You are on page 1of 18

Die Oorsprong en Ontwikkeling

van die Indo-Europese Taalfamilie


Die Oorsprong en Ontwikkeling
van die Indo-Europese Taalfamilie

Pieter Uys

2
Inhoudsopgawe

Inleiding 3
Urheimat 4
Taalkontak 5
Kaukasies 7
Transkaukasiё 8
Drie Mere 9
Berge & Riviere 10
Artsakh & Syunik 12
Arax, Aras, Araxes 13
Zorats Karer 14
Wieg van PIE 15
Bibliografie 16

3
Inleiding

Die Indo-Europese tale word deur sowat 46% van die wêreldbevolking gepraat. Die grootse individuele
tale vandag is Spaans, Engels, Bengali, Portugees, Hindi en Punjabi wat elk meer as 100 miljoen sprekers
het. Indo-Europees is een van die deeglikste nagevorsde van alle taalgroepe.

Urheimat

Die ligging van die historiese tuisland van die Proto-Indo-Europese taal was egter nog altyd omstrede.
Voorheen is onder meer die Balkan, Baktriё, Skandinawiё en Sentraal-Asiё as tuislande voorgehou, en
selfs Indiё. Tans aanvaar die meerderheid linguïste die Kurgan- of Pontiese Steppe-hipotese, wat die
gebied tussen die Swart en Kaspiese See plaas. Migrasie na die weste sou deur die Donauvallei
plaasvind, en na die noorde langs die Donrivier.

Die Anatoliese hipotese van Colin Renfrew plaas die tuisland in Anatoliё en beskou die migrasie van die
sprekers na die weste en noorde as die natuurlike verspreiding van landbou wat in die Vrugbare
Halfmaan ontstaan het.

Die Armeense Hoogland- of Transkaukasiese hipotese plaas Proto-Indo-Europees suid van die Kaukasus,
vanwaar dit na Indiё verspei het en na Europa deur die Kaukasus, waar die Pontiese Steppe as ‘n tweede
tuisland sou dien.

4
Taalkontak: Kartveels & Semities

Die kern van die probleem is die taal se raakpunte met Oeraals aan die een kant, en met Semities en
Kartveels aan die ander. Eintlik stem PIE op ‘n diep morfologiese en fonologiese vlak nie net met Oeraals
nie, maar met verskeie ander taalfamilies van noordelike Eurasiё ooreen, insluitend Altaïes, Inuit-Yupik-
Inangan, Nivkh en Kamchadaals. Saam word hulle die Eurasiatiese familie genoem. Terselfdertyd
bestaan daar leksikale ooreenkomste met Kartveels van die westelike Kaukasus en Semities van Siriё en
Mesopotamiё.

Oeraals het heelwat PIE leenwoorde maar PIE het min Oeraalses. Die sprekers van Oeraals was steeds
jagters en versamelaars lank nadat veeteelt en landbou in die Midde-Ooste en Europa posgevat het en
Altaïes en Oeraals beskik ook oor volop leenwoorde van die Iraanse dogtertaal van PIE, wat op ‘n later
stadium oor groot dele van Sentraal-Asiё gepraat is, waar vandag die Turkssprekende lande Kazakhstan,
Kirgizstan, Uzbekistan en Turkmenistan geleё is.

Die Eurasiatiese familie, wat PIE insluit, word onderskei deur /m/ in die eerstepersoon- en /t/ in die
tweedepersoon-voornaamwoord, byvoorbeeld Engels /me/ en /thee/, Spaans /me/ en /te/, Fins /minӓ/ en
/te/, sowel as ‘n meervoud wat met die suffiks /-t/ aan die naamwoordstam gevorm word, en ‘n dualis
gevorm deur die suffiks /-k/. Hierdie patrone word nie in tale buite Eurasiaties gevind nie.

