorm


bywoorde en byvoeglike naamwoorde met ‘n /-se/ sufiks = Auen (Kx’a) /-si/ en Nama
/-se/.

4
Hadza 3de persoon vroulik besitting is /-sa/ wat met Sandawe /-sa/ en Nharon
vroulik snw-suffiks /-sa/ korelleer. Hadza se persoonlike vnw vroulik meervoud is /-
ti/ = Nama persoonlike vnw vroulik meervoud /-ti/ en Sandawe /-tsi/.

Meervoud en werkwoorde

Meervoudvorming geskied op dieselfde manier in Khoe, Kx’a en Tuu: suffikse vir


reëlmatige en onreëlmatige meervoude, en spesiale reekse vir verwanskapsterme
en vir verkleinwoorde. ‘n Neutrale meervoud is waar die woord nie verander nie,
dus dien die een vorm as beide enkel- en meervoud, bv in !Xóõ /soo/ ‘medisyne’ en
/xhuye/ ‘heuningby’.

Korellasie verskyn ook by tydsaanduiding in die werkwoord. Die verlede tyd in


Ju/’hoansi word deur /go/ aangedui wat met Naro (Khoe) /ko/ en !Xóõ (Tuu) /ko/
korelleer. Toekomstige tyd word deur /ka/ aangedui in beide Kx’a en Khoe.

5
Klieks, klinkers en begeleiding

Vyf kliektipes bestaan: Dentaal/ǀ/, lateraal/ǁ/, labiaal /ʘ/, alveolêr /ǃ/, palataal /ǂ/.
Kx’a en Khoi het vier basiese klieks, /ǀ ǁ ǃ ǂ/ Hadza en Sandawe gebruik drie /ǀ ǁ ǃ/.
Dis net in Tuu waar vyf klieks voorkom – die bilabiale kliek /‫ּס‬/ in !Xóõ /‫ּס‬ôõ/ ‘droom’.

By Khoe, Kx’a en Tuu kom die kliek net in die aanvangsposisie voor, gevolg deur ‘n
klinker en een van die volgende konsonante: /b/, /m/, /n/, /r/, of /l/. By Hadza en
Sandawe kan klieks ook in die middel van woorde verskyn (soos in die Ntutale).

In al die tale gaan klieks gepaard met glottale, aspirasie-, stemdraende, nasale en
ander begeleidings wat die foneem-inventaris uiters kompleks maak. Dié reeks
begeleidings word ook “vrystellings” of “sekondêre artikulerings” genoem, en word
voor en saam met, of net na die kliek uitgespreek. Elkeen verleen sy eie timbre aan
die uitspraak. !Xóõ het meer kliekkombinasies as Kx’a (Ju/’hoansi) en die Khoetale.
Hadza gebruik drie en Sandawe vyf begeleidings.

Dis hier waar die verwarring intree wanneer ‘n foneemgetal aan byvoorbeeld !Xóõ
toegeskryf word, want sommige linguïste beskou elke variant as ‘n afsonderlike
foneem, terwyl ander die plek van artikulasie as primêr beskou, en dus die kliek en
al sy begeleidings as een foneem tel.

Die Ntutale met klieks het gemiddeld 25 meer konsonante as dié daarsonder. En
Ntutale met meer klieks het meer konsonante as dié met minder klieks. Die vraag
ontstaan dus of klieks die enigste konsonante was wat die Ntutale by Khoisan
geleen het. Is die rede vir die groter inventaris dalk dat hulle ook nie-kliek-
konsonante by Khoisan geleen het?

Dis ook merkwaardig dat die Ntutale geen genasaleerde vokale of diftongs by
Khoisan geleen het nie, maar alleenlik klieks. En dat die klieks nie tot die
leenwoorde beperk gebly het nie, maar aktief in die Ntu-woordeskat ontwikkel.

Al die Khoisangroepe het dieselfde vyf-vokaal-stelsel wat op uiteenlopende wyses


artikuleer kan word, byvoorbeeld met faringeale, glottale, nasale, ruiserige

6
begeleiding. Hier ook kom die vraag na vore of elke variant as ‘n foneem getel kan
word. (!Xóõ neem onder meer nasale, faringeale, glottale en ruiserige timbres -
Volgens die een metode hierbo, sou dit dan 44 fonemiese klinkers aan !Xóõ
toeskryf).

