You are on page 1of 13

Teater van die Absurde (TVDA)

Samuel Beckett: Waiting for Godot

Inleiding tot Absurde Teater

• Voor Samuel Beckett en Eugene Ionesco begin het om absurde


toneelstukke te skryf, was Realistiese Teater die dominante teater genre
van die dag en het gekonsentreer op temas wat aktueel was op daardie
spesifieke tyd en plek
• Hulle het gesien hoe gewone mense goed soos armoede, alkolisme en
seksuele mishandeling moes trotseer en hulle doelwit was om die waarheid
uit te wys, die waarheid van wat regtig besig was om in gemeenskappe te
gebeur.
• Dus, vir hierdie rede het hulle toneelstukke geskryf wat op die verhoog
gewys het wat waarlik in die huise van jou gem huishouding aangaan
• Die karakters in hierdie toneelstukke was presies soos die mense wat jy om
jou gesien het (vriende, bure), hulle het soos hulle gelyk, gepraat en moes
deur dieselfde probleme werk as wat gesien was maar waaroor mense te
bang was om te praat
• Die verhooginkleding, rekwesiete en kostuums daarom ‘n spieelbeeld van
dit wat ons om ons gesien het.
• Realistiese teater was dus om ‘n “slice of life” op die verhoog te sit, op die
manier was die gehoor geforseer om oor daardie dinge, wat meestal agter
toe deure weggesteek was, te praat.
• Deur mense te forseer om oor hierdie aktuele temas te praat was hulle
indirek ook geforseer om aksie te neem.

Maar toe gebeur daar ‘n paar dinge wat die mens se idee van wat die waarheid is
skud, soos onder andere
• Galileo wat bewys het dat die aarde nie die middelpunt van die heelal is
nie, maar slegs ‘n klein, nietige planeet

1
• Darwin wat die mens se idee dat hy ‘n spesiale ras is dmv die evolusie-
teorie vernietig het
• Nietze wat verklaat dat God dood is
• Freud wat verder die stelling maak dat ons niks anders is as diere nie, want
soos diere word die mens ook maar basies deur 2 goed gedryf, drange en
seksuele behoeftes “I lust, therefor I am”
• Einstein wat met al sy teoriee bewys dat alles maar eintlik relatief is.
• WOI en WOII wat uigebreek het en gruweldade soos die uitwissing van 6
mil Jode, die atoombomaanval en die vernietiging wat daarop gevolg het

Die mens is ontnugter en voel hulle het niks meer om in te glo nie. Agv al die
teleurstellings en niks om in te glo nie, keer die mens na hom/haarself.
Mens voel vervreemd van God as gevolg van al die bogenoemde faktore en fokus
nou op hom/haarself om die “waarheid” te vind

So ontstaan eksistensialisme

Camus en Satre was voorlopers

Volgens die eksistensialistiese filosofie is:


• die mens nie op die aarde om enige groot doel te vervul nie.Elkeen word in
‘n soort figuurlike kokon, of modderpoel van niksheid gebore. Elke mens
kan of terugsit en wag dat die wêreld en sy omstandighede verander (wat
nooit sal gebeur nie) OF hy/sy kan ‘n besluit neem om homself daaruit te
kry, om sy lewe en omstandighede te verander en dan oorgaan tot aksie,
anders sal hy net doelloos voortbestaan.
• elke mens word in isolasie gebore en is slegs verantwoordelik vir homself,
hy moet sy eie noodlot en bestemming bepaal.
• die wereld ‘n onlogiese en absurde plek en moet elke mens moet ‘n
daadwerklike poging aanwend om homself uit sy absurde situasie te kry en
sy eie betekenis skep

2
• elke mens se aksies betekenisloos, want elkeen moet betekenis aan sy eie
aksies gee. Die mens is dus die somtotaal van sy aksies