5
Die diep leksikale stratum van Proto-Indo-Europees wat met Proto-Semities gedeel word, bestaan
hoofsaaklik uit woorde vir plaasdiere, landerye, gesaaides en implemente. ‘n Woord vir mens in Proto-
Semities en PIE toon beide ‘n verbintenis met die grond. Proto-Sem *adamah (rooi grond) en *adam
(man), en PIE *dheghom (aarde) en *homo (man) wat “aardling” beteken. Die woorde vir “ster” en
“sewe” dui moontlik op ‘n eenvormige ideologie of religie.

Proto-Indo-Europees, Proto-Semities en Proto-Kartveels beskik oor ‘n uitsonderlike isomorfiese


medeklinker-struktuur met drie reekse sluitklanke. Proto-Kartveels se groot aantal leenwoorde uit PIE
moet die resultaat wees van ‘n langdurige periode van geografiese interaksie, en Proto-Kartveels se
ablautpatroon (klinkerwisseling) in die woordstam stem ooreen met dié van PIE, teenoor die
vokaalharmonie van Altaïes en Oeraals. Ook verskil die patroon van PIE se woordstamstruktuur en sy
komplekse werkwoordstelsel van dié van die ander Eurasiatiese tale.

Kozintsev (2018) se statistiese paar-ooreenkoms-matriks in die 50-woord-lys van 41 tale, maak PIE ‘n lid
van Nostraties en van Eurasiaties. Die nie-metriese multidimensionele skaal, ‘n ruimtelike benadering,
beklemtoon PIE se oosterse verbintenisse, en toon verwantskap met vier tale, waaronder Eskimo,
Oeraals, Semities en Kartveels. Die lenings tussen PIE en Proto-Semities dateer uit ‘n vroeё tydperk, en
moes Akkadies en Eblaïties voorafgegaan het.

6
Kaukasies

Derdens is daar die Kaukasiese faktor wat nie geneties van aard is nie, wat dui op ‘n Sprachbund van PIE
en die Noordwes-Kaukasiese tale wat bekend staan vir min klinkers en ‘n ryk konsonant-inventaris. Die
Noordwes-Kaukasiese korrelasies is ‘n korpus van naamwoordsuffikse, deelwoorde en naamvalle,
partikels en werkwoord-uitgange. Die linguïs Colarusso se vroeё Indo-Europees het heelwat meer
“laringeale”, en daar bestaan in elk geval ‘n model van vroeё Proto-Indo-Europees wat oor net twee
klinkers beskik, /a/ en /Ə/.

Noordoos-Kaukasies het heteroklitiese


verbuigings wat ook in PIE voorkom. Een
stam word gebruik vir die nominatief
(absolutief) terwyl die ander vir die ergatief
en ander naamvalle gebruik word. Dis ‘n
rare eienskap in die tale van Eurasiё, maar
word ook in Anatolies gevind. ‘n Voorbeeld
is PIE *yēkʷr /lewer/ in die nominatief, vs
*yekʷns in die genitief.

Ten slotte is daar die oorsprong van die Anatoliese onderskeid Lewend/Nie-Lewend
(animate/inanimate).

Die Eurasiatiese tale Oeraals, Altaïes, Eskimo en


Nivkh tref geen onderskeid op grond van geslag
of naamwoordklas nie, maar Chukotko-
Kamchatkan het Lewend/Nie-Lewend net soos
Noordwes-Kaukasies Abkhaz en Abaza
Lewend/Nie-Lewend het. Die Nax- en Daghestani-
tale (Oos-Kaukasies) het twee tot agt
naamwoordklasse. Die vroegste Proto-Indo-
Europees het Lewend/Nie-Lewend gehad, wat
eers later na die drievoudige manlik-vroulik-
onsydig uitgebrei het.

7
Transkaukasiё

PIE se bewese taalkontak skep dus enorme probleme vir navorsers wat die tuisland soek in ‘n gebied
waar al die bovermelde fenomene op ‘n natuurlike wyse sou kon plaasvind. Want sover hulle weet, was
Oeraals nooit geografies naby aan Kartveels of Semities nie. Net een linguïs het tot dusver met ‘n “buite-
die-kas-oplossing” vorendag gekom. Dis die onafhanklike navorser Valentyn Stetsyuk, wat met behulp
van sy grafies-analitiese metode die tuisland van Nostraties in die Transkaukasus identifiseer het.