Ju/’hoansi (Kx’a) het lang vokale en diftonge; Sandawe het kort orale /a/, lang orale
/aː/ en lang nasale /ãː/-vokale; Hadza kry lang vokale waar intervokaliese [ɦ]
uitgelaat word, bv [kʰaɦa] of [kʰaː] 'kl(om te)' en as uitsondering elders, bv [boːko]
'sy' vs [boko] 'siek wees'. Khoe en Tuu gebruik slegs kort vokale.

Benewens die vyf-vokaal-stelsel, die klieks /|, ǁ, !/, die begeleidings vir klieks en
vokale, en grammatiese geslag, is daar kognate in die kernwoordeskat soos
“persoon”: Hadza /akwiti/ “vrou”, /akwiako/ “dogter”, /akwibi/ “die jeug”, Nama
/khoi/ en !Xam /kwi/ en vir “broer”: Hadza /tsia/, Auen /tsĩ/, !Kung /siŋ/, en “huis”:
Hadza /ǁneam/, !Xam/ǁneiŋ. ‘Naam’ in Proto-Kx’a = *|à(u)ŋ, !Xóõ = /ou ŋ/, |Xam /e ŋ/,
N|u /e ŋ/, Sandawe /ǁwa/, Hadza /Ɂakana/, Proto-Khoe */kxon/, en ‘Neus’ in Proto-
Kx’a *cɁú ŋ, !Xóõ /núh/, Sandawe /nathi/, Hadza /inthawe/.

Genetika

Genetiese studies dui op ‘n nouer onderlinge verwantskap tussen die Hadzabe,


Pigmeë en San, as tussen die Sandawe en Hadzabe. Tog bestaan daar ‘n oer-oue
genetiese verbintenis tussen al vyf die Khoisangroepe, wat suggereer dat hulle
wortels na ‘n enkele bevolking in die diep verlede terugstrek.

In genetiese verband kan mens ook wyer en ouer verwantskappe in ag neem. Op


Madagaskar is daar ‘n tradisie van, en spore van, voorgangers met ‘n kort statuur;
jagter-versamelaars wat as die eerste mense beskou word. Die BaTwa (pigmeë) van
die Groot-Mere-streek word as die vroegste bewoners van Afrika beskou, saam met
die San van suidelike Afrika.

Egiptiese rekords uit die Ou Koninkryk verwys na die ‘dansers van die gode’ wat in
die ‘Land van die Geeste’ woon. Homerus (Illiad boek III) en Aristoteles (History of
Animals) maak ook melding van hulle.

7
Onder die Malagasy is daar klein en verspreide groepies jagter-versamelaars wat as
Vazimba of Mikea of Beosi bekend staan. Hulle praat Malagasy, maar in die geval
van laasgenoemde bestaan daar ‘n substraat-leksikon wat onder meer Ntu-woorde
insluit wat nie in standaard-Malagasy voorkom nie. Die moontlikheid bestaan dus
dat die Beosi ‘n oorblyfsel is van ‘n eiland-bevolking wat daar was voordat die
Austronesiese migrasie plaasgevind het.

Die BaTwa woon in ‘n breë strook van hoofsaaklik reënwoud, wat van Kameroen,
Kongo Brazzaville en Gabon deur Kongo Kinshasa tot in Rwanda en verder suid
strek. In die weste woon die Mbenga, Bayaka (Aka en Baka), Bakoya en Bongo, wat
Niger-Kongo-tale praat (Kameroen, Gabon, Kongo- Brazzaville, Sentraal-Afrikaanse
Republiek); die Mbuti woon in Kongo-Kinshasa in die Ituri-woud, en praat Ntu- en
Sentraal-Soedaniese tale; rondom die Groot Mere en verder suid woon groepe
wat almal Ntutale praat.

Onder die Aka en Baka is daar substrate geïdentifiseer wat tot 30% van die leksikon
uitmaak, en wat hoofsaaklik botanies is of op die oes van heuning betrekking het.
Genetiese studies impliseer ‘n oer-oue oorsprong van tot 100,000 jaar gelede.
Volgens die data van Lachance et al. (2012) het Khoisan-sprekende bevolkings
eerste ontstaan, gevolg deur Pigmeë. Volgens Tishkoff et al. het ‘n Proto-Khoisan
jagter-versamelaargroep sowat 30,000 jaar gelede in Oos-Afrika ontstaan. Studies
plaas ook die oorsprong van die Khoisan in die Horing van Afrika.