Absurde teater

• Absurdisme was 'n teaterreaksie op die tye. Na 1945 en die Tweede


Wêreldoorlog, het die lewe betekenisloos geword en 'n algemene gevoel
van hopeloosheid en nutteloosheid het baie mense in die wêreld oorval.
Hierdie leë, betekenislose gevoel het die fondament vir absurdisme gevorm
• Absurde dramaturge is deur die eksitensialistiese filosowe beïnvloed wat
die lewe as onlogies, nutteloos en wreed beskou het.
• Absurdistiese dramaturge weerspieël hierdie gevoel van leegheid in hul
dramas deur hul karakters, die struktuur, dialoog, temas en
toneelskikking/ruimte en milieu, wat glad nie die kenmerke van die
tradisionele 'well-made play' het nie.
• Absurde dramaturge is doelwit was dus om vir teatergangers ‘n ervaring
van absurdisme te skep
• Teater van die Absurde se primêre fokus is dus: die mensdom se soeke na
betkenis, die mensdom se pogings om sin te maak van hulle sinnelose
bestaan in ‘n sinnelose wereld en hulle efforts to come to terms with their
hopeless situation

Om op te som:
• So, dramaturge van absurde teater skryf toneelstukke om die absurditeit
van die lewe te wys en deur dit te doen wys hulle eintlik vir ons hoe
hopeloos ons situasie is. = MESSAGE
• In kort, alle aspekte van die toneelstuk is so geskryf dat dit absurd
voorkom
• Al hierdie dramaturge van absurde teater skryf dat stukke waarin
karakters hulle in absurde situasie bevind en die manier waarop hulle
dan optree is nog meer absurd

3
In hierdie environment beklemtoon die dramaturg dan temas soos bv:
➢ Futility of waiting
➢ Die betekenisloosheid en sinneloosheid van die lewe
➢ Die mens se soeke na iets beter
➢ Die mensdom se onvermoë om effektief te kan kommunikeer

Struktuur

Die struktuur van AT is sirkulêr


Die karakters herhaal hulle aksies, bv:
• Estragon (Gogo) trek herhaaldelik sy skoen uit en kyk in die skoen.
• Die stuk het nie ‘n begin, middel ebn einde nie.
• Daar is geen uitkoms vir die karakters nie.
• Die aksie beweeg nie na ‘n spesifieke einddoel nie

Na WOII het mense gevoel dat hul lewens nutteloos en betekenisloos was, agv die
grootskaalse verwoesting en lewensverlies. Hulle het gevoel asof hulle geen
vooruitgang meer in die lewe kon maak nie.

Daar is geen klimaks in die stuk nie. Dit is ‘n kringloop van anti-klimakse
• Didi en Gogo sê herhaardelik dat hulle kan gaan, maar hulle gaan nooit

Die doel van absurde teater is nie om die gehoor aan te spoor om orde uit chaos
te skep nie.
Dit is bloot om die chaos in die wêreld uit te beeld.
Daar is dus geen hoogtepunt of uitkoms vir die karakters nie

Daar is geen fokus of doel met die stuk nie


• Die toneelstuk vertel nie ‘n storie nie. Die karakters werk nie daaraan om ‘n
spesifieke doel te bereik nie
• Hulle sit slegs en wag vir Godot om op te daag

4
Volgens die eksistensialistiese filosofie:
• is die mens nie op aarde om enige groot doel te vervul nie.
• elkeen word in ‘n soort kokon gebore en moet ‘n besluit neem om homself
daaruit te kry, anders sal hy net doelloos voortbestaan

Geen logiese ontwikkeling nie


• Aksies en dialoog volg nie op mekar nie en gee ook nie aanleiding tot
verdere aksies of dialoog nie.
• Karakters voer aksies uit wat onlogies en onverwags is, bv. die aksie met die
hoede waarmee hulle speel

Mense het WOI en WOII as doelloos en onlogies gesien, veral die groot
lewensverlies.
Hulle het daarom gevoel dat die lewe onlogies is en dat hulle geen vooruitgang
maak nie
Volgens eksistensialisme en absurdisme:
• Is die wêreld ‘n onlogiese en absurde plek en moet elke mens sy eie
betekenis skep.

Alle gebeure is ewe betekenisloos


• Gogo kyk herhaaldelik in sy skoen, nadat hy reeds gesien het daar is nie ‘n
klip in nie.
• Die karakters kyk ook herhaaldelik in hul hoede, al weet hulle daar is niks in
nie.