Die streek sluit in die Kleiner Kaukasusgebergte, die Colchis-, Kura-Aras- en Lankaranlaaglande, die
(Persies: ‫ ارسباران‬Arasbârân) bergland in die suide, die Talishberge en die Armeense Hoogland.
Die Araksrivier (Grieks: Ἀράξης, Armeens: Արաքս, Georgies: რახსი) vloei uit Turkye en vorm die grens
tussen Armenië en Turkye, en later tussen Armenië en Iran, tot in die Kurarivier in Azerbaijan.

Die Kurarivier (Georgies: მტკვარი, Mt’k’vari; Armeens: Կուր, Kur) vloei uit Turkye, en deur Georgië suid
van die Groter Kaukasusgebergte, om in die Kaspiese See in Azerbaijan uit te mond. Die Rionirivier
(Georgies: რიონი, Grieks: Φᾶσις), die grootste rivier in Georgië, dreineer die Wes-Kaukasus en vloei van
die ooste na die Swart See.

In die noordweste van die Armeense Hoogland is Berg Aragats (Alaghez) omring deur ander bergpieke,
plato’s en riviervalleie. Berg Ararat (Armeens: Մասիս,) ’n dormante vulkaan op die plek waar die grense
van vier lande bymerkaarkom: Armenië, Iran, Turkye en die Nakhchevan-provinsie van Azerbaijan.

8
Drie Mere

Transkaukasië het drie groot binnelandse mere: Sevan (in Armenië), Urmia (in Iran) en Van [Wan] in
Turkye, waarvan die laaste twee soutwatermere is. Hierdie mere is voorheen die “Seë van Armenië”
genoem. Die oewers en omgewing van Urmia is ryk aan argeologiese terreine wat tot die neolitiese
tydperk dateer, soos Teppe Hasanlu, Yanik Tepe, Hajji Firuz Tepe en Tappeh Sang-e Chakhmaq.

Stetsyuk identifiseer die heel eerste woongebiede van die grootste dogter-taalfamilies van Nostraties in
hierdie etnogenererende gebied:

9
Berge en riviere

Die Turkiese groep rondom Sevanmeer in die Gegharkunikprovinsie teen die suidelike hange van die
Kleiner Kaukasusberge, en moontlik op die oewer van die Kurarivier tot by Ararat en die
Aridagbergreeks.

Indo-Europeërs oos van die Zangezurbergreeks, in die area van vandag se Siyunik, Artsakh (Nagorno-
Karabakh), Barda, Imishli en langs die Araksrivier tot by die moerasse in die Kura-Aras laagland.

Die Oeraalse voorouers rondom Urmiameer in die teenswoordige Iranse provinsies Wes- en Oos-
Azerbaijan, en die Semitiese by die Wan-meer in die Turkse provinsies Van en Bitlis in die weste.

Die Elamo-Drawidiёrs plaas hy teen die hange van die Khakiari- en Kurdistan-bergkettings, en in die
bolope van die Tigris en die Groot- en Klein Zabriviervalleie.

Die Kartveelse groep, waar hulle steeds woon, aan die suide van die Kleiner Kaukasusgebergte, en ‘n
deel van die Armeense hoogland in die Chorokh- en Bo-Kuravallei.

10
Sy slotsom is gedeeltelik gebaseer op die waarneming dat Altaïes en Oeraals baie ou woorde vir /vis/ en
/visvang/ het, terwyl PIE meer gespesialiseerde terme vir /jag/ het.

Stetsyuk reken dat die eerste groepe om te trek, die Elamo-Drawidiese (na die ooste) was, die Altaïese
(na die noordooste) en Oeralies-Joekaghir (na die noorde). Die sprekers van PIE het langer vertoef, maar
sommige van hulle het soos die voorafgaande ook deur die Derbent-pas na die noorde getrek.