Verlangse familie

Aan die ander kant van die Indiese Oseaan woon daar ver-af verwante etniese
groepe van die San en die Twa wat as Negrito bekend staan. Die Negrito kom op die
vasteland van Suidoos-Asië, op die Oseaniese eilande, en op eilande in die Baai van
Bengale voor. Daar word beraam dat hulle tussen 60,000 en 30,000 jaar gelede die
vasteland van Afrika moes verlaat het.

“Orang Asli” (“eerste mense”) is die Maleisiese term vir Negrito’s. Hulle sluit in die
inheemse mense van die Andaman Eilande, die Semang van die Maleisiese

8
Skiereiland, Maniq van Thailand, en verskeie groepe in die Filippyne, soos die Aeta.
Taalkundig vorm die Andamans ‘n eenheid met Nieu-Guinee en die eilande van
Melanesië. Hierdie eerste inwoners van Suidoos-Asië word vanaf sowat 5,000 jaar
gelede deur inkomende Austronesiese groepe verplaas.

Soos die Pigmeë, praat die meeste groepe Negrito’s die Austro-Asiatiese of
Austronesiese tale van hulle bure. Die oorspronklike Andamanese wat in
afsondering op Sentinel-eiland woon, vorm egter deel van die Indo-Pasifiese
taalfamilie wat op Nieu-Guinea, die eiland Timor en sy bure, in Melanesië en
voorheen op Tasmanië gepraat is.

9
Makro-Khoisan is een familie

Terug by Makro-Khoisan - Die bovermelde morfologiese korellasie – veral die


persoonlike voornaamwoorde – is onweerlegbare bewys van oorerwing, d.i. afkoms
uit ‘n proto-taal. Statisties kan sulke ooreenkomste nie toeval wees nie, en nog
minder kan dit leenvorme wees.

‘n Moontlike scenario is dat die Hadzabe heel eerste die Oer-Khoisan-groep verlaat
het. Daarna het Proto-Khoisan verdeel toe die Proto-Khoi-sprekers na die suide
beweeg het. In dié migrasieproses kon die klein groepies jagter-versamelaars oor
lang afstande afgesonder geraak het van die skaapherders.

Dis ook moontlik dat die jagter-versamelaars, met inbegrip van Hadza, eerste van
die veeherders geskei is; een groep het suid beweeg (Kx’a en Tuu), terwyl die
voorouers van Hadza-sprekers in Oos-Afrika gebly het. Daarna sou die Khoe-
voorouers van Sandawe geskei het.

Die jagter-versamelaars sou in kontak met sprekers van Ntu-tale gekom het,
vanwaar waarskynlik die naamwoordklas-stelsel. Later sou ‘n breë verdeling
plaasvind, met die voorouers van die Kx’a wat in ‘n westelike rigting beweeg terwyl
die ander groep oor die land versprei, van die Drakensberge tot in die Kaap.

Intussen het die herders, in ‘n konstante soeke na weiding vir hulle vee, ook die
Kaap bereik. Regdeur die land moes daar voortdurende kontak oor millennia
plaasgevind het, met wedersydse beïnvloeding en gevalle van taalverskuiwing.

10
Bibliografie

Daneyko, Thora 2019 & Bentz, Christian 2019. Click languages tend to have large consonant inventories:
Implications for language evolution and change In: Modern Human Origins and Dispersal. Kerns Verlag, Tübingen.

Eaton, Helen. 2010. Sandawe Grammar. SIL International.

Gabanamotse-Mogara, Budzani. 2011. A Comparative Study of the Verb Structure in Northern, Central and
Southern Khoesan: The Case of Ju/’Hoansi, Naro And !Xóõ. University Of South Africa

Greenberg, Joseph H. (1966) The Languages of Africa (2nd ed. with additions and corrections). Bloomington:
Indiana University.

Güldemann, Tom. 2019. African language classification beyond Greenberg In: "Areal linguistics in Africa before a
new approach to its genealogical language classification". Humboldt University Berlin and Max Planck Institute for
the Science of Human History Jena.