Volgens eksistensialisme:
• Is elke mens se aksies betekenisloos, want elkeen moet betekenis aan sy
eie aksies gee.
• Die mens is dus net die somtotaal van al sy aksies

5
Die toneelstuk is vol aktiwiteit , maar geen van die aksies verander die situasie nie
• Gogo kyk in sy skoen, maar sy voet bly steeds seer.
• Lucky probeer selfmoord pleeg met die tou, maar doen dit op so ‘n manier
dat hy dit nie kan regkry nie

Na WOII het mense gevoel dat al hul aksies nutteloos en betekenisloos was.
Wat hulle ookal gedoen het, het nie die verwoesting vd oorlog gekeer nie en het
ook nie hul situasie verbeter nie.

Karakters:
Die karakters is boemelaars
• Didi en Gogo noem nooit dat hulle ‘n huis het nie en Gogo slaap deur die
nag in ‘n sloot langs die pad

Beckett het self baie rondgereis en het nie lank op een plek gebly nie. Daarom is
baie van die karakters in sy toneelstukke boemelaars en rondlopers

Die karakters is identiteitsloos


• Nie een van die karakters het vanne nie en die boodskapper het ook nie ‘n
naam nie
• Geen van die karakters sê ooit dat hulle families of vriende het nie en ons
weet niks van hulle verlede nie.

As gevolg van die oorlog het mense gevoel dat hulle deur die samelewing en
omstandighede geïsoleer was van ‘n ware en betekenisvolle lewensondervinding.
Hulle het gevoel of hulle net ‘n nommer was en nie meer mense nie.

Die karakters is ‘n voorstelling van die mensdom in die algemeen


• Omdat die karakters geen agtrgrond of identiteit het nie en omdat hulle nie
verbind kan word met ‘n spesifieke tyd of plek nie, stel hulle die mensdom
in die algemeen voor.

6
Eksistensialisme:
• Het die hele wereld gesien as betekenisloos en het bepaal dat elke mens,
ongeag wie of wat hy is, in dieselfde absurde sitasie is en in dieselfde
betekenislose wereld lewe.
Teater van die Absurde:
• Poog nie om ‘n realistiese storie met realistiese karakters te vertel nie,
maar om ‘n abstrakte idee oor te dra.

Spelstyl van TVDA


Akteurs voer hanswors-agtige, absurde en sinnelose bewegings uit
• Hulle speel aanhoudend met hulle hoede en hardloop oor die verhoog met
die tou
• Die manier waarop Lucky probeer selfmoord pleeg is snaaks want dit is
onmoontlik en sal nooit kan werk nie

Karakters in TVDA is oordrewe en onrealisties


Hulle voer absurde en sinnelose bewegings en aksies uit om: die absurditeit vd
wêreld en elke mens se situasie uit te beeld

Alle bewegings word met erns en verhoogde energie uitgevoer


• Gogo staar stip na sy skoen en die karakters staar stip na hulle hoede.
• Aan die begin van die 2de bedryf beskryf die teks dat Didi vir Gogo fyn
dophou.
• Wanneer die akteurs in die verte in staar is dit ‘n intense staar na niks.

Karakters en bewegings in TVDA is oordrewe.


Die verhoogde energie dui ook op die eksistensialistiese opinie dat elke mens ‘n
daadwerklike poging moet aanwend om homself uit sy absurde situasie te kry

Uitbarstings van aktiwiteit word gevolg deur totale “ineenstorting”


• Nadat die karakters bv. hul hoede afgehaal het en dit rondgewaai het, dui

7
die teks aan dat hulle doodstil gaan staan.

Absurde teater het ontwikkel net na WOII. DUS al die aktiwiteit van die oorlog en
verwoesting wat plaasgevind het (uitbarstings van aktiwiteit), het die wêreld byna
ineengesort.

Dialoog
Dialoog is sinneloos en betkenisloos.
• Die karakters luister nie na mekaar nie nie en praat verby mekaar.
• Waneer die een bv. vir die ander ‘n vraag vra, herhaal die tweede die vraag,
sonder om te antwoord.
• Gogo vra bv. vir Didi wat hulle die vorige dag gedoen het en Didi herhaal
dan net weer die vraag.

Volgens die eksistensialistiese teorie:


• Is taal nie geskik om betekenis oor te dra nie, want elke mens heg sy eie
waarde en betekenis aan wat gesê word.
Darwin het gesê dat:
• Taal nie meer bekwaam is om die verskil tussen mense en diere uit te wys
nie, want taal was nie goed genoeg middel om effektief te kan
kommunikeer en bv. WO1 of WOII te verhoed nie.