Die Elamo-Drawidiese teenwoordigheid aan die suide veronderstel kontak met die vroegste Sumeries,
miskien selfs buite Mesopotamië, wat heelwat vrae sou beantwoord.

Dit verklaar die gedeelde woordeskat onder Proto-Semities, PIE en Proto-Karvelies, bv die woorde vir
wyn, landerye, gewasse, skape, beeste en bokke. Intussen het die noordelike Eurasiatiese groep in ‘n
radikaal anderse omgewing ontwikkel, waar jag en versamel die leefwyse was. Eurasiaties se gedeelde
woordeskat met Indo-Europees dateer terug na ‘n pre-landbou-veeteelt periode.

11
Artsakh & Syunik

Die Araksrivier vloei uit die Bingöl Dağ-streek van Turkye, net ‘n klipgooi van die bron van die
Eufraatrivier. Dit vorm die grens tussen Turkye en Armeniё, Turkye en Nakhchivan, Iran en Armeniё en
eindelik deur Azerbaijan totdat dit by die Kurarivier aansluit. Die vallei word van die Urmiameer in Iran
geskei deur reekse heuwels soos die Mašu Dağ. Langs die laer loop van die river is daar verspreide
dorpies tussen vrugteboorde, groen landerye, populier- en wilgebome.

12
Aras, Araks, Araxes

13
Ingang na die Azokh-grotte in Artsakh

Zorats Karer, Stonehenge van Armeniё

14
Wieg van Proto-Indo-Europees

Die Zangezurberge vorm die grens tussen Nakhchivan en Syunik, ‘n provinsie van Armeniё wat met
lowergroen oerwoude bedek is. Die hoogste pieke is Kaputjugh van 3905 meter (12,812 voet) en
Gazanasar van 3829 meter (12,562 voet). Verder oos is Artsakh, ‘n bergagtige gebied wat na die ooste
oor die Kura-Aras laagland uitkyk. Azokh-grot in die suidooste van Artsakh is teen ‘n berghang geleё, en
is sedert die Ou Steentydperk tot ‘n paar honderd jaar gelede ononderbrokke bewoon.

Die Kartveelse groep woon nog altyd in Georgiё, die Altaïese groep het in die huidige Armeniё gewoon,
Die Indo-Europeёrs het in Syunik, Artsakh en suidelike Azerbaijan gewoon, die Oeraalse groep rondom
Urmiameer in Iran, die Semitiese groep rondom Van-meer, en die Drawidiese groep in Noordoos-Irak.

15
Bibliografie

Bengtson, John D. 2008. In Hot Pursuit of Language in Prehistory: Essays in the Four Fields of Anthropology - in Honor of
Harold Crane Fleming. John Benjamins.

Blažek, Václav. 2013. Levant and North Africa: Afroasiatic linguistic history, in: Prehistory Part II: Holocene migrations. First
published 04 February 2013. https://doi.org/10.1002/9781444351071.wbeghm815

Bomhard, Allan R. (1996) Indo-European and the Nostratic Hypothesis. Charleston, South Carolina: Signum.

Bomhard, Allan R. (1998) Nostratic, Eurasiatic and Indo-European. In: Joseph C. Salmons and Brian D. Joseph (eds.) Nostratic.
Sifting the evidence. Amsterdam: John Benjamins. Pp. 17-49.

Bomhard, Allan R. The Origin of Heteroclitic Noun Stems in Proto-Indo-European.

Diakonoff, I., 1990. The earliest Semitic society. Journal of Semitic Studies 43, 209–17.

Dolgopolsky, A.B., 1987. The Indo-European homeland and lexical contact of Proto-Indo-European with other languages.
Mediterranean Archaeological Review 3, 7–31.

Dolgopolsky, A.B., 1993. More about the Indo-European homeland problem. Mediterranean Archaeological Review 6–7, 251–
72.