Güldemann, Tom. 2014. “Khoisan” linguistic classification today. In book: Beyond ‘Khoisan’: historical relations
in the Kalahari Basin (pp.1-41) Chapter: “Khoisan” linguistic classification today. Publisher: Amsterdam: John
Benjamins. Editors: Tom Güldemann, Anne-Maria Fehn.

Güldemann, Tom. 2005. Tuu as a language family in Africa. Papers on Africa. Institut für Afrikanistik.DOI:
10.1016/B0-08-044854-2/00176-0

Heine, Bernd & Derek Nurse (eds.), A linguistic geography of Africa (Cambridge Approaches to Language Contact).
Cambridge: Cambridge University Press, 2008. Pp. xviii+371.

Heine, Bernd, 2009. The Kx’a Family: A New Khoisan Genealogy. Henry Honken. Jour of Asian and Afr Studies,
No 79, 2010.

Indigenous “Khoisan” languages: an interview with Menán du Plessis. Menán van Heerden, Menán du Plessis.
2018-02-15. www.litnet.co.za/indigenous-khoisan-languages-interview-menan-du-plessis/

Khan, Razib. 2011. The Sandawe: after the demographic flood. Gene Expression. Discover Magazine.
https://www.discovermagazine.com/health/the-sandawe-after-the-demographic-flood

Kerry Jones (2019) Contemporary Khoesan Languages of South Africa, Critical Arts, 33:4-5, 55-73, DOI:
10.1080/02560046.2019.1688849

The Khoisan languages. https://sites.google.com/site/thekhoisanlanguages/home


Lachance et al. (2012) Evolution of the Pygmy Phenotype: Evidence of Positive Selection from Genome- wide
Scans in African, Asian, and Melanesian Pygmies. December 2013Human Biology 85(1- 3):251-84.
DOI:10.3378/027.085.0313

Maddieson, lan, Peter Ladefoged and Bonny Sands. Clicks in East African Languages

11
Miller, Amanda L. The Sounds of Nǀuu: Place and Airstream Contrasts by Amanda L. Miller, Johanna Brugman,
Bonny Sands, Levi Namaseb, Mats Exter and Chris Collins. Working Papers of the Cornell Phonetics Laboratory
2007, v.16, pp. 101-160

Miller, Amanda (2011). "The Representation of Clicks". In van Oostendorp, M.; Ewen, C.; Hume, E.; Rice, K.
(eds.). The Blackwell Companion to Phonology. New York: Wiley-Blackwell

Miller, Kirk (2008). Hadza Grammar Notes. https://www.academia.edu/36533859/Hadza_grammar_notes

N|uu: South Africa’s oldest San language, with only 2 people on Earth who speak this ancient SA language. Culture
History, June 8, 2020. https://hadithi.africa/2020/06/08/

Pickrell, J., Patterson, N., Barbieri, C. et al. The genetic prehistory of southern Africa. Nat Commun 3, 1143 (2012).
https://doi.org/10.1038/ncomms2140

Reid, Lawrence A. (2013) Who Are the Philippine Negritos? Evidence from Language, Human Biology: Vol. 85:
Iss. 1, Article 15. Available at: http://digitalcommons.wayne.edu/humbiol/vol85/iss1/15

Ruhlen, Merrit. 1994. On the origin of languages: Studies in linguistic taxonomy. Stanford Universaity Press.

Sands, Bonny. 1995. Evaluating claims of disant language relationships: The case of Khoisan. Univ California, Los
Angeles

Shriner, Daniel. 2018. Genetic Ancestry of Hadza and Sandawe Peoples Reveals Ancient Population Structure in
Africa. Daniel Shriner, Fasil Tekola-Ayele, Adebowale Adeyemo, Charles N Rotimi Author
Genome Biology and Evolution, Volume 10, Issue 3, March 2018, Pages 875–882,
https://doi.org/10.1093/gbe/evy051

Uys, Pieter. Makro-Khoisan

Uys, Pieter. Taal is ‘n lied uit die wieg van die mensdom

Uys, Pieter. Taal is ‘n lied uit die wieg van die mensdom II

Uys, Pieter. Swaargewigtaal Nuu

Verdu, Paul. African Pygmies. Current Biology 26, R1–R21, January 11, 2016.

Khoisan as taalfamilie ©Pieter Uys


Orchards, 2021.

12

You might also like