Die dialoog is herhalend en ondersteun die sirkulêre struktuur


• Didi en Gogo herhaal aanhoudend mekaar se woorde en vrae, wat ook
daarop dui dat hulle nie vir mekaar luister nie

Volgens die eksistensialistiese teorie:


• Sal mense aanhou om hul aksies te herhaal en op te tree soos al die ander
mense, tensy hulle ‘n besluit neem om hul lewens te verander en hul eie
besluite te neem.

8
Na WOII het mense gevoel asof hulle net doelloos voortbestaan en elke dag
dieselfde roetines herhaal. Hulle het soos masjiene gevoel wat moes werk om die
hele wereld weer op te bou.
Die teks is oorspronklik in Frans geskryf.
• Aan die titel kan ‘n mens sien dat die toneelstuk oorspronklik in Frans
geskryf was, want die woord “Godot” is ‘n Franse woord

Beckett se moedertaal was Engels, maar hy het in Frans geskryf, want hy het
geglo dat hy die dissipline van ‘n addisionele taal benodig het, anders sou dit dalk
voorkom asof die stuk te maklik geskryf was en nie baie moeite geverg het nie.
Hy het geglo dat omdat TVDA die stryd van die mensdom om te bestaan uitbeeld,
dit nie te maklik mag voorkom nie.

Dialoog word gereeld onderbreek deur stiltes, maar hulle praat weer wanneer die
stiltes ondraaglik raak.
• Daar word gereeld in die teks aangedui dat die akteurs stilbly en dat daar
lang stiltes is nadat hulle gepraat het.

Hierdie spraak was afgewissel word met siltes skep ‘n ritme in die dialoog, wat
kenmerkend is aan Beckett se werk. Dit laat die dialoog byna poëties voorkom.

Die lang stiltes isoleer woorde.


• Kort sinne of woorde word gereeld voorafgegaan en gevolg deur pouses.
• Bv. wanneer Didi en Gogo besluit om mekaar te verlaat, omhels hulle, maar
dan is daar ‘n lang stilte voor hulle weer praat.

Volgens die eksistensialistiese filosofie:


Word elke mens in isolasie gebore en is hy slegs verantwoordelik vir homself, hy
moet sy eie noodlot en bestemming bepaal.
Die geïsoleerde woorde is ook simbolies van die mens se isolasie in die wêreld.

9
Taal kan nie die sin van betekenisloosheid definieer nie.
Estragon sê in die eerste lyn van die toneelstuk: “Nothing to be done.” Hulle
beskryf nooit waaraan hulle niks kan doen nie en die gehoor moet hulle eie
afleidings maak.

Einstein het gesê dat alles relatief is.


Dus interpreteer mense dialoog op hul eie unieke manier en heg hul, hul eie
betekeniswaarde aan alles wat gesê word.
Daarom is taal onbevoeg om effekties te kan kommunikeer.

Temas:
Wag (om te wag)
• Deur die hele toneelstuk bly Didi en Gogo op een plek en wag vir Godot om
op te daag, maar hy daag nooit op nie.
• Aan die einde van die toneelstuk kan die gehoor aflei dat hulle nogsteeds
daag gaan bly en wag.

Volgens eksistensialisme:
• Word mense in ‘n soort van ‘n kokon gebore. Elke mens kan of terugsit en
wag dat die wereld en sy omstandighede verander (wat nooit sal gebeur
nie…) of hy kan ‘n besluit neem om self sy lewe en omstandighede te
verander en dan oorgaan tot aksie.

Omkry van die tyd


• Didi en Gogo hou van filosofiese en teologiese gesprekke en vertel vir
mekaar stories om die tyd om te kry.
• Wanneer Gogo sê dat hy nie Didi se storie oor die sondaars aan die kruis wil
hoor nie, sê Didi vir homn dat dit die tyd sal omkry.

Beckett het gesê dat:

10
• Wanneer mense besig bly, hulle nie werklik bewus is van die tyd wat
verbygaan nie, veral wanneer hulle sit en wag, hulle mag selfs verbaas wees
oor hoe vinnig die tyd skynbaar verbygegaan het.
• Net so probeer Didi en Gogo die tyd omkry terwyl hulle vir Godot wag.
Die mens se hoop op redding en die ongekende kwaliteit van God se genade
• Didi en Gogo bly op dieselfde plek en wag vir Godot in die hoop dat hy sal
opdaag en hulle situasie sal verbeter.
• Didi verwys ook direk na die verhaal van Christus se kruisiging en die
sondaars aan die kruis, van wie een gered is.