Dolgopolsky, A., 1998. The Nostratic Macrofamily and Linguistic Palaeontology. (Papers in the Prehistory of Languages.)
Cambridge: McDonald Institute for Archaeological Research.

16
Dolgopolsky, A., 1999. The Nostratic macrofamily: a short introduction, in Nostratic: Examining a Linguistic Macrofamily, eds. C.
Renfrew & D. Nettle. Cambridge: McDonald Inst for Archaeological Research, 19–46.

Dolgopolsky 1984 Dolgopolsky, A. On personal pronouns in the Nostratic languages // Linguistica et Philologica: Gedenkschrift
für Björn Collinder. Ed. by O.Gschwantler, K. Rédei, H. Reichert. Wien, Braumüller, 65-112.

Kitchen, Andrew. 2008. Inferences Of Recent And Ancient Human Population History Using Genetic And Non-Genetic Data.
University of Florida.

Kortlandt, Frederik. 2017. Indo-European between Uralic and Caucasian (on the occasion of Rasmus Bjørn’s prize essay,
Copenhagen 2017)

Kozintsev, Alexander.. Proto-Indo-Europeans: The Prologue. Museum of Anthropology and Ethnography, Saint-Pet.e

Oswalt, Robert L. (1998) A Probabilistic Evaluation of North Eurasiatic Nostratic. In: Joseph C. Salmons and Brian D. Joseph
(eds.) Nostratic. Sifting the evidence. Amsterdam: John Benjamins. Pp. 199-216.

Ramer, Alexis Manaster; Peter A. Michalove, Karen S. Baertsch, and Karen L. Adams (1998). Exploring the Nostratic
Hypothesis. In: Joseph C. Salmons and Brian D. Joseph (eds.) Nostratic. Sifting the evidence. Amsterdam: John Benjamins. Pp.
61-84.

Ringe, Don (1998) A Probabilistic Evaluation of Indo-Uralic. In: Joseph C. Salmons and Brian D. Joseph (eds.) Nostratic. Sifting
the evidence. Amsterdam: John Benjamins. Pp. 153-198.

Ruhlen, Merritt (1991). A Guide to the World’s Languages. Vol 1. Stanford, Stanford University Press.

Salmons, Joseph C. and Brian D. Joseph (1998) Introduction. In: Joseph C. Salmons and Brian D. Joseph (eds.) Nostratic.
Sifting the evidence. Amsterdam: John Benjamins. Pp. 1-12.

Stetsyuk, Valentyn, Historical Macrolinguistics.

Stetsyuk, Valentyn. The Urheimat of the Nostratic Languages.

Uys, Pieter. Eurasiaties en Nostraties. www.scribd.com/doc/237047195/Eurasiaties-en-Nostraties

Uys, Pieter. Eurasiaties.

Uys, Pieter. Eurasiaties & Dene-Sino-Kaukasies.

Uys, Pieter. Die Skaap en die Perde. www.scribd.com/doc/236909679/Die-Skaap-en-die-Perde-n-Sprokie-in-Proto-Indo-


Europees-met-Afrikaanse-Duitse-en-Engelse-vertalings

Uys, Pieter. 2021. Aratta, Ararat & Urartu.

Vine, Brent (1998) Indo-European and Nostratic: Some further comments. In: Joseph C. Salmons and Brian D. Joseph
(eds.) Nostratic. Sifting the evidence. Amsterdam: John Benjamins. Pp. 85-106.

Vovin, Alexander (1998) Nostratic and Altaic. In: Joseph C. Salmons and Brian D. Joseph (eds.) Nostratic. Sifting the
evidence. Amsterdam: John Benjamins. Pp. 257-270.

17
Historical linguistics – Protolanguage - Language in prehistory – Caucasian languages – Uralic languages – Altaic languages – Proto-
Indo-European – Semitic languages – Language Families – Areal linguistics – Substrate – Adstrate – Eurasiatic - Nostratic.

18

You might also like