Beckett:
• Het in ‘n baie streng Christelike huis grootgeword. Hy het later ‘n ateïs
geword en het mese se geloof aan ‘n hoër mag en die hoop dat God hulle
van ewige verdoemenis sal red, begin bevraagteken.
TVDA:
• Ondersoek ook gereeld die tema van “’n Verhouding met God, of die
afwesigheid van so ‘n verhouding”

Hopeloosheid
• Beide Didi en Gogo sê in die teks: “Nothing to be done.” Dit dui daarop dat
hulle nie meer hoop het nie en dat hulle magteloos is om enige iets te doen
om hulle situasie te verander of verbeter.

TVDA:
• Beeld die wereld uit as ‘n vyandige plek, in die sin dat elke mens
verantwoordelikheid moet neem vir homself en sy eie lewe.
‘n Mens het dus geen hoop dat sy omstandighede sal verander nie, tensy hyself
iets daaraan doen.

Lyding
• Gogo ly fisies a.g.v. sy seer voete en Didi a.g.v. sy blaasprobleem.
• Lucky ondervind nie net fisiese pyn, deurdat Pozzo hom met ‘n sweep slaan
11
nie, maar hy ondervind ook sielkundige en emosionele lyding a.g.v. die
manier waarop Pozzo hom behandel.
• Hy is amper soos Pozzo se slaaf en moet alles doen wat vir hom gesê word.
Hy ondervind dus die frustrasie dat hy geen vryheid het nie.

Gedurende WOII het mensie fisies gelei, a.g.v. die oorlog waarin hulle geveg het.
Hulle het ook emosioneel gely a.g.v. die trauma waaraan hulle blootgestel was in
die verskeie oorlogsituasies.
Geliefdes van mense wat in die oorlog omgekom het, het ook emosioneel en
sielkundig gely.
Die grootskaalse verwoesting wat in Europa plaasgevind het, het ook aanleiding
gegee tot fisiese, emosionele en sielkundige lyding.

Tyd en plek:
Speeltyd in elke bedryf is gelyk aan gespeelde tyd.
• Elke bedryf is ongeveer 45min lank en is ook ongeveer 45 min in die
karakters se lewens.

Dit skep ‘n gevoel van onmiddelikheid.


Na WOII het mense nie geweet wat in die toekoms vir hulle wag of met hulle gaan
gebeur nie, so hulle het net vir die hede geleef.

Albei bedrywe speel af in die aand.


• Die teksaanwysings aan die begin van elke bedryf dui aan dat dit “evening”
is.

Die donkerte dui op ‘n gevoel van isolasie en alleenheid. Elke mens moet sy eie
weg deur die lewe vind en ‘n manier vind waarop hy sy eie pad/bestemming kan
“sien.”

Die plek en tyd is onbepaald.

12
• Die aanwysings dui slegs aan dat die toneelstuk onder ‘n boom plaasvind,
iewers langs ‘n grondpad. Daar is geen aanduiding van die land, era of
seisoen nie.

Dit maak die toneelstuk universeel, sodat elke mens daarmee kan identifiseer.
Volgens eksistensialisme:
• Is die wereld neutraal en die feit dat die plek en tyd nie aangedui word nie,
skep die indruk van ‘n neutrale en onbepaalde wereld.

Die verhoog is gestroop.


• Daar is min dekor op die verhoog en daar is geen realistiese stel of meubels
nie

Die leegheid van die verhoog dui op die leegheid en neutraliteit van die wereld.
Die oop spasie dui ook daarop dat elke mens alleen in die wereld inkom en sy eie
weg moet baan
TVDA:
• Poog nie om ‘n realistiese storie te vertel met realistiese karakters nie,
maar om ‘n abstrakte idee oor te dra. Daarom is die verhoog nie realisties
geklee nie en is daar slegs vae aanduidings van waar die toneelstuk afspeel.
Die oop spasie op die verhoog dui op die oneindigheid van die mens se stryd om
betekenis in sy wereld te skep.
Die leë verhoog word ‘n metafoor vir die wereld self – leeg en sonder betekenis.

13

You might also like